Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Staan jy naak voor God in jou sonde of is jy met Jesus gekleed? As jy naak is, wil God jou vandag toemaak met die bloed van Christus ons Verlosser. Ja, in die gees trek ons vir Jesus aan: “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie” - Rom.13:14.
WIE BEHEER MALEMA?
In hierdie artikel kry ons ‘n baie insiggewende blik op die bedrogvolle manipulsie van die marionet Julius Malema deur intelligensiedienste ten einde sekere politieke doelwitte te behaal. Met dank en erkenning aan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging.
Luister 'n mens deesdae na sosiale gesprekke tussen Afrikaners word dit al hoe duideliker dat daar 'n groeiende vrees is vir die bedreiging van fisieke geweld teen Blankers – en spesifiek Afrikaners – wat binnekort dalk mag eskaleer en selfs in 'n poging tot die uitwissing van Blankes mag ontaard. In hierdie soort gesprekke word die sogenaamde Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en hul leier, Julias Malema, gewoonlik pertinent bespreek.
Om hierdie saak deeglik onder die soeklig te neem, moet eerstens erken word dat Swart-op-Wit geweld 'n wesenlike probleem is en dat dit waarskynlik sal toeneem, na mate die opsweping en frustrasie onder die Swart massas toeneem oor hul eie situasie. Om egter die scenario rondom die ontwikkeling aan die linkerkant van die Swart politiek, en veral die wyse waarop die arrogansie en frustrasie van jong Swartes bestuur word, beter te verstaan moet die rol van Malema as persoon ook verstaan word.
Die rol wat Malema speel en die wyse waarop sy organisasie te werk gaan is vir deeglike studente van die politiek en die geskiedenis erg verdag. Malema word in die huidige politieke en sosiale proses in Suid-Afrika soms heeltemal te veel krediet gegee vir gebeure en verskynsels wat heeltemal bo sy vuurmaakplek is. 'n Deeglike ontleding van gebeure rondom Malema en sy organisasie kan nie anders as om agterdog te wek by eerlike analiste nie.
Het ons nie hierdie scenario al beleef nie? In die politiek is daar sekere faktore waarvoor 'n man nie 'n swakplek moet hê nie, want swakplekke maak jou kwesbaar. Kwesbare mense kan natuurlik makliker gemanipuleer word as hul swakhede en probleme uitgebuit kan word. Geld, drank, swakheid ten opsigte van aandag vanaf die teenoorgestelde geslag en 'n oordrewe ambisie tot roem, mag of openbare status, is die vier groot gevare wat veral in die politiek kan lei tot manipuleerbare mense. Malema mag dalk selfs 'n probleem met al vier hierdie faktore hê, maar daar is geen twyfel dat hy deur ambisie en geld gedryf word nie. Dit is waarskynlik weens hierdie twee swakhede dat hy duidelik 'n slagoffer geword het van die marionetmeesters van die Suid-Afrikaanse samelewing.
Dis geen geheim dat Malema byvoorbeeld baie ernstige probleme met sy geldsake gehad het nie. Nadat dinge vir hom suur geraak het binne die ANC en kort voor die stigting van die EFF (skaars 10 maande voor die algemene verkiesing van 2014), was Malema se probleme met die Suid-Afrikaanse belastinggaarder (SARS) openbare kennis. Daar is selfs gerapporteer dat hy deur al sy verdagte maniere van die generering van geld vir persoonlike gewin versuim het om miljoene rand se belasting te betaal. SARS het sy eiendomme opgeveil, maar steeds gedreig om hom te laat sekwestreer weens belastingskuld van byna R20 miljoen.
Daar is selfs gerapporteer dat Malema onder voorlopige sekwestrasie geplaas is, maar die saak is só hanteer dat tegniese skuiwergate wel gevind is vir hom om 'n parlementslid te kon word. Dit is bekend dat gesekwestreerde Suid-Afrikaners volgens wet nie lid van die parlement mag wees nie. Malema het ook verskeie kriminele klagtes, onder andere weens bedrog en afpersing, in die gesig gestaar wat hom uit die parlement kon hou. Tog hoor 'n mens deesdae niks meer oor hierdie sake nie. Maar dis ook nie gerapporteer dat enige van sy probleme opgelos is nie. Dit het skynbaar net verdwyn.
Intussen saai hy en sy party-kamerade chaos oral waar hulle kom. Sy aanhangers dreig oral om Witmense dood te maak en grond te beset en hy is telkens die groot aanstigter agter al die broeiende probleme. Klink hierdie scenario bekend? Hier het ons 'n politieke figuur wat 'n sekere groep in die samelewing se frustrasie gebruik en hulle selfs opstook tot geweld en wetteloosheid, maar hyself geniet eintlik al die aandag en die lekker lewe wat sy posisie hom bied, sonder dat hy werklik enige solidariteit bewys met die "verdruktes"... Die enigste "opoffering" wat hy vir "sy mense" sal maak is om nou en dan met die parlementêre sekuriteitsbeamptes appels te swaai.
Intussen leef hy al te lekker op sy parlementêre salaris van bietjie meer as R100 000 per maand. 'n Deeglike ontleding van Malema se werkswyse, sy geskiedenis en sy omstandighede dui baie duidelik daarop dat ons hier te doen het met 'n hoofrolspeler in een of ander intelligensiediens-operasie. Dan praat 'n mens nie net van Suid-Afrika se intelligensiedienste nie, maar heel waarskynlik van 'n projek wat uitgedink is om gefrustreerde massas te "beheer", soos wat ons gereeld tussen 1981 en 1994 onder konserwatiewe Afrikaners gesien gebeur het.
Ons het mos later uitgevind die destydse projekte is ook in samewerking met internasionale marionetmeesters soos die CIAof MI6 uitgedink en georkestreer. Die boodskap aan Afrikanernasionaliste moet dus duidelik wees: Ons het hierdie soort ding in die verlede al oorleef en ons kan dit weer oorleef. Waarteen ons wel moet waak is om verlam te word deur hierdie verskynsels en veral die dreigemente van geweld vanaf die oormag teenoor ons. Ons kan hierdie dinge nie beheer nie, maar ons kan wel werk aan sake soos die konsolidasie van Afrikanernasionaliste, die opskerping van ons eie mense se veiligheid en die skepping van geleenthede vir ons nageslag om in hierdie land onafhanklik te word van 'n stelsel wat geskep is om ons dood te smoor.