Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jy kan 'n blywende geluk in jouself koester wanneer jy 'n bewustheid ontwikkel van iets groters as die materiële; dan word jy onselfsugtig en verdraagsaam, en is nie oormatig besorg nie want jy weet daar is 'n ewige gelukkige lewe by Christus hierná. Dít alleen kan jou werklik gelukkig maak.
COVID-19:DIE WAARHEID ONTVOU...
...Stukkie vir stukkie
Gedurende hierdie klug van Covid-19 is ons mense se vryheid van spraak, hul godsdiensbeoefening, hul privaatheid en hulle reg om te werk, alles deel van hulle konstitusionele regte, net so opgeskort, sonder om die groter rampspoedige prentjie in ag te neem.
Waarom het amper elke land se owerheid feitlik onmiddellik ‘n grendelstaat en tuiskwarantyn vir die hele bevolking ingestel in plaas daarvan om die tradisionele ding te doen deur die siek mense te identifiseer, hulle te kwarantyn en te behandel?
Daar is een antwoord: hulle wou vrees by die publiek wek want dan het hulle die hef in die hand. Bang mense is gehoorsaam aan dié wat hulle ‘n oplossing belowe – ‘n wonderkuur-inenting.
Tans leef mense regdeur die wêreld in vrees om deur die virus besmet te word of om ander weerloses te besmet. Saam met die onsekerheid en voortdurende vrees is die meeste mense in ‘n getraumatiseerde toestand. Moet ook nie dink die owerhede hou nou op om vrees by die publiek in te boesem nie – bo en behalwe die media wat aangesê word om ons dag na dag in vrees te hou met syfers en nogmaals syfers, kry ons ook elke dag kortboodskappe op ons selfone wat sê “The virus is real!”. Dit opsigself is só deursigtig dat dit sleg ruik!
VANNE WAT BY BEROEPE PAS
Broodryk – koringboer
Bestbier – drankwinkeleienaar
Boegman – matroos
Brooks – kleremaker
Buys – laboratoriumassistent
Breed – kitskoseienaar
Chapman- kougomvervaardiger
Daniels – leeutemmer
AANSLAG TEEN DIE AFRIKANER...
...DEUR GRONDWET GEMAGTIG
“INJUSTICES OF THE PAST”. So staan dit in die ANC-grondwet. En met hierdie paar woorde word die Afrikaner tot misdadiger verklaar.
Dit spreek dan eintlik vanself dat sy geskiedenis, kultuur en tradisies eweneens ‘n stuk onreg sal wees. Waarom sou die grondwet dit erken? Wel, kom ons gaan kyk wat het met die Afrikaner se regte gebeur onder die “beste” grondwet in die wêreld.
In 2016 het Afriforum sy rieme styfgeloop in die Konstitusionele Hof. Iets wat hulle moes verwag het as hulle die grondwet behoorlik bestudeer het en veral die doel van die grondwet verstaan het.
Hulle het vergeefs geveg om Pretoria se straatname te behou. In geen onduidelike taal was die meerderheidsuitspraak van die hof dat ‘n “cultural tradition founded in history” nie deur die grondwet erken word nie. Dit is nou dieselfde grondwet waarin staan dat die land “aan almal behoort, verenig in ons diversiteit.”
ONS IS IN ‘N TUIMELDROM
Prof HG vd Westhuizen
Halfedelgesteentes word glad, blink en bruikbaar geskuur deur growwe materiaal in 'n drom wat gedraai word.
Die drom draai. Ons Afrikanervolk ís in 'n massiewe tuimeldrom. Soos die halfedelgesteentes by verre díe mínderheid in 'n tuimeldrom is, ís ons volk maar 'n klein persentasie tussen die growwe materiaal. Die tientalle miljoene wat saam met ons in die tuimeldrom van die geskíedenis is, kap na ons, vryf ons op, skuur ons blink en kaal. Die revolusie met die gevolglike sogenaamde demokrasie – vol sosialisme en kommunisme – bied omtuimelinge vir miljarde rande se korrupsie. Die Afrikaner wat temidde hiervan nie gebreek en fyngemaal word nie, word blinker, gladder en bruikbaarder vir 'n beskaafde volk van edel inbors.
DIE DOOD VAN SY GUNSGENOTE
Hannes Ollewagen
Ps. 116:1-19
“Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote.” (:15).
Dit val ons amper vreemd op dat dit blyk asof die HERE ‘n welgevalle het in die dood van hulle wat Hom liefhet. Hoe kan so iets van ‘n liefdevolle God waar wees? Nee, dit is nie omdat God behae het in die dood van ‘n mens nie.
“Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” (Eség. 33:11).
God het wel ‘n welbehae daarin dat ‘n mens sy sondige natuur afsterwe om vir die geregtigheid te lewe – dit is kosbaar in sy oë!
Daar is, was en sal nooit ‘n mensekind wees wat in volmaaktheid gebore word nie, behalwe die mens Christus Jesus.
GEESTELIKE VERLAMMING...
… tot die dood toe!
“It is useless to attempt to reason a man out of a thing he was never reasoned into.”
― Jonathan Swift
‘n Blanke polisieman in die VSA, (wat terloops sy tegnieke by die Israeliese Mossad geleer het), tree hardhandig met ‘n swart gewoontemisdadiger op, in so ‘n mate dat die misdadiger sterf, en nou is die hele wêreld aan die brand. Selfshier moet ons blykbaar swartklere dra in meelewing, moet sportspanne die woord “Black Lives Matter” op hulle truie aanbring en het die media heeltemal mal geraak van ekstase. Intussen word wit boere op plase steeds afgemaai en ontken die liberaliste se liefling, Ramaphosa dat moorde op Blanke boere plaasvind en nou kwaai begin toeneem.
EEN GROOT VERNEUKSPUL
Die verneukery hou net aan en aan. En die verneukers leer nie hulle les nie. Seker oor daar nie ‘n straf vir hul verneukery is nie. Mens sou dink dat hulle skaam moet wees wanneer hul uitgevang word en dat dit dan sal maak dat hulle daarmee ophou. Maar nee...
Hier word die Britse regering weer eens uitgevang dat hulle elke persoon wat ‘n Covid-19-toets ondergaan, as 2 toetsings aanteken. Die een toets met die speeksel tel as een, en die toets met die neusstokkie tel as nog een. Sover is 350,000 te veel toetse aangeteken maar wie sal weet hoeveel nog nie ontdek is nie? En hulle is so op heterdaad betrap dat niemand dit kan betwis nie.
Nou sê Jon Ashworth, Parlementslid vir “Labours’s Shadow Health Secretary”, die Ministers is net verlede maand kwaai aangespreek oor hulle verneukery maar hulle wil nie hulle les leer nie, sê hy. Want toe hulle verlede maand hulle aantal toetsings van 100,000 na 200,000 wou vermeerder, het hulle duisende huistoetsstelle uitgestuur. Die Minister van Gesondheid het toe gesê dis ‘n “incredible achievement” want ‘n ekstra 122,347 toetse is gedoen – terwyl hulle nog nie die antwoorde teruggekry het nie. Van die 200,000 per maand het niks gekom nie.
SÊ NEE VIR 5G!
Is jy steeds onder die wanindruk dat blootstelling aan elektromagnetiese velde (EMV) en bestraling deur radiofrekwensie (RF) nie juis saakmaak nie? Dan moet jy asb die dokumentêre video, “5G Apocalypse — The Extinction Event” deur Sacha Stone by die skakel https://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2019/05/11/5g-apocalypse.aspx gaan kyk. Dit is goeddeurgewerkte feite op die tafel sonder samesweringsteorie, aangebied deur wetenskaplikes, dokters en spesialiste op dié gebied. Dan sal jy verstaan waar die hoofpyne, borspyne, depressie, angs, onvrugbaarheid, outisme, parkinson’s, altzheimers en ander neurologiese versteurings waaraan al meer mense ly, vandaan kom.
Ons is deurlopend blootgestel aan toestelle soos selfone, seltorings, Wi-Fi-modems, babamonitors en “smart” toerusting wat deur mikrogolfbestraling ons siek maak. Prof Martin Pall, Ph.D., professor emeritus in biowetenskap en basiese mediese wetenskap by die Washington Staatsuniversiteit, het in sy navorsing bevind dat die lae-frekwensie mikrogolfstrale van hierdie toestelle die kalsiumkanale in die buite-membraan van ons selle aktiveer. Volgens prof Pall is daardie kanale 7.2 miljoen keer meer gevoelig vir mikrogolfbestraling as ander dele van liggaamselle. Lae-frekwensie mikrogolfstrale open die kalsiumkanale waarna ‘n ongesonde hoeveelheid kalsium-ione in die selle opgeneem word. Dit aktiveer die stikstofoksiede en superoksiede wat onmiddellik peroksienitriet vorm. Lg veroorsaak ‘n groot hoeveelheid oksiedatiewe stress deur vrye radikale te vorm wat sistemiese inflammasie en mitochondriale (klein buisies in die sel wat selenergie en selmetabolisme reguleer)disfunksie veroorsaak – die oorsaak van verskeie siektes in die liggaam.
SELFBEELD
Geestelike volwassenheid word aan ʼn vaste geloof in Christus asook ʼn gesonde selfbeeld gekenmerk. Mense met ʼn swak selfbeeld is gewoonlik self daarvoor verantwoordelik. In plaas van hul eie lewensskildery te verf, gee hulle die kwas vir iemand anders om dit vir hulle te verf en is gevolglik gedurig begaan oor wat mense van hulle dink. Om slawe van ander mense se menings te wees, is gif vir ʼn selfbeeld.
Vir ʼn sterk selfbeeld moet jy in jouself glo en nie van ander verwag om dit vir jou te doen nie. Jou lewe hang uiteraard nie van ander se goedkeuring af nie. Wie ʼn sterk selfbeeld het, laat geen mens toe om hom skuldig laat voel oor wie en wat hy is nie. ʼn Leeu het nie skape se goedkeuring nodig om te doen wat hy wil doen nie.
AS DIE STERT DIE HOND SWAAI
Die wet op homoseksuele huwelike
Ds. A. E van den Berg
2005 was vir homoseksueles ʼn jubel- en vir gelowiges ʼn hartseerjaar. Spanje en Kanada het pas dieselfde geslag huwelike gewettig toe die grondwetlike hof in Suid-Afrika hul voorbeeld gevolg en in 2006 huwelike van dieselfde geslag goedgekeur het. Daarmee is sodomie gewettig en alle eertydse teen-sodomie wette ongrondwetlik verklaar.
Ongelowiges het dit as ʼn stap uit die “donker eeue”verwelkom en hul verheug toe hierdie karikatuur van ʼn heilige instelling in sekere kerke voltrek is. Verloopte kerklui het gretig op die homoseksuele agenda ingeteken.
’n Onlangse opname het skokkende statistiek aan die lig gebring. In Spanje was 91% van die ondervraagdes positief oor homoseksualisme, 87% in Duitsland, 86% inFrankryk, 81% in Brittanje en 60% in die VSA. Dit sê baie van ʼn wêreldwye weerstand teen God se wil!
AFRIKA EN DIE WÊRELD
Dis nie my gewoonte om op bydraes in Gelofteland kommentaar te probeer lewer nie. Veral nie as daar geen datum by 'n artikel verskyn nie en 'n nie-gereelde leser moet raai wanneer dit geskryf is. 'n Onlangse artikel deur ds André E. van den Berg en 'n tweede met verwysing na die Floydstorie wat blykbaar die VSA en die wêreld op horings het, het my egter laat besluit dat dit miskien tyd geword het om hard-op oor dié sake te dink.
Die eerste artikel gaan oor die agter-geblewendheid van Afrika, of dan van die subkontinent, suid van die Sahara waar die wiel ook blykbaar nie vir die eerste keer sy rol gekry het nie. Of dit altyd die geval was weet 'n mens natuurlik nie, aangesien daar bv sedert die Drakensberge ontstaan het, baie waters in verskeie oseane gevloei het. Maar die verre verlede daargelaat.
WAAR IS ONS PROTESTANTE KERKE?
‘n Stem van rede uit die Rooms-Katolieke Kerk
Op 8 Mei 2020 het aartsbiskop Carlo Maria Viganò‘n appèlgerig tot die Vatikaan en die wêreld “en alle mense wat die suiwere en goeie wil daartoe openbaar” (en geteken deur verskeie kardinale en biskoppe). In die skrywe die volgende:
Daar is rede om te glo, gebaseer op die "amptelike" sterftesyfer van die Covid-19-pandemie, dat daar magte hieragter sit wat wêreldwyd paniek probeer saai met die doel om die wêreldpopulasie onder hul mag te kry om sodoende permanente beheer oor al hul doen en late uit te oefen. Oplegging van hierdie inperkende maatreëls is die voorspel tot ‘n Een Wêreldregering met totale beheer oor alles.
Dit is voorwaar aanbevelenswaardig, veral as mens dink dat sodanige optrede eerder uit die geledere van Protestante verwag sou word.
Op 29 Mei 2020 het die aartsbiskop ‘n stap verder gegaan en die top-hiërargie van die kerk beskuldig dat hulle hulleself:
...openlik beskikbaar stel tot diens van Satan deur die eise van die Verenigde Nasie te gehoorsaam ter wille van die globalistiese agenda, die Vrymesselaars, die Malthus ekologie en etniese oorname.
IS GEORGE FLOYD DIE BEGIN HIERVAN?
Rick Joyner se visioen
(wat reeds in die 90's ter skrif gestel is)
Op die 16e Mei 1993 het ek ‘n visioen gehad waarin etniese geweld ‘n onbeskryflike impak op die voortbestaan van Suid-Afrika en die hele wêreld gehad het. Swartes het Blankes, en op hul beurt Blankes weer Swartes by die duisende doodgemaak. Die regering het totale beheer oor die situasie verloor en daar het onkeerbare anargie dwarsdeur die land losgebars.
Ek het ook ‘n magtige Blanke leër in leiding gesien wat so uitstekend soos ‘n moderne weermag georganiseerd is en met die dissipline en strategie van ‘n weermag geveg het. Hulle was vol selfvertroue dat hulle in beheer is en ek het besef dat hulle almal en alles sal doodmaak wat nodig is om die geveg te wen. Ek kon aanvoel dat hulle nooit sou oorgee nie. Hulle was magtiger as wat enigiemand gedink het.
Die Swartes was deur opsweping en woede egter ook gedetermineerd om nie toe te gee nie en die konflik en geveg tot die dood het gegroei groter as enigiemand kon glo moontlik was. Die strategie was doodeenvoudig om soveel as moontlik van die ander dood te maak.
WÊRELD SE NUWE CHRISTUS
“WHITE LIFES ALSO MATTERS”
Johan Hack
"Die ANC, SACP en Cosatu het selfs met president Ramaphosa se ondersteuning sover gegaan om ‘n “Black Friday”-aksie in werking te stel waar gevra is dat die publiek van nou af swart klere op ‘n Vrydag moet aantrek om sodoende solidariteit te toon met die Swart Amerikaners."
Op 25 Mei 2020 sterf ‘n swart man sterf weens hardhandige behandeling van die polisie in Amerika.
Wie sou kon dink dat die kettingreaksie op dié voorval sulke ernstige gevolge sou hê, nie net vir Amerikaners nie maar ook vir alle blanke gemeenskappe wat opnuut die teiken van rassehaat is.
Die liberale hoofstroom-media is net te bly om hierdie voorval uit te saai en al hoe meer ophef daarvan te maak want dit pas so in hulle kraal.
Slagspreuke soos “Black lives matter” verskyn nou as slagspreuke op hemde terwyl die ‘plunder en roof ‘-mentaliteit weereens sterk na vore kom tydens betogings.
ALLES WERK TEN GOEDE
Ds Andrè vd Berg
“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).
Jare gelede vertel ʼn boer van die Sederberge my van sy dogter wat in Japan sendingwerk gedoen en eenmaal in vier jaar huistoe gekom het. Haar broer in Kaapstad het haar dan plaastoe geneem. So kom dit toe dat sy net voor Kersfees 1987 sou kom. Dinge verander toe so gunstig, dat sy einde November kon kom.
Sy reël toe met haar broer om haar vroeër te kry, maar hou dit vir haar ouers as ʼn verrassing. Die dag van haar vlug was daar ʼn verkeersknoop op pad lughawe toe. Toe die huurmotor uiteindelik by die lughawe kom, moes sy teleurgesteld sien hoe die Boeing opstyg – die Helderberg SAL 295. Eers die geweldige teleurstelling en daarna ontsettende dankbaarheid want sy is sodoende van ʼn gewisse dood gered!
‘n HEILIGE LEWENSWANDEL
Hannes Ollewagen
1 Thes. 4:1-12
“Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.” (:7&8).
Daar is deesdae soveel mense wat voorgee dat hulle oor die gawe beskik om die uitsonderlike wil van God te verstaan. En hulle hoor glo gereeld die stem van God. “Die HERE het vir my gesê . . . “ is ‘n stelling wat sonder die nodige respek en agting gebruik word. Ek dink byvoorbeeld aan ‘n baie bekende man in Suid-Afrika wat so ‘n paar jaar gelede blykbaar op God se stem reageer en gepoog het om 1 miljoen mense vir ‘n gebedsbyeenskoms in Bloemfontein byeen te roep. Hy het openlik verklaar dat hierdie byeenkoms die toekoms van Suid-Afrika ingrypend ten goede sou verander. Daar is nie by hierdie byeenkoms die moeite gedoen om ongelowige leiers in die samelewing tot orde te roep en aan te spreek oor hul ongehoorsaamheid aan God nie. Nee, daar is veel eerder saam met hierdie ongelowige mense gebid asof dit God sou behaag!
DIE HONGER-PANDEMIE
Teen die einde van 2020 sal baie meer mense van honger, lyding en selfmoord gesterf het as wat die Koronavirus ooit kan doen. Dan sal ons dit ‘n werklike pandemie kan noem, die Honger-Pandemie. En hierdie pandemie sal nie die nuusdekking kry wat die virus kry nie want dit pas die Geldmag nie.
Intussen speel die geldbase nie net met menselewens nie maar ook met miljoene dollars. Dr Senator Scott Jensen van Minnesota het in ‘n onderhoud met Fox News lig gewerp op die growwe manipulasie in Amerika om geld te maak met Covid-19-pasiënte. Jensen sê elke hospitaal ontvang 13,000 US dollars as “subsidie” vir elke pasiënt wat met Covid gediagnoseer word. En as die pasiënt op ‘n ventilator geplaas word is die bedrag 39,000 dollars. Nou kan ons die histerie rondom die verskaffing van ventilators beter begryp asook die geweldige omvang van bedrog met die Covid-syfers.
Wat die Honger-Pandemie betref, dit is reeds goed op dreef met duisende mense wat hulle werk en behuising verloor het omdat hulle nie die paaiemente kon betaal nie as gevolg van die grendelstaat. Verder moet hulle raap en skraap om iets te ete te kry maar sonder inkomste is daar net een van twee: strate toe om te bedel of diefstal. Kan u dink hoe die straathoeke binnekort gaan lyk? Geen voertuig sal mettertyd waag om by robotte en stopstrate heeltemal tot stilstand te kom nie.
HOMO- SEKSUALISME
’n Oorlogsverklaring teen die huwelik
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die verwording van die mensdom besmet alle fasette van die lewe. Terwyl wetenskaplikes naarstiglik na ʼn homoseks-geen soek om homoseksualisme mee te probeer regverdig, beskerm wetgewers gruwelgeeste met misplaaste regte. Die vermaaklikheidbedryf talm ook nie met homoseksuele karakters nie. Specter, ʼn homoseksuele polisiebeampte, is die nuutste homoseksuele karakter in die Walt Disney rolprent Onward. Verder is elke TV-sepie deesdae besoedel met sy deel van homoseksuele karakters wat “geliefde” rolle vertolk sodat kykers daarmee kan identifiseer.
Geen sonde kry soveel blootstelling as homoseksualisme nie. Dis alles pogings om ʼn verworde leefstyl in mense se kele af te druk. Tragies genoeg regverdig talle hoofstroomkerke dit selfs met skeefgetrekte Skrifverklarings.
SODOMIE EN DIE BYBEL
Ds. A.E van den Berg
“Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word;...” (Openb.22:11).
Inleiding
Namate die wederkoms van Christus nader kom, word die mensdom al hoe boser. Euwels soos aborsie word gewettig en onreinheid ontsondig om die egtheid en goddelikheid van die Bybel in twyfel te trek en mense te verwar:
“Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike kettery heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ʼn vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikheid navolg, en om hulle ontwil sal die Weg van die waarheid gelaster word.” (2 Pet.2: 1,2).
WAT MOET MENS VAN SJINA GLO?
“China’s been ruled by a brutal, authoritarian regime, a communist regime since 1949. For several decades, we thought the regime would become more like us through trade, scientific exchanges, diplomatic outreach … (but) that didn’t happen.
“We greatly underestimated the degree to which Beijing is ideologically and politically hostile to free nations. The whole world is waking up to that fact.” –Die Staatsekretaris van die VSA, Mike Pompeo
Die Covid-19 gebeure het aan die Westerse wêreld opnuut die geleentheid gegee om Sjina in die spervuur te plaas, soos die irrasionele uitlating van Mike Pompeo die pas afgelope week getuig. Met die propaganda-masjien van die Weste wat in snelrat is word Sjina beskuldig as sou hy kop in een mus met die WGO is, die besonderhede en veral die gevaar van die virus aan die wêreld verswyg het, en word sommer in die proses ‘n klomp ou koeie uit die sloot gegrawe – soos dat dit te alle tye te wagte kan wees van ‘n diktatorskap en ‘n kommunistiese staat. Dis nou dieselfde Weste wat graag produkte in Sjina laat maak maar ook koop wat in Sjina vervaardig word.