Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het.
STRYD IS LEWE (8)
JA Marais
Lees volledig by Stryd is lewe
Die helde van ‘n volk (4)
As antwoord op hierdie kunsmatige pogings om die Kleurling by die Afrikaner se taalfees te betrek, kan gevra word: Moes die Engelse, toe hulle vanjaar hulle fees in Grahamstad gevier het, ook die Indiërs van Natal daarheen genooi het? Hulle is immers ook Engelssprekend en hulle is ook setlaars in Suid-Afrika. Waarom was daar nie die aandrang dat dit gebeur nie? Waarom was daar by die mense wat nou so graag die Kleurling by die Afrikaner se taalfees wil betrek, nie in 1966, toe die Wonder van Afrikaans gevier is, dieselfde aandrang om die Kleurlinge in te trek nie? Destyds het hulle geweet dat as hulle die Afrikanerskap op so 'n wyse sou aantas, daar korte mette met hulle gemaak sou word. Maar nou voel hulle veilig om hiervoor te agiteer.
Laat dit weer beklemtoon word: Geen mens kan tot ‘n volk toegevoeg word tensy hy die geskiedenis van daardie volk deel nie en hom volkome met die geskiedkundige beskouinge van daardie volk vereenselwig nie.
Daar is diegene wat sê dat sommige mense Afrikaans nie wil laat uitbrei na ander nie en daardeur Afrikaans wil beperk. Dit is nie waar nie. Wat wel waar is, is dat daar in die Afrikaner-samelewing mense is, net soos wat daar in 1875 sulke mense was, wat te bang is vir die benouende nood van hulle volk en wat nie opgewasse is teen die swaar eise wat die geskiedenis van hulle volk aan hulle stel nie. Nou wil hulle loskom van hulle volk, maar hulle wil nie vlug sodat almal moet sien dat hulle vlug nie. Daarom wil hulle die grense van die volk so wyd trek dat die Afrikanervolk geen identiteit meer het nie. In plaas daarvan dat hulle, soos hulle sê, die Afrikaanse taal na ander uitneem, doen hulle presies die teenoorgestelde: hulle trek binne die grense van die Afrikanerdom mense in wat die Afrikaner-identiteit so verwater en verander dat daar van sy identiteit niks oorbly nie. En hulle doen dit omdat hulle wil wegvlug van die geskiedenis van die Afrikaner; hulle wil wegvlug van hierdie naam Paul Kruger, omdat die eise van Afrikanerskap wat hy aan hulle stel, te swaar is vir hulle. Hulle kan nie daarteen opweeg nie.
Die grense van 'n volk word getrek vanuit die sentrum van gesag wat daar in elke volk setel. Daarvandaan vloei die lyne van wat insluit en wat uitsluit. Die volk sluit in wat aanvaarbaar is vir hom, en hy sluit uit wat onaanvaarbaar is vir hom. Geen kunsmatige geredekawel en argumentasie kan iets daaraan doen nie. Die sentrum van gesag van die Afrikanerdom het nog altyd die grens van die Afrikanervolk laat saamval met die Witman se velkleur en geen mag kan ook daaraan iets verander nie. Vandag is daar sterk aandrang dat die Afrikaner sy grense wyer moet trek om ook die Kleurlinge in te sluit.
Hierdie aandrang geskied nie om die Kleurling te bevorder en die Afrikaner te versterk nie, maar wel om die Afrikaner in sy identiteit aan te tas, om daardeur sy nasionalisme te breek, sy liefde vir sy taal en sy nasie te breek en die Afrikaner se mag in hierdie land te vernietig.
Afrika is die tuiste van die Afrikaner omdat ons dit sê met ons naam en met die naam van die Afrikanervolk. Afrika is nie maar net 'n eenvonnige stuk aarde nie. In Noord-Afrika is dit die tuiste van 'n Geel-Bruin bevolking, in Sentraal Afrika is dit hoofsaaklik 'n Swart land, maar in die suide van Afrika is dit 'n Blanke land.
Taal, nasie en land is onafskeidelik gebind aan mekaar. Die Afrikaanse taal is gebind aan die Afrikaanse nasie en die Afrikaanse nasie is gebind aan sy vaderland. En die vaderland van die Afrikaner hier in Afrika, wat vir hom dour die Voortrekkers skoongemaak is, is Transvaal en die Vrystaat. Transvaal en die Vrystaat is Afrikanerland. Dit kan nie van die Afrikaner vervreem word nie. Mense wat die gedagte propageer dat ons aan anderkleuriges in Transvaal en die Vrystaat 'n vaderland skuld, maak 'n baie groot fout.
En net soos elke duim grond van Transvaal en die Vrystaat Afrikanerland is, is Suidwes-Afrika ook deel van Suid-Afrika. Net soos die mense van Kaapland van 1875 'n verbondenheid gevoel het met die mense van Transvaal, hoewel hulle in verskillende staatkundige posisies gestaan het, net so is daar vandag tussen ons in Suid-Afrika en die mense van Rhodesië, wat op die voorpos van ons Blanke beskawing staan, 'n verbond wat atltyd sterk gehou moet word.
Dit wat ons land betref. Laat ons in die laaste instansie wat die taal betref, nou maar teenoor mekaar erken dat met die swaar klem op die ekonomiese en die materiële, en die ontklemtoning van die geestelike, dit vandag al hoe voordelig word vir baie mense om Engels te praat. Affikaans as die uitdrukking van 'n volk se siel, soos Langenhoven en menige ander digter hom laat praat het, is in die Afrikaanse letterkunde aan die verdwyn. Daarom dat dr. Verwoerd in 1966 by die Voortrekkermonument in Pretoria verklaar het: "Ons skrywers, wat vroeër gesing het oor die prestasies van hulle volk, waar is hulle vandag?" En toe bygevoeg het: "Ons moenie vra waar is my volk nie, ons moet jubel: Hier is my volk waaraan ek verbind is; hier is my volk met sy noodlot en met sy prestasies; daaroor sal ek skryf."
Dit is woorde wat met groot reg gespreek is, wat vandag dikwels in Afrikaans as literêre produkte verskyn, is in werklikheid maar net 'n vertaling van die idioom waarin die vyandskap teen die Afrikaner en sy liefde vir sy land bedryf word. Die uitdaging waarvoor die Afrikaner dus staan, is om weer skeppend na vore te tree vanuit sy geskiedenis, vanuit die liefde vir sy eie, sy taal, sy nasie, sy hand, uit sy geloof aan die onverwoesbare reg wat hy in Afrika het. Die uitdaging op die kommunikasieterrein, op die terrein van die skeppende literatuur, dit is waar die groot veldslae die hiereeu vir die Afrikaner gelewer gaan word.
Die GRA het in 1875 gesê Afrikaans moet die landstaal en die volkstaal word. Hierdie taal, die enigste Wes-Europese taal wat buite Europa ontstaan het, die grootste wonder van Wes-Europa, die taal wat die draer moet weer van die gedagte van Witmanskap in Suider-Afrika, die taal wat gebore is uit hierdie aard en omstandigheid, hy moet nog tot sy reg kom as landstaal, as die volkstaal en as die mag waarmee die volk aanmekaar gebind moet word. Laat ons elkeen onthou dat as ons Afrikaans praat, mooi praat, goed praat, skoon praat, sal ons nie net ons trots in die taal verhef nie, maar sal ons ook by andere 'n begeerte aanwakker orn die taal baas te raak.
Hoe bespot en belaster die Regte Afrikaner van 1875 ook al was, een feit staan vandag onaantasbaar: daardie miskende minderheid van 'n honderd jaar gelede was die Afrikanerdom. Wat hy destyds verteenwoordig het in geloof, wat hy reggekry het deur sy prestasies, wat hy uitgedra het deur sy idealisme, dit was die Afrikanerdom. Die mense wat hom bespot het, wat hom skeldname toegevoeg het, hulle was die randeiers van die Afrikanerdom.
In die geskiedenis van die Afrikanervolk was dit telkens die klein minderheid wat die groot geskiedkundige dade bewerkstellig het. Die helde van 'n volk, net soos hierdie taalhelde, kom altyd uit stryd. 'n Volk se helde kom nooit uit die geledere van die vredemakers, uit die paaiers, uit die swigters, uit die mooipraters, uit die soebatters, uit die verskoningmakers nie. 'n Volk se helde kom altyd uit die kring van daardie mense wat bereid is om te veg vir wat hulle glo reg is.
Die klein groepie GRA-manne het aan ons getoon hoe dit in die vermoë van 'n klein minderheid is om die moontlikheid werklikheid te maak, vanuit 'n diepe en vaste geloof na die bereiking van 'n ideaal waarvandaan geen mag op aarde hom kan beweeg nie.
Om te leef en te oorleef, om voort te bestaan, is dit noodsaaklik dat die basis van die bestaan van 'n volk telkens weer bevestig word — sy waardes, sy beginsels, sy lewensbelange, sy tradisies — moet telkens oor en oor bevestig word in 'n volk se wil om voort te bestaan. Dit moet tot uiting kom in daardie volk se hartstog vir die lewe wat aan hom gegee is, deur die stryd wat hy telkens bereid is om weer aan te knoop om sy horisonne oop te hou, om sy toekoms te skep en nie vir hom te laat skep deur ander magte nie.
As ons vandag na die situasie om ons kyk, dan besef jy met jou hele instink dat die een belangrike eis wat die geskiedenis aan jou en jou volk stel, is dat jy bereid moet wees om jouself te betuig. Die Afrikaner sal weer bereid moet wees om homself te betuig as baas van hierdie land; hy sal hom moet betuig as die verteenwoordiger van die nuwe nasie wat hier deur die groot magte van die geskiedenis tot stand gekom het.
Die Afrikaner sal hom weer moet betuig as die draer van die Afrikaanse taal, die mooiste taal wat daar in die wêreld is. In Suid-Afrika sal hy, terwyl hy van Afrika is, met trots die Blanke Westerse beskawing verteenwoordig.
Laat die Afrikaner vandag weer wys dat hy die moed het om die stryd aan te knoop, laat hy weer toon dat hy die wil het om te oorwin, soos wat die klein minderheid van die GRA in 1875 gedoen het, en hierdie volk sal in die jare wat kom, in hierdie eeu nog, 'n blinkende baken oor die hele wêreld word.