Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Mens moet nie jou kruis as 'n las beskou nie – dit is 'n skat wat jou hele lewe beïnvloed: dra dit, moenie dit sleep nie!
MISDAAD IS DEEL VAN REWOLUSIE
André Schmidt
In ons eie land asook in die buurlande, weet ons dat "vryheidsbewegings" se revolusie plaasvind deur middel van terrorisme en misdaad. So is die misdaad en plaasaanvalle van vandag niks anders nie as deel van die revolusie. 'n Boer in Suid-Transvaal meld onlangs dat dit opmerklik is dat die getal persone in ‘n groep wat gewelddadige aanvalle loods, van gemiddeld 5-6 opgeskuif het na 12-14 per groep. Dit is duidelik dat sulke tipe aanvalle niks anders is as die massas wat 'n revolusie voer nie. In `n program oor plaasmoorde wat gebeeldsend is op Special Assignment, waartydens daar `n indiepte ondersoek gedoen was oor die motief van plaasmoorde, verklaar `n deskundige op dié gebied dat die plaasmoorde in Suid-Afrika niks anders is as `n volksmoord (“ethnic cleansing”) nie.
Dat die revolusie huidiglik gewelddadig is, is duidelik. Dat die revolusie in sy verdieping meer gewelddadig sal word, behoef ook geen betoog nie.
Die teelaarde van geweld is alreeds gelê deur die massas. Die voorbeelde daarvan word gesien in die aard en omvang van die moorde op Blankes. Die hoof van die Menshevike, Yuri Martov, skryf ten aansien van die geweld wat plaasgevind het in Rusland gedurende 1918 die volgende:
From the first day of their coming into power, having proclaimed the abolition of the death penalty, the Bolsheviks began to kill. The beast has licked hot human blood. The man killing machine is brought into motion — but blood breeds blood.
Die landbougrondhervorming het in Rusland, net soos in Suid-Afrika, gedien as 'n middel om die revolusie te voer en die massas se potensiaal te stuur. ln 1917 skryf Lenin, asof dit 'n kode en opdrag is aan Mbeki, die volgende:
By making immediate offers of peace and giving land to the peasants, the Bolsheviks will establish a power base that no one will be able to overturn.
Die afskaffing van privaatbesit kan in die Suid-Afrikaanse konteks nie deur geleidelike verandering bewerkstellig word nie. Dit kan net deur 'n revolusie verkry word. Trotsky het in 1920 reeds hierdie probleem geïdentifiseer en ook sommer die oplossing daarvoor gegee:
It is quite clear that if our problem is the abolition of private property in the means of production, the only road to its solution lies through the concentration of state power in its entirety in the hands of the proletariat, and the setting up for the transitional period of an extraordinary regime.
Dictatorship is necessary because this is not a case of partial changes, but of the very existence of the bourgeoisie. No agreement is possible on this basis. Only force can be the deciding factor ... Whoever aims at the end cannot reject the means. (eie beklemtoning).
Soos reeds hierbo gesien, het Cronin, Nzimande en die ANC reeds Trotsky se aanbevelings gevolg en aan die massas oorgedra. 'n Groot gedeelte van Trotsky se vereistes en aanbevelings is al bereik. Die ANC volg die bloudruk van Kommunisme soos wat dit gestalte gekry het in Rusland.
Die revolusie moet 'n vyand hê ten einde 'n totalitêre staat te laat oorleef. Daardie vyand moet sonder enige genade behandel word. Dat die Afrikaners minderwaardig behandel word, kan gesien word in die wyse hoe daar met sy taal, kultuur, geskiedenis omgegaan word, en die pogings om hom in `n skuldkompleks te dompel. Wat ons vandag beleef, is niks nuut nie. Dit is in 1917 in Rusland met groot sukses toegepas. Kommunisme, aldus Tzvetan Todorov:
... demands repression (or in moments of crises, the elimination) of the bourgeoise as a class. Belonging to the class is enough: there is no need actually to have done anything at all.
Voorbeelde hiervan is veelvoudig in die plaasaanvalle en misdaad op Blankes in die algemeen.
Die massas sal vorder na `n proses van uitsluiting (wat alreeds plaasvind), dan na die ideologie van eliminering en laastens na die uitwissing van alle "onsuiwerhede".
Die haat teenoor die Blankes moet aangevuur word. Die revolusie vind plaas op die fisiese sowel as morele psigiese samelewing. Uit die aanhalings van Cronin en Nzimande is dit duidelik dat die massas se emosies opgesweep word teen die ”bosses“. Rassehaat word bevorder deur onder andere deurlopend te verwys na die “liberation of black people” . Die gebeure is nie maar net toevallighede nie, dit word gedoen in navolging van die Kommuniste se bloudruk wat in Rusland vervolmaak is.
Ter afsluiting moet ons, teen die agtergrond van die bekende uitsprake en planne van die ANC en die gewelddadige geskiedenis van die Kommuniste in die algemeen, die volgende woorde van Stéphane Courtois (The Black Book of Communism), ernstig oorweeg en in gedagte hou:
Every Communist country or Party has its own specific history and its own particular regional and local variations, but a linkage can always be traced to the pattern elaborated in Moscow in November 1917. This linkage forms a sort of genetic code of communism. (Eie beklemtoning).
Dat die huidige nasionale demokratiese revolusie 'n replika in woorde en dade is van die gebeure in Rusland, spel net onheil. Dat die huidige revolusie die begin is van die "hoofgereg" van die sosiale revolusie, moet met groot erns beskou word.
Deur deel te neem aan regstellende aksie, ondersteun die Blankes, bewustelik of onbewustelik, die revolusie teen hulself. Die “Africans“ word bemagtig deur die Blanke se kapitaal om later teen homself gebruik te word in sy totale uitwissing. Daar moet ernstig oorweging geskenk word om, as deel van die verset, eerder net van volkseie arbeid gebruik te maak, inaggenome dat die werkersklas die belangrikste klas is in die revolusie. Dit is die werkersklas wat maklik gemobiliseer kan word. Indien hy nie in diens is van die Blanke nie, is dit soveel moeiliker vir die ANC om hom te mobiliseer en te organiseer. Ten minste word die Blanke se kapitaal nie teen homself gebruik nie en kan hy al hoe meer `n magsblok vorm in dié deel van die strata. Unies maak staat op die werkersklas. Deur volkseie werkers in diens te neem, word die Blankes bemagtig en dien dit as teenvoeter en as verset teen die revolusie.
Die behoud van private eiendom en kapitaal is van die uiterste belang vir die voortbestaan van die Afrikaner en as deel van sy verset.
Nasionalisme is die sterkste mag in `n volk. Die kommunistiese ideologie is gebaseer op `n mite en `n fabrikasie van `n onwerklikheid en moet dus noodwendig in duie stort. Dit is egter nie genoeg om dit te weet, niks te doen en maar te wag dat dit in duie stort nie. In die proses word volke vernietig.
Dit is dus belangrik om met bogaande kennis die Afrikanervolk te bemagtig met hierdie kennis. Met dié kennis sal die Afrikaner besef dat hy verkneg word. Die kennis sal help om die sluimerende nasionalisme om te skakel na `n aktiewe mag.
As ons as volk wil oorleef in hierdie revolusie, sal Afrikaner-nasionalisme (wat niks anders is as ‘n Christelike nasionalisme nie), ons behoud wees. Daarom is dit belangrik om in verset te gaan sodat die “erwe van ons vadere vir ons kinders erwe mag bly”. Indien ons niks doen nie, sal die “erwe van ons vadere” in ons tyd afgeneem word.