Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons leef in 'n tyd van spoed en haas, en voel skuldig wanneer ons met elke dag se dinge so besig is dat ons nie genoeg tyd aan sake van die HERE spandeer nie; inderwaarheid behoort elke saak wat jy met spoed aanpak 'n saak van die HERE te wees – sorg dat dit is!
SOSIALISME SAL SUID-AFRIKA VERNIETIG
Prof Willem Jordaan
As gekyk word na die gebeure in Suid-Afrika die afgelope 25 jaar, is dit duidelik dat die idees vervat in die Freedom Charter stelselmatig infaseer is. Wat is daardie idees of beginsels. Dit is sosialisme of dan meer spesifiek Afrika-sosialisme.
Wat is die kenmerke van sosialisme? Dit is wanneer die staat eienaarskap hou van dit wat produksie moet daarstel. Sosialisme in Afrika gaan egter 'n stap verder en is eintlik sinoniem met Kommunisme deurdat die staat later eienaarskap van alles het en die individu net die gebruiksreg daarvan het. Ja, selfs van jou woonhuis, jou motor en jou geld. Dit stel totale beheer daar.
In Suid-Afrika probeer die ANC verbete vasklou aan staatsbates soos Eskom, die SABC en Denel. Word dit verloor, verloor hulle beheer, want beheer is dit waaroor dit gaan by sosialisme. Daarom, eerder as wat dit geprivatiseer word, sal hulle verbete daaraan vasklou en dit in die grond in bestuur net om beheer te hou.
Tans sien ons die tipiese Afrika-patroon afspeel in Suid-Afrika waar ook privaat eiendom onteien gaan word, sowel as die nasionalisering van die Reserwebank. Dit gaan nie daaroor dat swart indiwidue eienaarskap daarvan moet kry nie, maar die staat. Swart indiwidue kry net die gebruiksreg van plase. En dit is presies wat in die res van Afrika gebeur. In Mosambiek byvoorbeeld kry boere 'n "duat" van 'n stuk grond wat beteken dat hulle gebruiksreg daarvan kry vir 'n tydperk van 49 jaar met as voorwaarde dat produksie daarop vereis word. Boonop moet baie van die boere by Mosambiek se weergawe van die Landbank gaan geld leen en word die plaas dan as sekuriteit terug aan die staatsbank vir die lening gegee!
As die staat in Suid-Afrika die Reserwebak ook gaan beheer, dit wil sê die bron van geld, dan het hy ook beheer van die boer en die plaas. En dit is waarheen ons op pad is.
Sosialistiese state verander gou in welsynstate. Veral in Afrika. Daardie welsynstate word natuurlik befonds deur belastingbetalers. In Suid-Afrika befonds Blanke belastingbetalers die sowat R17 miljoen wat maandeliks net aan welsynstoelae uitgedeel word. Daardie melkkoei, die Blanke, word drooggemelk in die proses. Waar hierdie staat geld gaan kry vir die beloftes van gratis medies, gratis, opvoeding, gratis behuising en seker later gratis voedsel, sal net hulle weet. Feit is, hierdie vorm van sosialisme is gedoem tot mislukking. om dan nog boonop ‘n minimum inkomste aan elkeen te belowe is raserny!
Wat mense nie besef nie, is dat die massas nie regtig omgee wie die fabrieke en myne besit nie, solank hulle net alles gratis kry. Daarom sal sosialistiese partye soos die ANC en die EFF altyd die botoon voer in Afrika omdat hulle beloftes aan daardie massas goed op die ore val. Dit is daardie beter lewe sonder om te werk daarvoor. In teenstelling daarmee glo die Westerling meestal in die beginsel van om in die sweet van jou aangesig jou brood te verdien.
Sosialisme belowe ’n ”job” sonder die “work” daaraan verbonde. En dis waarom die DA nooit aan bewind sal kom nie.
Dat sosialistiese state later eenvoudig soos Zimbabwe móét lyk, word eenvoudig misgekyk. Dit is dan ook juis die probleem met hierdie ingesteldheid dat more vir homself sal sorg en alles wat daar is sommer vandag nog verorber moet word. Die verbruikerskultuur teenoor die bewaringskultuur.
Sosialisme is niks anders nie as gedwonge beheer van mense se lewe. Sosialisme kan alleen slaag waar almal eendragtig is en op dieselfde doelwitte afgestem is. Waar almal dieselfde lewensuitkyk het. In Duitsland was daardie sosialisme bekend as Nasionaal-Sosialisme en in Israel word dit Sionisme genoem.
In Suid-Afrika egter sal sosialisme misluk omdat Blank en Nie-Blank se lewensuitkyk verskil. Daar is geen gemeenskaplike ideaal en dryfveer nie. Daar is geen gemene deler nie. Daar is geen gesamentlike visie nie. Sommige het ’n blameringskultuur, terwyl ander die goeie uit die verlede neem en die toekoms daarop bou.
In ’n sosialistiese staat is beheer oor die indiwidu baie makliker as in ’n tradisioneel kapitalistiese staat juis omdat die staat beheer oor die indiwidu het. Die indiwidu raak vir sy ganse bestaan afhanklik van die staat en staan bakhand van maand tot maand. In kapitalistiese state beteken die vryheid om te werk die verantwoordelikheid om elke maand self vir jou inkomste te sorg vir jou kos op jou tafel, jou huis, jou opvoeding, jou mediese sorg. Vryheid oor jou eie lewe het groot verantwoordelikhede.
Sosialistiese state stel nie soseer in gelyke geleenthede belang nie, maar eerder in gelyke uitkomste. Gelyke geleenthede beteken ongelyke uitkomste, iets wat sosialisme en veral Kommunisme verag. Die slagspreuk is immers ”to everyone according to its needs”. Kapitalisme glo weer dat elkeen sal verdien ooreenkomstig sy eie insette.
Meeste sosialistiese state neem die vorm aan van ’n diktatuur. Elke kommunistiese leier was dan ook ’n diktator.
Waar die aansporing om te werk ontbreek juis omdat meer werk vir die indiwidu niks ekstra in die sak gaan bring nie word lyf weggesteek en gekyk hoe min gedoen kan word. Om niks te doen nie, word later trouens nog meer aantreklik. En ons almal weet werkloosheid kweek armoede en misdaad.
Suid-Afrika is net in naam nog ’n kapitalistiese staat. Die staat het reeds soveel beheer oor ons lewens gekry dat daar van vryheid min sprake is. Jy mag nie aanstel wie jy wil nie, jy moet vir alles en nog wat belasting betaal, jy mag nie sê wat jy wil nie. Dis die pad na sosialisme en uiteindelik Kommunisme.
Sosialisme bevat inherente teenstrydighede en oneerlikhede. Sosialistiese state word gekenmerk deur 'n nomenkaltura (burokrasie) wat vir homself alles opeis en krummels uitdeel aan die massas. Dit sluit ook gou noue verbintenisse met die superrykes om hulpbronne te ontgin waarvan die omkoopgeld onder hulleself verdeel word terwyl die superkapitaliste wegstap met die groot prys.
Almal gaan so tekere oor staatskaping. Dit is maar net Afrika en meer bepaald Afrika-sosilaisme in sy volle glorie. Koop die staat om en kry die kontrak. Jy sorg vir my en ek vir jou en na die hel met die res! Waarom almal so verbaas is oor dit alles, kan net begryp word indien aanvaar word dat Westerlinge nie wil insien dat Afrika nooit anders sal werk nie.
Ek is bevrees dat die Blankes in hierdie land, weens ’n gebrek aan kennis en ’n naïewiteit wat dwaasheid grens, besig is om alle beheer oor hulle toekoms te verloor. Sosialisme soos hier toegepas gaan hulle ontman - en sonder enigiets laat. Nogal ’n moeilike posisie om in te verkeer as jy wil terugveg....