Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alle mense het liefde nodig om te funksioneer – dit is die soort liefde wat God ons geleer het: onvoorwaardelik. Kyk net hoe gedy die persoon vir wie jy onvoorwaardelik liefhet!
SOLIDARITEIT SE GLASSTOELE
Die Solidariteit Navorsingsinstituut het glo in ʼn omvattende wetenskaplike verslag bevind dat entstowwe ʼn doeltreffende en veilige manier is om die Covid-19-plandemie te beëindig. Sterk kritiek word ook op die regering se sentrale beheer van die entstofprogram gelewer en nou word die publiek deur Solidariteit opgesweep om hulle stemme dik te maak.
Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, wat met groot vertoon homself voor die hele land laat inspuit het (al was dit heel moontlik soutwater soos ook Ramaphoza gedoen het), gaan groot getalle van die Solidariteit Beweging se lede en ander Suid-Afrikaners binne die volgende weke glo ʼn keuse oor entstowwe moet maak.
Nou ja, hier kom een van die groot leuens van die tyd: “Die data wys een risiko uit wat baie groter is as entstowwe vir die meeste mense: dit is om nié entstowwe te gebruik nie.”
Nog een: “Die data wys dat die aansprake dat groot getalle mense doodgaan as gevolg van entstof, eenvoudig nie waar is nie. Die risiko vir bloedklonte en hartverwante newe-effekte is klein. Die meeste newe-effekte wat aangemeld is, is lig en stem ooreen met enige ander entstof.”
Volgens die verslag waarvan Solidariteit praat, is glo bevind dat entstowwe wel doeltreffend is.
Ja, regte entstowwe, mnr Buys, wat gemaak is van of lewende of dooie virusse soos regte wetenskaplikes weet om te doen, nie inspuitings van geaborteerde fetusse, elektromagnetiese- en giftige grafeen-oksiedstowwe nie. Dít, mnr Buys, is nie entstof nie, dit is bio-moordwapens, en dit het nie per ongeluk onstaan nie, dit is bedoel om ‘n bevolking van 7.5 biljoen tot 500 miljoen te verminder sodat die Geldmag wie se doen en late jy nou napraat, ‘n maklik beheerbare Eenwêreldregering tot stand kan bring. Maar ons mors ons asem hier want jy weet sekerlik al hierdie dinge, mnr Buys, jy mag baie dinge wees maar onnosel is nie een daarvan nie.
NAVORSINGSPAN WIL ‘INENTING’ ONMIDDELLIK STAAK!
“Daar is onomstootlike bewyse dat die Covid-19 'entstof' wat grafeen-oksied bevat, 'n patroon van sterftes en beserings wêreldwyd tot gevolg het.”
Ons bring die belangrike onderhoud met Ricardo Delgado Martin, stigter en direkteur van Quinta Columna, onder die aandag van Gelofteland-lesers. Ricardo Delgado Martin het gespesialiseer in biostatistiek, kliniese mikrobiologie, kliniese genetika en immunologie.
Ricardo is verantwoordelik vir die koördinering van die Spaanse navorsingspan se ontleding van die impak van grafeen-oksied-nano-deeltjies in die flessie van die mRNA-entstof. Die meeste entstowwe bestaan 98% uit grafeen-oksiek.
Ricardo Delgado Martin het in opdrag van die Spaanse navorsingspan aanbeveel dat die Covid-19 eksperimentele mRNA-entstof gekanselleer en onmiddellik gestaak moet word.
Die resultate van hul analise deur elektronmikroskopie en spektroskopie is verreikend. Grafeen-oksied is 'n gifstof wat trombose en bloedstolling veroorsaak. Dit het ook 'n impak op die immuunstelsel. Grafeen-oksied wat in die longe opgehoop word, kan verwoestende gevolge hê.
WEE JOU O LAND, AS JOU KONING 'N DEUGNIET IS!
Voorwaar sien ons in die Woord van God hoe Suid-Afrika geoordeel kan word aan wat die Skrif sê en die prentjie word al meer donker. Met dank aan Stephanus Hennig vir hierdie bydrae:
Kan ons dit weg redeneer, gebeure wat afspeel soos 'n sprokiesverhaal voor mense-oë! Reg, het verkeerd geword en verkeerd, het reg geword.
Hulle dwaasheid, hul sotheid tot in die hoogste kringe van hulle samesweringe, gaan geopenbaar word en binnekort uitbars in 'n menseslagting soos nog nooit tevore nie.
Wéé jou o land, as jou koning 'n deugniet is. Wéé die aardbewoners, hulle soek na vrede, maar vind dit nêrens.
'n Koning hou deur reg die land in stand - Spr 29:4.
Só 'n koning is lofwaardig, want die volk se vrede dra hy swaar op sy gemoed.
WAARIN Lê ONS ROEM?
Hannes Ollewagen
Jer. 9:1-26
“So sê die Here: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die Here.” (:23&24).
Geliefdes, ek dink dat die meeste van ons vandag deur hierdie woorde van die Here beskaamd staan. Ek dink dat die meeste van ons met aanhoor hiervan en ‘n eerlike beoordeling van onsself kan ons hoofde in skaamte laat sak. Ons put tog soveel genoegdoening daaruit om te roem. Daar is diegne van ons wat daarvan hou om ons op ons sukses te beroem, diegene wat daarvan hou om ons op ons rykdom te beroem en ‘n ander dalk weer beroem hom op sy wysheid, kundigheid of insig. Ons hoor dikwels hoedat mense op hul kinders roem. Ja, geliefdes, selfs sien ons bewegings wat probeer om duisende of miljoene mense vir gebedsbyeenkomste byeen te roep sodat hulle hul in getalle kan beroem. En tog is die Woord van die Here baie duidelik oor die verkeerdheid van hierdie ydele roem.
“Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.” (Jak. 4:16).
EFF EN BENDE MAAK REG VIR REGTE OORLOG
https://www.youtube.com/watch?v=Nn13XR6EoeM
U weet seker van die 1.5miljoen ammunisie-rondes wat in Durban gesteel is tydens die afgelope dae se barbaarse plundery. Die skakel hierbo verskaf meer inligting daaroor.
Daar is goeie rede om te glo dat die EFF die beplanners van hierdie hele roofmisdaad is – plunderende swartes het dit tydens kort onderhoude met TV-joernaliste gedeel en dit was sigbaar op internet vir 'n kort rukkie. U kan selfs nou nog kanaal 403 op internet kyk en luister waar talle van die gebeure sigbaar is.
Wat nog meer skokkend is, is dat die SAP die ammunisiediefstal probeer verswyg het en toe hulle uitgevang word het Beke Chele as troos vanoggend gesê dat hulle darem nou 10 000 rondes terug gevind het. En, o ja, nou is almal weer rustig en gaan ons niks weer daarvan hoor nie!
Maar wat ook waar is; daar is reeds dae verby vanaf die diefstal plaasgevind het en die polisie het ook nie verslag gedoen oor die feit dat die ammunisie reeds na Gagateng vervoer is nie. Nou is selfs die media bekommerd dat hierdie ammunisie gebruik gaan word om verdere oorlog in Gauteng te voer, die eintlike area waar die burgeroorlog volgens die beplanners moet begin.
Waarom was die polisie so afwesig tydens die groot plundering? Wonder iemand wat hulle rol hierin is? Maar al word hulle grootse misdaadrol verswyg, ook deur die media, sal daar uiteindelik duidelikheid wees hoe hulle saam met die ANC en dié se destydse jeugliga wat nou onder die vaandel van die EFF funksioneer, hierdie hele plot beplan en bestuur het. Onthou dat die EFF deur die Britse geheime diens, MI6 miljoene betaal word om die land onregeerbaar te maak sodat die Afrikaner kan ondergaan en die land met sy ondergrondse rykdomme vir hulle beskikbaar sal word. Hulle stryd dwarsdeur die Tweede Vryheidsoorlog wat op 31 Mei 1902 geëindig het toe hulle die Boere nie kon wen sonder om die vroue en kinders te vermoor nie, is nog nie op ‘n einde nie. Hulle haat die Afrikanervolk en wil ons totaal uitwis, want dan is dit maklik om hierdie deurmekaar land op ‘n skinkbord te neem. Die swart volke is nie vir hulle ‘n probleem nie, die VN en NAVO sal vinnig die laastes kom uitroei, solank hulle die ryk ondergrondse stowwe van ons mooi land kan buit.
Maar hulle hou nie tred met die Skepper van hemel en aarde nie, en hulle verrassing gaan baie groot wees wanneer al hierdie landsplundering uiteindelik oorgaan in volskaalse burgeroorlog . Ons grote God laat nie met hom spot nie. Hy sal sy heilige Naam voor alle nasies en volke grootmaak wanneer Hy Suid-Afrika kom reinig van alle onheile. Dit sal onder elke lewende wese in die wêreld se aandag kom dat Hy bestaan, almagtig en in beheer is van alles wat gebeur. Uit respek en vrees vir Hom sal Suid-Afrika eindelik deur ons volksvyande in vrede gelaat word en wag daar ‘n tydperk waarin ons baie hard gaan werk om ons vervalle land op te bou maar terselfdertyd ook in vrede en harmonie te bestaan.
MAG GOD ONS HELP MET SO 'N REGIME!
Regering erken hier dat hulle die chaos die laaste dae in ons land kon keer indien hulle opgetree het.
LUISTER VOOR DIT AFGEHAAL WORD
https://www.youtube.com/watch?v=iHviGZegx5A
IS U OPREG MET GOD
Hannes Ollewagen
Joh. 1:35-52
“Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” (:48).
Geliefdes, wat ‘n pluimpie is dit nie wat Natánael hier ontvang nie! Só ‘n kompliment van die Seun van God. Die oomblik toe Jesus hierdie man sien, maak hy meldig van hierdie kosbare eienskap van Natánael. Dit is duidelik dat hierdie vir Hom ‘n baie kosbare eienskap in ‘n mens is. Christus stel dit dat Hy kan sien dat daar geen bedrog in Natánael is nie. Hy kom na Christus met ‘n opregte gesindheid en nie met allerhande bybedoelings nie. Hy kom nie na Christus met sy eie motiewe of bedoelings nie, maar in waarheid. Hy is opreg.
Geliefdes, dit is nodig dat ons ook dikwels ons gesindheid teenoor God in oënskou neem. Ja, ons behoort onsself ook die vraag te stel of ons in ons verhouding met God waarlik opreg is. Die mens kan so maklik met valse motiewe en bybedoelings tot God probeer nader. Ons sien in ons tyd hoeveel mense “godsdiens” met ‘n valse motief bedryf, mense wat “God wil dien” omdat hulle graag deur Hom geseën wil word.
GOD’S WAARSKUWING OOR COVID-INSPUITINGS
Anita Joubert
Antwoord aan ’n vriend wat my gevra het oor ons opinie omtrent die inspuiting
Ek het nie professionele mediese kennis nie, maar daar is baie inligting beskikbaar daaroor. Gaan soek dit gerus op die internet.
Wat ek egter kan doen en graag wil doen, is om jou op geestelike gebied te waarsku. Daar is een ding wat ons as Christene baie goed moet besef. Wanneer ons met die werk van Satan te doen het, dan dan moet ons onthou dat Jesus in Johannes 8:44 vir die Fariseërs gesê het dat hulle vader die duiwel is; en dat hy van die begin af ’n moordenaar was. Hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie.
Toe Eva vir die slang gesê het God het gesê dat hulle nie van die vrugte van die boom in die middel van die tuin mag eet nie, want dan sal hulle sterf, het Satan onmiddellik vir haar gelieg en gesê: “Julle sal beslis nie sterf nie.”
Ons moet vir geen oomblik dink dat die merk van die dier saam met ’n advertensiebordjie gaan kom, waarop geskryf staan: “Kry gerus hierdie merk en gaan dan reguit hel toe,” nie. (Op 14:9). Daar sal verseker daaroor gelieg word en dit sal onder valse voorwendsels gegee word.
COVID EN DIE NUWE WÊRELDORDE
Die Irish Light, ‘n Ierse koerant wat deur gewone burgers gefinansier word, is ‘n tekenende bewys van die groeiende wêreldwye weerstand teen die onderdrukking van menseregte. Die hele Covid-sage het die rol van die Nuwe Wêreldorde (NWO) in hierdie verband behoorlik oopgekrap en word daar nou meer opsigtelik gemeet hoe die wêreldgeldmagte besig is om die globale mensdom te verslaaf. In die Irish Light word die saak soos volg aangespreek:
Die Verenigde Nasies (VN) is heel waarskynlik die mees sigbare uitdrukking van die onderdrukking. Die VN is in 1945 gestig ten einde “nasies te verenig”. ‘n Mens word wysgemaak dat dit voordelig sal wees, maar het u al daaraan gedink dat, as alle nasies/volke verenig sou wees, dit sou beteken dat onafhanklike soewereine nasies nie meer sal bestaan nie? Ons sal dus eindelik onder beheer staan van ‘n Eenwêreld Regering (One World Government), wat beteken dat mag al verder en verder verwyder word van individuele landsburgers.
Die VN het stelselmatig onafhanklike state se aktiwiteite begin oorneem met die daarstel van riglyne vir nasionale beleid wat voorheen die alleenreg en voorreg van elke individuele land was. Die Europese Unie is niks anders nie as ‘n “VN” vir Europa. Vryhede van volke word stelselmatig opgeslurp deur die anonieme, onverkose groepe wat beheer uitoefen oor die VN en die EU.
SO MOOR INSPUITINGS DIE JONGMENSE
Ons bring hierdie verslag van Israel National News wat gebaseer is op die navorsing van vooraanstaande Israeliese wetenskaplikes, onder die aandag van ons lesers.
Israelse navorsers het hierdie week gewys op 'n verband tussen die Pfizer Covid-19-entstof en 'n seldsame outo-immuun-siekte.
Die navorsers, verbonde aan die Departement Hematologie by die Shamir Mediese Sentrum, het gedurende 'n tydperk van een maand 'n verhoogde voorkoms van verworwe trombotiese trombositopeniese purpura (TTP) in Israel gevind en opgemerk dat die gevalle nou voor kom by diegene wat die Pfizer-entstof ontvang het, tot 'n maand vantevore. TTP is 'n bloedversteuring wat lei tot bloedklontvorming in klein bloedvate dwarsdeur die liggaam. Dit lei tot 'n lae plaatjie telling, lae rooibloedselle as gevolg van hul afbreek, en dikwels nier, hart, en brein disfunksie. Simptome kan insluit groot kneusplekke, koors, swakheid, kort van asem, verwarring, en hoofpyn.
Navorser Dorit Blickstein het aan Channel 13 ivm TTP gesê:
'' Dit is ‘n siekte wat in sy klassieke vorm dodelik is - 90% van die siekes sal sterf. Met behulp van nuwe behandelings, wat so vinnig moontlik toegedien moet word, herstel die meeste pasiënte vandag. ”
HIERHEEN IS ONS OPPAD
Indien iemand 'n duideliker prentjie nodig het om te verstaan waarheen die Geldmag met die wêreldbevolking oppad is, kyk gerus hierdie kortfilm. Tans is dit nog fiksie maar nie meer vir lank nie.
OPENBARING EN 'N VIRUS...
Openbaring se versekering in hierdie (en alle) tye
Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here en hy oordink sy wet dag en nag.
Psalm1:1-2
Wat ‘n pragtige woord is welgeluksalig nie. So ‘n driedubbele woord wat drie keer beklemtoon hoe mens volkome gelukkig kan wees. Ook in Openbaring1:3 word die woord aangetref. Latere vertalings het die rykheid van die woord en die betekenis van die vers verlore laat gaan deur dit net te vervang met die veel armer woord “gelukkig”.
Met die Korona-sage beleef mens dat dit juis “geluk”, ja vrede is wat nou by mense ontbreek. Rykdom, verstedeliking, besittings, nuwerwetse tegnologie en vermaak kon die mensdom toe nie gelukkig maak nie. Hierdie goed wys in hierdie tye juis hoe leeg dit is. Begrip vir dinge waaroor dit werklik moet gaan, het juis ontbreek. Toegegooi met inligting en kennis, maar sonder wysheid - dit is nou die naakte waarheid wat ontbloot word.
WEES HEILIG, WANT HY IS HEILIG
Hannes Ollewagen
1 Pet. 1:13-25
“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos,” (:15-19).
U het sekerlik al gehoor – “niemand is volmaak nie.” En dit is ook heeltemal waar geliefdes. Daar was en sal deur al die eeue heen maar net Een wees wat volmaak en sonder sonde was - Christus Jesus wat in gedaante van ‘n mens kom leef het om aan ons ‘n voorbeeld van ‘n volmaakte lewe te stel. Ja, geliefdes, God verwag van elkeen wat tot geloof in Hom kom om hierdie volmaakte lewenswandel na te streef.
“Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” (2 Kor. 13:11).
Dit is duidelik dat God van sy geroepe en bekeerde kinders in Christus Jesus verwag om gedurig na volmaaktheid en heiligmaking te streef.
“jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; (Heb. 12:14).
MOET ONS OOR DELTA BEKOMMER?
Volgens die streekdirekteur in die Europese kantoor van die Wêreldgesondheidsorganisasie, (WGO) Hans Henri Kluge, is 'n nuwe coronavirus-variant genaamd "Delta" (waarvan die wetenskaplike naam B.1.617.2 is en glo afkomstig van Indië), "gereed om pos te vat in Europa, wat moontlik die strengste hernieude inperkings sal verg”. So, hier kom dit alweer...
In 'n artikel van The June, 2021, berig The Hill dat die SARS-CoV-2 Delta-variant “vinnig kan versprei en diegene wat net een van die twee entstofdosisse ontvang het, baie erger kan infekteer as diegene wat volledig ingeënt is met 2 inspuitings.” Ja, hoeveel meer deursigtig kan ‘n leuen dan word!
Volgens Kluge word Europa nóu net so gekonfronteer as in die winter van 2020, toe dinge vinnig gebeur het om tot 'n vernietigende ekonomie, streng inperkingmaatreëls en groot lewensverlies te lei.
Tans is die Delta-variant die dominante stam in die Verenigde Koninkryk, waar dit groot vrees veroorsaak agv die negatiewe mediaberigte daaroor, naamlik dat dit nou 'n toename in gevalle onder jonger mense tussen die ouderdom van 12 en 20 veroorsaak.
Interessant, alhoewel daar beweer word dat enkel-dosis ‘inenting’-ontvangers 'n groter risiko het as diegene wat twee dosisse ontvang het, is talle meer volledig ingeënte mense reeds aan hierdie variant dood.
Belangriker nog, uit 'n PHE-verslag van 11 Junie 2021 blyk dit dat hospitaalpasiënte ‘n ses keer groter kans staan om aan die COVID Delta-variant te sterf as hulle volledig ingeënt is, as wat hul glad nie ingeënt is nie.
KAN U COVID 2 MAAL KRY?
Is dit moontlik dat mense wat COVID-19 gehad het, weer siek kan word en ander mense kan aansteek?
Daar is tot dusver beperkte verslae van bevestigde gevalle van herinfeksie.
Hoe word ons immuun?
As kieme en virusse die liggaam binnedring, kom u immuunstelsel in werking. Dit is hoe dit werk:
• Bakterieë en virusse soos dié wat COVID-19 veroorsaak, bevat proteïene wat antigene genoem word. Elke soort kiem en virus het sy eie unieke antigeen.
• Witbloedselle in u immuunstelsel maak proteïene wat teenliggaampies genoem word om die antigeen te bestry. Teenliggaampies heg aan antigene soos 'n sleutel in 'n slot pas, en vernietig die indringender.
• Sodra u aan 'n virus blootgestel is, maak u liggaam geheueselle. As u weer aan dieselfde virus blootgestel word, herken hierdie selle dit. Hulle sê vir u immuunstelsel om teenliggaampies daarteen te maak.
Entstowwe – dit is nou regte entstowwe en nie die gifstof wat onder voorwendsel as entstof teen Covid ingespuit word nie – werk op dieselfde manier. Hulle stel u liggaam bloot aan 'n antigeen wat u immuunstelsel oplei om die virus in die toekoms te beveg. Aangesien entstowwe verswakte weergawes van virusse bevat, word u immuun sonder om siek te word.
Nou is die vraag, as u COVID-19 gehad het, is u nou immuun daarteen?
"JAB OR NO JAB, NO FLIGHT!"
INGESPUITE VLIEËNIERS STERF EEN NA DIE ANDER
In Brittanje is daar nou ‘n nuwe krisis wat binnekort ook 'n wêreldwye een sal wees: die Britse Lugvaart is in samespreking met die regering of vlieëniers wat die inspuiting teen Covid ontvang het, nog toegelaat moet word om te vlieg. Hierdie gesprekke het begin nadat die 4e ingespuite vlieënier pas dood is. Mens kon dink dat die bloedklontrisiko nie net tot die passasiers beperk sou wees nie.
Die probleem kom veral daarby in dat reeds 85% Britse vlieëniers ingespuit is. Dit bring die totaal wat oorbly op ‘n skamele 15%. Die “British Airways” (BA) sal dit nie finansiëel oorleef indien daar besluit word dat die ingespuite vlieëniers nie meer mag vlieg nie.
Intussen berig Sky News uit Australië dat lugdiensondernemings in Spanje en Rusland mense wat die inspuiting gehad het ernstig waarsku om nie te vlieg nie weens die risiko van bloedklonte. Die media hou die front asof dit net ‘n waarskuwing is maar in waarheid word ingespuite mense in baie lande reeds verbied om te vlieg.
LEEF U VIR GOD?
Hannes Ollewagen
Romeine 6:1-23
“As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” (:8-11).
Geliefdes, besef u dat daar baie kerkmense is wat nie die hemel gaan beërwe nie? Ja, daar is baie mense wat voor ‘n gemeente hul geloofsbelydenis afgelê het, maar nie deel het aan die koninkryk van God nie. Daar is talle mense wat net in naam “Christene” is, maar beslis is hulle dit nie in hul hart en wese nie. En hierdie is geen nuwe verskynsel nie, geliefdes. God het reeds in Openbaring die gemeente van Sardis oor hierdie verskynsel aangespreek.
“...Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood.” (Open. 3:1).
VERSKROEIDE AARDEBELEID
Op 16 Junie elke jaar herdenk ons Die Verskroeideaardebeleid, omdat ons steeds met meegevoel en dankbaarheid onsself nie die verskriklike lyding van ons Boeregesinne kan indink nie. Dié beleid is aanvanklik deur lord Roberts ingestel en later deur Horatio Kitchener uitgebrei gedurende die Tweede Vryheidsoorlog wat geduur het van 1899 - 1901.
Die Engelse was nie in staat om ons Boere in die oorlogveld te wen nie en daarom die lafhartige plan uitgedink om die vrouens en kinders gevange te neem en landerye af te brand. Volgens hierdie beleid is ook byna al die Boere se plaashuise verbrand, vee op die wreedste wyses doodgemaak en die vroue en kinders is na konsentrasiekampe toe gestuur, soms soos vee deur swartes soontoe aangejaag, sommige kaalvoete, oues, siekes, alles sonder enige genade. In die kampe was daar onvoldoende kos, mediese dienste en doelbewuste pogings om veral kinders te laat sterf. In 1901 het ongeveer 25 000 kinders en 3 000 vroue in hierdie kampe van honger en siekte gesterf.
Lord Roberts het op 16 Junie 1900 die volgende proklamasie (No 5/1900) uitgevaardig:
AMERIKANERS BEGIN BEHEER NEEM
‘n Hele aantal state in Amerika begin nou sê genoeg is genoeg! Die aanhoudende leuens en reëls oor die Covid-sage is besig om Amerikaners die harnas in te jaag. Die talle maatreëls wat hulle moet nakom is besig om veral die kinders se geestesgesondheid te knou. Nou begin die een na die ander staat om maskers in skole te verbied.
Texas was die voorloper toe ‘n uitvoerende bevel wat regeringinstansies se maskerdra-reël verbied, daar op 4 Junie 2021 in werking getree het.
'n Soortgelyke wetsontwerp is in Mei 2021 in Iowa uitgevaardig, wat ook die dra van skoolmaskers verbied. In 'n verklaring het Kim Reynolds, goewerneur van Iowa, gesê: "Die staat Iowa plaas ouers weer in beheer van hul kind se opvoeding en neem groter stappe om die regte van alle Iowans met betrekking tot hul eie gesondheidsbesluite, te beskerm."
INGEËNTES WORD BIOWAPENS!
NAVORSING ONTBLOOT GIFTIGE COVID-ENTSTOWWE
Hoe meer mens leer oor die COVID-19-entstowwe, hoe meer besef mens die sataniese beplanning daaragter. In 'n onlangse onderhoud met radio-omroeper Alex Pierson, het dr Byram Bridle, skokkende inligting meegedeel wat onmiddellik wyd versprei het, ondanks die feit dat dit deur Google gesensor is. Dit het gebeur deurdat hy met behulp van ‘n regsaksie toegang tot Pfizer se entstof-navorsing bekom het.
Onder andere het drie nuwe aspekte aan die lig gekom, nl dat borsgevoede babas inwendig bloei nadat die ma die inspuiting ontvang het, en dat ingeëntes wat bloed skenk die gif daarmee oordra aan reeds verswakte pasiënte. Dit opsigself is ‘n bloedstollende wete! Die derde onthulling is dat die gifstof ook grootliks in die vroulike eierstokke vergader wat steriliteit tot gevolg het.
In 2020 het Bridle 'n toekenning van $ 230,000 ontvang vir navorsing oor die ontwikkeling van COVID-entstowwe. As deel van die navorsing het hy en 'n span internasionale wetenskaplikes volgens 'n wet op die Freedom of Information (FOIA) versoek om toegang tot Pfizer se biodistribusienavorsing van die Japanse reguleringsagentskap te verkry. Die navorsing, wat onlangs vir die eerste maal ontbloot is, bevestig wat ons reeds maande lank by oningeligtes probeer tuisbring, nl dat alle COVID-19-entstowwe ‘n gif is wat bedoel is om biljoene mense te dood.
“Ons het 'n groot fout gemaak,” sê Bridle. “Ons het gedink die aarproteïen is 'n uitstekende teiken-antigeen; ons het nooit geweet dat die proteïen self 'n gifstof is en 'n patogene-proteïen is nie. Deur mense in te ent, ent ons dus 'n gifstof in. ”