Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aan die einde van jou lewe sal die vraag nie wees hoeveel jy hét nie, maar hoeveel jy gegee het; nie hoeveel jy gespaar het nie, maar hoeveel jy opgeoffer het; hoeveel jy liefgehad en gedien het, nie hoeveel jý geëer is nie.
WYSHEIDSTORIES (12)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
AS JULLE DIT VAN MY DINK
'n Onderwyser het twee kinders met dieselfde naam in sy klas gehad.
Die een Pieter was 'n vrolike, hoogs intelligente kind met pragtige maniere. Die ander Pieter was 'n bietjie van 'n probleemkind. Nie dom nie, maar sonder selfvertroue, en daarom was hy die hele tyd daarop uit om aandag te trek. Sy werk het daaronder gely en die onderwysers was glad nie gelukkig met hom nie.
DIE VATIKAAN (2)
>
>>>
Heilstaat of doodsakker?
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Vatikaan
2. Bose invloed
2.1 Tussengeloofvergaderings
Die Vatikaanse verlossingsleer verskil tans min van Eenheid-universalisme. Dit poog nie net om Christenkerke met mekaar te verenig nie maar ook afgodsdienste met die Christendom. Die pous het nie baie lank terug nie ʼn reeks tussengeloofvergaderings in die Vatikaan gehou waartydens Islamitiese gebede vir die eerste keer in dié plek gehoor is. Eenheidsbesielde kerklui het hom lof toegeswaai al was dit teen Skrifvermanings. Die Vatikaan steur haar al lankal nie meer aan Bybelse riglyne nie en dryf kerke baie vinnig na die een wêreldkerk van die Antichris!
MASKER AF, ANC (1)
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
Dit is nou feitlik 48 jaar gelede dat die Rivonia-klopjag plaasgevind het waartydens die opperbevel van Umkhonto We Sizwe, die militêre vleuel van die ANC, ontmasker is. Die lede van die opperbevel sou tydens die Rivonia-hofsaak teregstaan. Na afloop van die verhoor is persone soos Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Elias Motsoaledi, Raymond Mhlaba en andere deur regTer Quartus de Wet tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Op 2 Februarie 1990 het die regering van president FW de Klerk die African National Congress, Pan Africanist Congress en South African Communist Party ontban. Kort daama is Nelson Mandela onvoorwaardelik vrygelaat, soos wat van sy makkers vroeër reeds vrygelaat is. Na sy vrylating het hy dit duidelik en onomwonde gestel dat hy steeds staan vir dit waarvoor hy toe 27 jaar gelede tronk toe gestuur is. En toe is die gebeure nie meer slegs van akademiese belang nie, maar raak dit elkeen persoonlik. Skielik was daar baie vrae wat beantwoord moes word, soos:
DIE VATIKAAN (1)
Heilstaat of doodsakker?
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Vatikaan
>
>>>
1. Agtergrond
1.1 Eie staat
Die Vatikaan is ʼn ingeslote grondgebied van 44 hektaar in Rome wat in 1929 as ʼn onafhanklike stad-staat tot stand gekom het. Dis die kleinste staat ter wêreld en hoofkwartier van die Roomse Kerk (RK) met ʼn pous aan die hoof.
1.2 Die naam
Vatikaan was in die Romeinse tyd die naam van ʼn moerasagtige deel van die Wesoewer van die Tiber Rivier oorkant Rome. Nadat Agrippina die gebied in die eerste eeu laat drooglê en tuine aangelê het, het talle welgestelde Romeine huise daar laat bou.
ONBILLIKE DRUK OP SKOLE
Kobus van Wyk
Pas is deur owerheidweë gesê dat alle skoliere volgende jaar in skole geplaas sal word al is die skoolgeboue reeds oorvol. Dit is uitdagend gestel asof niks anders geduld sal word nie. Daardeur is die indruk gewek dat die "skole" die verantwoordelikheid vir te min skole moet aanvaar.
Wat nie gesê is nie, is dat dit die owerheid se verantwoordelikheid is om voldoende skole te voorsien sodat alle skoolkinders sonder benadeling van veels te groot getalle die nodige onderwys kan kry. Die owerheid (onderwysdepartement en die sentrale regering) dra die skuld van swak beplanning en voorsiening omdat hulle swak insig en min vermoë het.
GESIN EN LEWENSVREUGDE
Ds Andrè vd Berg
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld.... En God het die mens geskape.... man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen.1:26,27).
Die krag van ’n volk hang van sy geloof in God en gehalte van sy gesinslewe af. Die gesin is die kern van ʼn beskawing en as’t ware die smidswinkel waar lewenswaardes op die aambeeld van die lewe gevorm word. ʼn Gelukkige gesin is ‘n voorsmaak van ʼn vervroegde hemel.
Dit gaan op talle lewensgebiede sleg met ons volk. Een van die ergste is die verbrokkeling van ons gesinslewe; ʼn euwel met ʼn rimpeleffek. Dit raak nie net die gesinslewe nie, maar kring ook na die kerk en die breë gemeenskap uit.
Waarom verbrokkel ons gesinslewe? Omdat daar aan die rolverdeling van man en vrou gepeuter word! Die Bybel is duidelik oor die rol wat man en vrou in die gesin moet speel. Ongelukkig slaag Satan daarin om dié rolle om te keer.
WAAROM HET JOEGOESLAWIË TOT SY EINDE GEKOM?
Dr J J Snyman
The war in Bosnia was America’s war in every sense of the word. The U.S Administration helped started it, kept it going, and prevented it’s early end. – Sir Alfred Sherman (Margaret Thathcher se adviseur).
Ná die val van die Berlynse muur was die uitdaging vir die VSA om sy oorheersing van NATO in Europa te behou, aangesien die kommunistiese bedreiging iets van die verlede was. Nuwe konflik moes dus gesoek word.
Joegoeslawië was ‘n ideale kandidaat met sy veel-etniese samestelling van ortodokse Christelike Serwiërs, Rooms-Katolieke Slowene en Kroate en die Moslems van Bosnië-Herzegowina. Sedert 1945 het Josip Tito die land met ‘n ysterhand regeer. Met sy dood was die geleentheid daar vir dramatiese veranderinge. Die VSA het dit dadelik ingesien.
WYSHEIDSTORIES (11)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
PLANT 'N BOOM
Nadat dit gereën het, het 'n baie ou man gate in sy tuin begin grawe.
"Wat doen jy?" vra sy buurman belangstellend.
"Ek gaan hier vrugtebome plant," kom die antwoord.
"Verskoon my, maar dink jy regtig jy sal nog van die vrugte van die bome kan eet?" vra die buurman. "Ek meen, jy is darem al diep in jou jare en so 'n boom groei stadig."
DIE DERDE WÊRELDOORLOG ... IN DIE NAAM VAN GOD
Dr Danie Theron
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie... – Matt 7:21
Nie almal is bekend met die uitlatings wat agter die skerms en in privaat gesprekke gemaak is ná die gebeure op 11 September 2001 in New York nie.
Behalwe dat ‘n groot leuen verkondig word oor wat werklik daardie dag gebeur het toe onder andere drie (ja, nie twee nie) toring-geboue na benede getuimel het, en daarby wie werklik daarvoor verantwoordelik was, het verskeie gebeure ontvou wat nou eers behoorlik ontleed kan word.
President George W Bush, die VSA-president op daardie stadium, was volgens sy eie weergawe ‘n wedergebore evangeliese Christen. In ‘n ontmoeting in 2003 met senior Palestynse leiers het hy te vertelle gehad dat hy op ‘n “missie vanaf God” is met die inval in Afghanistan en Irak.
KNEGTE VAN DIE ALLERHOOGSTE
Hannes Ollewagen
Lev. 25:23-55
“Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ‘n mens ‘n slaaf verkoop nie.” (:42).
“Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (:55).
Ons almal is seker vertroud met die definisie van ‘n kneg. Dit is, eenvoudig gestel, iemand wat dien – een wat gehoorsaam opdragte uitvoer. ‘n Kneg wat weier om sy heer te gehoorsaam sal bes moontlik nie lank onder sy heer se hand vertoef nie.
VOLKSREGERING (69)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
DENKBEELD UIT ANDER HOEK
Die besit van eienaarskap van grondgebied gaan gepaard met verantwoordelikheid soos in die gelykenis van die verlore seun in die Bybel in Lukas 15: 11 – 31 aangeteken. Die verlore seun het sy vader voortydig gevra om sy deel van die eiendom aan hom te gee wat hom toekom. Dit het hom in daardie stadium nie regtig toegekom nie omdat hy eers kon erf nadat sy vader oorlede was. Omdat hy nog onvolwasse was om sy erfgoed te hanteer, het hy daarmee op reis gegaan en dit verkwis.
BLOED RED!
>
>>
Ds Andrè vd Berg
“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van sondes” (Kol.1:13,14).
Dink jou in die volgende situasie in: Jy ry een Vrydagmiddag van die werk af huistoe en hoor terloops oor die radio dat 30 mense op ’n geheimsinnige wyse in Indië dood is. Daar is soveel ellende in die wêreld dat jy beswaarlik kennis neem. Die volgende dag vertel jou buurman dat die siekte ook na Pakistan en aanliggende lande versprei en meer as 1000 mense al omgekom het. Medici uit talle wêrelddele is daarheen op pad om te kyk wat hulle kan doen.
Die volgende dag verneem jy dat die siekte ook na Iran, Irak en Turkye versprei het en dat die dodetal al op 80,000 staan en elke minuut styg.
GOOGLE, DIE ONSKULDIGE SOEKENJIN?
Johan de Bruyn
Beïnvloeding van mense geskied op baie wyses. Sommige word slegs deur feite oortuig, ander deur emosie. ‘n Goeie orator het al dikwels mense vir sy saak oortuig – meesal sonder meriete.
Met breinspoeling probeer beïnvloeders ‘n onregverdige voordeel kry deur die slagoffer aan ‘n proses te onderwerp waar sy keuse vír hom gemaak word. Talle boeke het al oor hierdie onderwerp verskyn.
In 1957 het The Hidden Persuaders van Packard verskyn. Reeds toe is bevind dat daar metodes was om mense subtiel te beïnvloed sonder dat hulle daarvan bewus was. Dink maar aan die Coke-advertensie wat “versteek” was in die aanbieding by ‘n bioskoop, wat baie mense dan onbewustelik Coke laat koop het tydens pouse. Packard het destyds bevind dat mense se denke, gedrag en emosies deur hierdie optredes beïnvloed word.
DIE JODE EN DIE OU TESTAMENT
Dr Danie Theron
Matt 15:3 Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?
In ‘n vorige artikel is daarop gewys dat die Jode met die geloof bekend as die Judaïsme-aanhang, nie die Ou Testament as gesagsbron het nie, maar wel die Babiloniese Talmoed. Hierdie feit is nie alombekend in die Christendom nie.
Baie Christene (indien nie die meeste nie) dink dat dié Jode net oortuig moet word van Jesus; dat Hy die beloofde Messias is. Gevolglik is hulle van mening dat ons en hierdie Jode eintlik baie naby aan mekaar is en dat hulle ons “bure” is; ons “broers”.
Wel, niks kan verder van die waarheid wees nie. Indien die Talmoed van nader bekyk word, sal mense geskok wees oor wat die inhoud behels.
DIE VOLKSMOORD IN RWANDA – ‘N HERBESINNING
Johan de Bruyn
Die VSA is meesters in die kuns van politieke bedrog en misleiding. Die gewone man op straat kry, danksy die geldmag-gestemde media, ‘n wanbeeld van die ware toedrag van sake in die internasionale politiek. ‘n Voorbeeld hiervan is mense se siening oor Rusland, China, Venezuela, Suid-Korea en Sirië.
So was dit ook met die oorlog destyds in Joegoeslawië toe die VSA-gestemde NATO ‘n oorlog ontketen het aldaar en Slobodan Milosevic uitgebeeld is as ‘n gewetenlose diktator. Die waarheid was baie anders as dit wat aan ons voorgehou is.
In Rwanda het dieselfde gebeur. Pas het ‘n verslag gelek wat die oorlogmisdade van Paul Kagane en sy Rwanda Patriotic Front uitlig, dws die feite was aan die VSA bekend van meet af.
WYSHEIDSTORIES (10)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
BEREID OM TE GEE?
Daar was groot hongersnood in die land omdat dit lank nie gereën het nie. Een boer het 'n groot plaas gehad en kon nog regkom omdat sy waterput nie opgedroog het nie. Iemand wat die ongelukkige, maar goeie arm mense wou help, het die boer kom vra of hy 'n trekker vir die ander kon leen om te probeer ploeg. "Ongelukkig", sê die boer, "het ek net een trekker en moet hom self gebruik." Op ander vrae antwoord hy ook elke keer dieselfde. Hy het net een koei wat melk gee, net een waterpomp vir sy put, net een perd en net een ploeg.
Toe word gevra of hy miskien met geld kan help vir die mense wat niks kos het om te eet nie. "Nee," sê die boer, "ek sal nie geld gee nie." "O is dit omdat jy nie juis geld het nie?" "Nee, ek het genoeg geld in die bank, spog hy, maar die ander mense moet vir hulself sorg."
DIE ROOMSE GEVAAR (4)
Lees reeks by DIE ROOMSE GEVAAR
Ds. A.E van den Berg
PROTESTANTE SWIG VOOR ROME
Waar gaan dit eindig?
1.Onmoontlike kerkeenheid
Ekumene draai om die as van sigbare kerkeenheid en beklemtoon Jesus se gebed in Joh.17:
“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het” (:17-21).
VERWERP BUCHAN SE ONHEILIGE BYEENKOMSTE!
Die Calvinis
Die byeenkoms vandag, 27 Oktober, waarvan Angus Buchan die spreker sal wees, verdien nadere ondersoek.
Buchan is die persoon wat toesien dat verskillende kerke, maar meer, ook verskillende gelowe mekaar vind op die religieuse vlak. Hier is die man wat homself uitgee aan horisontale Woordverkondiging van die "social gospel". Hy bring die twee wêrelde, die Gereformeerde en die Katolisistiese wêreld bymekaar.
Afgesien van die feit dat die NG Kerk homself algaande meer beywer vir raakpunte ten opsigte van die Roomse kerk, is dit Buchan wat nou seker maak dat die Gereformeerdes die Rooms Katolieke Kerk vind. Bo en behalwe hierdie poging van hom waarin hy as kontra-Hervormer dien, bevind hy homself as gelykmaker tussen ander gelowe.
CHRISTELIKE SKOLE NOODSAAKLIK!
Hendrik Pretorius
Ons lewe in 'n wêreld van knoppies-druk en kitsoplossings. Sommige mense sal sê: “Maar gelukkig kom my kind uit 'n sterk huis met 'n stewige Christelike fondasie.” Moontlik is dit so, maar het u al gedink dat u kind 6 tot 12 ure per dag vir vyf dae 'n week en meer, met bose filosofieë ondermyn word.
Die beste gedeelte van elke dag, wanneer u kind vars en so ontvanklik as moontlik is, behoort aan ander mense om u kind op te voed. Vanaand wanneer u moeg en geȉrriteerd by die huis kom en u kind moeg is, dan wil u dit wat 'n hele dag geneem het om te bou, nou gaan evalueer en die leuens uitsif. Meeste mense dink maar net hul weet wat hul kinders leer en besef geensins wat werklik in die klaskamer plaasvind of in hul handboeke staan nie.
VOLKSREGERING (68)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
OORSIGTELIKE SIENING
Daar is sekerlik 'n hele paar vrae wat gevra sal word. Dit bevestig dat apartheid nie ondiep of ligsinnig is nie, maar 'n diepgaande wetenskaplike regeerstelsel wat deeglike kennis vereis voordat kommentaar daaroor gelewer kan word. Tog verwerp oningeligtes wat geen benul het waaroor dit gaan nie, apartheid summier met neerhalende onware bewerings. Vra aan diesulkes om redes te verstrek, en hulle onkunde kom na vore met die antwoord dat apartheid onderdrukking beteken. Geen sinvolle antwoord nie, net snedige opmerkings. Waarom sommige mense weier om hulle opvattings te hersien nadat hulle van die ware feite bewus gemaak is, bly 'n raaisel.