Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lank gaan ons swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!
NIEMAND KAN GOD KEER NIE
Op hierdie 2e dag van die nuwe jaar begin die werklikheid van nog 'n jaar in ons vassteek en ons wonder wat die jaar vir ons gaan inhou. Nie net word ons vertrap onder die hiel van 'n heidense regering nie maar is talle van ons volkome bewus van die sataniese aanslag wat die Geldmag op die wêreld se bevolking loods. Baie van ons weet wat daar beplan word om ons met die sogenaamde inenting volkome onder satan se beheer te stel sodat ons selfs ons ewige lewe kwyt moet wees. Maar:
God laat sy kinders nooit in die steek nie. Ten spyte van hul afvalligheid staan Hy by hulle. Wanneer die nag op sy donkerste is, gryp Hy in en maak dit lig. “Maar julle is ʼn uitverkore geslag, ʼn koninklike priesterdom, ʼn heilige volk, ʼn volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet.2:9).
Ons volk se toekoms lyk donker. Heidenpolitiek oorstroom al hoe meer ons eens rustige samelewingsterrein. Afgodsdienaars wedywer met mekaar in die afwaartse spiraal van ellende. Daar is onweer in die lug. Doemprofete voorspel lelike dinge vir die toekoms. Soms voel ons soos skape wat deur wolwe op ʼn hoop gejaag word, diere wie se bekke vir die groot slagting kwyl.
Nog een van die groot bekommernisse onder volksgenote is dat ons nie leiers het nie. Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans. Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom! Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer: Moet op prinse nie vertrou nie! Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red. Toe gebeur die teenoorgestelde. En dit het ons vryheid gekos.
Is dit klaar met Kees? Gaan satan die laaste lag? Nee, om die eer van God nooit! God sal op sy tyd die werk van sy hande herbevestig en uit hierdie verloopte volk weer volksleiers na vore laat kom wat, soos die rigters van ouds, hierdie volk na God sal teruglei!
Wat kan ons die Here intussen aanbied? Hét ons iets om Hom aan te bied? Niks nie; slegs die dor hout van ons krom en afvallige lewens. Maar in sy hand word sulke uitskotprodukte meesterstukke en met die dor kierie van ons volkslewe kan Hy vir ons ʼn pad in die see van wanhoop oopkloof en ons na vryheid lei.
As die nood op sy hoogste is, gaan God vir ons die nodige leiers stuur - manne en vrou wie se harte in die bloed van Jesus gewas is. God sal hulle met ʼn heilige roeping begeester om hierdie volk aan die suidpunt van Afrika na Hom toe te laat terugkeer en hulle van die heidendom en satan se aanvalle te verlos. En geen mag ter wêreld gaan Hom keer nie!
NUWEJAARS- BOODSKAP
Ds Andrè vd Berg
Koopbriewe
Ons weet nie wat die jaar vir ons gaan inhou nie. Al wat ons weet, is in Wie se hand die jaar is. Die toekoms behoort aan God en waar ek gaan, sal God by my wees, Die toekoms is so helder soos God se beloftes.”
“So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in ’n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan” (Jer.32:14).
Min dinge is so onaangenaam as onsekerheid. Dit belemmer jou gemoed. Dis soos met ʼn moeilike eksamen; jy gaan net-net gaan slaag of net-net druip. Jy weet nie. Of jy belê geld teen hoë risiko en jy weet nie of jy gaan verloor nie.
Die ergste onsekerheid is om onseker oor jou toekoms te wees. Dit ontneem mense van hoop soos met die Judeërs eeue gelede. Ek verplaas u na die jaar 587vC. Berigte stroom in dat Juda deur Babiloniërs ingeval is. Die bloedspoor wat hulle agterlaat, word al groter en hulle is op pad na Jerusalem!
Juda se die dominees lieg vir die mense en sê dat God die stad nooit sal laat inneem nie want die tempel staan daar as simbool van God se setel op aarde. Al die mense word egter nie aan die neus gelei nie; mense is doodbang. Wie kan hul red? Kan die dominees of koning om God om hulp vra nie? Nee, want God sal nie na hulle luister nie. Die koning is ongelowig en die dominees misleiers.
EERBIEDIG JULLE OUERS
Hannes Ollewagen
Efésiërs 6:1-9
“KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder – dit is die eerste gebod met ‘n belofte – sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” (:1-3).
Geliefdes, ons wêreld gaan mank aan mense wat verstaan wat eerbied en respek is. Die mens van vandag het min respek vir homself en vir sy medemens. En ‘n mens wat vir homself en vir sy medemens en meerderes nie respek het nie het ook vir God geen respek nie. Ja, ‘n mens behoort te erken dat die mag wat oor hom aangestel is deur God daargestel is.
“LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom aangestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; …” (Rom. 13:1&2).
Ja, geliefdes en veral jongmense, dit sluit ook die mag in wat God in die hande van ouers geplaas het. Godvresende ouers word deur God die verantwoordelikheid opgelê om hul kinders in die tug en vermaning van die Here op ‘n Godvresende wyse groot te maak.
“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.” (Efés. 6:4).
En daarom verwag God dat kinders hulle ouers hiervoor sal respekteer en aan hulle die nodige eerbied betoon.
DIT IS WEER OUJAARSDAG
Ds A.E. vd Berg
Oujaarsdiens
“En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie”(Hand.16:7).
Ons leef net eenmaal op die aarde en nooit weer nie. Daarom moet ons alles wat eerbaar is doen om sin daaraan te gee. Wat ons nie doen nie, is ons vir altyd kwyt. Daarom is dit goed om vooruitsigte te hê. God wil dat ons hoog mik en sukses behaal. By geleentheid neem ʼn Amerikaanse onderwyseres haar klas na die Withuis en vra hulle daarna om ʼn opstel oor hul ervaring te skryf. Een seun begin dit met: “Dankie vir die geleentheid om gister my toekomstige ampswoning te kon besoek”. Hy het sommer baie hoog gemik!
Ons kan die nuwe jaar nie sonder sinvolle voornemens aanpak nie. Dit kan ʼn jaar van groot veranderings in ons land wees. Op politieke gebied moet daar ʼn waterskeiding kom. Totdat God se Woord gehoorsaam word, gaan die kerklike verwarring voortduur. Op kulturele gebied sal vrysinnige volksgenote hulself nog verder vasdraai en die volksvyand sal dit wat eerbaar is, nog verder afbreek. Gedagtes hieraan, laat baie mense wat glo dat hulle pionne op die skaakbord van die noodlot is, nie juis na die nuwe jaar en toekoms uitsien nie.
WAT HET MET ONS LAND GEBEUR? (2)
2. Godsverheerliking
God se uitverkorenes is daarop ingestel om Hom te verheerlik:
“Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!”(Ps.150:6).
God word op talle maniere verheerlik. Eerstens deur te bely dat Christus die Here is. Omdat hulle nie sy heerskappy wil aanvaar nie, wil die godvyandige wêreld niks daarvan weet nie.
Gelowiges verheerlik God ook in hul doen en late:
“ Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor.10:31).
God word ook deur sonde, belydenis en getroue gehoorsaamheid aan sy Woord verheerlik. Van Abraham word gesê:
“En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee” (Rom.4:20).
Paulus lê egter baie sterk klem op sedelike reinheid as ʼn verheerliking van God:
VERAGTELIKE BLANKE AGENTE
Adriaan Snyman
Op 17 Januarie 1916 het Siener ‘n visioen gehad wat eers in ons tyd bewaarheid sou word. In die gesig het hy gesien ons sal in die toekoms nog daal tot die vlak van die nie-blankes; selfs in ons voorkoms (kleredrag) en optrede sal ons soos hulle lyk en doen; maar nog erger, hy het ook gesê ons gaan (net soos hulle) niks vir mekaar omgee nie, mekaar uitbuit, in die rug steek, en teen betaling aan die vyand uitlewer.
Die dag toe hy hierdie gesig aan Kerneels Nieuwenhuis meegedeel het, het hy bewoë bygevoeg: “Ja, Kerneels – ons is ‘n veragtelike volk!”
Daar gaan byna nie ‘n dag verby dat die media nie hierdie skandvlek in ons volksiel met koelbloedige leedvermaak aan die wêreld uitbasuin nie, en ‘n perverse behae daarin skep om die behoudende regses as ‘n spul onopgevoede skobbejakke sonder integriteit, eer of selfrespek voor te hou.
In ‘n artikel Lies, Spies and slush-funds het ‘n nie-blanke joernalis ‘n gewetenlose komplot teen die Boere onthul. Verraderlike blanke agente van die ANC het hulself as verregse elemente voorgedoen om die behoudendes onder ons te diskrediteer.
WAT HET MET ONS LAND GEBEUR?
Suid-Afrika beleef sedert 1994 ʼn sedelike vryval nadat die Christen-grondwet tot niet gemaak en die land amptelik tot ʼn wêreldstaat verklaar is. Die lugleegte wat dit gelaat het, laat misdaad hoogty vier en geweld sulke ongekende afmetings aanneem, dat mense daagliks selfs binne hul huise vir hulle lewens vrees.
Dis nie ʼn demokrasie nie maar eerder ʼn skrikbewind waar barbaarse optrede gangbaar is, plaasmoorde die hoogte inskiet, dwelmverslawing epidemiese afmetings aanneem, dissipline sienderoë kwyn, woede oral opbou en booswigte die land daagliks plunder. Aanspreeklikheid het’n stille dood gesterf, gesonde werksetiek het skaars geword en infrastrukture in duie laat stort.
Daarbenewens het onderwys ʼn ongekende laagtepunt bereik en word ʼn geslag jongmense sonder kennis van die Bybel groot. Dit voorspel niks goed vir die toekoms nie! Die vraag op almal se lippe is: Wat het met ons land gebeur? Waarom val alles uitmekaar? Wat gaan aan?
NARSISME
Persoonlikheidselfmoord
Ds. A.E van den Berg
Narsisme is ʼn persoonlikheidsafwyking wat weens ʼn oordrewe sin van eie belangrikheid ontstaan. Dis aan ʼn Griekse mite ontleen wat vertel van Narsissus, ʼn buitengewoon aantreklike jongman, wat ʼn profesie van ʼn blinde profeet ontvang het dat hy baie oud sou word indien hy nooit sy eie gesig sou sien nie.
By geleentheid wou hy sy dors in ʼn waterpoel gaan les toe hy sy gesig sien en ter stond daarop verlief geraak het. Terwyl hy buk om van die water te drink, het die beeld van sy gesig verdwyn. Bang om dit te verloor, het hy daarna bly kyk waarna hy later van dors gesterf het en die narsingblom met sy geboë steel op daardie selfde plek opgekom het.
Hierdie mite waarsku teen oordrewe selfliefde. So ʼn selfliefde laat ʼn mens so in sy eie ego verstrengel raak, dat hy uit voeling met die werklikheid raak en as’t ware emosionele selfmoord pleeg. Mans is meer tot Narsisme geneig as vroue. Dis ʼn ergerlike persoonlikheidsversteuring wat deur ʼn samestelling van genetiese en omgewingsfaktore gevorm is. Navorsing het bevind dat buitensporige ouerbewondering, vrye teuels en gebrekkige tuisdissipline ʼn teelaarde vir Narsisme is. Gewoonlik is net een van die ouers daarvoor verantwoordelik.
KERSBOODSKAP
ONS CHRISTUSFEES
Ds Andrè van den Berg
“Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart; om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” - Jes.61:1
Dit is weer Kersfees – of soos ons eerder sê: Christusfees !
Hierdie fees is anders as die res van die Christelike feesdae omdat dit net van vreugde spreek. Tydens Lydenstyd raak ons bedroef as ons aan Jesus se lyding dink, maar hierdie fees is louter vreugde. Vergeef maar as mens dit soms steeds Kersfees noem aangesien die meeste mense uit gewoonte daarin vrede vind. ’n Mens sou graag van die Kersfeesgees in flesse wou opvang en elke maand een daarvan oopmaak. Dit sou ons van neerslagtigheid bevry. Dis goed om tydens hierdie fees opgewonde soos ’n kind te wees, want ons Verlosser het immers as kind na die aarde gekom. Kersfees moet egter in ’n mens se hart wees. Wie dit nie in sy hart het nie, soek tevergeefs daarna onder ’n kersboom in geskenkpapier toegedraai. Hierdie Christusfees is ’n hartsaak.
Dis ’n tyd van die jaar wat ’n mens nie alleen wil deurbring nie. Hoe vreeslik om ‘n kaggelvuur in jou hart te hê, maar niemand om langs jou te sit nie! Die hartseerste is egter wanneer mense slegs die opwinding van ’n Kersfees wil beleef, maar geen begeerte het om die Vredevors, die Een waaroor Kersfees eintlik gaan, as Verlosser en Saligmaker wil aanvaar nie!
WAAROM VIER ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER?
Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk. Dit was glo in September van daardie jaar. In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig. Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het. Dit was dus in Maart. Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.
Daar is talle besware teen hierdie datum. Desember is winter in die Noordelike Halfrond en herders sou kwansuis nie tydens die koue in die veld wees nie. Dis moontlik. Tog moet daar rekening gehou word dat skape die heel jaar by die tempel geslag is, hoofsaaklik skape wat in Betlehem (naby Jerusalem) aangehou is. Daarom kon dit in Desember gewees het.
TERT SE KERSFEESSTORIE
'n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien.
Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles.
"Nou waar was julle toe?" wou ek nuuskierig weet.
"Noord-Kaap" sê Tert.
"Ek het nie geweet julle het familie daar nie?" vis ek verder uit.
"Nie gehad nie, maar nou het ons."
"Nou maar hoe werk dit?" hou ek vol.
KERSFEESMENSE!
Ds Andrè van den Berg
“Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is” – 1 Pet.1:24,25
ʼn Paar jaar gelede is ʼn jong vrou met kanker gediagnoseer. Die dokter was eerlik met haar – sy was sterwend. Toe die dokter haar later tuis besoek, wou sy weet hoeveel tyd sy nog oor het om te leef. Haar tyd was baie kort en hy wou die boodskap so simpatiek as moontlik aan haar oordra. Deur die kamervenster kon hy ʼn akkerboom sien en dit was herfs. Die blare het verkleur en begin afval. “As al die blare van daardie akkerboom afgeval het, sal jou tyd verby wees” sê hy toe vir haar.
Die vrou en haar man het hul sesjarige dogtertjie nie in die deur sien staan nie. Toe die dokter weg is, het die man by die venster uitgekyk en iets gesien wat sy hart gebreek het. Die dogtertjie was besig om die blare onder die akkerboom op te tel en een vir een met garingdraad aan die boom vas te werk!
HET U ‘N BRUILOFSKLEED?
Hannes Ollewagen
Matt. 22:1-14
“En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.” (:11&12).
Alhoewel die diensknegte van die koning oral oor gaste vir die bruilof versamel het, moes hierdie versameldes hulself steeds met ‘n bruilofskleed oorklee alvorens hul aan die bruilof kon deel hê. Daar was een gas wat gedink het om sonder daardie bruilofskleed aan die bruilof deel te neem, maar hy is deur die koning raakgesien, aangespreek en uitgewerp.
Geliefdes, hoe toepaslik is hierdie gelykenis nie ook nog in ons dae nie? Ons sien en hoor diensknegte van God, die Koning van die heelal, wat mense uitnooi om vir sy Bruilof gereed te maak. Ons hoor hoedat hulle vermaan en mense aanmoedig om hul bruilof klere gereed te kry, maar soos in die dae van Christus, steur die mense hul min hieraan. Elkeen gaan terug na sy handelsaak en na sy eie stuk land, na sy “YouTube” en sy rekenaarspeletjies, sy “Netflix” en oppervlakkige vermaak. Ja, elkeen gaan maar net eenvoudig voort met die gejaag na die verganklike dinge van hierdie wêreld.
WIE SE NAASTE IS ÉK?
Ons volk se vyande, wat ‘n verdraaide kennis van die Skrifwoord het, vertel gedurig dat die Swartes ons naastes is en dat ons hulle moet liefhê soos onsself. Wat hulle eintlik wil hê, is dat ons onsself in hierdie allesoorstelpende “liefde” moet vernietig. Luister wat die HERE aan ons sê hieroor:
Wie dan van hierdie drie, dink
jy, was die naaste van hom
wat onder die rowers verval het?
En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het.
LUKAS 10:36-37
In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan wat die Here Jesus aan die verwaande wetgeleerde vertel het, het Hy aan hierdie selfvoldane Israeliet meegedeel wie die naaste, wat hy moes liefhê soos homself, onder spesifieke omstandighede kan wees.
ONS WAG OP ONS LEIERS
Dr JJ Snyman
Die vraag moet gevra word waarom die Brits-Joodse haat teen ons volk, meer as 20 jaar nadat ons volk van alle politieke mag gestroop is, steeds voortgesit word? Watter gevaar kan ‘n volk wat só verkneg is soos die Afrikanervolk, tog vir enigiemand inhou? Dit terwyl ‘n oorlog in die vorm van misdaad teen ons gevoer word, planne deurgaans gesmee en uitgevoer word om ons verder te onteien en te ontman en ‘n geestelike oorlog steeds woed om ons in ‘n skuldgevoel te laat versink?
Die antwoord lê daarin dat die Brit en die Jood nog lank nie met ons volk klaar is nie. Was dit dan nie Milner en Kitchener wat na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog verklaar het dat die oorlog teen die Boervolk voortgesit sal word nie? Het Colenbrander dan nie geskryf dat te midde van die Vredesverdrag (van Vereeniging) daar nog nie met die Boere afgereken is nie? En was dit nie die kommunistiese Jode in die SAKP en die ANC wat aan die voorfront geveg het om die Afrikaner van sy politieke mag te stroop nie?
GELOFTEDAG 2020
Wonderlike herinnering of heilige verpligting?
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die meeste kalenders sê dis vandag Versoeningsdag. Die geskiedenis sê dis Geloftedag. Waarom verskil die kalenders van die geskiedenis? Omdat die meeste volksgenote en kerke ontrou aan die Bloedriviergelofte geword het.
Die herdenking van die gebeure by Bloedrivier het deur die jare verskeie benamings gehad. Sarel Cilliers het dit aanvanklik“Wendag” en daarna “Die Slag van Dingaan” genoem. Dis ook vir baie lank “Dingaansdag” genoem met die bedoeling dat Dingaan op hierdie dag sy verdiende loon gekry het.
Hierdie roemryke dag is later tereg Geloftedag genoem omdat ʼn gelofte aan God gedoen is wat nagekom moes word. Dit gee aan Geloftedag ʼn geskiedkundige asook godsdienstige betekenis.
Waar kom Versoeningsdag vandaan? Van volksgenote wat die guns van volksvyande probeer verkry en soos tjankende honde onophoudelik die hand van hul kastyders lek. Die ergste is dat hulle nie daarin slaag nie! Heidene ag versoening as ʼn swakheid wat deur uitbuiting, geweld en ontwrigting uitgewis moet word. Dis die rede vir ons hoë misdaadsyfer en vandalisme.
WORD JY NOG DEUR 16 DESEMBER BEGEESTER?
Dr Danie Theron
Op 16 Desember sal die Afrikanervolk weer die Gelofte herdenk. Dit wil somtyds voorkom of baie volksgenote die dag herdenk asof hulle blomme op ‘n geliefde se graf gaan plaas. Of dalk om hulle gewete te sus. Want wat ná die 16e gebeur vertel, wat talle Afrikaners betref, ‘n verhaal van traak-my-nie-agtigheid en argeloosheid oor die erfenis en toekoms van die Afrikaner. So asof die doodsklok vir die volk van weleer gelui het en daar nou maar bloot na ‘n ekonomiese leefruimte in die veelrassige nuwe Suid-Afrika gesoek moet word.
Dit is dan wanneer ‘n mens besef dat die diepgang van die gebeure van 16 Desember by baie verbygegaan het. Dit is die diepte van die gebeurtenis wat langdurige waarde daaraan gee en nie die blote feit van ‘n militêre oorwinning oor die Zoeloes op daardie dag nie. Bloot militêr gesien is daar selfs die skeptici en kritici wat beweer dat die 469 manne beter toegerus was as die sowat 12 000 Zoeloes en derhalwe nie meer aan daardie faset veel waarde wil heg nie.
Daarom behoort die militêre van die historiese dag nooit in afsondering gesien te word nie, want dit alleen kan nie langdurige begeestering by ‘n volk opwek nie. Die gebeure wat Bloedrivier voorafgegaan het, het ewigheidswaarde vir diegene wat bereid is om dit in te sien en deel van hulle lewens- en wêreld beskouing te maak. Bloedrivier is nie ‘n dag nie, maar die kulminasie van ‘n strewe wat in God sy hoogtepunt gevind het.
Die trekkers in Natal was op die vooraand van 16 Desember op ‘n geestelike laagtepunt. Die gebeure rondom Italeni, Bloukrans en Weenen; die bloedvergieting, leiertwis, pessimisme, angs en nood, het die hele Groot Trek op ‘n mespunt laat balanseer. Kaalvoet oor die Drakensberge ja, maar was alles dan verniet, moes seker die vraag by baie van daardie mense gewees het.
RASBEWUSTHEID SAL ONS RED
Die afgelope weke is gekenmerk aan 'n opvlammende rasbewustheid. Dit gebeur nie net hier in Suid-Afrika nie maar ook in lande soos Amerika en Brittanje. Dit het heel moontlik iets te make met die bekendmaking van Black Lives Matter en die wreedaardige plaas moorde hier, maar hoe dit ookal sy, dat dit waargeneem word is 'n goeie ding. So sal slapende volksgenote weer begin wakker word en gedwing word om te wys waar hulle staan. Ons is moeg vir volksgenote wat nie standpunt inneem nie, erger nog, die wat ons volk so verraai het dat ons vandag op die grens van oorlewing staan. Verraderlike volksgenote het met hul vuil voete oor die Boerevolk se skoon gewetens geloop en in die politiekery waarin hulle hulself toegespin het, verstrengel geraak net om daarna van die toneel verdwyn. Om die vyand gedienstig te wees, is soos om ʼn krokodil te voer met die hoop dat hy jou die heel laaste sal vreet!
Die openbare mening is destyds mislei om te glo dat rasbewustheid ʼn gruwel is. Verwoerd se vooruitskatting van hoe Suid-Afrika in ʼn rasgemengde land sou lyk, getuig van die insig en wysheid waarmee God hom geseën het. Hy het in 1954 ‘n geskrewe scenario daarvan aan die parlement voorgelê. Dit wat ons vandag beleef, is feitlik ʼn woordelikse voorspelling daarvan; ʼn tablo van misdaad, korrupsie en die onvermoë om enigsins sinvol te kan regeer.
Die volksvyand het subtiel-metodies te werk gegaan om Suid-Afrika met liberalisme te besmet. Politieke jakkalse het hul eer spotgoedkoop op die internasionale mark verkoop net om twyfelagtige eer te bekom. Hulle is met beloftes van rykdom, mag en internasionale aansien omgekoop. Dit het hulle in die dryfsand van selfvoldaanheid laat versink en hul volk skaamteloos verraai.
ONS MOET GOD VRA
Hannes Ollewagen
Johannes 16:1-33
“En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (:23&24).
Geliefdes, die Here herinner ons in hierdie gelese gedeelte vanoggend aan ons afhanklikheid van Hom. Hy herinner ons daaraan dat Hy ons liefdevolle Vader is wat by magte is om aan ons bedes te voldoen en ook sy liefde aan ons wil gee, ons help en bystaan.
“Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!” (Matt. 7:9-11).
Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie woorde van God ‘n opdrag aan ons uit sy Heilige Woord is. Dit is nie maar net ‘n gerusstelling of laaste uitweg waartoe ons onsself kan wend wanneer al ons ander planne gefaal het nie. Ons kry die opdrag om met ons begeertes, nood en bedes na Hom te gaan. Ons moet verstaan dat Hy ons God is – dat Hy die Een is wat ons kan help en van Wie ons afhanklik is. Ons moet verstaan dat ons, ons vertroue op Hom moet stel en op geen mens nie. En wanneer ek sê dat ons op die Here moet vertrou en op geen mens nie, moet ek onthou dat ekself ook ‘n mens is. Ek mag dus net so min op my eie krag as op ‘n ander mensekind se krag as eerder op die Here steun.
COVID-ENTSTOF ÍS VAN DIE DUIWEL!
Dit gebeur maar min dat ‘n mens met enige iemand of enige aspek van die ANC-regering kan saamstem. Hierdie keer wil dit lyk of “Chief Justice” Mogoeng ‘n Geloftelandleser is... want daar is maar min ander bronne wat die gevare van die voorgenome entstof teen Covid-19 uitgewys het.
Mogoeng het die afgelope week gebede tot sy god gerig dat alle entstof wat van die duiwel is, met vuur verbrand moet word. Sy pleidooie voor ‘n gehoor was so oordrewe toneelspel dat dit mens aan sommige Amerikaanse evangeliste laat dink het. Maar wat sou die man besiel het om so ‘n standpunt in te neem? Sou hy dalk werklik ingelig wees oor wat alles in die entstof opgeneem is?
Die media het juis hierdie week weer ‘n onderhoud gevoer met een van die groot Amerikaanse navorsers wat al baie jare entstowwe teen virusse ontwikkel. Die onderhoudvoerder het direkte vrae gevra en die man het direk “ja”op elke vraag geantwoord waaronder: “Is daar fetusdele in die entstof?; Is daar harte van gesonde fetusse gebruik?; Is daar longe van fetusse gebruik? Is daar breindele van fetusse gebruik?” ens. En die wetenskaplike het ook direk “ja”geantwoord op die vraag of daar net van gesonde fetusse gebruik gemaak word.