Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is soveel gapende afgronde elke dag op ons pad van heiligmaking – wat ons nie eers raaksien nie! Ons blindheid veroorsaak dat ons luidkeels teen die Vaderhand wat ons daar wegruk, protesteer.
SOSIALISME SAL SUID-AFRIKA VERNIETIG
Prof Willem Jordaan
As gekyk word na die gebeure in Suid-Afrika die afgelope 25 jaar, is dit duidelik dat die idees vervat in die Freedom Charter stelselmatig infaseer is. Wat is daardie idees of beginsels. Dit is sosialisme of dan meer spesifiek Afrika-sosialisme.
Wat is die kenmerke van sosialisme? Dit is wanneer die staat eienaarskap hou van dit wat produksie moet daarstel. Sosialisme in Afrika gaan egter 'n stap verder en is eintlik sinoniem met Kommunisme deurdat die staat later eienaarskap van alles het en die individu net die gebruiksreg daarvan het. Ja, selfs van jou woonhuis, jou motor en jou geld. Dit stel totale beheer daar.
GROOTSTE SKEEPSTRAGEDIES OOIT...
... maar wie onthou dit?
Dr Pieter Swart
Meeste mense, wanneer hulle aan skeepstragedies dink, se gedagtes gaan onwillekeurig na die sink van die Titanic in 1912 toe 1 503 persone gesterf het. Die meesleurende rolprent wat enkele jare gelede gemaak is, het boonop gesorg dat hierdie drama nie maklik vergeet sal word nie.
Ander sal dalk ook onthou van die Lusitania wat op 7 Mei 1915 gesink het toe dit deur ‘n torpedo vanaf ‘n Duitse duikboot af gesink is met verlies van 1 198 lewens. Dan was daar natuurlik die Amerikaanse skip die Sultana wat op 27 April 1856 skielik ontplof het terwyl dit onderweg was op die Mississippiriviernaby Memphis, Thenessee, met verlies van bykans 2 200 lewens.
TERUG NA JESUS
Ds Andrè vd Berg
“....en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het... En hy het in trane uitgebars” (Mark.14:72)
Daar was eenmaal ʼn wilde eend wat elke jaar wanneer die lente aangebreek het saam met ander wilde eende noordwaarts oor Europa gevlieg en in die herfs weer teruggevlieg het. Een jaar het hy baie uitgeput vir ʼn wyle op ʼn Deense plaas tussen mak eende gaan sit. Hy was baie honger en het besluit om vir ʼn dag daar te vertoef voordat hy verder sou vlieg. Die dag het ʼn week en die week het ʼn maand geword. So het hy die hele somer daar vertoef.
Toe dit herfs word en die swerms wilde eende op hul tog suidwaarts oor die plaas vlieg, het hy opgewonde sy vlerke geklap om by hulle aan te sluit.
OPROEP OM GELOFTEDAG TE VIER
DIE GELOFTE VAN JAN VAN RIEBEECK
6 APRIL 1654
As gevolg van ons as Volk se versuim om ons geloftes te betaal word die werke van ons hande verwoes. Die afgelope jare van sogenaamde demokrasie het tot gevolg dat ons fisies en geestelik aangeval en gedood word. Derduisende Blankes is al gruwelik vermoor; ons handewerk verkrummel voor ons oë - ons paaie verval tot sinkgate; ons riviere is omskep in rioolslote; ondergrondse water word vergiftig deur onbeheerde mynbou-aktiwiteite; ons word kinderloos as gevolg van volksvreemde onderwys; ons kerke keer die een na die ander die rug op Skrifgefundeerde apartheid ten gunste van veelgodery; ons dorpe en stede is oorgeneem deur onbevoegde amptenare wat dit in bankrotskappe gedompel het, bedrog word tot op die hoogste vlak van regeringsinstansies aangetref en oopgevlek en selfs oor die hoof gesien.
KLIMAATS- VERANDERING EN ... GELOOF!
Dr Danie Theron
Die debat rondom klimaatsverandering is besig om belaglike afmetings aan te neem. Dit word soos ‘n wêreldwye epidemie. Ja, selfs erger as die pokke-epidemie!
Die Amerikaanse kongreslid, Alexandria Ocasio-Curtez beweer nou selfs dat die wêreld tot ‘n einde gaan kom binne 12 jaar as daar nie drasties iets aan die saak gedoen word nie!
Ek het alreeds oor hierdie onderwerp geskryf. Daardie aspekte gaan ek nie herhaal nie. Die punt is net: Daar was al baie klimaatsveranderings sedert God die hemel en aarde geskape het. En die mensdom het almal oorleef. Want die natuur het sy eie manier om sake reg te stel. Vra maar vir wetenskaplikes wat nie betaal word vir hulle bevindings nie.
40 JAAR NÁ DIE ISLAMITIESE REVOLUSIE IN IRAN
Dr JJ Snyman
Die Iranese Revolusie in 1979 was aardskuddende gebeure. Nie net vir die Moslem-wêreld nie, maar ook vir die Weste en veral die VSA. Die monarg van Iran, ‘n brutale diktator wat deur die VSA aan bewind gehou is, Mohammad Reza Shah Pahlavi, is vervang deur die Islamitiese republiek van die Grand AyatollahRuhollah Khomeini.
Waarom was dit so verrykend? Dit het in die eerste plek gewys dat godsdiens en veral die Moslem godsdiens ‘n faktor is waarmee rekening gehou sal moet word. Daarmee saam is die houvas wat die Weste op die res van die wêreld gehad het verbreek.
OPPAS VIR DIE MISLEIDING
Hannes Ollewagen
2 Thessalonicense 2:1-17
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.” (:3&4).
Daar is in ons dae geen tekort aan godsdienstige bewegings nie. Dit is net jammer dat die minderheid van hierdie bewegings hul met die waarheid besig hou. Die samelewing van ons tyd is baie verward en talle mense sal op die vorige stelling dieselfde vraag as Pilatus wou stel –“Wat is waarheid?”.
SEPTEMBER 1917
>
> >
Prof Willem Jordaan
Sowat 102 jaar gelede, in dieselfde week, het twee gebeurtenisse plaasgevind wat baie mense gedink het niks met mekaar te doene gehad het nie. In daardie week het die Sionisme en Kommunisme getriomfeer.
In Rusland in September 1917 het die mag in die hande van Lenin en sy mede Joodse samesweerders beland. In dieselfde week het die Britse eerste minister Lloyd George en president Woodrow Wilson van die VSA toegegee aan Joodse druk en is die Balfour Verklaring uitgereik aan Lord Rothschild waarin ‘n Joodse staat aan die Jode in Palestina (vandag bekend as Israel) belowe is.
1899 - 2019... (SLOT)
>
>>>
... 120 jaar van onreg teen ‘n volk
Dr Danie Theron
In die vorige artikel is gewys op die feit dat Brittanje kwalik kon voordeel trek uit die Anglo Boereoorlog.
Vir Brittanje was hulle eie bestaan nie op die spel in die oorlog van 1899-1902 nie. So, baie duidelik is Britse soldate geoffer vir iemand anders se belange - en die geskiedenis het bewys wie se belange dit was. Dit was die geldmagte wat die werklike vyand was; iets wat vandag nog nie besef word nie; selfs nie deur nasionalistiese Afrikaners nie.Vandag is dit steeds daardie geldmagte wat die werklike vyand is.
In hierdie verband is die boek van dr Gideon Shimoni van uiterste belang, ‘n boek wat ek seker is, baie min Afrikaners onder oë gehad het. Die boek se titel is Jews and Zionism: The South African Experience 1910-1967.Wat skryf hy oor die Jode se rol in die stryd in Suid-Afrika?
ONS VOLK HET HULP NODIG (2)
Dr H.F. Verwoerd as Welsynsbeplanner
Lees reeks by Dr Verwoerd as Welsynsbeplanner
HOOF VAN DIE NUWE DEPARTEMENT
Na ’n skitterende akademiese loopbaan word dr. Hendrik Verwoerd in 1926 aan sy alma mater, die Universiteit van Stellenbosch, as lektor in die Departement van Sielkunde aangestel. In 1928, na ’n tydperk van studie in Europa en die Verenigde State, is hy op 26-jarige leeftyd tot professor in Toegepaste Sielkunde en Psigotegniek bevorder en in 1932 is hy gevra om die nuwe professoraat in Sosiologie en Maatskaplike Werk aan die Universiteit te aanvaar. Hierdie betrekkings het hy bly beklee totdat hy in Desember 1936 die Universiteit verlaat het om die eerste hoofredakteur van Die Transvaler te word.
Die nuwe departement het onder hom sterk ontwikkel.
1899 - 2019... (1)
... 120 jaar van onreg teen ‘n volk
Dr Danie Theron
Die Afrikaner kyk vanjaar terug op ‘n tydperk van 120 jaar wat in baie opsigte veelbewoë was. Meer as ‘n eeu se onreg is beleef en oorlewing is vandag, soos 120 jaar tevore steeds die vernaamste agendapunt.
Suid-Afrika was as’t ware die kleinteater van die internasionale politiek, synde baie van dit wat elders afgespeel het, hier sy aanvang gehad het. Oorlog onder valse voorwendsels, leuenpropaganda, barbaarse metodes van oorlogvoering, die al-groter-wordende rol van die internasionale geldmagte, die ondergrawing van die moreel en lafhartige dade van revolusionêre magte op – dit het alles hier plaasgevind en selfs begin, net om later soos ‘n kanker na die res van die wêreld te versprei.
ONS VOLK HET HULP NODIG (1)
Suid-Afrika is vandag in 2019 weer gedompel in‘n ekonomiese krisis. Ons volksgenote staan die hoeke van strate vol en bedel vir aalmoesies om van te leef. Die omvang van armoede is selfs groter as voorheen toe ons Afrikanervolk ná oorloë en lang droogtes in ellendige armoede verkeer het en daar spesiale welsyn- en opheffingswerk nodig was om te herstel. Min mense weet van die groot werk wat dr H. F. Verwoerd in die dertiger jare as welsynbeplanner gedoen het. Vandag kan ons dalk ‘n ding of twee daaruit leer om onsself uit die huidige penarie te help.
Met die heengaan van dr. H. F. Verwoerd is by talle geleenthede gepraat en geskryf oor sy groot rol as politikus en staatsman. Ná een tydperk van sy lewe, naamlik toe hy as professor aan die hoof gestaan het van die nuwe Departement van Sosiologie en Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Stellenbosch, word soms wel verwys, maar die belangrike baanbrekers- en bouwerk deur hom verrig in die kort tydperk van vyf jaar tussen 1932 en 1936 toe hy dié betrekking beklee het, is nog nooit behoorlik beskryf nie.
BLANKE HET NIKS OM VOOR VERSKONING TE VRA!
>
>>>
Prof Willem Jordaan
“Is the history of the West...not unique in the greatness of what it produced?”Pat Buchanan
As daar een instelling is wat by uitstek die skuld moet kry vir die vernedering wat die Afrikaner moes ondergaan deur verskoning te vra vir die sogenaamde onreg van apartheid, dan is dit die NG kerkleiding. Hoe het hulle nie geteem oor die “lyding” en “vernedering” wat Swartes kwansuis verduur het onder die beleid van apartheid. Die waarheid het net geen plek gehad in hierdie scenario nie. Emosies het kennelik die oorhand gekry.
Vandag sien ons dat daardie verskonings die Afrikaner niks in die sak gebring het nie, behalwe verdere afguns, verwyt en haat. En dit boonop vir iets waarvoor nooit verskoning gevra moes word nie. Waarom sê ek so?
GOD EN AARBEWINGS
Ds Andrè van den Berg
Matt.24:1-44
"Van 1900-1945 was daar 19 groot oorloë in die wêreld. Statistieke toon ook dat natuurlike rampe grootskaals toeneem. Van 1945-1975 was daar 119! Amerikaanse seismoloë bewys ook dat aardbewings sedert 1990 aansienlik toeneem. In 1990 is daar bv. 2,268 aardbewings wêreldwyd aangeteken. In 1999 het die getal tot 3003 gestyg en in 2010 tot 8390. Vanaf 1990 tot 2010 was daar dus ʼn styging van 370% in aardbewings!"
Wanneer kom Jesus weer? In Mt.24:36 sê Jesus self dat geen mens, nie eens die engele in die hemel, die presiese tyd van sy wederkoms weet nie: “Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemel nie, maar net my Vader alleen”. Die dissipels het Hom egter gevra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld” (:3).
DIE GOLAN HOOGLANDE:
>
>>>
Trump kruip voor Israel
Dr Danie Theron
Geen VSA-president het nog ooit so gekruip voor Israel soos Donald Trump nie. Pas het Trump ‘n verklaring namens die VSA geteken dat Israel se aanspraak op die Golan hooglande erken word; ‘n besluit wat lynreg in stryd is met die internasionale regsposisie. Trump het deur middel van die Jood Shaun Adelsohn aan bewind gekom, net soos Adelsohn se geld gesorg het dat Netanyahu eerste minister in Israel geword het.
Trump het verder gegaan as enige vorige Amerikaanse president wat betref sy knegskap van Israel. In 2018 het hy die VSA-ambassade vanaf Tel Aviv na Jerusalem verskuif, terwyl Jerusalem se status omstrede is en dit as ‘n “internasionale” stad beskou word deur die Verenigde Nasies, ook weens die aanspraak van die Palestyne op Oos-Jerusalem.
DIE STAD VAN LONDEN:
‘n Geheim waarvan die wêreld kennis moet neem
Dr J J Snyman
In Londen, die hoofstad van Engeland bestaan daar, wat bekend is as die “City of London”. Dit is ‘n area van net 1,2 vierkante myl (so ongeveer 2 vierkante kilometer). Daar woon 7 325 mense, maar daar werk 414 600 mense waarvan 40% in die finansiële dienste betrokkeis. Daar is 17 000 besighede waarvan 2 700 finansiële dienste lewer en 45% van die besighede word deur oorsese besighede besit.
Hierdie area het sy eie grense en sy eie polisiëring. Dit is vir alle praktiese doeleindes ‘n staat binne ‘n staat, maar met volle beskerming van die Verenigde Koninkryk. Dit het selfs ‘n verteenwoordiger in die Britse Parlement. Meeste van wat daar gebeur geskied in absolute geheimhouding. Dit het basies ‘n “gentleman’s agreement” met die Britse staat dat in ruil vir geld, die besighede daarbinne verhewe bo die reg is.
EER JOU VADER EN JOU MOEDER
Hannes Ollewagen
Deut. 5:1-33
“Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verlang mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee.” (:16).
Ons moet dalk begin deur te vra wat “eer” beteken. Is eerbied vir my ouers eenvoudig “ja Pa, nee Pa” of “ja Ma, nee Ma”? ‘n Mens wat noodgedwonge bevele uitvoer wat aan hom/haar opgedra is, is dalk gehoorsaam. Gehoorsaamheid is egter nie altyd uit liefde nie en dan is eerbied nie ter sprake nie. Ek kan byvoorbeeld noodgedwonge die wette van ‘n land se owerheid nakom om vervolging te vermy. Maar terselfdertyd kan dieselfde owerheid my grief. Hierdie gehoorsaamheid is ‘n gedwonge gehoorsaamheid en nie ‘n bewys van eerbied nie.
BROKKIES GESKIEDENIS
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Op die trekpad oor berge en riviere
Vandag kan ons ons nie maklik indink oor al die ongerief maar ook moed wat die Voortrekkers aan die dag gelê het toe hulle besluit het dat hulle vryheid belangriker is as die onderukking wat hulle in die Kaap ervaar het. Hier volg ‘n paar van hulle ervarings sodat ons ‘n idee kan vorm van die fyner besonderhede daarvan.
Die trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. 'n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar'n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland, Robbert, Duiker, Joeman, Vryman, Liefhebber, Witbol, Fluit, Witsenberg, Tiegerberg, Blouberg, Regter en Roman. Elke os het 'n vaste plek in die span gehad. Links van die wadrywer op die wakis was die hotkant en regs die haarkant. In 'n span van 12 was daar dus 'n hotvoor, haarvoor, hotnaasvoor en haarnaasvoor, hot-op-ses, haar-op-ses, die hot- en die haarnaasagter, en die hotagter en haaragter.
DIE REFERENDUM VAN 1992
Waarom het die ja-stem geseëvier in die 1992-referendum?
Dr Pieter Swart
Die uitslag van die 1992-referendum was vir die meeste nasionaal-gesindes ‘n groot skok. Meningsopnames en tussenverkiesings het aangetoon dat die NP-regering se steun aan die kwyn was en dat hy net meer as 50% van die kiesers se steun geniet het.
Die 68% wat die ja-stem gekry het was dus nie te rym met algemene gevoel nie. Baie mense erken vandag dat hulle mislei was deur die NP.
Word na die redes gekyk kan die volgende gekonstateer word:
- Die propaganda vir die ja-stem was oorweldigend. Naspers en die SAUK het aan die kiesers geen ander keuse gegee nie. Die nee-stem is boonop gelykgestel aan ‘n stem vir die ANC! Ja, en toe word die einste NP opgeneem in die ANC....
- Daar is vir die kiesers blatant gelieg. Vir die kiesers is vertel dat die KP en HNP lieg dat magsdeling tot magsoordrag sou lei. Magsdeling, wigte-en-teenwigte, minderheidsregte, ‘n tweekamer-parlement, eie skole en eie woongebiede is van die beloftes wat gemaak is. Niks daarvan het tereggekom nie.
ASSEBLIEF JA!...
>
>>>
...VERWYDER TOG DIE STEM UIT DAAI AFGODSLIED!
Dr Danie Theron
Ek lees die links-liberales is weer kwaai doenig om Die Stem uit die nasionale lied te wil verwyder. Sal dit nie ‘n heuglike dag wees nie!
Die Stem was by die 82ste Vlaamse Nasionale Zangfeest gesing in die Antwerp Lotto Arena in België. Dit was gedoen uit meegevoel met die plaasboere wat in Suid-Afrika vermoor is.
En natuurlik het al wat ‘n Marxis, Kommunis, linkse en liberale en watse drek nog, dadelik van hulle laat hoor. Voel seker weer erg seergemaak...
Wat maak ‘n pragtige volkslied soos Die Stem in ‘n saamgestelde lied waar vir ‘n afgod gebid word? Dit moet dadelik verwyder word. Laat die breinlose massas hulle afgodslied sing! Ek het hoegenaamd geen probleem daarmee nie. So ja, dit sal verwelkom word.
En wat ons ook moet besef, daardie “versoeningsgebaar”van die “reënboognasie” was toe maar net ‘n suigstokkie vir die Blankes om aan te suig. Van versoening het daar toe dadels van gekom.