NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God help gelowiges om hul lewenskip reg te stuur sodat dit die storms van die lewe suksesvol kan trotseer.  Daarom skyn God se reënboog van genade altyd helder in hulle lewe.   God gee hulle die genade om ‘n lig aan te skakel eerder as om die donker te verwens.  Daarom oorweldig spanning hulle nie maklik nie.

VREES GOD!

Hannes Ollewagen

Pred. 12:9-14

“Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.” (:13).

Luister baie, baie mooi na die woorde van die Prediker, geliefdes. Die opdrag in vers 13 van Prediker 12 moet deur ons baie ernstig opgeneem word – dit is die hoofsaak van alles wat gehoor is - die belangrikste van hierdie dinge. En hierdie opdrag is dat ons God moet vrees en sy gebooie moet onderhou. Hierdie is eintlik twee opdragte, maar dit loop tog hand-aan-hand. Ons kan dit dalk opsommenderwys stel as die opdrag om God te gehoorsaam omdat ons Hom repekteer.

Geliefdes, die Prediker stel dit dat hierdie gebod vir alle mense geld. Maar ons weet tog dat daar soveel mense is wat hierdie gebod verontagsaam. Hoe dan nou? Die mens se verontagsaming van ‘n gebod van God het dit nog nooit ongedaan gemaak nie. Die gebod van God om Hom te vrees en te gehoorsaam, geld vir alle mense. Dit is ‘n insetting wat ewig vas sal staan. Net so min as wat die ontkenning van ras of geslag die Godgeskape werklikheid daarvan kan verander, net so min kan die ontkenning van ‘n mens dat hy hieraan onderworpe is enigsins hierdie insetting verander. Elke liewe mens met ‘n lewensgees in hom/haar is eerbied en respek aan God verskuldig – of die mens dit wil hoor of nie. En of die mens dit wil erken of nie is irrelevant. God as die Skepper van alle dinge eis van elke mens om Hom te respekteer.

“... So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.” (Rom. 14:11).

Hierdie eer kom God toe en Hy sal nie hiervan afstand doen nie.

Ek wil dit nou weereens aan u stel dat hierdie gebod vir alle mense geld, geliefdes. En nie net vir ongelowiges na wie ons graag die vinger wil uitsteek nie. Hulle sal vir hulself aan God moet rekenskap gee. Maar hierdie gebod geld ook vir ons as gelowiges. Ons wil so maklik na die wêreld rondom ons kyk en hul foute uitwys dat ons heeltemal nalaat om ons eie lewens voor God te beoordeel. En ons sal dalk ons hoofde in skaamte laat sak wanneer ons met eerlikheid moet antwoord oor hoeveel vrees vir God, hoeveel respek daar vir God in ons lewens te bespeur is. Getuig dit van respek vir God wanneer ons sy Sabatte ontheilig en op hierdie dag wat deur Hom geheilig is maar ons gewone gang gaan? Is dit nie ‘n absolute daad van onrepekvolheid om iets wat Hyself geheilig het te minag nie? Is dit nie juis waarom God oor hierdie tipe optrede toornig word nie – juis omdat Hy nie so ‘n tipe minagting van die mens teenoor Hom sal duld nie, geliefdes?

“...hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verorderinge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig.” (Eség. 20:13).

Geliefdes, minag ons God nie wanneer ons met ‘n absolute gebrek aan liefde in ons lewens optree nie? Ons vergeet maklik dat dit ‘n gebod van God is om ons naaste lief te hê! Bewys ons regtig aan God die nodige vrees, die nodige respek, wanneer ons nie ons naaste met vrymoedigheid berispe nie, maar eerder agteraf teen hulle kwaad spreek? Is dit ‘n bewys van respek teenoor God om my naaste, wat ook ‘n werk van God se hande is, met my mond te belaster? Ek dink die Woord is duidelik hieroor.

“Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.” (Jak. 3:9&10).

Bewys ons regtig die nodige respek aan God wanneer ons nalaat om ons Geloftedae getrou te vier en trou aan ons volk se Gelofte aan God te probeer leef? Dit is mos ‘n uiterste vorm van onrespekvolheid om op jou woord terug te gaan!

“As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.” (Pred. 3:5).

Bewys ons aan God die nodige respek wanneer jong dames met uitlokkende kleredrag hulself ten toon stel? As jy mooi is, mag jy God maar minag? Die HERE het dan ‘n uitdruklike gebod hieroor in onder andere 1 Tim. 2:9.

“SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, ...”

Bewys ons aan God die nodige respek wanneer ons as kinders nie aan ons ouers gehoorsaam is en hulle eer volgens die gebod van God nie?

Ja, geliefdes, net soos ek ‘n grynslaggie kry oor iets wat ek hoor vanoggend waaroor iemand wat ek ken darem aangespreek word, word daar ook ‘n skok in my rigting gestuur. En dit bring hopelik by my en u die besef tuis van die geweldige gebrek aan ‘n opregte Godvrees in ons volkshuishouding. Laat ek en u vandag opnuut daaraan dink dat God ook van mý eis om Hom te vrees en Hom te respekteer, geliefdes. Ja, sy gebooie geld ook vir my en nie net vir ander mense nie. En laat ons onsself daarop toespits om deur ons lewens, deur ons optrede, dit duidelik te maak dat ons self ook vir Hom en sy insettinge die nodige vrees, die nodige respek het!

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2013 gaste aanlyn