Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons eerlik wil erken wie elkeen van ons werklik is, sal ons saam met Dawid sê: "Maar ek is ellendig en behoeftig, o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my Redder; HERE, vertoef tog nie!"
ERFNIS VIR ALLE VOLKE
Johan Dorfling
Dr Verwoerd het die bewaring van erfnis as uiters belangrik beskryf. In 'n toespraak op 8 April 1959 het hy gesê dit is die plig van die volk self om te sorg dat dit wat hy geërf het, behoue bly. Die Staat kan nie na die publiek gaan en hom probeer opvoed tot bydraes om sy erfenisse te bewaar nie. Alleen 'n liggaam gebore uit die publiek self kan hierdie taak verrig. Plaaslike owerhede het net so 'n direkte belang en behoort net so 'n direkte steun te gee as 'n volk se lede en besighede self. Daar bestaan ook onder die nie-blanke bestanddele van ons land die piëteit teenoor iets wat aan hulle behoort. Weer eens was dit onpartydige en wyse woorde van dr Verwoerd dat aan ander gegun moet word wat hulle toekom.
BETSIE VERWOERD...
... bring nuwe roem oor die naam van die Afrikaanse vrou
Susan du Plessis
Sy was sterk met ’n krag wat verstom en beskaam en besiel het. Sy het ’n onvergeetlike voorbeeld van selfbeheersing en waardigheid gestel. En van bedagsaamheid. Sy, wat bo alle andere behoefte aan troos en bystand moes gehad het, sy het andere getroos en bygestaan. En deur al die smartlike dae heen het sy telkemale na andere omgesien, die hand na andere uitgesteek.
Op 6 September en in die sombere dae wat gevolg het op die moord op dr Verwoerd, het Betsie Verwoerd bo alle andere uitgestyg wat in die woorde van Die Burger, nuwe roem oor die naam van die Afrikanervrou gebring het. So klein van gestalte soos sy is, het die figuur Betsie Verwoerd gegroei totdat dit op die dag van die begrafnis die hele toneel oorheers het.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (1)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
'N BIOGRAFIESE SKETS
Dr. H.O. Terblanche
"Die vraag wat dikwels gevra word is waar Suid-Afrika vandag sou staan indien Verwoerd nie vermoor is nie. Sou ons die buitelandse druk kon weerstaan? Sou ons vandag ekonomies 'n wêreldreus wees met nasionale vooruitgang en stabiliteit, 'n lae misdaadsyfer en vrede in ons land?"
HENDRIK FRENSCH VERWOERD is op 8 September 1901 in die huis by Jacob van Lennepkade 16, Amsterdam gebore. Hy was die tweede kind van Wilhelm Johannes Verwoerd (1874- 1961) en Anje Strik (1873-1940). Verwoerd se voorgeslag aan vaderskant was van Bodegraven in die provinsie Suid-Holland afkomstig en sy moeder was van Friese herkoms. Hulle was lidmate van die Gereformeerde Kerk in Nederland.
Hulle simpatie en meelewing met die Boere se heroïese stryd in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) was waarskynlik die sterkste beweegrede vir die gesin se verhuising na Suid-Afrika in November 1903. Hendrik was toe 'n seuntjie van twee jaar en twee maande. Verwoerd se ouers het hulle volkome met die Afrikanervolk vereenselwig.
Hulle het hulle in Wynberg gevestig en Verwoerd het in 1913 die Wynberg High School for Boys bygewoon. Die gesin het einde 1913 na Bulawayo in die destydse Rhodesië verhuis waar sy vader die betrekking van "hulpleraar" van die uitgestrekte NG-gemeente aldaar beklee het. Verwoerd het leerling geword aan die Milton High School waar hy in een van die skranderste leerlinge ontluik het.
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (7)
>
>>
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“En by dit alles is daar tussen ons en julle ʼn groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26).
Sonde vorm ’n diep, onoorbrugbare kloof tussen God en mens. In die Gelykenis van die ryk man en Lasarus sê Vader Abraham vir die ryke: “En by dit alles is daar tussen ons en julle ʼn groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie”. (Luk.16:26). Daar is ʼn kloof tussen God en mens met net een brug - Jesus Christus en niemand anders nie.
VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD
RADIO ROSESTAD
Radio Rosestad is ’n Afrikaanse gemeenskapsradiostasie wat in 1994 gestig is en wat gebou is op ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing. Die stasie, wat op 100.6 FM in Bloemfontein en omgewing uitsaai, fokus op die uitbouing van die Afrikaanse taal sowel as die kultuur, tradisies, belange en gemeenskapsbehoeftes van die Christen-Afrikaner.
Die pos van Hoofbestuurder by Radio Rosestad is tans vakant. Kandidate, wat die missie en visie van die radiostasie onderskryf en wat die nodige kwalifikasies, kundigheid en ervaring het (soos hieronder uiteengesit), sal vir hierdie pos oorweeg word:
• Passie vir die handhaaf en uitbou van Radio Rosestad se visie en missie
• Bestuurservaring in die uitsaaibedryf en kennis van radio (insluitende programme, musiek, advertensies, bemarking, promosies en tegniese aspekte).
• Leierskapsvaardighede en die vermoë om in spanverband te werk is ’n voorvereiste vir die pos
SALARIS: Onderhandelbaar
Radio Rosestad se beleidsdokumente is op aanvraag beskikbaar.
Stuur asseblief u aansoek saam met ’n CV, wat ten minste ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, per e-pos voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die volgende e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
VERKEERDE BEGRIP VAN APARTHEID
Johan Dorfling
Die begrip apartheid word gereeld misverstaan, hetsy deur onkunde of moedswillig. Van buitelanders wat ver van die toepassing van apartheid leef, kan dit in 'n mate begryp word omdat hulle waningelig is en selfs dink dat swartes nie in dieselfde winkels as die blankes mag koop nie. Maar landgenote wat alhier grootgeword het en die praktyk van kleins af beleef en ken, kan slegs moedswillig optree omdat hulle onder die invloed van kommunisme is wat sommige mense as hoogste gesag erken en 95% van alle mense as minderwaardig reken. Die 95% derdeklas mense, die gepeupel, is gedoem om die kommunistiese regering slaafs te dien.
Om dwase van die waarheid te oortuig, is byna onmoontlik.
WYSHEIDSTORIES (3)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
DIE WAARDEVOLSTE
Daar was eenmaal 'n belangrike koning wat al baie oud was. Hy het drie seuns gehad: Prins Hooghartig, Prins Ridderhart en Prins Goedhartig. Al drie was goeie, knap seuns wat verskillende opvattings gehad het, sodat dit moeilik was om te besluit wie die ou koning moes opvolg.
Eendag het die koning sy drie seuns laat roep en gesê: "Ek raak elke dag ouer en swakker, en om te kies watter een van julle by my moet oorneem, gaan ek julle toets. Julle moet kos vir net een dag saamneem en dan daardie week die hele koninkryk deursoek na Dit-Wat-Die-Waardevolste-Is. Julle moet self uitvind wat dit is, maar die een wat dit vir my bring, sal koning word."
ONS IS DUUR GEKOOP
Hannes Ollewagen
1 Kor. 6:12-20
“Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” (:20)
Ons hoor gereeld in die moderne musiek en nuusmedia van die sogenaamde reg wat die mens oor homself het. Daarenteen leer die Woord van God dat ons in liggaam en in gees nie aan onsself behoort nie, maar aan God wat ons duur gekoop het.
Die siening van die wêreld is dat die mens aan homself behoort. Hierdie siening leen die mens daartoe om aan elke begeerte van die vlees toe te gee. Die mens moet hiervolgens eintlik maar net aan homself gehoorsaam wees. Hierdie humanistiese siening verhef die mens tot sy eie “god” en as een of ander begeerte jou beetpak, moet jy dit bevredig. Dit is blykbaar die resep vir ‘n “gelukkige” lewe.
BYBEL EN VOLKSTRYD (6)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
In hierdie reeks word 20 preke aangebied wat almal betrekking het op die Afrikaanse volkslewe en die politiek. Dit is geskryf deur wyle ds. C R Kotze wat as jongman by die Boeremagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog aangesluit het. Hy is in ’n veldslag gewond, gevange geneem en na St. Helena as krygsgevangene verban. Hier het hy onder diep geestelike indrukke gekom en besluit om sy lewe te wy aan die bediening van die Goddelike Woord.
GEEN UITLANDER-REGERING NIE
Deut. 17:15: “Dan moet jy sekerlik ’n koning oor jou aanstel wat die Here jou God sal verkies; uit die midde van jou broers uit moet jy ’n koning oor jou aanstel ; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie”.
GOD het die volk uit die Egiptiese slawerny verlos. God gee hulle wette. God lei die volk na hul vryheidserfenis. Maar die Here sê : As julle daar kom en julle wil ’n koning kies, dan moet julle geen uitlander kies nie. Net een uit jul eie volk. En ’n man wat God vrees. So regeer God oor ’n volk, deur ’n persoon of persone daar in die regering te stel wat God dien.
JONGSTE BYBELVERTALING
Gelowige
Dit is vir my vreemd om van 'n Direkte Bybelvertaling te lees asof wat ons as 'n die betroubare Bybelvertaling beskou het, nie 'n direkte vertaling uit die ou geskrifte was nie. Dit skep verwarring omdat die 1933/53 vertaling juis vanuit die oorspronklike tekste gedoen was in goeie Afrikaans sonder om Afrikaans te verbaster.
In elk geval, ek het op die Internet nagegaan en gevind dat uit verskeie oorde geldige besware aangeteken is teen die vreemde woorde wat nou in die Afrikaanse Bybel ingesluit word. Dit beteken onder andere blykbaar dat Hebreeuse en Griekse woorde as Afrikaans beskou word. Moet ons dan ander tale se woordeskat leer om die Afrikaanse Bybel tuis te kan lees en verstaan? 'n Vriend wat 'n taalkundige is, vertel dat meeste mense se woordeskat in hulle eie tale beperk is tot ongeveer 20 000, miskien tot 30 000 vir 'n klein persentasie indien hulle beroep in daardie rigting is.
PERSVERKLARING TLU-SA OOS-KAAP
Johan Dorfling
Boere glo nie die ANC se jongste uitlatings nie. Mnr Johan Steyn, TLU-SA Oos-Kaap se voorsitter, sê in 'n onlangse persverklaring dat daar - onverklaarbaar - groot opgewondenheid heers oor die onlangse vergaderings en die paaipraatjies wat daaruit spruit. Die volgende aanhalings kom uit sy persverklaring.
"Ons moet besef dat ons in 'n langtermynstryd teen 'n kommunistiese regering gewikkel is. Hulle maak van elke slinkse plan gebruik - insluitend misleiding en leuens - om hulle teenstanders te paai en te mislei."
"Die ANC by monde van mnr Ramaphosa en ander senior amptenare het dan al tot vervelens toe herhaal dat hulle eiendom gaan onteien sonder vergoeding. Hoekom sal hulle nou ewe skielik daarvan wil afsien?"
Mnr Steyn het beklemtoon dat die ANC geensins in feite, redelikheid, gesprekvoering en ekonomiese werklikhede belangstel nie.
Hierdie woorde namens die boere wat lid van TLU-SA Oos-Kaap is, is so in die kol as wat kan kom.
VOLKSREGERING (56)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOLKEREVERMENGING VEROORSAAK ONRUS
Daar was al soveel pogings in die geskiedenis waar onderskeie volke gedwing is om saam een owerheid te vorm en saam besluite te neem dat niemand onkundig daaroor kan wees nie. Alle pogings het misluk omdat besluitneming op 'n spits van een volk uitloop. Waar twee of meer volke gesamentlik besluite moet neem, verskil hulle dikwels van mekaar en wie se stem gee dan die deurslag?
Selfs na meer as 24 jaar se gedwonge meerderheidregering en gepoogde gedwonge integrasie verskil die onderskeie volke in Suid-Afrika ingrypend van mekaar. Een volk blameer die ander van verkeerde denke en verskil oor politiek en taal en kultuur.
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (6)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“Menere, wat moet ek doen om gered te word? Glo in die Here Jesus en jy sal gered word”. (Hand.16:30)
Almal wil graag na die dood in die hemel kom. Kan ʼn mens moontlik iets doen om dit te verdien? Nee, jy kan nie want die kaartjie na die hemel is gratis. Verlossing kos nie een sent nie. In Hand.16 val die tronkbewaarder van Filippi bewend voor Paulus en Silas neer: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hy was ’n Griek en Grieke het ʼn magdom van gode vereer. Om in hierdie gode se goeie boekies te bly, moes daar altyd iets vir hulle gedoen word.
Jare gelede het ʼn Britse sendeling in Indië ʼn ou man wat op sy hande en knieë gekruip het langs die pad opgemerk. Daar was nie meer velle aan nie; net bloed. Toe hy hom na die rede vir sy self marteling vra, het die man geantwoord dat hy na Delhi kruip (140 km daarvandaan). “Waarom doen jy dit?” het die sendeling gevra. “Om in die hemel te kan kom” het hy geantwoord en geglo dat hy sodoende ʼn plek in die hemel kon verdien.
DEUR STIL TE BLY UIT “VREES VIR DIE JODE”
Dr Danie Theron
“Het ek dan julle vyand geword deur die waarheid te praat?” - Gal 4:16
In die Nuwe Testament lees ons dikwels dat gelowiges nie oor ‘n saak wou praat nie, “uit vrees vir die Jode.” Dit was selfs die geval waar Jesus ‘n wonderwerk gedoen het!! So volkome was die beheer van die Fariseërs reeds oor die Jode in Jesus se tyd op aarde. Dat Jesus hulle die mond gesnoer het, het geen verskil gemaak nie. Dit het trouens daartoe bygedra dat die Fariseërs verhard het in hulle optrede teenoor beide Jesus en die Jode.
Christene beveg mekaar maar swyg oor die Jode. Klaarblyklik is ‘n mede-Christen ‘n groter gevaar as ‘n Judaïs – iemand wat God verwerp en Christene haat!
VOLKSREGERING (55)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VERSLAWING VAN AFRIKANERS
Verskeie politieke wêreldkragte probeer om mekaar te uitoorlê sodat die oorwinnaar die wêreld kan regeer. Afrikaners is deeglik hiervan bewus, maar sien nie altyd die slinkse sette en nadele raak om dit te beveg nie. Die vele nadele word so goed as moontlik met 'n goeie omhulsel bedek. Sommige leiers en volkgenote vind dit moeilik om deur die omsigtigheid te sien. Om te kan oorwin, poog die betrokke magte om eerstens die ordestelsel in wanorde te laat opgaan en apartheid van meer as 24 jaar gelede daarvoor te blameer. Dit word eerstens probeer bewerkstellig deur die Afrikanervolk met verskillende standpunte te verdeel. Ja, dieselfde mag neem verskillende gestaltes aan sodat daar nie eendrag of samewerking tussen Afrikaners moet wees nie.
BOERE SAL ANC SE BOSE PLANNE TEENSTAAN
Persverklaring uitgereik deur TLU-SA Oos-Kaap
Boere glo nie die ANC se jongste uitlatings nie
Die algemene gevoel onder boere is dat mooipraatjies van president Ramaphosa en die bestuur van sekere landbou-organisasies nie die ANC se verklaarde doelwitte soos in hulle Nasionale Demokratiese Revolusie dokument uiteengesit is, ongedaan sal maak nie.
Johan Steyn, TLU-SA Oos-Kaap voorsitter, sê dat daar - onverklaarbaar - groot opgewondenheid heers oor die onlangse vergaderings en die paaipraatjies wat daaruit spruit.
“Die gevoel onder boere op grondvlak weerspieël nie dit wat op die vergaderings bespreek is nie. Die meerderheid boere glo dat die uitlatings bloot daarop gemik is om gemoedere oor die regering se dreigende gronddiefstal te kalmeer - dit is ’n rookskerm.” het hy gesê.
Hy het daarop gewys dat dit al dikwels in die verlede as ANC werksmetode bewys is. “Hulle kommunikeer radikale doelwitte om die reaksie daarop te toets voordat hulle dit effe afwater net om later op meer slinkse manier dit wel deur te voer.”
BYBEL EN VOLKSTRYD (5)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
CHRISTELIKE HAAT
Spr. 8 :13: “Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is.”
GODSDIENS is nie net gevoel nie. Dis handel, dis lewe, dis optree aan die kant van God. Optree teen sonde. Ja godsdiens bestaan ook daarin dat die mens die sonde haat.
Die ware christen is altyd partydig. Godsdiens is nie maar net ’n krag wat gereserveer word, wat ons by die sterfbed nodig het om te kan hemel toe gaan nie. Christelike godsdiens is nie maar net ’n vroom gevoel waarvan die medemens niks weet nie. Dis nie maar net ’n vroom aandoening wat diep in die gemoed weggesteek word nie. Volgens Rom. 12 is die redelike christelike godsdiens dat die liggaam gestel word tot ’n lewende heilige Godwelbehaaglike offerande ! Ons godsdiens is ’n krag wat ons hart vol maak, so vol dat dit oorloop in ons woorde en dade, in ons hele lewenswandel. Die christelike godsdiens is aktief. Dis ’n godsdiens van dade ! Dis nie defensief nie, maar offensief. Dit tree aanvallenderwys op. Dis ’n godsdiens van doen en durf !
WYSHEIDSTORIES (2)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
DIE JUDASGESIG
Teen die agterste muur van 'n saal in die klooster in Milaan in Italië is een van die beroemdste muurskilderye ter wêreld te sien: "Die laaste avondmaal" van Leonardo da Vinci.
Toe Da Vinci die eerste sketse vir die skildery aan die maak was, so word vertel, het hy 'n jong man gevind wie se gesig van soveel edelheid getuig dat hy hom gevra het om as model vir die Christusfiguur op te tree.
Daarna het Da Vinci meer as 'n jaar lank aan die apostelfigure geskets. Toe hy ten laaste by Judas kom, het hy rondgesoek na 'n gesig wat as model vir die verraaier kon dien. Dit moes onmiskenbare innerlike verraad en verval weerspieël. Na maande se soektog ontdek hy waarna hy soek in die gelaat van 'n jong man in 'n berugte kroeg.
WAT SKUIL AGTER DIE “GELYKHEIDSIDEE” IN DIE GRONDWET?
Dr Danie Theron
Die 1996-grondwet maak groot gewag van gelykheid as waarde wat bereik moet word naas menswaardigheid . Wat word hiermee bedoel?
Uit ‘n toespraak van Nelson Mandela wat in 2001 gehou is, word nader aan die oogmerk waarna gestreef word, gekom. Daarin verklaar hy dat die grondwet se doel transformasie is na ‘n stand wat deur almal gedeel word en na ‘n land wat aan almal behoort. Die grondwet is dus die metode om dit te bewerkstellig. Die aspirasies van die mense (die meerderheid) is dus daarin vervat.
Word na die praktyk gekyk sien ons sedert 1994 dat daardie aspirasies gestalte gekry het in ‘n herverdeling van rykdom – ‘n sosoialistiese staat. Wetgewing word geïmplimenteer om eiendomsreg te ontneem en baie meer word nog beoog, stap vir stap. Wetgewing is nou in die pyplyn om mediese sorg “toeganklik” vir almal te maak. Regstellende aksie, die skuilnaam vir gewettigde diefstal, vind plaas oor die totale spektrum.
IN HOM IS LEWE
Hannes Ollewagen
Genesis 2:4-25
“En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.” (:15&16).
Ons lees in Genesis 3 dat Adam en Eva dan wel hierdie gebod van God oortree het. Ons weet ook dat hulle nie dadelik neergeval en gesterf het nadat hulle van die verbode vrug geëet het nie. Sou dit God dan tot ‘n leuenaar maak? Het Hy dit nie uitdruklik gestel dat die dag as hulle daarvan eet, hul sou sterf nie? ‘n Verklaring wat ons gereeld hierop hoor is dat Adam en Eva se ongehoorsaamheid tog daartoe gelei het dat hulle uiteindelik gesterf het. Ons verwag daarenteen dat hulle dalk in die Paradys onsterflik sou wees indien hulle nie ongehoorsaam aan die woord van God was nie. Maar stel God dit nie dat hulle sal sterf dieselfde dag wanneer hulle daarvan eet nie?