Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit is 'n hartseer werklikheid dat die viering van die nagmaal vir baie mense 'n blote gewoonte en formaliteit geword het. Met die gebruik van brood en wyn onthou ons weer opuut wat Jesus Christus in ons plek vir ons gedoen het. Wanneer u weer aan die nagmaal deelneem, kyk in die gees terug na Gólgota, sien die gebroke liggaam en vergote bloed van Jesus Christus en onthou: Dit het Hy vir mý gedoen!
FW DE KLERK HÉT GRONDWET OORTREE
Prof Hermann Giliomee, bekende skrywer en professor in politiek en politieke geskiedenis, vra in sy nuwe boek, The Rise and Demise of the Afrikaners, of mnr FW de Klerk die blanke kiesers van Suid-Afrika se toestemming gehad het om in 1994 die politieke mag aan die ANC te oorhandig.
Prof Giliomee se vraag is betekenisvol. Die vraag aan die blanke kiesers in die referendum op 17 Maart 1992 het gelui: Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?
Die ja-stem het slegs toestemming gegee om met onderhandelings met die ANC voort te gaan.
Die onderhandelde grondwet moes volgens die bestaande Suid-Afrikaanse grondwet aan die kiesers voorgelê word óf in ‘n landwye verkiesing óf in ‘n referendum. Volgens daardie grondwet kon slegs die blanke kiesers die besluit neem. Dit is nooit gedoen nie. De Klerk het nie die blanke kiesers se toestemming gehad nie en het die onderhandelde grondwet in 1994 ingestel wat op ‘n swart meerderheidsregering uitgeloop het. Daardeur is die politieke mag aan die kommunistiese ANC weggegee.
Tydens die debat in die Parlement, volgens Hansard van 24 Januarie 1992 kolom 37 het De Klerk beloof: “...wesenlike wysigings aan die Grondwet van die RSA sal deur óf ‘n referendum óf ‘n verkiesing voorafgegaan word. En verder: “Die regering staan steeds hierby. Ons is in eer gebonde om ‘n referendum te hou wat die kieserskorps... die geleentheid sal bied om hulle uit te spreek oor enige wesenlike voorgestelde wysiging aan die Grondwet.” (Ons beklemtoning) “Eers na so ‘n referendum, en indien die uitslag positief is, sal implementering volg.” (Kolom 38)
Wyle mnr Jaap Marais en ‘n afvaardiging van verteenwoordigers van verskillende Afrikaans Nasionale organisasies het op 26 Junie 1990 reeds met mnr De Klerk in sy kantoor in die Uniegebou ‘n gesprek gehad oor sy pad na die Nuwe Suid-Afrika.
Prof Giliomee is reg: FW de Klerk het willens en wetens die Grondwet van Suid-Afrika oortree.
Met dank aan Die Afrikaner, mondstuk van die HNP.
Gelofteland is vantevore gevra of hy enige verbintenis met enige politieke party het. Die antwoord is NEE. Ons plaas wel soms gedeeltes van publikasies van ‘n party indien dit meriete het. Die inhoud daarvan sal deurlopend iets wees wat elke reggeaarde Afrikaner behoort te weet – Redaksie.
FW DE KLERK HET GRONDWET OORTREE
Prof Hermann Giliomee, bekende skrywer en professor in politiek en politieke geskiedenis, vra in sy nuwe boek, The Rise and Demise of the Afrikaners, of mnr FW de Klerk die blanke kiesers van Suid-Afrika se toestemming gehad het om in 1994 die politieke mag aan die ANC te oorhandig.
Prof Giliomee se vraag is betekenisvol. Die vraag aan die blanke kiesers in die referendum op 17 Maart 1992 het gelui: Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?
Die ja-stem het slegs toestemming gegee om met onderhandelings met die ANC voort te gaan. Die onderhandelde grondwet moes volgens die bestaande Suid-Afrikaanse grondwet aan die kiesers voorgelê word óf in ‘n landwye verkiesing óf in ‘n referendum. Volgens daardie grondwet kon slegs die blanke kiesers die besluit neem. Dit is nooit gedoen nie. De Klerk het nie die blanke kiesers se toestemming gehad nie en het die onderhandelde grondwet in 1994 ingestel wat op ‘n swart meerderheidsregering uitgeloop het. Daardeur is die politieke mag aan die kommunistiese ANC weggegee.
Tydens die debat in die Parlement, volgens Hansard van 24 Januarie 1992 kolom 37 het De Klerk beloof: “...wesenlike wysigings aan die Grondwet van die RSA sal deur óf ‘n referendum óf ‘n verkiesing voorafgegaan word. En verder: “Die regering staan steeds hierby. Ons is in eer gebonde om ‘n referendum te hou wat die kieserskorps... die geleentheid sal bied om hulle uit te spreek oor enige wesenlike voorgestelde wysiging aan die Grondwet.” (Ons beklemtoning) “Eers na so ‘n referendum, en indien die uitslag positief is, sal implementering volg.” (Kolom 38)
Wyle mnr Jaap Marais en ‘n afvaardiging van verteenwoordigers van verskillende Afrikaans Nasionale organisasies het op 26 Junie 1990 reeds met mnr De Klerk in sy kantoor in die Uniegebou ‘n gesprek gehad oor sy pad na die Nuwe Suid-Afrika.
Prof Giliomee is reg: FW de Klerk het willens en wetens die Grondwet van Suid-Afrika oortree.
Met dank aan Die Afrikaner, mondstuk van die HNP.
Gelofteland is vantevore gevra of hy enige verbindtenis met enige politieke party het. Die antwoord is NEE. Ons plaas wel soms gedeeltes van publikasies van ‘n party indien dit meriete het. Die inhoud daarvan sal altyd iets wees wat elke reggeaarde Afrikaner behoort te weet – Redaksie.