Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Here het dit so beskik dat ons sy Woord het, daardie Handboek waarin nie net alles opgeteken is wat ons nodig het vir ons saligheid nie, maar ook elke enkele reël wat ons nodig het om hier op aarde 'n 'suksesvolle' lewe te lei – of ons nou 'n sake-onderneming wil begin, of ons kinders reg wil opvoed, of enige ander saak, ALLE VOORSKRIFTE is in sy Woord beskikbaar.
SIENER GEE PERSPEKTIEF
Met hierdie artikel word gepoog om meer perspektief te gee op die chronologiese volgorde van die gebeure wat deur Siener van Rensburg in sy visioene gesien is ten opsigte van Suid-Afrika se huidige politieke probleme. Dit word op grond van sy visioene asook gebeure sedert die tagtigerjare geskoei.
TYD VAN VERSKRIKKING – STRYD TEEN SWART OORMAG
Die Parlement sit as ons moeilikheid hier begin, en daar is droogte in ons land, 'n verskriklike droogte. Ek sien 'n droogte en mielie-misoeste kom soos wat die land nog nie geken het nie.
Die geelperskereën (Februarie-Maart) val en daar is 'n groot dam wat vol water is. Dit reën en al die uitlope is oop en die dam loop leeg. Op die wal is 'n geelperskeboom en die perskes lê onder die boom op die grond.
BROKKIES GESKIEDENIS (20)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
DIE SIMBOLIESE OSSEWATREK VAN 1938
Die politieke verdeeldheid onder Afrikaners het sy dieptepunt in Mei 1938 bereik in die weke voor die verkiesing van 18 Mei. Daar was lelike bakleiery.
Wat 'n ommekeer gebring het, was 'n nuwe volksgevoel weens die herdenking van die Groot Trek. As deel van die Voortrekkereeufees het die ATKV besluit op 'n simboliese ossewatrek na Kaapstad en ander plekke na Pretoria. Die meeste ATKV-bestuurslede was sonder geesdrif en die ondervoorsitter, oom Tienie van Schoor, was die enigste wat bereid was om die trek te lei. Van Schoor, 'n elektro-tegniese ingenieur, wat 'n revolusionêre treinbeheerstelsel ontwerp het, moes vir die trek onbetaalde verlof neem. Onverwags is aangekondig dat HJ Klopper hoofleier is maar Van Schoor het darem leier van die hooftrek gebly. Op 8 Augustus 1938 het die eerste kakebeenwa onder groot opgewondenheid uit Kaapstad vertrek.
DAAR IS OORLOG IN DIE LUG
>
>>>
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie. Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê. Vriendskap gaan goud werd wees... Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug. Daar is twee groepe: enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie..."
Aan die einde van die tyd sal nog ’n vorm van oorlogvoering uitbreek: die lelikste burgeroorlog, wanneer volksgenote die wapen teen mekaar opneem!
“En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak” (Mark.13:12).
Die Suid-Afrikaanse geskiedenis ken burgeroorlog (1914 Rebellie). Wat ’n burgeroorlog bemoeilik is die feit dat die vyand nie maklik uitgeken word nie. Dis volksgenote; mense wat stelling in die linie van die volksvyand inneem.
DIE ONSTERFLIKHEID VAN DIE SIEL
Prof Willem Jordaan
Die dood bly vir meeste van ons die vreeslikste verskrikking wat voorlê.
Die Bybel leer ons dat die dood die gevolg van die sonde is, en sonde is die wegbreek van God af. In Romeine 6:23 sê Paulus dat die dood die loon is van die sonde. In Genesis 3:15 beloof God 'n vyandskap tussen die mens en die sonde en dat die sonde uiteindelik die onderspit sal delf. Dit is die troos wat die mens het in lewe en in sterwe.
Die gelowige behoort met liggaam en met siel aan die Here. In Johannes 6:47 word die mens die ewige lewe beloof as hy in Hom glo, dit wil sê onsterflikheid. Die mens se liggaam is van materie (stof-klei) gemaak maar God het in die mens se neusgate lewe ingeblaas (Genesis 2:7). Met die diere het God dit nie gedoen nie. Die siel van die mens is dus deur God aan die mens gegee. Die mens se liggaam keer terug tot die aarde (stof tot stof), maar die mens se siel keer nie terug na die aarde nie. Hoe weet ons dit?
“...en die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Prediker 12:7).
BOEREMAG EIS HUL VRYLATING IN HOF
BOERVIN
MEDIAVERKLARING 23 Maart 2019
Onregmatige aanhouding duur voort na 17 jaar
Suid-Afrika – 26 Maart 2019 gaan ’n waterskeidingsaak wees waarin vasgestel gaan word of daar nog enigsins plek vir die grondwet en internasionale verdrae in die Republiek van Suid-Afrika se howe bestaan. Dit gaan aandui of vergelding en onderdrukking van die Boerevolk so ’n prioriteit in Suid-Afrika geword het dat alle regspleging oorboord gegooi word.
Prof. Hercules Booysen, ’n internasionaal erkende akademikus en juris, beoog om op 26 Maart ’n aansoek namens mev. Riëtte Pretorius in Pretoria se Hooggeregshof te bring. Sy vra die hof om haar grondwetlike en internasionaal-erkende regte te beskerm, naamlik die reg op assosiasie en beskerming van haar familie en gesin. Haar versoek is dat haar familielede tydelik vrygelaat moet word. Dit sluit in haar man, dr. Wilhelm Pretorius, haar skoonpa, dr. Lets Pretorius en haar swaer, dr. Johan Pretorius.
AMERIKANERS BESKOU REGERING AS HULLE GROOTSTE PROBLEEM
Dr JJ Snyman
In ‘n opname wat onlangs deur GALLUP gemaak is onder Amerikaners om aan te dui wat die grootste probleem in Amerika is het die oorgrote meerderheid aangedui dat dit die Amerikaanse regering is!
Die top 10 probleme is:
- Die regering
- Immigrasie
- Gesondheidsdienste
- Rasseverhoudinge
- Armoede en hongersnood
- Omgewing/besoedeling
- Die verdwyning van gesinne
- Amerikaanse skuld
- Ekonomie
- Werkloosheid
WIE HET DIE OORLOG IN VIËTNAM GEWEN?
Prof Willem Jordaan
Hiermee wil ons eers graag dr Willem Jordaan van harte geluk wens met die toekenning van 'n besoekende professoraatskap in die VSA in die politieke wetenskap. Gelofteland is baie bevoorreg om hierdie politieke ontleder as skrywer bloot te stel. Dankie professor, vir al u insiggewende artikels wat u aan die lesers van Gelofteland beskikbaar stel!
Op 30 April 1975 is die oorlog in Viëtnam beëindig met die verowering van Saigon deur Kommunistiese magte en die oorgawe van generaal Duong Vanh Minh en sy kabinet. Die laaste Amerikaanse soldate moes baie vinnig die land uitvlug.
So, tensy mens ‘n Rambo-aanhanger is, is daar op die oog af nie twyfel dat die Kommuniste die oorlog gewen het en die VSA die onderspit gedelf het nie.
Maar wat het toe gebeur?
Viëtnam het nooit vergoeding ontvang vir die massiewe skade wat deur die VSA aangerig was nie. Inteendeel. In 1993 is die nuwe Viëtnam-regering gedwing om te teken dat dit daardie skade self sou moes betaal. So is Viëtnam gedwing om Washington te betaal vir die skade wat die VSA en sy marionette-regering aan Viëtnam aangerig het.
DIEN HOM IN GEHOORSAAMHEID
Hannes Ollewagen
Handelinge 17:15-34
“Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.” (:23-25).
Die situasie waarmee Paulus op sy reis deur Athénete doen gekry het, is nie heeltemal vreemd in ons tyd nie. Daar is deesdae soveel godsdienstige bewegings dat dit moeilik is om met almal tred te hou. Die meeste van hierdie bewegings se leringe is ongelukkig nie geskoei op die fondament van God se Woord nie. Terwyl vele van hierdie nuwe bewegings ontstaan het uit ‘n herlewing in mense se harte wat in waarheid en met erns na God soek, is dit ook ongelukkig waar dat wanneer daardie beweging goeie stukrag ontwikkel, dit is asof die leiers daarvan se eie leringe, se eie eer en hul eie trots die Woord van God oorskadu. En dan word daaruit allerhande vreemde leerstellings en dogma gevorm. Die Godsdiens ontaard dan in godsdienstigheid.
GEDAGTE VIR HIERDIE DAG...
...MENSEREGTE-DAG
Is dit nie selfsugtig om op regte soos sogenaamde menseregte, aanspraak te maak gesien in die lig dat gelowiges hulself eerder moet verloën nie? “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Mt.16:24). Die gevolgtrekking hieruit behoef geen betoog: diegene wat hulself dmv menseregte verhef, is nie op die pad van Jesus nie!
MENSEREGTE...
...VAN LIBERALISME TOT TOTALE INEENSTORTING
Jeanette Koekemoer
“Dink u nog dat die uitvoering van ‘menseregte’ ‘n onskuldige, goeie stap was vir die sogenaamde arme, onderdrukte agtergeblewenes in Suid-Afrika? Indien wel, sal u binnekort anders dink wanneer u met u eie oë die ineenstorting van so ‘n regime beleef wat tradisioneel gepaard gaan met barbaarse geweld. Mag die Here sy kinders in hierdie land vergewe, beskerm, ons land reinig en self kom regeer want ons was nie in staat om die verval te keer nie!”
Vandag is dit weer sogenaamd Menseregte-dag. Waaroor gaan hierdie menseregte-obsessie wat so hard deur die regering van die dag gedryf word? Is dit ‘n opregbedoelde poging om mense wat ‘tevore onderdruk’ is of ‘agtergebly’ het, te beskerm en op te hef? Of is dit die onderbou van die totale ineenstorting van ons land wat ons binnekort met ons eie oë gaan sien? Het dit begin met wat regter Broome sou noem “onondersoekte liberalisme wat totaal verwyderd staan van die werklikheid”?
Regter FN Broome, voormalige Regter-president van Natal, sê in sy deurdagte toespraak, “Menseregte”, “Human Rights” voor die Instituut van Stadsklerke in Mei 1964:
KLIMAATS- VERANDERING EN .... GELOOF!
Dr Danie Theron
Die debat rondom klimaatsverandering is besig om belaglike afmetings aan te neem. Dit word soos ‘n wêreldwye epidemie. Ja, selfs erger as die pokke-epidemie!
Die Amerikaanse kongreslid, Alexandria Ocasio-Curtez beweer nou selfs dat die wêreld tot ‘n einde gaan kom binne 12 jaar as daar nie drasties iets aan die saak gedoen word nie!
Ek het alreeds oor hierdie onderwerp geskryf. Daardie aspekte gaan ek nie herhaal nie. Die punt is net: Daar was al baie klimaatsveranderings sedert God die hemel en aarde geskape het. En die mensdom het almal oorleef. Want die natuur het sy eie manier om sake reg te stel. Vra maar vir wetenskaplikes wat nie betaal word vir hulle bevindings nie.
Ja, dit gaan weer eens oor geld. Oor groter regering. Oor beheer. En wat beter as om ‘n wêreldwye paniek en histerie oor die saak op te bou sodat regerings kan ingryp!
MENSEREGTE EN DIE AFRIKANER SE TOEKOMS
Dr Danie Theron
More is dit weer sogenaamd Menseregte-dag. Ek het al dikwels daarna verwys dat die Grondwet van die RSA die Afrikanervolk se grootste vyand is. Vandag wil ek verder oor die saak gesels. En dit is nie ter wille van blote akademiese debatering nie, maar sal myns insiens aantoon dat ons in ‘n benoude situasie vasgevang is.
‘n Grondwet van ‘n staat is die grondslag waarop ‘n staat gebou word. Dit is bepalend vir die gehalte van die hele staatshuishouding. Indien dit Christelik gefundeerd is, gee dit die toon aan vir Christelike waardes wat voorop gestel sal word. Indien dit egter gebaseer is op die liberale menseregte-kernstuk, mag geen godsdiens voorrang geniet nie omdat almal “gelyk” behandel moet word.
Die sogenaamd “neutraliteit” van so ‘n grondwet is dus niks anders nie as anti-Christelik. Het Jesus nie self gesê dat wie nie vir Hom is, teen Hom is nie?
BROKKIES GESKIEDENIS (18)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Tuislande word polities onafhanklik
Die ideaal van dr HF Verwoerd dat die swart tuislande hulle onafhanklikheid sou verkry, het eindelik na sy dood gerealiseer. Transkei het in Oktober 1976 onafhanklik geword. In Desember 1977 het Bophuthatswana gevolg, in September 1979 Venda, in 1981 Ciskei.
Betekenisvol was dat die swart mense se eie tale die eerste keer amptelike erkenning gekry het. Die vier republieke wat tot stand gekom het, later die TBVC-state genoem, het aanvanklik Afrikaans, Engels en hul eie taal as amptelike tale gehad. Hulle het dit later soos volg verander: Transkei: Xhosa, met Suid-Sotho, Engels en Afrikaans as toelaatbare tale (dit wil sê tale wat vir amptelike doeleindes gebruik mag word); Bophuthatswana: Tswana, Engels en Afrikaans; Venda: Venda, met Engels en Afrikaans as toelaatbare tale; Ciskei: Xhosa en Engels.
BROKKIES GESKIEDENIS (17)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
OP WEG NA APARTHEID
”Apartheid beskerm en beveilig elke ras se karakter en toekoms binne sy eie gebied en gun aan elkeen ‘n eie tuiste en volle geleentheid om te ontwikkel; apartheid verseker aan almal die reg van selfhandhawing en selfbeskikking".
Voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die vernaamste Geallieerde nasies besluit om ‘n wêreldorganisasie te stig wat internasionale geskille uit die weg moes ruim en die vrede te bewaar: die Verenigde Nasies. Genl. Smuts het 'n deurslaggewende rol gespeel in die formulering van die aanhef van die VN se Universele Verklaring van Menseregte.
Dit was ietwat ironies dat sy land in die eerste VN-sitting in 1946 kwaai gekritiseer is.
ONDERSKEID EN HIËRARGIE
>
>
Dr Danie Theron
As alle dinge outomaties tot stand gekom het, in plaas van deur beplanning en denke, dan sou alles eenvorming en sonder onderskeid gewees het.
Ons beleef vandag dat onderskeid uitgeskakel moet word. Dat almal kwansuis “gelyk” is. Die massamens kan nie ongelykheid verdra nie.
Indien jy ‘n samelewing wil verstaan, dan sal jy sien dat daar ‘n sekere struktuur is. En omdat daar ‘n struktuur is, is daar ‘n sekere hiërargie. Wie hierteen skop, doen dit vergeefs. Die wêreld is een van ongelykheid.
Selfs in die redelose dierewêreld is daar ‘n hiërargie ten spyte van wat op die oog af na gelykheid lyk. Alhoewel deur instinkte, eerder as deur rede gedryf, vind mens tog ‘n hiërargie daar. Hoeveel te meer nie in die mensewêreld wat immers deur rasionale denke beheer word nie.
BROKKIES GESKIEDENIS (16)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
OSSEWABRANDWAG en Stormjaers
Die blote feit dat die Britse koning genl. Jan Smuts in September 1941 tot veldmaarskalk benoem het, spreek boekdele. In die Engelssprekende wêreld was sy aansien groot want hy het teen sy eie mense gedraai in sy poging om Brittanje gewillig te wees. Smuts het selfs sover gegaan om die dood van boereleiers wat teen sy Britse onderdanigheid gerebbelleer het, te reël. Hy het 'n magtige man geword.
Die Parlement het in 1940 die Wet op Oorlogsmaatreëls aangeneem. Dit het die regering die mag verleen om heelparty belangrike dinge te doen sonder verlof van die parlement. Pryse van goedere en produkte is vasgestel, huurgelde vasgepen en oor die algemeen gesorg dat die lewe nie te veel ontwrig word nie.
MENSEREGTE OF DIE WET VAN GOD?
Ds Andrè vd Berg
“Hoe lief het ek U wet; dit is my bepeinsing die hele dag” (Ps.119:97).
Ons hoor elke Sondag die Tien Gebooie, al is dit net ʼn samevatting daarvan. Watter nut het dit vandag? Dis ʼn riglyn uit die hemel wat mense leer hoe om reg te leef. God het die Tien Gebooie ongeveer 1500vC aan Moses gegee sodat gelowiges in die 10 heilige akkers daarvan vir die fyn goud van God se wil kan delf. Die 10 gebooie is 10 verpakkings van God se liefde vir ʼn goeie lewe: “HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie” (Ps.25:4).
In die OT het priesters die Wet bestudeer en hul kommentaar daarop aangeteken wat die Tora genoem is. Mense is aan die hand hiervan van raad bedien.
DIE REVOLUSIE IN SUID-AFRIKA SNEL VOORT...
... MAAR WAT VAN DIE GRONDWET?
Dr Willem Jordaan
Sedert 1994 speel 'n revolusie in Suid-Afrika af. Onder ons neuse. Ja, terwyl ons braaivleis hou, rugby kyk en die sonneskyn geniet. Laat mens dink aan daai ou Chevrolet advertensie hier om en by 1976, of hoe?
Maar hoe lank gaan ons nog daai sonneskyn geniet?
Ons is belowe dat die grondwet ons regte sal beskerm. Veral ons grondregte. Nou sien ons dat die ANC-regering reeds goeie vordering gemaak het om ook daardie regte van ons te ontneem. Die politieke stryd tussen die EFF en die ANC het dit net gouer op die agenda geplaas. Die liberalis mag verbaas wees, maar baie van ons het geweet dit sal gebeur, dit was net 'n kwessie van tyd.
Selfs Ramaphosa, die liefling van die geldmagte, kon die druk vanuit sy eie party nie weerstaan nie.
DIE SOEWEREINE MILITÊRE ORDE VAN MALTA
>
>>
Dr JJ Snyman
'n Soewereine staat word tradisioneel beskou as 'n onafhanklike juridiese entiteit verteenwoordig deur 'n sentrale regering wat gesag uitoefen oor 'n geografiese area met 'n permanente bevolking en wat die vermoë het om buitelandse betrekkinge aan te knoop. Daarby dat dit dit deur minstens een ander staat erken word.
Tans het 193 state sittingsreg in die Verenigde Nasies.
Dan is daar entiteite wat as soewereine subjekte van die internasionale reg beskou word en wat waarnemerstatus in die VVO geniet.
Een so 'n "staat" is die Soereine Militêre Orde van Malta of soos hy amptelik bekend staan The Sovereign Military Order of Saint John of Jerusalem of Rhodes and of Malta.
SAL BRITTANJE DIÉ HOF SE UITSPRAAK EERBIEDIG?
Dr Danie Theron
Op 25 Februarie 2019 het die Internasionale Geregshof in Den Haag 'n rigtinggewende uitspraak gelewer in die saak wat Mauritius teen Brittanje gemaak het insake die Chagos eilandgroep.
In hierdie Adviserende Opinie met 'n meerderheid van 13 teen 1, het die hof beslis dat die Chagos eilande nie wettiglik geskei is van Mauritius in 1965 nie. Bykans 55 jaar gelede is die inwoners van hierdie eiland afgedwing sonder hulle instemming. Die VSA het daarna een van sy heel grootste militêre basisse, Diego Garcia, daar opgerig.
Die president van die hof, Abdulgawi Ahmed Yusuf, het gestel dat die skeiding van die eilande van Mauritius nie geskied het op grond van die: