NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer 'n kindjie sterf voordat hy of sy Christus se verbondsteken van die doop ontvang het, hoef gelowige ouers nie daaroor te bekommer nie omdat die kindjie daardeur 'n verbondskind was en reeds gered is.

SABBAT OF SONDAG?

DIE TWEE GROOT VERLOSSINGS

Ds A.E van den Berg

 Inleiding

Deuteronomium is die verhaal van hoe Israel deur God se leiding tot op die walle van die Jordaan rivier gevorder het; slaggereed om die beloofde land wat hulle beloof is, in besit te neem. Daar was egter ook voorwaardes:

Luister dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel” (Deut.4:1,2).

Die Israeliete moes die Sabbat as ʼn dag van rus van hul arbeid eerbiedig. God het hul werksdae tot ses dae beperk. Dit het nie net vir die Israeliete gegeld nie maar ook vir vreemdelinge in hul midde.

Toe Israel in Egipte slawe was, is daar nie op ʼn rusdag aangedring nie. As die Egiptenare gerus het, het die slawe gewerk. God het Israel verbied om ook hul slawe op die Sabbat te laat werk soos wat met hulle as volk in Egipte die geval was. Die Sabbatsgebod het dit verhoed.

God het Israel verseker dat hulle nie vir altyd in Egipte sou wees nie. Hy sou hulle op sy bepaalde tyd na hul land van herkoms laat terugkeer:

Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek...“ (Gen.46:4).

Ten spyte van die moeisame ompad deur die woestyn was daar vir Israel verlossing in die vooruitsig. Hulle was beslis nie per ongeluk in Egipte nie. God het dit so beplan. Sy ingryping in hul treurige situasie en die wonderlike verlossing daarna, het Israel gewillig verplig om God deur die onderhouding van die Tien Gebooie gehoorsaam te wees:

“Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het”(Ex.20:2).

2.   Seën vir die nasies

God het met die Egiptiese slawerny sy doel met Israel bereik en sy belofte gestand gedoen:

“En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees” (Gen.12:2).

Die nageslag van Abraham sou ʼn bron van seën vir al die nasies wees. Daarvoor moes hulle vir die wêreld ʼn voorbeeld stel van wat reg of verkeerd is. Die onsekerheid oor hul toekoms, vreemdelingskap en vernedering as slawe in ʼn vreemde land was noodsaaklik vir ʼn nuwe volksbegin. Israel moes eers afgebreek word om ʼn nuwe begin te kon maak.

Alhoewel God op die sewende dag van sy skepping gerus het, was dit nie toe al ʼn gebod nie. Dis eers 2,500 jaar later tydens die woestyntog ingestel en as rusdag eerbiedig. Dit moes die Jode aan God se genadige verlossing herinner waaruit hulle hulself nie kon bevry nie.

Die Sabbat was egter ʼn voorafskaduwing van ʼn groter, ingrypende verlossing wat op die hele mensdom gewag het, ʼn slawerny waaruit niemand kon loskom nie. Dit het eeue later met die offerdood van Jesus en sy opstanding uit die dood verwerklik – die mensdom se verlossing van die slawerny van sonde:

“ ... want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword” (2 Pet.2:19).

3.   Die dag van die Here

Omdat Jesus op die eerste dag van die week (Sondag) uit die dood opgestaan het, is dié dag deur Christene as rusdag eerbiedig – steeds een uit sewe dae soos wat die gebod bepaal het. Daarmee het Christene hul duidelik van die Jode onderskei. Hulle het nie meer besny nie, maar gedoop en nie meer die pasga gevier nie, maar die nagmaal; alles duidelike onderskeidingstekens van die bevryding in Christus.

Gelowiges het na die Sondag as die dag van die Here verwys; die dag van Jesus se opstanding uit die dood. Daarna is die Heilige Gees ook op ʼn Sondag uitgestort en het die Gees vir Paulus gelei om die rusdag op ʼn Sondag te vier:

Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van ʼn mens ontvang of geleer nie, maar deur ʼn openbaring van Jesus Christus” (Gal.1:11,12).

Paulus het nie toevallig op die eerste dag van die week gepreek nie. Nog minder het gemeentes toevallig op die eerste dag van die week nagmaal gebruikof geld vir behoeftiges ingesamel. Gelowiges het die Skrif verstaan en is deur die Gees gelei om op die eerste dag van die week byeen te kom, te bid en die gemeenskap van die gelowiges te beleef.

Christus het met sy dood die Ou Testamentiese wet vervul. Christene was nie meer onder die wet nie, maar onder die genade:

“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God” (Efes.2:8).

Christene is onder geen verpligting om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie behalwe een – die liefdesgebod (Mt.22). Let daarop dat elkeen van die Tien Gebooie in die NT noukeuriger behandel is behalwe die een oor die sabbat.  

Paulus sê dat die Ou Testamentiese feeste nie op Christene van toepassing is nie:

Laat niemand julle dan oordeel in spys en drank of met betrekking tot ʼn fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ʼn skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus” (Kol.2:16,17)

Baie dinge in die Ou Testament was voorafskaduwees van groter dinge wat aan die kom was.   Dis soos ʼn persoon wat om ʼn hoek staan en net sy skaduwee vir ander sigbaar is. Dis slegs ʼn teken van sy naderende koms. So was die onderhouding van sekere Ou Testament se seremoniële wette, feeste en sabbatte net skaduwees van groot dinge wat sou kom.

Die Heilige Gees het die vroeë kerk gelei om Jesus se opstandingsdag as rusdag te eerbiedig. Dis vir gelowiges ʼn geestesverrykende geleentheid om op hierdie dag die gemeenskap van die gelowiges te ervaar, maar nie as ʼn nuwe wet nie.

Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie meer onder die wet nie” (Gal.5:18).  

Sondagheiliging het nie in die plek van die sabbat gekom nie. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, is die Joodse sabbatsonderhouding finaal beëindig. Gelowiges het voortaan spontaan op Sondae byeengekom. Dit was dieselfde reëlmaat van een dag uit sewe. Soos wat die sabbat die Jode aan God se bevryding uit hul Egiptiese slawerny herinner het, het Sondagheiliging gelowiges aan Jesus se bevryding uit die slawerny van sonde herinner.

Dit gaan wesenlik nie oor ʼn spesifieke dag van die week nie maar oor die reëlmaat van een uit sewe:

Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here ...” (Rom.14:5,6).

Slot

Christene moet die herlewing van godsdienswettisisme ernstig teenstaan. Die Bybel het geen goeie woord daarvoor nie. Paulus was ontsteld toe hy van gelowiges in Galasië verneem het wat in wettisisme verval het. Alhoewel hulle Jesus bely het, het hulle nogtans van bekeerdes verwag om van die Joodse voorskrifte te volg en moes Paulus hulle ernstig berispe:

Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie” (Gal.5:1).

Jesus se opstandingsdag is die grondslag van gelowiges se Sondagsviering. Ten spyte van die duidelikheid van die Bybel oor die Christelike rusdag, is daar steeds mense wat die uitgediende Joodse sabbat (die skaduwee) wil onderhou. Mag God hulle tot ware insig bring!        

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2020 gaste aanlyn