NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Agterlikheid is geen lewenslange vonnis waaronder sekere mense noodwendig gebuk moet gaan nie.  Dis nie 'n onvermydelike toestand nie, maar 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte te lewer as die res van die wêreld nie.  Dis baie gerieflike bos waaragter hulle hul innerlike swakhede, luiheid en totale gebrek aan ambisie kan verskuil.

AS DIE ROOILIGTE BRAND

Sedelike verval

Ds. A.E van den Berg

Inleiding

ʼn Volk se geestesgesondheid word aan sy sedelike peil gemeet. Van die 22 beskawings wat al van die wêreldtoneel verdwyn het, het 19 weens sedelike verval ten gronde gegaan. Dieselfde rooi ligte brand ook aan die suidpunt van Afrika. Indien die sweer van sedelose verrotting nie uitgesny word nie, sal die gat in die morele osoonlaag groter word en ʼn beskawing verdwyn.

Geen volk oorleef sonder sterk morele grondslae nie. Ons volk het in die verlede sy naam altyd in die diepte van sedelikheid geanker en min probleme met sedeloosheid ondervind. Daarna het verraderlike politici en onverskillige kerklui ʼn gees van ongebondenheid ontketen wat ongekende ontwrigting veroorsaak het. Niks wat sedelik verkeerd is, kan ooit polities reg wees nie en laat telkens booshede soos ʼn stofwolk oprys.

Dit wat deur eerbare mense tot stand gebring is, kan nie deur oneerbare mense voortgesit word nie. Sedelike beginsels is met die totstandkoming van die sg. reënboognasie oorboord gegooi om booswigte ter wille te wees en skadelike toegewings in die naam van vernuwing gemaak. Ook op kerklike gebied.

Kerke wat nie die duiwels van hul eie skeppings wou raaksien nie, is aan die sedelike verval van ons volk aandadig. Deur lelike dinge in die glanspapier van Christendom toe te draai, is die indruk geskep dat mense daarmee tevrede is en het ongebondenheid die godsdiens van ons land geword.

1.Keuses

Geen mens is egter tot ellende gedoem nie. Hy moet net reg kies. Dit wat met mense gebeur, weerspieël gewoonlik hul keuses en die lewe die somtotaal van sulke keuses. Ongelukkig maak baie mense verkeerde keuses en leef daarna so verkeerd dat dit onmoontlik is om gelukkig te wees, veral as hulle slawe van onreine drange word.

Daar is geen middelpaadjie tussen goed en kwaad nie. Wie die kwaad nie beveg nie, word daardeur oorwin en in sekere gevalle selfs gedood.   Die dorp van sedeloosheid lê altyd naby die stad van die dood:

My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig .... want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop .... maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos ’n swaard aan weerskante skerp....Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie” (Spr.5:1-8).

2. Reinheid

Reinheid is ʼn goddelike skat en ʼn rein gewete ʼn wonderlike geesteskompas.   As ʼn mens se gewete skoon is, is sy lewe skoon.   Dis die innerlike stem wat ons waarsku dat Iemand vir ons kyk.  Die gewete is die venster waardeur die lewe bekyk word. As dit vuil is, lyk alles vuil.

Niks laat ʼn mens beter as ʼn rein gewete voel nie. Dis nie net die gees nie maar ook die liggaam se beste genesing en soos ’n voortgesette Kersfees. Daarom slaap geen kussing so sag soos ʼn rein gewete nie en is geen skans sterker teen versoekings nie!

Rein gewetes word dikwels vir geld verkoop maar dit kan nooit daarmee gekoop word nie. ’n Skuldige gewete is ʼn ongenaakbare kastyder soos koning Dawid ná sy sedelike misstap en huurmoord van getuig:

“ ... Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my...” (Ps.32:1-4).

Dawid bevestig dat die pyn van ʼn slegte gewete die hel van ʼn lewende siel is.   Ja, geen kelder is so donker soos ʼn onrein hart en geen tronkbewaarder so ongenaakbaar soos ʼn skuldige gewete nie. Reinheid gee weer grootte aan die lewe waaruit die mooiste lig skyn.   Om rein te leef, hoef niemand slim of ryk te wees nie. Reinheid vertoon ewe goed in vodde sowel as satyn.

3. Versoeking

ʼn Rein lewe is soos ʼn vuur wat as dit aangesteek is, aan die gang bly. As dit geblus word, kom dit moeilik weer aan die gang.   Daarom is afdraaipaaie so gevaarlik want as dit die regte pad was, sou dit die hoofpad gewees het. Wellus laat baie mense verkeerde paaie vat en so ʼn gemors van die eerste deel van hul lewe laat maak, dat hulle vir die res van hul lewe daaronder gebuk gaan.  

Wees dus versigtig want wat met die verstand opgebou is, kan in ʼn oomblik deur wellus afgebreek word. Die mens is egter aan ongebondenheid uitgelewer nie.   Niks beskerm hom teen versoeking soos sy geloof en wil nie. As Satan jou beveel om te byt, moet jy nie na hom luister nie. Jy is mos nie sy hond nie!

Die reus voor jou is nooit groter as die God by jou nie. Jy moet oorwin.

“ .... die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers (Gen.4:17).

Wie in ʼn verkeerde ding beland, kom moeilik daaruit. Dis soos ʼn muisvalletjie; makliker in as uit.   As jy dus niks met die vrugte van sonde te doen wil hê nie, moet jy uit Satan se vrugteboord wegbly. Versoeking kom dikwels by deure in wat bewustelik oopgelaat is. Al smaak verbode vrugte lekker, verrot dit vinniger en maak altyd slegte konfyt. Vermy eerder die aas as om van die hoek ontslae te probeer raak!

4. Onverskillig

As sedelike beginsels versaak word, raak mense onverskillig en word dit donker in hul lewe - ’n maanlose nag sonder sterre.   Om besigheid met Satan te bedryf, loop altyd op ʼn verlies uit.   Wie dus nie met hom handel wil dryf nie, moet uit sy winkel wegbly. Om selfs op dun ys te skaats, kan jou in die warm water laat beland!

Onreinheid is ʼn gebuigde sleutel wat geen slot van vreugde oopsluit nie en ʼn doodskis van die siel. Sedelose mense verkoop hul eer op goedkoop markte, duik tot op die bodem van genot om meer klippe as pêrels te vind. Die pad na ware vreugde loop slegs oor die brug van reinheid. Mense se smarte verdwyn en vreugdes verskyn op hierdie pad. Op die verkeerde pad gebeur die teenoorgestelde; vreugdes verdwyn en smarte vermeerder!

5. Gehoorsaamheid

Gesonde sedes word nie sonder ʼn liefde vir God en gehoorsaamheid aan sy Woord gehandhaaf nie. In meetkunde is ʼn reguit lyn die kortste afstand tussen twee punte. Dis ook so in die sedelike lewe - van God na die mens. Reg of verkeerd word deur Bybelse beginsels bepaal. Om die regte dinge te doen, moet ons weet wat die regte dinge is. Daarvoor het ons die Bybel.

Wat onder God se beheer is, raak nooit buite beheer nie. Om homoseksualisme bv. as ʼn fundamentele reg te beskou, skaad eeue se sedeleer. God het die huwelik ingestel om Hom te verheerlik. Geen gruwel kan dit doen nie! Daarom straf Hy dit:

“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar... sodat hulle geen verontskuldiging het nie... en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword” (Rom.1:18-22).

6. Samelewing

ʼn Gemeenskap word deur lewens gevoed. Dis soos grond wat altyd iets oplewer. As dit nie blomme, groente of vrugte is nie, dan onkruid. So ook ʼn gemeenskap - reines blom en sedeloses besmet. God straf ʼn gemeenskap wat gruwels laat begaan:

“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie.... mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom.1:28,32)

7. Leierskap

Geen land kan sonder edel leiers voorspoedig wees nie. Edelheid is die porseleinklei waarvan goeie leiers gemaak word en die geskiedenis van die mensdom dikwels die lewensbeskrywing van hul lewens. Die teenoorgestelde is ook waar; niks skaad ʼn volk soos sedelose leiers nie. Hul skandale loop op wiele wat maar al te graag deur die media geolie word!

8. Vryheid

Ongelukkig het ongebondenheid die godsdiens van ons tyd geword. Die lont wat deur onreinheid aangesteek is, brand kort duskant die kruitvat van die dood en het baie mense al ʼn vroeë dood laat sterf. Vryheid is nie losbandigheid nie. ʼn Slaaf van onsedelikheid is nie vry nie. Christus het sondaars juis vrygemaak om nie daaraan gebonde te wees nie:

As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh.8:36).

Vryheid is die suurstof van die siel. Dis ’n pakket wat verantwoordelikhede en gevolge insluit en ʼn mengsel van geleenthede en beperkings wat op verantwoordelike keuses berus. Dis nie iets wat buite die mens lê en waarna gesoek moet word nie. Vryheid kom van binne!

9. Besinning

Min dinge gee soveel tevredenheid as om te besin en van onreinheid weg te stap. Onreinheid is soos vergiftigde brood; dit bevredig die honger, maar baar die dood. Dit neem mense na plekke waar hulle nie wil wees nie. Onreinheid hou hul langer as wat hy wil bly en kos hulle meer as wat hulle wil betaal.

Slot

Die sedelike verrotting in ons land moet beëindig word. Daar is nie ʼn regte manier om ʼn verkeerde ding te doen nie. Verkeerd bly verkeerd al doen almal dit en reg bly reg al doen niemand dit meer nie. Daar is geen tolgeld op die reguit pad van die lewe nie.   Suid-Afrika het ʼn behoefte aan mense wat daarop beweeg.   Daar is geen soeter klank as ʼn volk wat verkeerde dinge af wegstap nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2103 gaste aanlyn