Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God beskik oor elke duimbreedte van ons bestaan – ook in al ons lewensverbande naamlik familie, volke en nasies. En in die uitvoering van sy Raadsplan gaan Hy nie misterieus te werk buite om hierdie lewensverbande nie, maar juis in en deur die indelings daarvan waarmee ons bekend is. Hiervan is Abraham se hele nageslag 'n voorbeeld. As trotse Afrikaners en patriotiese volk behoort ons hiervan kennis te dra.
ROOMSE ROOKSKERMS
Die vernietiging van Protestantisme
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Openbaring waarsku lesers dat Satan kort voor die wederkoms van Christus ʼn wêreldkerk met ʼn verleidingsmag soos dié van ʼn hoer gaan oprig. Dis die laaste herlewing van Babiloniese godsdienssisteem wat oor ʼn staatkundige, militêre, ekonomiese en opvoedkundige mag sal beskik soos wat die mensdom nog nooit beleef het nie. Soos in oud-Babilon sal niemand sonder die nodige onderdanigheid aan haar oor die weg kom nie.
“En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het” (Openb.13:16,17).
Die wêreldkerk ontstaan agter rookskerms in hoofstroom Protestantse kerke waarvoor ontspoorde kerklui verantwoordelik is. Hulle het as agente-vir-verandering daarin geslaag om mense die rug op Bybelse waarhede te laat keer, onreinheid oor die hoof te sien en gruwels te ontsondig.
DIE NAAM VAN DIE HERE SY GELOOFD!
Hannes Ollewagen
Job 1:1-22
“Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond gevalen gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.” (:20 – 22).
Daar is soveel te leer uit die Godvresende lewensvoorbeeld van Job. En hoe kosbaar sal hierdie lesse nie ook vir ons in hierdie tyd wees nie. Daar is talle mense wat in die afgelope week deur vernietigende brande op hul plase in groot ellende gedompel is. Mense wat ook seker soos Job voel om hul klere te skeur en in magteloosheid op die grond neer te val!
Ons word as gelowiges nie teen beproewing gevrywaar nie. Dit is vir ‘n gelowige nie ‘n skande om ook in hierdie lewe te struikel of selfs te val nie. Die wyse waarop ons val is egter van kardinale belang.
“Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.” (Spr. 24:16).
Ons kan in woede en magteloosheid val en God vir ons omstandighede verwyt en stukkend en verpletterd bly lê. Ons kan daarenteen met ‘n geweldige harde slag die aarde tref, maar die aarde op ons knieë tref en in diepe afhanklikheid tot God roep. Ons kan daar verpletterd op ons knieë val, maar steeds ons oë tot Hom ophef van Wie ons hulp vandaan kom!
VRYHEID ONS EINDDOEL
DIE VERROTTE BESTEL
Die afgelope weke se gebeure het weer eens die onwerkbaarheid van die eenheidstaat beklemtoon, terwyl die sogenaamde reënboognasie al meer van ‘n onhaalbare illusie word ― behalwe dalk nog vir mense soos Max du Preez.
Die wrede moord op die jong boer van Senekal het enersyds nuwe aandag op plaasmoorde gevestig, en andersyds die keelvolheid van die boere daarteen getoon. Dit is die eerste keer dat die boere se frustrasies so hoog opgeloop het dat hulle selfs polisievoertuie fisies verwyder het, nadat dié uiters uittartend tussen die boere ingery het. Die gebeure wat daarop gevolg het, moet suiwer voor die deur van die polisie gelê word.
Wat egter toe gebeur, is dat die breedsprakige hoedeminister van polisie eis dat die boere wat betrokke was by die polisievoertuig wat omgekeer is, aangekeer moet word. Inderdaad word ‘n boer aangekeer, en word die volle onredelike mag van die staat op hom uitgeoefen, word hy voor ‘n naweek in hegtenis geneem om seker te maak hy bly in aanhouding tot die eerste hofverskyning die volgende week. Hy word ‘n eerste borgtog geweier, en aanvanklik word hy vir so ‘n onbenulligheid sommer aangekla vir terrorisme! Uiteindelik moet hy hom tot die hooggeregshof wend om borgtog van R15 000 te kry ― ‘n belaglik hoë bedrag.
RASSEVREDE? NET EEN ANTWOORD!
Ten spyte van al die nare dinge wat Suid-Afrika sedert Februarie 1990 te beurt geval het, is daar nog steeds mense en kerke wat die oorblyfsels van apartheid teen alle wil en dank wil afbreek. Hulle kan tog nie steeds glo dat vrede deur rassevermenging bereik sal word nie? Dan moet dit moedswilligheid wees want wat die afgelope tyd met Senekal weer eens bewys is staan teen die rotse uitgekap: Geen vrede word verkry deur rassegrense uit te wis of menseverskeidenheid tot niet te maak nie! Vrede word slegs langs die weg van rasseskeiding en eerbied vir God se skeppingsverskeidenheid verkry. En ‘n regering wat nie eers respek het nie vir ‘n Eerste Wêreldland wat in hulle skoot geval het, en dit reeds afgebreek het tot groter rommel as rommelstatus, sal nooit eerbied vir God en sy skepping betoon nie. Malema het in die afgelope tyd selfs beweer dat swartes die berge, bome en see gemaak het en dat dit alles hulle eiendom is! Wat ‘n vermetele uitlating en oneerbiedigheid aan die Skepper daarvan!
DIE UURGLAS LOOP UIT (8)
Ds A.E. van den Berg
Die duisendjarige ryk
“Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank” (Openb.20:6).
Mense wat Openbaring nie verstaan nie, kom soms met wilde bespiegelings voor die dag omdat hulle sekere Bybelse waarhede nie raaksien nie. Sulke mense weef dan met hul ooraktiewe verbeeldings leerstellings aanmekaar wat geensins met die Bybel strook nie. Die duisendjarige vrederyk is een daarvan.
Wie dit verkondig, glo dat daar ʼn vrederyk na die wederkoms van Christus gaan plaasvind wanneer God Satan vir ’n letterlike 1000 jaar bind en ’n vrederyk met Jesus as die sigbare Heerser op die aarde gaan oprig. Die Bybel praat niks van so ’n ryk nie. Dit gebeur as Openb.20 buite sy verband gelees word!
Openb.20 beskryf niks anders as die finale toneel van die God se oordeel oor Satan nie. Let op die geskiedenis wat die boek Openbaring dek–dit wat in die tyd tussen Jesus se eerste en tweede koms gebeur. Dis presies dieselfde geskiedenis wat net uit sewe verskillende hoeke belig word; sewe tonele elkeen met sy eie fokuspunt.
FRUSTRASIE BY BOERE EN PUBLIEK
INSTITUUT VIR KULTUUR EN GESKIEDENIS
MEDIAVERKLARING 14 Oktober 2020
Plaasaanvalle
Insake: Wat die ANC-regering versuim het, maar nog steeds kan doen om die boeregemeenskappe beter te beskerm
Ek verwys na die minister van polisie, Bheki Cele, se nonchalante houding oor die probleem van plaasaanvalle en Cyril Ramaphosa se lakoniese opmerking dat ons tog moet onthou die meeste slagoffers is jong swartes. In hierdie verband word die vraag dikwels gevra (soos op 12 Oktober tydens ’n radio-onderhoud):
“Maar wat kan die polisie dan nou doen, hulle kan mos nie almal beskerm nie?”
Die implikasie van so ’n vraag is dat mense nie duidelikheid het oor hoe so ’n skreiende probleem, soos wat in Suid-Afrika oor drie dekades ontwikkel het, hanteer behoort te word nie. Ek maak hieronder enkele opmerkings wat aandui waarom boere (en die breër publiek) so uiters gefrustreerd is oor hierdie saak, en waarom hulle die regering in die besonder aanspreek.
NOU KOM ONS VIR JULLE!
Wat nou?
"Teen ons, u volk, smee hulle listig 'n plan, u vyande maak rumoer, u haters steek die hoof op; hulle sê 'Kom laat ons hulle vernietig dat hulle geen volk meer is nie'. O God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Help ons, o God, om die eer van u Naam en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam; vergeld ons bure sewevoudig, laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte, en ons, u volk, sal U vir ewig loof!"
So pleit die Psalmdigter by God toe sy volksvyande wat ook haters van God was, hulle wou oorweldig.
Die Afrikanervolk is reeds oorweldig en terwyl hy swyg word hy in toenemende tempo uitgewis. Hoe lank gaan ons nog swyg terwyl ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Móét ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms só belemmer dat hulle na die buiteland vlug? Swyg terwyl ons kinders se toekoms sienderoë vernietig word? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, nee, nee! Ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit hoor en moed skep sodat ons saam die probleem kan pak.
Ons word dag en nag as rassehaters uitgemaak maar daar is net een kleur rassehater in hierdie land, en dit is nie wit nie. Ons is van altyd af besig om die haters te kersten, te voed en te klee, in te sleep in die moderne tegnologie, op te hef, te paai en ekskuus te vra vir wat ons nié gedoen het nie. Ons verduur, ons vergewe en sommige mag selfs tevergeefs probeer vergeet maar die prentjie sal nooit verander vóór die Boer weer sy regmatige plek in die hiërargie van hierdie sogenaamde reënboognasie inneem nie. En dít kan slegs met ferm optrede slaag soos die Voortrekkers by Bloedrivier toe hulle met presisie beplan, voorberei en vasberade stelling ingeneem het nadat hulle die saak ten volle aan die Here toevertrou het.
SENEKAL SE BOODSKAP
“BOERE, ONS KOM VIR JULLE!!”
Die Afrikaner is reeds 26 jaar in ‘n bedeling waar hy verdoem is tot ‘n magtelose minderheid wat moet toesien hoe die ANC-regime enersyds die land eenvoudig stroop, en andersyds bloot toekyk (met goedkeuring?) hoe Blankes en veral boere afgemaai word.
Nou het moordenaars klaarblyklik ‘n stelling wou maak deur ‘n jong man in die fleur van sy lewe eers dood te martel en toe aan ‘n paal vas te maak. Is die boodskap dan: “Boere ons kom vir julle!?” Wel, laat ons geen twyfel hê nie, dit was ‘n standpunt – ‘n uitdaging. Het dit uiteindelik die tier in die Afrikaner wakker gemaak?
Gemoedere loop hoog soos wat die gebeure by die hof in Senekal duidelik uitgewys het. Ons het al hoeveel keer gesê “genoeg is genoeg” en tog word die doelpale elke keer verskuif. Ja, word die streep in die sand wat al soveel male getrek is keer op keer uitgevee, net om weer een te trek. Was Senekal nou die keerpunt? Tyd sal leer.
Wat behoort ‘n politieke party en veral ‘n leier in hierdie dae te doen?
DIE UURGLAS LOOP UIT (7)
Ds A.E. van den Berg
Bruilofsmaal of aasvoël-restourant?
“En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en vir al die voëls ... gesê: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,”(Openb.19:14,17).
Daar is min dinge so gesellig as om saam met vriende of familie te gaan uiteet. Openb.19 vertel van twee eetplekke. Die eerste is ʼn feestelike huweliksonthaal en die tweede ʼn aasvoël-restourant wat op die rampspoedige verhouding tussen die valse kerk en die Antichris volg. Hy slaan eers die vyand en daarna die saamloper dood. Hierdie aasvoël-restourant is ʼn walglike gesig van roofvoëls wat hul aan die vleis van die lidmate dik eet.
Die ander eetplek (huweliksonthaal van die Lam)staan in skerpe teenstelling metdie aasvoëlbedryf. By hierdie eetplek is gelowiges aan die tafel wat deur God vir die Lam voorberei is. Almal wat met God gewandel het, gaan daar wees; Adam, Abraham, Moses, Dawid, Petrus, Johannes – elke bekeerling!
WELGEVALLIGE OFFERS
BRING ONS AAN GOD WELGEVALLIGE OFFERS?
Hannes Ollewagen
Gén. 4:1-26
“Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.” (:7).
Die mens word in hierdie teksvers uit die Woord van God tot twee dinge gemaan – dit is dat hy hom moet besig hou daarmee om voor God se Aangesig goed te doen en ten tweede dat die mens teen die verleiding van sonde moet waak en nie daaraan diensbaar moet word nie. Hierdie selfde waarheid dat die mens homself tot diensbaarheid aan God moet stel eerder as om aan die sonde diensbaar te wees word in Rom. 6:13 ook aan ons geleer.
“En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.”
Ons wonder soms waarom God Abel se offer sou aansien en Kain se offer sou afwys. Was dit omdat God ‘n groter behae in die offer van die vet van kleinvee sou hê as in die vrugte wat Kain as offer gebring het? Dit wat ons uit Lev. 23:10 leer laat voormelde argument vir ons baie onwaarskynlik lyk.
DIE VERNIETIGING VAN JERUSALEM
Dr Danie Theron
“… en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”
(Lukas 21:24)
Die profesie oor die vernietiging van Jerusalem word in die Bybel in besonderhede beskryf. Ons lees daarvan in talle OuTestamentiese boeke (dus deur God voorspel), en dan in besonderhede in drie van die Evangelies (deur Jesus voorspel). Die vierde Evangelis, Johannes, beskryf dit in Openbaring.
Dit is ‘n gebeurtenis wat die Christen aangryp, veral as die gebeure, soos deur die Joodse geskiedskrywer (Flavius) Josefusin “War of the Jews” opgeteken, gelees word. Dis eers by die lees van presies wat in 70 n.C.gebeur het dat mens opnuut besef Jesus het, soos elke keer as Hy gepraat het, geen rede vir twyfel gelaat nie. Hy het bedoel wat Hy gesê het. Dit was ‘n inderdaad ‘n algehele verwoesting.
Wat met Jerusalem gebeur het is dat God as’t ware die stad verlaat het – aan hom self oorgegee het. Daarom gee Jesus opdrag dat wanneer die tyd aanbreek en die stad aan God se strafgerigte oorgegee word, gelowiges die stad moet verlaat. Daardie tydstip sou wees wanneer die stad deur die leërs omsingel is (Luk 21:20). Lukas se beskrywing van die verwoesting is duideliker as die ander twee Evangelies, aangesien Jesus se voorspelling tydens die profetiese rede ook na die eindoordeel verwys het.
BLACK LIVES MATTER
ʼn Bewys van die mislukking van die reënboogideaal
Ds. A.E van den Berg
Om die knie te buig, is ʼn persoonlike saak en nie soos Nebukadneser van ouds op mense afdwingbaar nie (Dan.3). Mans buig soms die knie as hulle ʼn vrou om haar hand vra. Lede van die Roomse Kerke en heidene buig weer die knie voor hul beelde. Op 22 Augustus 2020 het agt Springbokrugbyspelers die knie nie ter ondersteuning van die Black Lives Matter (BLM) beweging gebuig nie wat tot ‘n hele paar etniese koorsaanvalle gelei het.
Die omstrede kniebuiging het sy oorsprong in 2016 in Amerika by ʼn swart sportster gehad wat rassehatig is. Die BLM beweging wat toe ontstaan het, het egter eers in 2020 rewolusionêre omvang aangeneem, rassistiese agendas begin dien en rasseharmonie versteur. Plaaslike sportlui het BLM begin onderskryf nadat George Floyd, ʼn swart verdagte misdadiger, aan die hand van beweerde polisiehardhandigheid in Amerika gesterf en ʼn reuse bohaai ontketen het.
Toe Tony Timpa, ʼn blanke, op soortgelyke wyse in Texas gesterf het, het geen haan daaroor gekraai nie. Die aanvaarding dat Floyd gesterf het omdat hy swart was, is dus ongegrond. BLM optredes is niks anders as ʼn politieke knuppel waarmee blankes gemoker word nie!
JODE ONS VOORGANGERS IN GELOOF?
Pous Johannes Paulus II is op rekord dat hy gestel het dat die Judaïsme die “ouer broer” van die Christendom is en dat dit steeds ‘n “onbreekbare verbond met God” het. So hoor ons ook vandag gereeld hoe gepraat word van “Judeo-Christianity”, bedoelende die noue verband wat die Christendom kwansuis met die Judaïsme het.
Wel, wat is die waarheid omtrent die god van die Judaïsme en die verband wat daardie godsdiens met die Christelike godsdiens het?
Dit sou eerstens nodig wees om vas te stel wat die Jode self oor hulle godsdiens te sê het. Op hulle eie weergawe staan die Talmoed sentraal in hulle godsdiens en word dit die “living heartblood” van die Joodse geloof genoem. Die Ou Testament het hoogstens ‘n aanvullende rol te speel. Die Talmoed plaas God in ‘n ondergeskikte rol en die Jode in ‘n verhewe rol. Naas die Talmoed speel die Kabbalah ‘n vername rol en moet dit derhalwe meteens duidelik wees dat Judaïsme nie te versoen is met die Christelike geloof nie.
DIE UURGLAS LOOP UIT (5)
Ds A.E van den Berg
Gee pad!
“En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openb.18:4).
Een van die aangrypendste gebeure in die OT is in Gen.19 opgeteken. Dit vertel die verhaal van God wat Lot en sy gesin aangesê het om uit Sodom pad te gee voordat Hy dit en die stad Gomorra weens die gruwel van homoseksualisme met swael en vuur verwoes het. In Openb.18 kry gelowiges ʼn soortgelyke opdrag om uit Babilon pad te gee voordat vreeslike dinge gebeur. God waarsku altyd vooraf.
Wie is hierdie Babilon? Dis ʼn stad wat dwarsdeur die Bybel met opstand teen God verbind word. Dit het met die bou van die toring van Babel (Gen.11) begin toe die inwoners gedink het dat hulle God kon onttroon. Dis sprekend van die sondaarmens wat sy eie god wil wees. Dieselfde ding gebeur later in die Babiloniese wêreldryk soos wat profete in die Bybel opgeteken het. So ook in die tyd van die Romeinse ryk toe Openbaring geskryf is.
ONS STREWE NA VOLMAAKTHEID
Hannes Ollewagen
Heb. 13:20-25
“MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.” (:20&21).
Daar is niemand van ons wat volmaak is nie. Elke mens het maar sy gebreke, sy tekortkominge, swakhede en sondes. Maar ongelukkig het hierdie feitelike waarhede in ons tyd gerieflike verskonings vir mense geword om in sonde te volhard. Dit word effektief aangewend om enige vorm van vermaning af te weer en hul verantwoordelikheid vir hul sieleheil die rug te keer.
U het uself seker ook al in ‘n situasie bevind waarin ‘n persoon vermaan word en hy die vermaning eenvoudig afwys met die gerieflike verskoning – “Man, niemand is volmaak nie.” Dit is natuurlik waar. Maar in plaas daarvan dat ons hierdie waarheid aanwend om ons geloofsverantwoordelikheid te ontduik en diegene wat ons vermaan te probeer ontspoor, behoort dit ons daartoe aan te spoor om na onberispelikheid, heiligmaking en volmaking volgens die wil van God in Christus Jesus te streef.
BEHOED ONS VAN 2e “LOCKDOWN”!
Het ons gedink die inperking in Suid-Afrika is ten einde? Dan moet ons kennis neem van wat besig is om in ‘n aantal ander lande te gebeur. 22 van 31 Europese lande, waarvan die meeste streng inperkings tydens die eerste virus-sage toegepas het, het nou glo weer hoër infeksiesyfers, soos berig deur The Guardian, 16 September 2020:
"Volgens die European Center for Disease Prevention and Control (ECDC), was Skandinawië se 14-dae kumulatiewe nuwe gevalle Dinsdag 22,2 per 100,000 inwoners, teenoor 279 in Spanje, 158,5 in Frankryk, 118 in die Tsjeggiese Republiek, 77 in België en 59 in die Verenigde Koninkryk. Intussen het infeksiesyfers in Swede 'n laagtepunt bereik.”
Dat daar ‘n aantal griepgevalle in die winter soos Europa nou betree, voor kom, is normaal, maar met al die leuens wat die eerste maal oor die besmettingsyfers geseëvier het sal dit dom wees om virussyfers ‘n tweede maal goedsmoeds as die werklikheid te aanvaar.
Dit is ook nie onmoontlik dat die ANC-regime die tweede golf sal ry nie. Soos ons hulle ken sal hulle seker weer in sterkste rat kom om ‘n punt te bewys en kan ons ook moontlik ‘n drakoniese opvolg grendelstaat beleef.
HIER KOM ‘N AARDSKUDDENDE RIT...
...MAAK VAS DIE GORDEL!
Suid-Afrika stel vandeesweek 'n wêreldrekord op met sy werkloosheid-statistiek. Volgens Bloomberg het werkloosheid in die tweede kwartaal tot 'n rekord van 34,8% gestyg wat die hoogste uit 83 lande is. En hierdie statistiek sluit nie die miljoene werklose onwettige immigrante in nie.
Suid-Afrika het reeds vóór die virus-kabaal 'n werkloosheidskrisis gehad. Die werkloosheidskoers was minstens twee dekades lank heelwat hoër as 20%. Ontleders maak onder andere melding van 'n onderwysstelsel wat nie voldoende hulp en streng arbeidswetgewing bied met aanstellings en afdankings nie; hierdie is egter net een van die talle departemente wat onder die onvermoë van die owerheid ly.
Cyril Ramaphosa het belowe om die ekonomiese groei teen 2023 tot 5% te verhoog en om werksgeleenthede te prioritiseer toe hy hom drie jaar gelede beywer het om leier van die regerende party te word. Sedert hy president geword het, was hy gasheer vir 'n beraad vir werksgeleenthede wat daarop gemik was om jaarliks 275 000 poste te skep en 'n program van stapel te stuur om werksgeleenthede vir jongmense te skep.
ONGEHOORSAAM AAN DIE OWERHEID?
BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID
Burgerlike ongehoorsaamheid is nie sonder meer sonde nie. Die Bybel gee vir gelowiges duidelike riglyne. Hulle moet ʼn regering wat gruwels wettig en mense tot boosheid aanhits, teenstaan. Dis die enigste toelaatbare burgerlike ongehoorsaamheid. Die korrekte vorm van burgerlike ongehoorsaamheid is Bybelse onderdanigheid. Die Skrif leer gelowiges om aan ’n burgerlike regering onderdanig te wees mits dit nie gruwels wettig nie. In so ’n geval durf ’n gelowige die owerheid nie gehoorsaam nie. Dit sal sonde wees. “Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie…” (Ex.23:2).
Die Bybel het talle voorbeelde van gelowiges wat ter wille van God burgerlik ongehoorsaam was. In Ex.1 het die Farao twee Hebreeuse vroedvroue opdrag gegee om alle manlike babas dood te maak. Hulle het geweier: “Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe” (:17). En God het hulle geseën: ” Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys.… En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk” (:22,21).
BRING TERUG DIE DOODSTRAF!
ʼn Eerbare regering doen nie aan sy burgers wat die ANC-regime aan Suid-Afrika doen deur landsgrense oop te gooi, misdaad daardeur te bevorder en dan geen behoorlike straf toe te pas nie. ‘n Regering is sy burgers ʼn veilige en rustige bestaan verskuldig. Daarvoor moet die regte wette ingestel en ook toegepas word – nie soos die regime se gewoonte is om te spog met ‘n goeie grondwet maar hulself nie daaraan te steur nie. Die wet op doodstraf moet dringend weer in die grondwet opgeneem word; dan sal daar ‘n beduidende afname in die ongehoorde groot aantal sinlose moorde wees. Die doodstraf is nie liefdeloos en onmenslik soos wat onkundiges dit uitmaak nie; dit is in lyn met die Skrif! Die doodstraf vir moord moet in gehoorsaamheid aan Gen.9:6 verstaan word. Hierdie opdrag is lank voor Israel se ontstaan gegee. Dit geld vir alle tye en is derhalwe vir die ganse mensdom bedoel.
Gen.9:6 gee die mees basiese uitspraak: “Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”. Wie daarmee verskil, kritiseer uiteraard die Skrif. God motiveer selfs die doodstraf; iets wat geen ander godsdiens doen nie. En nêrens in die NT word die doodstraf ooit opgehef nie. Dit wat vir die OT gegeld het, het ook vir die NT gegeld. Teregstellings is in die NT gewoonlik met onthoofding uitgevoer.