Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." - Pred. 5:17
MOENIE KLEINGELOWIG WEES NIE
Ds Andrè vd Berg
“En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?” (Mt.14:31).
Wat ʼn aangrypende verhaal! Een nag terwyl die dissipels vis gevang het, het Jesus op die water na hulle aangekom en hulle het gedink dat dit ʼn spook was. Toe Jesus hul gerusstel het dat dit Hy was, het Petrus gevra of hy op die water na Hom toe kon kom? “En Hy sê: Kom!...” (:29). Daarop het Petrus uit die skuit geklim en na Jesus geloop; op die water – ʼn wonderbeskikking!
Mt.14 leer ons egter hoe ware geloof lyk; iets wat ons almal meer van wil hê om sinvol te leef en veral om die storms van die lewe te trotseer. God help ons hiermee en gee in die Bybel die nodige lig om enduit met Hom te wandel. Die besonderhede van hierdie verhaal leer ons hoe ware geloof lyk; geloof wat jou selfs op water kan loop. En dis die geloofsgehalte ons in ons ontwrigte land en onder ons ontspoorde volksgenote moet beoefen.
DIE ROOMSE GEVAAR (1)
>
>>
Lees reeks by DIE ROOMSE GEVAAR
Ds. A.E van den Berg
PROTESTANTE SWIG VOOR ROME
Kerk of karikatuur?
Inleiding
Om die toekoms reg te benader, moet die verlede reg verstaan word. Jy draai jou om na die verlede om die toekoms beter in fokus te kry. Die lewe moet terugwaarts verstaan word om dit vorentoe te kan leef. Dit maak van die geskiedenis die bewaarder van die groot dade van die verlede, maar dien ook as ’n waarskuwing vir die toekoms.
Die geskiedenis kan nie ongedaan gemaak word nie, maar help mense wel om foute nie te herhaal nie. Geskiedenis leer mense om verantwoordelik met hul toekoms om te gaan want ʼn geslag wat sy eie geskiedenis nie eer nie, het nie net geen verlede nie maar ook geen toekoms nie.
Wie sy rug op sy verlede draai, verdien om foute te herhaal.
BYBEL EN VOLKSTRYD (10)
>
>>>>
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
HUISTOE
Luk. 15:18— “Ek sal opstaan en na my vader gaan.”
DIE seun was stout. Hy luister na slegte maters. Hy neem sy erfenis, vertrek na die vreemde. Hy maak sy dierbares se harte seer. Dit gaan met hom sleg. Hy word arm. Die vreemdes help hom nie. Hy sink al dieper. Hy pas naderhand varke op.
Toe begin hy dink ! Hy was stout. Die maters wat hom verlei het, help hom nie. Hy is in ellende. Almal verag hom. Sy vader het verlore geld gesoek, ook telkens verlore skape gesoek, maar die vader soek sy seun nie ! Hy is ’n verlore seun. Die vader het hom nog lief, maar die vader soek hom nie. Hy moet self dink, self tot oortuiging kom, self opstaan en huistoe gaan.
Dis waar van indiwidu, huisgesin en volk.
Ons volk is geskep deur Gods hand. Suid-Afrika was ’n swartmensland totdat Van Riebeeck hier gekom het.
VOLKSREGERING (64)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKAANS IS KERKTAAL
Die stryd van die taalbewegings was op die Bybel gebou:
1 Kor 14:9 – Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. Vers 11 – As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.
Hand 2:6 en verder – En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; (bevestiging van eie volk en taal).
Afrikaans is die taal van ons siel, van ons Bybel en die gebed en ons voorouers het nie aan hul godsdiens laat torring nie.
DIE ONHEILIGE DRIE-EENHEID
SG Hagen
En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet die onreine geeste sien kom... – Op 16:13
As Christene is ons almal bekend met die Drie-eenheid; God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees. God word onderskei in drie Persone. So staan daar dan ook in 1 Joh 5:7 dat daar drie is wat getuig in die hemel (1 Joh 5:7 ) en dat hierdie Drie een is.
Belangrik is dus ook om hierdie Drie-eenheid te handhaaf teenoor die Jode, die Moslems en die ketters. So weet ons ook dat al Drie van ewigheid af bestaan. God het alle dinge deur Jesus Christus geskape en die Heilige Gees gaan van ewigheid af uit die Vader en die Seun (Heb 1:2; Hand 2:35).
Maar wat weet ons van die onheilige drie-eenheid?
VOLKSREGERING (63)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
RYKDOM VAN AFRIKAANS
Afrikaans as taal word deur beriggewers afgeskeep, dikwels voer hulle bestaansredes aan en gee boedel oor in plaas van vir die voortbestaan van Afrikaans te veg. Die volkvreemde regering doen niks hieraan nie, maar as dit met 'n ander taal gebeur, word gou bohaai opgeskop. Staatsinstellings gee meer aandag in ander tale as gebruiktaal in sportsoorte en aan musiek en ander vermaak as in Afrikaans. Engels kry voorkeur terwyl swartes by toonbanke in hul eie tale aangespreek word. Praat Afrikaans en . . . . .
Taalrubrieke word grootliks deur koerante, tydskrifte en radiostasies vermy terwyl ons elke oomblik in Afrikaans dink en praat; baie meer aandag daaraan skenk as aan enige ander onderwerp. Trouens, wanneer ons oor 'n vakgebied dink of praat, word dit in jou taal gedoen. Probeer beriggewers Afrikaans doelbewus vermink of is hulle traak-my-nie-agtig?
DIE AARDE BEHOORT AAN DIE HERE
Hannes Ollewagen
1 Kor. 10:23-33
“Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.” (:26).
Hierdie waarheid word in vers 28 weereens beklemtoon. En dit is ook Dawid wat in verse 1 en 2 van Psalm 24 dieselfde getuienis lewer. “Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.”
Ons is geneig om maklik van hierdie kernwaarheid te vergeet. En nog makliker gebeur dit in ‘n mensgerigte wêreld – waar die mens die hoofsaak geword het en God in sommige gevalle ‘n bysaak; óf in sommige gevalle heeltemal in die agtergrond verdwyn het.
WAAROM WORD BLANKES VERMOOR?
Terwyl die vyandige media chronies ‘n eier oor die sg. onreg van die verlede wil lê, word volksgenote daagliks op barbaarse wyses afgemaai waarvan plaasmoorde ‘n groot deel uitmaak. Katie Hopkins, ‘n Britse joernalis het Suid-Afrika ‘n tyd gelede besoek en ‘n dokumentêr gemaak oor die barbaarse metodes wat swart bendes gebruik om blankes af te maai. Sy het so hard en seer op die regte tone getrap dat sy letterlik landuit gehelp en verbied is om ooit weer hiernatoe te kom. Haar dokumentêr het in September op YouTube verskyn maar sal waarskynlik ook verban word wanneer die regte persone dit te wete kom. Gaan kyk voordat dit afgehaal word by https://www.youtube.com/watch?v=kUtis6VQgS8
Een van die groot dinge wat die moorde op blankes laat toeneem is die klaarblyke goedkeuring daarvan deur die ANC. Praatjies oor versoening hoor mens baie maar van ware versoening is daar aan die suidpunt van Afrika hoegenaamd geen sprake nie. Ons beleef eerder ‘n smadelike veragting daarvan. Swartes sien versoening as ‘n swakheid wat om slae vra. Gevolglik het die Boerevolk nou slagoffers van rassehaat geword. Dis die gevolg van ‘n verkeerde ideologie wat in die hande van die verkeerde mense beland het!
WYSHEIDSTORIES (6)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
VRIENDE
"Kaptein, my vriend het nie uit die gevegsone teruggekeer kamp toe nie. Ek dink hy is gewond. Ek vra verlof om hom te gaan haal."
"Versoek geweier, manskap. Ek wil nie hê een van my manne moet hulle lewe onnodig in die gevaar stel nie. Die kanse dat jou vriend nog lewe, is byna nul."
Maar die soldaat het die bevel verontagsaam en tog sy vriend op die slagveld gaan haal. Op pad terug, met sy kameraad se dooie liggaam in sy arms, word hy self verwond.
Die offisier was woedend.
VOLKSREGERING (62)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKAANS TEENOOR ENGELS
Daar word beweer dat Engels 'n taal is wat wêreldwyd gepraat word. Die doel hiervan is weer eens politiekgedrewe net om Afrikaners se volkseie te probeer inkort. Min gewone burgers in Europese lande ken Engels. Dit is omdat hierdie lande eentalig is en die mense hulself binnelands oral verstaanbaar kan maak. Net so is Afrikaans ook 'n taal van die Afrikanervolk en kan ons mense onsself duidelik uitdruk.
Enigiemand kom makliker in sommige Engelsgerigte lande met Engels oor die weg as met Afrikaans, maar Afrikaans is ons erkende taal in ons eie land. Selfs die ander volke in Suid-Afrika verstaan Afrikaans, en waar hulle voorgee om Afrikaans nie magtig te wees nie, praat hulle gou Afrikaans as dit vir hulle voordeel inhou.
ONS GAWE VAN ONDERSKEID
Dr JJ Joubert
Terwyl die Islam Jesus as heilig beskou, belaster die Jode Jesus elke dag. Wie is dus ons grootste vyand? 'n Tyd gelede het 'n paar Moslems "vryheid van spraak" aangetas in Frankryk. Maar in Frankryk mag jy Mohammed belaster, maar nie die Jode nie? Watse vryheid van spraak is dit? En wat as Jode agter hierdie Moslem-ekstremiste werksaam is?
Terwyl Moslem-ekstremiste voorgehou word as die ware gesig van Islam (wat 'n leuen is), word die Jode se vergryp teen die Christendom elke dag oor die hoof gesien. Hoe dan so? Want die Jode beheer die agenda! Hulle blaas die haat tussen Christene en Moslems aan.
Christene word gereeld deur die Joodsbeheerde media vertel hoe groot gevaar die Islam is. Islam is volgens hierdie propaganda ons grootste vyand. Dit is 'n flagrante leuen.
NET EEN TREË
Ds Andrè vd Berg
“... daar is maar net een tree tussen my en die dood” (1 Sam.20:3)
Die lewe is ʼn gawe van God wat ons in staat stel om groot dinge te doen en te geniet. Daarom hou ons met alles moontlik aan die lewe vas. Nogtans is daar niks so seker as dat daar ʼn dag gaan aanbreek, dat ons die lewe moet teruggee nie. “en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Pred.12:7)
Ons gaan almal ophou om verder met die lewe aan te gaan. Daar is van Rolls Royce motors gesê: “A Rolls-Royce never breaks down, it only fails to proceed”. Dis ook van die lewe waar - ons verloor nie die lewensspel nie; tyd gaan net een dag ontbreek om met die lewe voort te gaan.
Almal se uurglas loop uit - sommige mense s’n vinniger as ander.
BYBEL EN VOLKSTRYD (9)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
DIE VRYHEIDSTRYD
Rigters 6 :12—“Die Here is met jou, dapper held! ”
DIE Israeliete het van die Here afgedwaal. Hulle het die diens van Jehova verlaat en dit selfs verruil vir afgodediens van die vreemde nasies. Toe kom Gods oordele en strafgerigte ! God laat toe dat die vreemde nasies oor Israel heers en hulle verdruk. In hierdie geval is dit die Mideaniete wat die volk in ellende verdruk. Maar hulle roep tot God ! Hulle bely hul sonde en smeek om genade. Nou wil God verlossing bring, maar daar moet ’n leier wees. Die Here kies vir Gideon, maar Gideon weet nie of die volk hom in die stryd sal volg nie. Die Here moedig hom aan in die bloedige stryd wat voorle met die woorde : “Die Here is met jou, dapper held”. Ons tekswoord handel dus oor ’n vryheidstryd.
HART ÉN SIEL ÉN GEES?
SG Hagen
En hulle het Stefanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
– Hand 7:59
In Matt 22:37 lees ons dat ons die Here moet liefhê met ons hele hart en met ons hele siel en met ons hele verstand. Gereeld word die begrippe siel en gees in die Bybel gebruik. Maar wat is dan die verskil? En waarom dan, indien wel?
In Genesis 35:18 lees ons: “En toe haar siel uitgaan – want sy het gesterf...” Dit beteken dat jou siel jou liggaam verlaat by jou afsterwe. Volgens die Heidelbergse Kategismus (vraag 57) word die gelowige, as hy sterf, se siel op verborge wyse tot Christus geneem, totdat dieselfde vlees deur Christus opgewek sal word. Die siel sal dan met die liggaam verenig word (Nederlandse Geloofsbelydenis, Vraag 37).
DEFINISIE VAN VERRAAD
Johannes Joubert
Reeds tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881), ongeag die kortstondigheid daarvan, was verraad aan die orde van die dag. ‘n Sekere J van der Linden het tydens daardie oorlog ‘n beloning van 30 sjielings per dag van die Britse militêre owerheid ontvang in Potchefstroom. Hy het hom as korporaal by die Boeremag aangesluit deur trou aan die nuwe Transvaalse regering te sweer. By ‘n byeenkoms van die Boeremagte te Paardekraal, nl die welbekende volksvergadering, het genl Piet Joubert uitdruklik die geleentheid aan diegene gebied wat die vryheidssaak nie goedgesind was nie om die terrein ongehinderd te verlaat. Van der Linden het nie daarop gereageer nie maar die Boere se geheime beplanning aan die Britte oorgedra. Nadat hy in ‘n skermutseling met die Britte gevange geneem is het die krygsraad op 31 Desember 1880 ‘n verhoor gehou, hom aan hoogverraad skuldig bevind en ter dood veroordeel. Op dieselfde dag is hy deur ‘n vuurpeloton terreggestel. Alhoewel die Britte later die teregstellings van beide Van der Linden en ‘n sekere Woite skerp veroordeel het, het die hoofregter van die Kaapkolonie, sir Henry de Villiers die argument verwerp wat deur die Britte aangevoer is.
WATTER GEES IS IN JOU VAARDIG?
SG Hagen
Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon – 2 Tim 1:14
Die gemiddelde gelowige Afrikaner se kennis gaan mank aan die Heilige Gees of altans, so dink ek. Daar is waarskynlik heelwat redes daarvoor. Miskien het ons wat in die drie susterskerke opgegroei het, te min van die Heilige Gees gehoor, of dalk te min verstaan.
Vandag wil ek my pen waag aan hierdie onderwerp want ek dink ek verstaan deesdae so bietjie meer daarvan, en tweedens glo ek mens moet oor hierdie onderwerp gesprek voer. Immers is dit die Heilige Gees wat aan ons gestuur is deur God self, en deur die toedoen van Jesus (Joh 14:16).
So leer ons dat die Heilige Gees ons voorspraak is, ons Trooster en dat Hy die Gees van die waarheid is. Hierdie Gees alleen bring geloof in die gelowige tot stand en oortuig my van sonde.
TOESKOUERS VAN ONS EIE ONDERGANG
Dr Danie Theron
Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Dit kom voor of ons volk ‘n hulpeloosheid ervaar wat hulle totaal weerloos laat.
Nadat Petrus, die deur-God-geopenbaarde verklaring maak dat Jesus die seun van God is, het Jesus hom verseker dat die poorte van die hel (duisternis) nie die kerk (volk) van God sal oorweldig nie. Maar hoekom wil ons dit nie vandag meer glo nie?
Petrus het pas, nadat hy saam met alle gelowiges een van die kragtigste momente in die Bybel beleef het (Matt 16:16), probeer om Jesus wys te maak dat Hy nie sou sterf soos wat God dit wou nie. Skielik word Petrus deur Jesus as Satan aangespreek juis omdat hy hom verset het teen God se wil! Petrus word in 'n ommesientjie 'n dissipel van Satan. Sy geloof verander dramaties na kleingeloof.
U IS ‘N GOD WAT SIEN
Hannes Ollewagen
Génesis 16:1-16
“Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is ‘n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?” (:13).
Sou die Here in vers 8 van die gelese gedeelte vir Hagar na haar omstandighede vra omrede Hy werklik nie kennis dra van haar doen en late nie? Sou Hy, wat vir Hagar op haar naam aanspreek, dan nie ook bewus wees van haar omstandighede nie? God was natuurlik bewus van Hagar se situasie en dit is juis waarom Hy Hom tot haar gewend het. Hy het in sy groot barmhartigheid sy reddende en vertroostende hand na Hagar uitgestrek.
BEWAAR AFRIKAANS?
Praktiese mens
Taal is onbelangrik. Waarom daar mense is wat hulle tot die behoud en uitbouing van Afrikaans verbind, is vir my onbegryplik, want in enige ander taal soos Engels, Duits, Frans en Sweeds, presteer studente, navorsers en ander tot op die hoogste vlak. Die gewone man op straat vind ook geen moeite om met mekaar te kommunikeer nie.
Ons voorouers, van Jan van Riebeeck se tyd af, het 'n eie taal ontwikkel en onnodige energie daarin gesit om 'n taalstryd aan te knoop. As hulle destyds Engels as taal aanvaar het sonder al die geveg en kostes, het ons vandag geen taalstryd gehad nie en kon ons almal maklik met mekaar in Engels kommunikeer. Dit was kortsigtig van ons voorouers om te reken dat hulle 'n taal-erfnis aan ons nagelaat het. Met al hulle onnodige moeite het hulle slegs veroorsaak dat hulle eie kinders met donkie-ore en swart kolle op die voorkop bespot was. Wie praat in elk geval deesdae Afrikaans?
‘N LEWE SONDER VOOROORDEEL?
SG Hagen
Liberale kommentators word blykbaar goed betaal vir die kaf wat hulle daagliks kwytraak. Wel, dit is die enigste gevolgtrekking wat mens kan maak as gesien word hoe, te midde van ‘n staat wat voor ons oë in anargie verval, steeds volgehou word om oor die “wonder” van menseregte te praat.
Die argument van die menseregte-teoloë is klaarblyklik dat ‘n land sonder diskriminasie die vrede, gelykheid en menswaardigheid daar gaan stel wat die Grondwet propageer. Maar wat beteken “geen diskriminasie” regtig?
Wat dit klaarblyklik moet teweeg bring is ‘n staat waar vooroordeel verwyder is en almal dan as resultaat daarvan, gelyk is. Beter gestel – ‘n klaslose samelewing! Is dit dan nie ook wat Kommunisme beoog nie? Inderdaad!