Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons sê dikwels ons kan niks aan ons haglike omstandigheid in ons land doen nie. Dit is nie waar nie: geen land se toekoms rus op die skouers van die owerheid nie. Die toekoms van politieke instellings berus op die kapasiteit van die mense om self tussen reg en verkeerd te onderskei; op ons elkeen se kapasiteit om oor onsself te heers volgens die tien gebooie van God – as ons elkeen hierdie verantwoordelikheid nakom sal ons 'n baie ander prentjie in ons land sien as tans.
BROKKIES GESKIEDENIS (15)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
DIE HEROPBOU VAN PLASE EN DORPE
Een van die vredesvoorwaardes van die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 was dat die Britte die duisende krygsgevangenes en die duisende vroue en kinders in die konsentrasiekampe na hul tuistes moes terugbring. Die meerderheid krygsgevangenes het eers geweier om te aanvaar dat vrede met verlies van die onafhanklikheid gesluit is. Op Sint Helena wou hulle nie die eed van trou aan die Britse koning aflê nie. Genls. Botha, De Wet en De la Rey was verplig om op 2 Julie 1902 'n telegram aan hulle te stuur om hulle mee te deel dat die vrede werklik gesluit is met verlies van vryheid. In 1903 is De la Rey na Indië om 'n aantal wat die eed van trou geweier het, te beweeg om na hul vaderland terug te kom.
DIE REGTE WEEGSKAAL
Hannes Ollewagen
Spreuke 11:1-31
“’n VALSE weegskaal is vir die HERE ’n gruwel, maar in ’n volle gewig het Hy behae.” (:1).
“Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon.” (:18).
Die meeste van ons het seker al van die term “bakkersdosyn” gehoor. ʼn "Bakkersdosyn" beteken 'dertien'. Bakkers het een brood by hul dosyn (twaalf) bygevoeg om vervolging ingevolge streng wette oor geknoeiery vry te spring. Hierdie gebruik uit die dertiende eeu klink vir ons vandag na ‘n sprokie. Hoe lekker is dit om te dink dat daar ‘n tyd was dat owerhede met soveel ywer en ook met heerlike gevolg die ongeregtigheid vervolg het.
Maar ons milieu word gekenmerk aan owerhede en hooggeplaastes wat hulself so skuldig maak aan bedrog en knoeiery dat hulle nie die wilskrag het om ongeregtigheid te vervolg nie. U moet ook nie glo dat dit alleen in Suid-Afrika die geval is nie – dit is ‘n wêreldwye tendens. Die tragiek is dat die samelewing gewoonlik die voorbeeld van leiers volg en daarom verbaas dit ons nie dat die groot meerderheid van die huidige samelewing so korrup raak nie.
MIKROSTATE: DIE ANTWOORD VIR DIE TOEKOMS?
Dr JJ Snyman
Ons begrip van 'n staat mag dalk in die afsienbare toekoms drasties anders daarna uitsien. Met die globalisering van die wêreld en die spoed wat vereis word vir besluitneming op hoogste vlak, is die vraag of daar nie 'n radikale verandering moet kom wat die aard en grootte van 'n staat moet wees nie. Is mikro- en kuberstate nie dalk die toekoms nie?
In hierdie artikel word gekyk na mikrostate.
In Europa is daar ses state wat as mini of mikrostate bekend staan. Weens die klein grondgebied wat dit beslaan word hierdie term gebruik. Die ses is Andorra, Liechtenstein, Malta, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad.
BROKKIES GESKIEDENIS (14)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Die Afrikaner bly 'n onuitdelgbare element
JD Kestell verwoord in Met de Boeren-commando's (1903) die wil tot voortbestaan: "God het die Afrikaanse volk in die groot stryd gevorm. Dit is nie uitgedelg: sy taal is nie vernietig nie. Die mag van die vyand het dit wel oorweldig, het dit soos 'n magtige golf oorstroom, maar die Afrikanersin en -gees bestaan nog. Geen swaard kan die wil laat buig, geen geweld kan die gees onderdruk nie. Die Afrikanervolk bly'n onuitdelgbare element in die Britse Ryk."
WAAROM APARTHEID ‘N MISDRYF MOET WEES
Dr Danie Theron
Die huidige regime se mislukkings kan net verskoon word as apartheid as die grootste misdryf beskou word wat ooit in Suid-Afrika gepleeg is.
George Orwell se bekende aanhaling (dat wie die verlede beheer, die toekoms beheer) word graag aangehaal. Selfs deur links-liberales.
Die Blankes van Suid-Afrika beleef sedert 1994 die tirannie van die swart meerderheid. In daardie dampkring is net standpunte aanvaarbaar wat met hulle s'n ooreenstem. Ook oor hulle houding oor die verlede.
DIE NP-OORGAWE VAN 1994 WAS ONWETTIG...
...Maar wat nou gemaak?
Dr Danie Theron
In 1994 het die Nasionale Party-regering van FW de Klerk die mag aan die ANC oorhandig sonder dat hulle 'n mandaat daarvoor gehad het. Die vraag is vandag of enigiets daaromtrent gedoen kan word.
Daar is verskeie baie belangrike redes waarom die saak relevant sal bly. Prof Herman Giliomee het pas 'n boek die lig laat sien getiteld The Rise and Demise of the Afrikaners. Alhoewel die referendum-aspek kortliks bespreek word, word genoeg gesê om belangrike afleidings te maak.
Na die 1994-oorgawe het mnr Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party dit by herhaling benadruk dat die mag aan die ANC "onwettig" oorhandig is. Dr Sydney Gregan, internasionale en staatsreg-kenner, het later hierop uitgebrei.
DIE AFGOD “DEMOKRASIE”
Dr Pieter Swart
Tot vervelens toe moet mens hoor dat Suid-Afrika nou 'n demokrasie is. So asof dit 'n afgod is wat aanbid moet word, 'n towerformule wat alles reggemaak het wat verkeerd was.
En toe, gestroop van al die heuning om die woord, is dit 'n leë dop. Vir die Blanke veral het demokrasie meer ellende as vreugde gebring.
Ivan Ylyin was 'n Russiese filosoof wat vanaf 1883 tot 1954 geleef het. Hy het ook "n groot invloed op Alexander Solzhenitsyn gehad. Ook Vladimir Putin verwys graag na hom.
Hy was van mening dat blote meerderheidsregering (demokrasie) wat onveranderd in elje land toegepas word 'n resep vir mislukking was. Waarom dan so?
AS MANS NIE MEER MOED HET NIE
Dr Willem Jordaan
By die lees van MCE van Schoor se boek oor generaal Christiaan de Wet word mens weer intens bewus van die moed en durf wat die manne van daardie tyd gehad het. Tonne meer as die mans van vandag.
Weliswaar was hulle in 'n oorlog betrokke en gedwing om hulle staal te wys. Maar is ons nie ook in minstens 'n geestelike oorlog betrokke nie? Indien mens wegkruip vir die realiteite sal mens dit uiteraard nie besef nie. Maar dan staaf dit juis die punt.
In die VSA sien ons hoe die mans in die politiek almal 'n lot papbroeke is. Die hele lot. Hulle is met geld omgekoop. En die kussings is dan so sag...
Nou het 'n vrou in die Amerikaanse kongres opgestaan teen Israel. Nie eenmaal nie, maar reeds drie maal.
HET GOD ALLE MENSE LIEF?
Ds AE vd Berg
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word” (Joh.3:16,17).
Na die finale oordeel sal meer mense in die hel as in die hemel wees. Jesus sê in die Bergrede: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:13,14).
Baie mense glo dat ʼn liefdevolle God niemand hel toe sal stuur nie, maar dat almal op die ou einde hemel toe sal gaan. Ironies genoeg laat hierdie leuen juis mense in die hel beland!
PASOP VIR DIE IDES VAN MAART!
Beware the Ides of March (Julius Ceasar)
Dr JJ Snyman
Op 15 Maart 44 vC is Julius Ceasar op die trappe van die Senaat deur Brutus en Cassius vermoor. Sowat 60 samesweerders was betrokke. Hy is deur 'n waarsêer gewaarsku, maar het dit afgelag. Sy moord het 'n burgeroorlog ontketen.
Die woord Maart is vernoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. Dit lei die seisoen van oorlogvoering in.
Die VSA kies met enkele uitsonderings Maart uit as die maand waarin 'n oorlog teen 'n staat begin word. Dit hou waarskynlik verband met hulle leiers se bygeloof en aanhang van die okkulte. Hierdie oorloë word haarfyn beplan. Nou is die vraag: Gaan Venezuela in Maart vanjaar en Iran in Maart volgende jaar aangeval word?
Maart lei in die noordelike halfrond die begin van die lente in. By ons gebeur dit September. En September is juis by ons 'n maand van veel betekenis.
WAAROM ‘N STAATSBANK DIE OPLOSSING IS...
...Maar beslis nie vir 'n swart Suid-Afrika nie
Dr Danie Theron
Die SA regime se president, Cyril Ramaphosa, het op Woensdag 6 Maart 2018 aangekondig dat die Reserwebank genasionaliseer gaan word. Dus, die Reserwebank gaan nie meer as 'n private bank beskou word wat onafhanklik funksioneer nie, maar 'n staatsbank in die hande van die regering. Volgens Ramaphosa sal dit die land se soewereiniteit bevestig.
Na die aankondiging het die Rand verswak. As onafhanklike bank het die Reserwebank tans glo 770 private aandeelhouers wat elk 'n maksimum van 10 000 aandele mag hou. Aandele kan glo vir R9 elk gekoop word en daar is sowat twee miljoen te koop.
Die president van die Reserwebank word deur die regering aangestel en daar is noue samewerking tussen die regering en die Reserwebank soos byvoorbeeld by die vasstelling van die repokoers.
BROKKIES GESKIEDENIS (13)
>
>> >
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Kruger aan Leyds: "Ek het elke dag vir jou GEBID”
Die begin van die einde lê in 'n geskiedenis wat later deur Henriette Grove uitgebeeld is in 'n drama, Toe hulle die Vierkleur op Rooigrond gehys het (1975). DF du Toit het die Vierkleur gehys oor 'n betwiste gebied aan die grens. Die wêreld het dit as anneksasie gesien en die gevolg was groot verontwaardiging. Brittanje het in 1885 ingegryp en die gebied wes van Transvaal en suid van 22 grade Suiderbreedte tot Britse protektoraat geproklameer. Transvaal kon dus nie meer weswaarts uitbrei nie.
WIE EN WAT IS NATO NOU EINTLIK?
>
>
Dr Willem Jordaan
NATO, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (in Afrikaans bekend as NAVO) is die wêreld se grootste militêre mag. Dit is saamgestel uit 29 Noord-Amerikaanse en Europese state en bestaan sedert 1949. Dit stel dus ‘n kollektiewe verdedigingsmag daar en vorm die VSA die kern daarvan. NAVO bestee jaarliks $1 triljoen wat 70% van die wêreld se besteding behels.
Aanvanklik het WARSKOU as teenvoeter vir NAVO gedien tydens die Koue Oorlog. Die USSR het die kern van die WARSKOU verdragslande gevorm. Met die ontbinding van die USSR in 1991 het state van die ou WARSKOU hulle by NAVO aangesluit.
Die VSA dra die grootste las van die NAVO-begroting en beheer ook die aksies van Navo al is NAVO in Europa gestig. NAVO het veral berugtheid verwerf vir die omstrede inval in Joegoeslawië in 1999.
BROKKIES GESKIEDENIS (12)
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
DIE DROOGTE VAN DRIE-EN-DERTIG
Nog dekades ná die 1932-1933-droogte is dikwels verklaar: die ergste sedert 1933; eers die 2015-2016-droogte was erger. Droogte was deel van die lewe in Suid-Afrika. Die "grote droogtevraagstuk", in 1922 so genoem in 'n verslag van 'n kommissie van ondersoek, was dan ook die tema van verskeie artikels, boeke en amptelike verslae.
In een daarvan, Dorre Suid-Afrika (1921) skryf 'n Brandfortse geneesheer, JD Schonken, dat droogte die grootste beletsel in die vooruitgang van Suid-Afrika genoem is. As die land elke jaar sy berekenbare vaste reënval gehad het, sou die ander moeilikhede en strawwe niks gewees het nie, "maar teen die droogtes staan ons magteloos".
ZIMBABWE WIL WEER SY EIE GELDEENHEID HÊ
Dr Pieter Swart
Kennis is geneem dat Zimbabwe nou weer sy eie geld gaan druk. In 2008 het Zimbabwe se ekonomie heeltemal in duie gestort nadat hiperinflasie die Zim-dollar tot by ‘n punt gebring het waar 10 triljoen Zim-dollars gelykstaande was aan een Amerikaanse dollar.
Nou ja, dit is waar dat Zimbabwe seder die Swart oorname in 1980 tot mislukking gedoem was maar wat buite rekening gelaat word is dat vir minstens 20 jaar die Zim-dollar tog ‘n mate van waarde behou het. Wat het dan skielik in 2008 gebeur?
Dit is in die buitelandse valutamark dat ‘n geldeenheid baie wankelrig word as gevolg van manipulering deur spekulante.
SONDER DIE LIEFDE ...
Hannes Ollewagen
1 Kor. 13:1-13
“AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.” (:1-3).
Ons as mense raak so maklik in gewoontes vasgevang. Ons doen dan naderhand dinge bloot uit roetine, uit gewoonte – sonder om te besin waarom ons dit dalk doen. Dink maar gerus hoeveel mense uit gewoonte in die oggend werk toe gaan eerder as met ‘n gesindheid dat hy/sy die voorreg sal hê om ‘n positiewe verskil in ander mense se lewens te gaan maak. ‘n Gesindheid dat ek met ‘n liefdevolle optrede ‘n ander persoon se lewe kan verbeter en/of se las kan ligter maak.‘n Gesindheid dat God my nog eens die kans gun om die gawe van ‘n nuwe dag te omarm en opnuut te poog om sy liefde aan diegene rondom my te bewys.
FW DE KLERK HÉT GRONDWET OORTREE
>
>>
Prof Hermann Giliomee, bekende skrywer en professor in politiek en politieke geskiedenis, vra in sy nuwe boek, The Rise and Demise of the Afrikaners, of mnr FW de Klerk die blanke kiesers van Suid-Afrika se toestemming gehad het om in 1994 die politieke mag aan die ANC te oorhandig.
Prof Giliomee se vraag is betekenisvol. Die vraag aan die blanke kiesers in die referendum op 17 Maart 1992 het gelui: Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?
Die ja-stem het slegs toestemming gegee om met onderhandelings met die ANC voort te gaan.
KLEINDOOP OF GROOTDOOP?
(Daar was die afgelope tyd lesers wat die behoefte uitgespreek het om meer duidelikheid rondom die onderwerp van die kleindoop teenoor die grootdoop te kry. Ds Van den Berg het hier vir ons 'n uiters interessante en Skriftuurlik korrekte uiteensetting in hierdie verband gelewer. Baie dankie aan hom vir die suiwerheid en puik uiteensetting daarvan.)
DIE SKRIFTUURLIKE KORREKTHEID VAN DIE KLEINDOOP
Ds.A.E van den Berg
“Die probleem is dat mense die doop verkeerdelik tot ʼn geloofteken verhef.
Nòg die besnydenis, nòg die doop, was ooit veronderstel om
ʼn geloofteken te wees.
Dis ʼn verbondsteken, niks minder en niks meer nie!”
1. Wat is sakramente?
So anders as die Roomse Kerk (RK) wat sewe sakramente het, het ons Protestantse kerke net twee sakramente nl. die doop en die nagmaal. Wat is sakramente? Die Heidelbergse Kategismus (HK) leer ons dat dit “ … heilige, sigbare, waartekens en seëls deur God ingestel is om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die Evangelie des te beter te laat verstaan…..”
BROKKIES GESKIEDENIS (11)
>
>>>
Lees reeks by Brokkies Geskiedenis
Paul Kruger en Bismarck gesels sondertolke
Ds. SJ du Toit is in 1882 na Transvaal as die nuwe superintendent van onderwys. Die driemanskap - Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius - het hom die pos aangebied. Sy pro-Transvaalse gevoelens was bekend, en sy ywer vir die onderwys ook.
Een van sy biograwe, DA Scholtz, noem die jare 1883 en 1884 die glorierykste in Du Toit se lewe. Hy is oorlaai met eerbewyse en het invloed besit soos nooit tevore en daarna nie. Dit het saamgehang daarmee dat hy saam met Kruger en genl. Nicolaas Smit deel was van 'n Transvaalse afvaardiging wat in 1883 na Londen is om met die Engelse regering oor 'n nuwe verdrag te onderhandel. Die verdrag wat na Majuba gesluit is, het die Transvalers nie tevrede gestel nie. Du Toit was tolk die dag toe Kruger vir sir Hercules Robinson, Britse Hoë Kommissaris, voor die bors gegryp het nadat dié aan lord Derby, minister van kolonies, gesê het dat Kruger lieg.
HOU VAS WAT JY HET
HOU VAS WAT JY HET
Ds AE vd Berg
“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom” (Openb.2:25)
Vyf eeue voor die geboorte van Christus het die Perse die Babiloniërs verslaan en die nuwe wêreldheersers geword. Baie van die Babiloniese priesters het na Pergamus gevlug om hul afgodery daar voort te sit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus dié van Satan geword. Hierdie priesters het ongekende mag oor hul onderdane verkry. Pergamus was ʼn Satans-hool met die stank van afgodsoffers in elke afgodstempel en op straat: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is...”(Openb.2:13).