Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy kan nie verhoed dat die voëls van droefheid oor jou kop vlieg nie maar jy kan keer dat hulle in jou hare nes maak.
ROOMSE KERK GEBRUIK HULLE EIE 'BOEK'
Die oorspronklike artikel oor Pous Franciskus wat die Bybel met ‘n ander boek wil vervang, mag wel dateer van April 2018 en dit mag ook wees dat dit as ‘n grap op die webblad There is news geplaas is, niks kan verseker geverifiëer word nie maar hieronder volg ‘n paar punte waaruit uself kan besluit of die Roomse Kerk (RK) wel die Bybel soos ons dit ken, gebruik, en of hulle lankal hulle eie sataniese voorskrifte uitleef. Heel moontlik sal u sien dat hulle eeue lank hul eie 'boek' gebruik en daarmee net so geslote te werk gaan as met alles wat deel van die RK is.
Die Roomse Kerk is ʼn vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery asook ʼn brousel van heksery, Judaïsme en ander heidendom wat met ʼn verloopte Christendom vermeng geraak het. Dis die satan se nabootsing van die ware kerk en het van meet af aan die Evangelie teengestaan en met haar valse verlossingsleer miljoene siele in die verdoemenis laat beland.
Hoe kan u glo dat die RK God aanbid en sy Woord, die Bybel, as lewensriglyn gebruik,
- Wanneer die Vatikaan waar elke pous onverantwoordbaar regeer, mede-stigter van die Illuminati is?
Die Illuminati is dieselfde sataniese geldmagte wat nou besig is om 6,5 biljoen die wêreldbevolking te probeer uitwis sodat hulle maklike digitale beheer oor die laaste 500,000,000 sal kan uitoefen. Die Roomse Kerk is die Babilon van Openbaring en derhalwe gelowiges se grootse vyand. Satan gebruik haar om ʼn eenwêreldkerk en owerheid daar te stel. Dinge is besig om soos ʼn legkaart vir die grootste tragedie in menseheugenis in plek te kom. - Wanneer die RK God en Jesus Christus nie as Oppergesag erken nie maar tot Maria, talle ander afgodsbeelde en engele bid?
“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Jesus Christus” (I Tim.2:5). Die fabelleer oor Maria is deur die eeue met lasterlike uitsprake opgebou. Sy word bv. moeder van God genoem. Dis onmoontlik want ʼn moeder bestaan altyd voor haar kind en daar was niemand voor God nie. Roomse katedrale is so vol afgode dat dit wesenlik niks van Belsasar se paleis verskil nie. “Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys” (Dan.5:4). . - Wanneer Roomse priesters as biegvaders sondaars se sondes ‘vergewe’ ?
Daarenteen leer gelowiges dat sondaars hul sonde op grond van Christus se soenverdienste sonder ʼn tussenganger aan Hom bekend moet maak en Hy alleen hul sondes kan vergewe. - Wanneer die RK vir minstens 68 miljoen mense se dood die afgelope 500 jaar verantwoordelik is?
Die Roomse Inkwisisie het lank ʼn skrikbewind in Europa gevoer en alles wat in die RK se pad gestaan het verjaag of uitgewis. Die geskiedenis van die Franse Hugenote getuig daarvan. Dit gaan vir die RK oor algehele aardse mag – ʼn wêrelddiktatuur met ʼn pous aan die hoof wat alle mense op aarde se lewe, eiendom en godsdiens wil beheer. - Hier kan ons nog baie lank voortgaan maar u kan maar self navorsing gaan doen oor hoe onsedelik die priesters van die RK leef, hulle selfs skuldig maak aan kinderverkragting; ja, dit klink verskriklik maar dit is waarom hulle aan ‘n geslote beleid glo – sodat die buitewêreld se oë gesluit kan bly vir die feit dat die satan hoof van hulle kerk is. Oor wie die hoer van Openbaring is, bestaan daar geen nie onduidelikheid nie – die Roomse Kerk (RK). Om rookskerms in kerke te veroorsaak, gebruik die RK graag Jesuïete; ʼn bose orde wat sentraal in die doolhof van haar organisasies staan. Hulle dring Protestantse kerke en teologiese skole binne ten einde ʼn gunstige beeld van haar te bemark en behaal ongekende sukses daarmee.
Die Roomse Kerk se ganse kerksisteem, aanbiddingsvoorwerpe, feeste, rituele, seremonies en priesterskap is suiwer Babilonies van oorsprong en die pous ʼn replika van die Babiloniese koning. Desondanks glo die Roomse Kerk dat sy die moeder van alle kerke is en dat daar geen redding buite haar te vinde is nie. Presies die teenoorgestelde is waar - daar is geen redding binne Rome nie want dis die kerk van Satan! En Satan gebruik nie ons Bybel nie maar sy eie boek. Dus sal dit nie verbaas wanneer die Pous aankondig dat die Bybel verban ("gekanselleer")word nie; wees voorbereid daarop!