Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring vor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees - Prediker 5:1
DIE REVOLUSIE IN SUID-AFRIKA SNEL VOORT...
... MAAR WAT VAN DIE GRONDWET?
Dr Willem Jordaan
Sedert 1994 speel 'n revolusie in Suid-Afrika af. Onder ons neuse. Ja, terwyl ons braaivleis hou, rugby kyk en die sonneskyn geniet. Laat mens dink aan daai ou Chevrolet advertensie hier om en by 1976, of hoe?
Maar hoe lank gaan ons nog daai sonneskyn geniet?
Ons is belowe dat die grondwet ons regte sal beskerm. Veral ons grondregte. Nou sien ons dat die ANC-regering reeds goeie vordering gemaak het om ook daardie regte van ons te ontneem. Die politieke stryd tussen die EFF en die ANC het dit net gouer op die agenda geplaas. Die liberalis mag verbaas wees, maar baie van ons het geweet dit sal gebeur, dit was net 'n kwessie van tyd.
Selfs Ramaphosa, die liefling van die geldmagte, kon die druk vanuit sy eie party nie weerstaan nie.
Dat dit die ekonomie onherstelbare skade gaan berokken, weet enige mens met net 'n bietjie verstand. Private eiendomsreg is die basis van 'n stabiele en gesonde ekonomie. Maar duidelik het die perstitute van die media klaar weer opdrag om te swyg. Want u sien, word die waarheid verkondig sal geld nog vinniger landuit vlug.
Wat is die waarheid? Beleggers stel nie belang in langtermyn investerings in 'n land waar eiendomreg nie gerespekteeer word nie.
Die voorbeeld van Zimbabwe en Mosambiek is voldoende bewys van voormelde. In Zimbabwe is die enigste groot langtermynbeleggers dié wat 'n spesiale voorkeur verhouding met die regering het. Soos in Mosambiek is daar van gewone langtermynbeleggings nie sprake nie. Ja daar is kontrakteurs wat met projekte besig is. Maar hulle handel hulle projekte af en laat vat met hulle geld. Hulle het verder geen belang om te belê in hierdie lande nie. Hoekom nie? Omdat eiendomsreg nie beskerm word nie.
Suid-Afrika se ekonomie is reeds in so 'n toestand dat 71% van die begroting bestee word aan salarisse van staatsamptenare, delging van staatskuld en maatskaplike toelaes. Daar bly 29% oor om dinge soos infrastruktuur mee te verbeter en selfs net in stand te hou. En soos ons hierdie klomp ken, is die kans goed dat dit eerder wanaangewend sal word. Dis nie 'n pessimistiese beskouing nie, maar een gebaseer op historiese feite. Nou lees mens boonop dat totale staatskuld in Maart 2019 bykans 92% van die BBP gaan beloop, die hoogste ooit.
Onteiening van grond sonder vergoeding is diefstal. Daarom dat dit grondroof genoem word. Die regering vat by wettige Blanke eienaars grond en gee dit aan hulle Swart kiesers. So, vergeet vir 'n oomblik van die ander misdaad wat gepleeg word. Hier het ons nou gewettigde diefstal deur die regering van die land.
In Suid-Afrika word daar elke 5e dag 'n boer op 'n plaas vermoor. Die internasionale organisasie Genocide Watch het al in 2012 bevind dat dit 'n volksmoord is. Sewe jaar later duur dit steeds voort. Intussen is die Blanke ook grootliks ontwapen. Wat het Genocide Watch hieroor gesê:
Disarmament of a targeted group is one if the surest early warning signs of future genocidical killings.
50 moorde word gemiddeld per dag in Suid-Afrika gepleeg. 'n Kind word elke 3 minute verkrag en 3 kinders word per dag vermoor. 500 000 verkragtings vind jaarliks plaas. Net een uit elke nege verkragtings word gerapporteer. Slegs een uit elke 25 aangeklaagdes word skuldig bevind. Een uit elke vier mans erken dat hulle al minstens een vrou verkrag het.
Wie wil in so 'n land bly? En wat het die grondwet gedoen om die slagoffers te beskerm?
Misdaad neem toe, werkloosheid neem toe, armoede neem toe, arbeidsonrus neem toe, swak dienslewering neem toe, bankrotskappe neem toe. Wat het die grondwet gedoen om dit te verhoed?
Die punt is tog gemaak: Die grondwet kan geen beskerming bied aan 'n minderheid en aan 'n enkeling as die owerheid geen erg het aan die grondwet nie, maar die sosialistiese doelstellings van die Freedom Charter as eintlike oogmerk het.
Watter Blanke durf in die aangesig van sulke feite sê hy wil nie oor die goed praat nie want dit maak hom net negatief. Of dat ons in elk geval niks daaraan kan verander nie. So is die antwoord om maar net te hoop die totale chaos gebeur nie in ons leeftyd nie. Is dit nie 'n skandelike verontagsaming van ons plig nie?
Terug by Zimbabwe. Daar is ook blykbaar 'n grondwet. Daardie grondwet het darem die onderskeiding dat hy van al sy inwoners op 'n stadium biljoenêrs gemaak het. Of verdien Mugabe die eer? Waarvan praat ek? Wel 'n hamburger het op 'n stadium 15 triljoen Zim-dollars gekos!
Die Freedom Charter, die revolusie se voertuig, het reeds vir alle praktiese doeleindes die plek van die grondwet ingeneem en sal gratis onderwys, gratis mediese dienste, noem maar op, ook geïmplimenteer word.
Een van die revolusie se segsmanne, Julius Malema, het in die parlement gesê:
"We must ensure that we restore the dignity of our people without compensating the criminals who stole our land."
In een leuenagtige verklaring word volksmoord aangeblaas, grondroof aangemoedig en die Blankes as misdadigers uitgekryt. En niemand raak aan Malema nie.
Besef u hoe ernstig die situasie is? Kom laat 'n leser van Business Day die prentjie vir u skets:
South Africa is in a serious moral crisis. We are a violent society disintegrating by the day. We have become delusional. Forgetting that life is absolutely intrinsic, our country is awash with demonic monsters in human garb, savages fit only for the wild and satanic beasts ill-equiped for civil society.
Die revolusie sal woed tot die laaste spore van die beskawing uitgewis is. U moet daaraan geen twyfel hê nie. U weet nou reeds dat Ramaphosa en die grondwet niks vir u gaan doen nie. Die vraag is dus: Wat gaan u doen?