Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wonder ons soms waarom ons as 'n volk van die Here, nie rustig en in vrede kan saamleef nie, waarom ons voortdurend rusie met mekaar soek, mekaar verraai, verneder en vernietig? Daar is net een grondslag waar dit verkeerd geloop het: Jesus het die wetgeleerde op sy vraag wat die "groot gebod in die wet is" só geantwoord: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. En die tweede wat gelyk hieraan staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Ons verskeurde ou volkie weet nie meer wat naasteliefde beteken nie. En as ons die tweede gebod nie eers kan onderhou nie moet ons onsself nie bluf en dink dat ons God so liefhet as wat Hy ons beveel nie. En dan wil ons nog aanspraak maak op die voorregte van 'n volk van God!
DIE NP-OORGAWE VAN 1994 WAS ONWETTIG...
...Maar wat nou gemaak?
Dr Danie Theron
In 1994 het die Nasionale Party-regering van FW de Klerk die mag aan die ANC oorhandig sonder dat hulle 'n mandaat daarvoor gehad het. Die vraag is vandag of enigiets daaromtrent gedoen kan word.
Daar is verskeie baie belangrike redes waarom die saak relevant sal bly. Prof Herman Giliomee het pas 'n boek die lig laat sien getiteld The Rise and Demise of the Afrikaners. Alhoewel die referendum-aspek kortliks bespreek word, word genoeg gesê om belangrike afleidings te maak.
Na die 1994-oorgawe het mnr Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party dit by herhaling benadruk dat die mag aan die ANC "onwettig" oorhandig is. Dr Sydney Gregan, internasionale en staatsreg-kenner, het later hierop uitgebrei.
Wanneer die woord "oorgawe" gebruik word, word dit nie vir politieke gewin of uit moedswil gedoen nie. Dit is gewoon 'n feit. Die Burger, seker die grootste propagandablad wat die NP ooit gehad het, het self die woord gebruik toe dit kennis geneem het van die NP se afgelope onderhandelings met die ANC.
Giliomee, wat beslis nie van "regse" sentimente beskuldig kan word nie, maak die volgende stellings en afleidings oor die NP:
- "the lack of any strategic vision on the leadership's part",
- "NP leaders began to resemble free-floating political entrepeneurs, guided less by loyalty to the ethnic cause than by calculations about their place in the future centres of power",
- "The NP ended the negotiations in 1996, having failed to secure any of its major political and cultural objectives",
- "De Klerk lacked the necessary toughness to face down the ANC on critical points to ensure that his bottomline demands were met",
- "The final deal was so far from the NP's original demands that when the cabinet met to ratify it, an outraged minister shouted at De Klerk: 'What have you done?! You have given South Africa away!!'",
- "The Afrikaner leadership handed over power because it had miscalculated, believing that it was indispensable to the ANC".
Die gevolg van voormelde is dat mense wat hulle as leiers voorgehou het aan die Blankes, bedroë daarvan afgekom het. Maar erger nog, hulle het deur hulle amateuragtige optrede die Blankes uitverkoop aan 'n Kommunisties-beheerde party.
Die meerderheid Blankes het "ja" gestem omdat hulle geglo het magsdeling sou die NP se "bottom line" wees. Volgens Giliomee het die ja-stemmers 'n "very high trust" in De Klerk gehad dat hy hulle nie sou uitverkoop nie.
Wat het De Klerk belowe?
"After the completion of the negotiations the constitutional proposals would be tested in a constitutional manner among the electorate. And only with their support would a constitutional dispensation be introduced".
Watter integriteit het 'n leier wat so 'n belofte maak en dit dan blatant verbreek?
'n Senior minister het volgens Giliomee aan Izak de Villiers gesê:
"Izak we don't want to have a second referendum".
Die rede was tog baie duidelik dat die kiesers die NP se produk "meerderheidsregering" sou verwerp en die NP sou moes bedank weens sy bedrog teenoor die kiesers. In 'n algemene verkiesing sou die NP verslaan word en sou die res van die verhaal heel anders uitgesien het.
Giliomee se gevolgtrekking oor hierdie stuk bedrog is uiters betekenisvol:
"Thus majority rule was introduced without the voters' approval and without knowing the form of the future constitution".
Om uit hoofde van voormelde die stelling te maak dat die bewindsoorgawe onwettig was, is 'n logiese afleiding en behoef nie verdere betoog nie. Dit is beslis ook nie net 'n akademiese oefening nie, maar soos al elders aangetoon is en weer benadruk sal word, van kardinale belang.
Die huidige HNP se kommentaar oor bogenoemde is dat die NP die "grondwet oortree" het. Behalwe dat dit 'n hopeloos onbeholpe stelling is, en met oortreding van 'n grondwet niks te make het nie, is die saak tog veel ernstiger as dit.
Die NP-regering en by name die ja-stemmers se vertroueling De Klerk het:
- sy eie mense belieg en bedrieg,
- nie 'n enkele toegewing van die ANC by die onderhandelings gevra nie, terwyl die ANC blykbaar bereid was daartoe,
- sonder 'n mandaat, dus wederregtelik die mag aan die ANC oorhandig,
- verraad gepleeg deur hierdie optrede.
Maar wat nou gemaak?
Daar Is verskeie voorbeelde in die geskiedenis waar 'n volk of 'n land hulle op 'n onwettige (wederregtelike) optrede beroep het om later die saak reg te stel, soos om hulle onafhanklikheid te herbevestig. Op hierdie aspek sal in latere artikels uitgebrei word maar die die volgende dien as 'n voorbeeld.
In Augustus 1939 het die Molotov-Ribbentrop akkoord tussen Duitsland en Rusland tot stand gekom ingevolge waarvan Rusland beheer oor Litoue, Letland en Estland verkry het, terwyl die inwoners van hierdie Baltiese state glad nie in die saak geken is nie. Hulle het hulle ook nooit hierin berus nie, maar in 1991, meer as 50 jaar later, toe die USSR in duie stort, hulle vryheid herbevestig. Die belang hiervan is dat, alhoewel hulle magteloos was om iets daaraan te doen vir meer as 50 jaar, hulle nie daarin berus het nie.
Die Blankes het nie hulle aanspraak op hierdie land verloor nie. Hulle was nie geken in die magsoordrag nie. Die maandaathouer het buite sy bevoegdhede opgetree. Sy wederregtelike optrede is nooit geratifiseer nie.
Hierdie aspek gaan nog van groot belang word in die toekoms.