Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybelse uitdrukking "Werp jou brood op die water..." het veel dieper betekenis as wat meestal geag word. Dit het suiwer te doen met die saak dat ons sonder om iets terug te verwag goeie dade aan mekaar sal doen. Ons is ewig besig om te wonder watter voordele daarin vir mý is wanneer ek iets goeds aan my medemens doen. Die voorskrif is egter om dit te doen sonder enige verwagting. En dán sal die tweede deel van Prediker 11:1 ook vir jou waar word: "... want ná verloop van baie dae sal jy dit vind." Só sal God self jou vergoed al het ons geen aanspraak daarop nie.
VSA BEFONDS OEKRAÏENSE BIO-LABORATORIUMS
Daar is baie vals inligting die afgelope tyd oor die Oekraïense inval rondgestuur. Talle videos word versprei van ‘n gans ander toneel in ‘n totaal ander tyd. Geen wonder dat selfs die waarheid nou ook as vals en samesweringsteorie verwerp word nie. Maar vir dié wat bereid is om navorsing en moeite te doen is daar altyd die beloning van die waarheid.
Toe die Russiese troepe die Oekraïne inval het die regering in Kiëf die "noodvernietiging” van patogene, insluitend pes en miltsiekte, by Amerikaans-befondsde laboratoriums naby die Russiese grens afgedwing. Vroeëre gerugte dat die Russiese weermag bio-laboratoriums wat deur die VSA bestuur word teiken, is aanvanklik as samesweringsteorieë afgeskryf, maar die Russiese ministerie het belowe om sy bewerings daaroor met dokumente te bewys.
"Ons het dokumentasie van werknemers van Oekraïense bio-laboratoriums oor die noodvernietiging op 24 Februarie ontvang van veral gevaarlike patogene van pes, miltsiekte, tularemie, cholera en ander dodelike siektes," lui die verklaring.
In die verklaring is die Kiev-regime daarvan beskuldig dat hulle 'n "noodreiniging" uitgevoer het om bewyse van die vermeende biologiese wapenprogram, wat deur die VSA befonds word, te vernietig. Dit behels die vervaardiging van biologiese wapenkomponente by ten minste twee laboratoriums. Dit nogal in die stede Poltava en Kharkov, wat albei die afgelope dae intense gevegte tussen Russiese en Oekraïense magte beleef het, wat die feit staaf dat Rusland hierdie bio-laboratoriums probeer vernietig.
Die dokumente wat deur die Russiese ministerie gepubliseer is, sluit 'n bevel van die Oekraïense ministerie van Gesondheid in om die patogene asook die betrokke kieme wat ‘n paar lyste beslaan, te vernietig.
Rusland se ministerie van Verdediging het gesê dat hulleself tans deur spesialiste vir bestraling, chemiese en biologiese beskerming ondersoek word.
“Ons sal binnekort die resultate van die ontleding openbaarmaak,” het die Russiese ministerie gesê en bygevoeg dat hy glo die dokumente sal bewys dat die Oekraïne en die VSA, Artikel 1 van die VN se biologiese wapenkonvensie oortree het. Die VSA, Oekraïne en Rusland is onder meer van die 180 partye wat tot hierdie verdrag verbind is. Kragtens Artikel 1 van die ooreenkoms stem alle partye ooreen om “nooit onder enige omstandighede biologiese wapens te ontwikkel, te vervaardig, op te gaar, te verkry of te behou nie”.
Tot dusver is Washington asook Kiëf doodstil en te bang om kommentaar op Rusland se verklaring te lewer dalk juis omdat die Pentagon net voor die inval in die openbaar verklaar het dat hy saam met die Oekraïense regering werk om "patogene en gifstowwe in die regeringsfasiliteite te konsolideer en te beveilig ter wille van vreedsame navorsing en entstofontwikkeling.”
Hoe skelm kan ‘n jakkals wees! Hoeveel gate het ‘n jakkals? En hy kom gewoonlik daarmee weg. Net so die VSA met hulle aansprake, aanhitsing, tereurdade en dan ontkenning dat hulle daaragter sit.
Siener het gesê ná hierdie komende oorlog sit Amerika nie meer aan die hoof van die tafel nie. Hy het ook gesê Engeland gaan totaal onder die see verdwyn en sit glad nie aan die tafel nie. Mag die God van ons voorvaders en Wie ons vandag nog aanbid, hierdie lande met hulle misdade en onregte wat hulle aan baie ander lande gedoen het, op die regte tyd teregstel!