Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Kyk, my knegte sal jubel omdat hulle hart vrolik is maar julle sal skreeu van pyn... en die HERE sal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met 'n ander naam sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergete is..." Jesaja 65.
BLANKE HET NIKS OM VOOR VERSKONING TE VRA!
Prof Willem Jordaan
“Is the history of the West...not unique in the greatness of what it produced?”Pat Buchanan
As daar een instelling is wat by uitstek die skuld moet kry vir die vernedering wat die Afrikaner moes ondergaan deur verskoning te vra vir die sogenaamde onreg van apartheid, dan is dit die NG kerkleiding. Hoe het hulle nie geteem oor die “lyding” en “vernedering” wat Swartes kwansuis verduur het onder die beleid van apartheid. Die waarheid het net geen plek gehad in hierdie scenario nie. Emosies het kennelik die oorhand gekry.
Vandag sien ons dat daardie verskonings die Afrikaner niks in die sak gebring het nie, behalwe verdere afguns, verwyt en haat. En dit boonop vir iets waarvoor nooit verskoning gevra moes word nie. Waarom sê ek so?
Gestroop van die leuens rondom apartheid en die propaganda wat gemaak is, was apartheid ‘n beleid wat aan elke volk die reg en die geleentheid wou gee om homself binne volksverband volkome uit te leef in sy eie histories-bewoonde gebied. Wat op aarde kan fout daarmee wees?
Waarom hoef Israel nie verskoning te vra vir ‘n beleid wat apartheid in die skadu stel wat betref diskriminsasie, marteling, doodslag en miskenning nie? Waarom bombardeer NATO op Amerikaanse bevel Joegoeslawië en forseer die land om in etniese state op te breek? Dis mos niks anders as apartheid nie!
Maar die Afrikaner word geteiken om verskoning te vra? Dis loutere onsin. Dit was die Blanke wat die beskawing na hierdie land gebring het. Dit was die Blanke wat sorg gedra het dat die swart stamme mekaar nie geheel en al uitroei nie. Dit was die Blanke wat ‘n land opgebou het wat homself onder die top 10 state in die wêreld gevestig het op feitlik elke gebied. Dink aan die infrastruktuur. Dink aan die tegnologie. Die onderwysstelsel. Die boerderye. Die skole en universiteite. Die damme. Die myne en fabrieke. Die dorpe en stede. Moet ons daarvoor verskoning vra?
Feit is die Swartes is deur apartheid verhef tot iets wat hulle nooit uit eie beweging sou kon doen nie. Nooit, maar nooit nie. Enige regdenkende mens besef dit maar te goed.
En anders as in soveel ander state in die wêreld is inheemse stamme nie uitgeroei nie, maar is daar beskerming aan hulle gegee; onderwys, behuising, noem maar op. Moet daarvoor nou verskoning gevra word? Slegs mense wat verstandelik beneweld is, vra daarvoor verskoning.
Moet die Blanke verskoning vra dat hy ‘n hoër intellek het, hard gewerk het, wet en orde gevestig het, Christus verkondig het, kultuur uitgebou en gestreef het na hoë ideale? Net ‘n dwaas kan daarvoor verskoning vra.
Dis gek om te wil glo dat almal gelyk is, dat elke kultuur netso goed soos die volgende een is. Dit stry teen feite, dit skreeu teen logika, teen die wet van die natuur. Die geskiedenis van die wêreld is een van ongelykheid. Moet die Blanke vir hierdie gegewe verskoning vra? Het die Blanke die wêreld geskep?
Almal klim nou op die verskoningswa. So asof dit enigiets aan die feite gaan verander.So asof verskonings iets aan intelligensie en beskawing kan verander. So asof dit aanvaar sal word. Elke verskoning stel die Blanke in die ongelyk en die Swarte in die gelyk. Verskoning vra maak die Blanke swakker en die Swarte sterker. As dit boonop in ‘n leuen gegrondves is, stel dit niks reg nie, maar is dit kunsmatig.
Miskien moet die Blanke eerder herbesin oor hierdie selfmoord wat gepleeg word deurdat hy nie meer die ruggraat het om terug te baklei en te sê genoeg is genoeg nie. Pat Buchanan vra dan ook die vraag:
Can peoples who are ashamed of their nation’s past do great things in its future? Or is a deep-seated national guilt, such as that which afflicts many Germans today, a permanent incapacitating feature of a nation’s existence?
‘n Volk wat heeltyd op die verdediging is oor sy “misdadige” verlede, sal nooit in staat wees om homself te verdedig nie, en is uitgelewer aan daardie hordes wat hom wil vernietig. So ‘n volk sal van die aardbol gevee word. Skuldgevoelens verlam ‘n volk. Daardie volk moet in die oë van ander kyk vir sy bestaansreg. Met sy verskoning het hy hom ondergeskik aan die volk of ras gestel aan wie verskoning gevra is.
Die halfhartige wyse waarop dr Verwoerd se beleid deur sy opvolgers uitgevoer is omdat hulle nie staatsmanne was nie, maar halfgebakte,oneerlike, visielose, ruggraatlose, eerlose, roemsoekigeberoepspolitici, het die beleid van apartheid die naam gegee wat hy gekry het. Jy kan nie apartheid ten dele uitvoer nie. Dit is ‘n beleid wat algeheel en omvattend is, wat die totale bestaan van jou volkshuishouding moet insluit.
So baie keer is dit gesê en gewaarsku dat die een toegewing noodwendig moes lei tot die volgende, dat die beleid volledig geïmplimenteer moes word. Diskriminasie moes lei tot algehele skeiding waarna diskriminasie nie meer nodig sou wees nie, omdat die skeiding dan reeds daar sou wees. Wat het hierdie breinlose politici na dr Verwoerd se dood nie verstaan nie? Nee, hulle het voortgeploeter en later met leë hande gesit. Noodwendig moes hulle hulle wend tot leuens teenoor hulle eie kiesers. En noodwendig het dit van wat oor is van apartheid, naamlik ‘n gedrog, die wêreld ‘n stok gegee om die Afrikaner mee te slaan. Want hoe regverdig jy gedeeltelike apartheid? Hoe regverdig jy apartheid in woongebiede maar ‘n rasgemengde rugbyspan? Hoe regverdig jy ‘n Swarte wat Suid-Afrika op hoogste vlak kan verteenwoordig op sportgebied, maar hy mag nie in die parlement wees nie? Ja, dis wat die NP sedert 1966 met apartheid gedoen het.
Die Afrikaner kan nie verskoning vra vir lafhartige politici wat apartheid afgebreek en belaglik gemaak het nie. Die Afrikaner moet eerder met daardie politici handel en hulle uitban uit sy geledere.
Vir die apartheid wat edelmense soos dr Verwoerd toegepas het, sal ons nooit verskoning vra nie. Want dit is in ooreenstemming met die Skeppingswette van soort soek soort, en die verskeidenheid wat ‘n gegewe is. Om binne jou eie volksverband jou talente en ideale te ontwikkel is ‘n Goddelike opdrag. Om daarvoor verskoning te vra, is sonde.
Kom tog tot besinning o Afrikanervolk. Leef jouself uit binne die roeping aan jou gegee. Leef en laat leef, het nou geword: Laat ander leef ten koste van my. Dit is die resep vir selfmoord. Nee, dit het oplaas tyd geword om vir ‘n slag na jou eie volk te kyk. Laat ons volk eers weer opstaan uit die as en die smet van hierdie vernedering van ons afwerp. Selfrespek is wat herstel moet word. Dan sal selfbetuiging volg. Dit sal verkry word binne volksverband, en beslis nie daarbuite nie.
Om dr Verwoerd se woorde (in aangepaste vorm) te aan te haal:
Die ideaal (van apartheid) is sterker as die werklikheid (van integrasie en disintegrasie van vandag).