Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke mens se kruik word by tye so leeg dat jy niks meer het om mee te werk nie. Daar is net een plek om dit weer vol te maak: aan die voete van ons Here Jesus. Gaan sit nou jou leë kruik daar neer en vertel aan Hom hoe jy jou daaroor bekommer, en jy sal verstom staan hoe Hy dit met al jou daaglikse benodigdhede opvul !
VOLKSREGERING (39)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANER VOLKSHELDE
Daar was soveel uitmuntende figure in Afrikanergeledere dat talle boeke oor hulle geskryf kan word. Dit is nie net generaals of presidente of mense met hoë range wat daarby ingesluit is nie. Dink maar aan die klomp Afrikanervroue wat na die Vryheidoorlog en sonder plaashulp ploeg getrek het by gebrek aan trekdiere en wie se name almal aangeteken moes gewees het. Diep ploegvore trek is moordend. Hulle mans was nog krygsgevangenes. Wat van die mans en seuns wat opgetekende en onopgetekende heldedade verrig het?
VOLKSREGERING (38)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
STAATSMANNE UIT ONS GESKIEDENIS
Die ontstaan en ontwikkeling van die Afrikanervolk en die persoonlikhede uit ons geskiedenis is besonderlik. Ons kan trots wees op die leiers wat ons gehad het en dit leer ons uit ons eie geskiedenis. Net van 'n paar name word melding gemaak.
Jan van Riebeeck was 'n merkwaardige man. Hy was met die hand uitgesoek om na 90 man om te sien as "regeringshoof" en hulle van raad te dien. Hy moes die kennis hê van boumeester, notaris, tuinier, boer, timmerman, messelaar en smid en het sy hande vol gehad om almal aan die gang te hou en te help beplan. Dit het hy met onderskeiding gedoen en sy staatsmanskap was uitstekend. Hy was die eerste denker alhier wat besef het dat as volke van uiteenlopende kulture vermeng, dit op wanorde sal uitloop, daarom het hy ondertrouery met andersoortige volke verbied en volkseie (Europeërs) voorop gestel.
VOLKSGENOTE ONBEWUS VAN DUISTERE REGERINGSMAGTE
Bittereinder
Die situasie lyk sleg in hierdie land. Botsende kulture met uiteenlopende verwagtings sê mekaar die stryd aan. Barbaarse optrede is aan die (wan)orde van die dag. Dit is natuurlik voorspel gegewe die les van die geskiedenis; al het die waarskuwings op dowe ore geval. Tog lyk dit in 2018 of ons baie nader aan 'n situasie beweeg waar die geweld, chaos en ellende 'n klimaks kan bereik. Dan kan ons jonger geslag vra: maar wat van ons? Ons wat nog (eers) ons talente wil ontgin? Ons wat nog die vreugdes van die lewe wil ervaar? Die toestande wat ons vandag beleef in hierdie land noop baie van ons om by die Here te smeek om ingryping, ander weer dink die situasie is onomkeerbaar op pad na verwoesting en ander vra dat die Here se wederkoms tog gou sal plaasvind.
GETALLE VERDRUK REGVERDIGHEID
Johan Dorfling
Daar was van die ANC se bestaan af 'n vertrouensgaping tussen hulle en Afrikaners omdat die ANC nie by die gees van samesprekings en verstandhoudings gehou het nie. Namate dit duidelik geword het dat die ANC se woordvoerders gesprekke nie ernstig opneem nie, het die belangstelling om te praat afgestomp en het die ANC die geringste politieke vertroue laat tuimel. Met hulle kwaadwillige benadering wat geweld en moord ingesluit het, is hulle heeltemal tereg volgens beskaafde standaarde onwettig verklaar. In die howe het hulle hul wandade openlik erken.
Toe die huidige volkvreemde regering, in 'n poging van versoening deur die blanke regering, die onverdiende geleentheid gebied was om beheer oor te neem, het die meerderheid met hulle getalle die grondliggende belange van 'n minderheid bloot weggestem, soos byvoorbeeld hul werk-, taal-, grond- of onderwysregte, of waar hul belasting bloot gevat word sonder dat hul belange ook daarmee gedien word. Regverdigheid sonder kulturele vryheid is betekenisloos, want dan beteken die begrip oorheersing en rassebevoordeling.
NASIONALISME ONS CHRISTELIKE PLIG
Bittereinder
Ons hoor nog elke dag hoe boos apartheid was en hoe wreed die gevolge daarvan Is. Dit bly een van die grootste leuens wat ooit deur ons volksvyande uitgedink is. Selfs blankes in Suid-Afrika het begin glo dat daar waarheid in steek maar al wat hieruit wys gemaak kan word is die onkunde en naïewiteit van sommige van ons volksgenote. Kom skerp u kennis op oor wat die sogenaamde verskriklike woord ‘apartheid’ werklik beteken.
Die beleid van apartheid was niks anders nie as die praktiese uitvoering van nasionalisme. Dit gaan immers by nasionalisme om die handhawing van die eiesoortigheid; die afsonderlikheid van elke volk – presies wat die beleid van apartheid ten doel gestel het. Indien enige party of organisasie weghardloop van die beleid van apartheid, soos wat meeste gedoen het, word terselfdertyd weggehardloop van nasionalisme.
AFRIKANERS WERK SAAM
Johan Dorfling
Sonder 'n landwye organisasie is dit moeilik om 'n groot deel van die volk te bereik, maar sonder daardie ratwerk is daar genoegsame getalle volkgenote wat erns het met samewerking om die doel van onafhanklikheid binne volkverband te bereik. Slegs enkeles is hensoppers en niksdoeners om soos die spreekwoordelike muis in die melkemmer te swem. Daardie muis wat moed opgegee het en in die melk verdrink het. Sy maat het volhard met sy pogings totdat die room dik genoeg geklits was om uit te spring en vry te wees.
Dit is die plig van elke Afrikaner om nie net aan homself te dink nie, maar om ook sy nageslag en volkgenote by te staan en te beskerm. Dink aan die koopkrag wat jy het om by jou eie mense te koop en nie by vreemdes nie. Jy kan onmiddellik wen, maar indien nie onmiddellik nie, kom die wen later.
MANDELA SE NALATENSKAP...
...vloek of seën?
Ds A vd Berg
Die viering van Nelson Mandela se 100ste geboortedag op 18 Julie vanjaar geniet alreeds baie plaaslike en internasionale aandag. Sommige mense wag dit byna soos Kersfees af. Maar, is daar werklik iets om oor opgewonde te wees? Verering volg niemand graf toe nie, slegs nalatenskap.
Hoe lyk Mandela se nalatenskap? Mense huiwer soms uit vrees vir verguising om ʼn kritiese woord daaroor te uiter. Ikonifisering (mense-verafgoding) het hom selfs na sy dood feitlik onaantasbaar gemaak.
Miljoene beskou hom as ʼn rolmodel van uitmuntende leierskap. Buitelanders het selfs standbeelde vir hom in Parliament Square in Londen (2007) en Ramallah (2016) opgerig om net twee daarvan te noem. Die Amerikaners het selfs ʼn rolprent oor sy lewe gemaak wat hom as ʼn wêreld-ikoonuitbeeld wat vir 27 jaar verkeerdelik in die tronk vir sy oortuigings geboet het.
BRON VAN LIEFDE
Ds Andrè van den Berg
“ ʼn Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle mekaar liefhê” - Joh.13:34
God is die Bron van die liefde. As ons God nie deur die wedergeboorte leer ken nie, kan ons nooit opreg liefhê nie. Liefde kom van God want God is liefde. “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde” (1 Joh.4:8).
Wie nie kind van God is nie, kan nooit in God se liefde vir sondaars deel nie. Die pad van die liefde is ʼn opdraande pad, wat inspanning, toewyding, vergifnis en geduld verg soos wat in 1 Kor.13 duidelik uitgespel word. Hierdie beskrywing van die liefde is as’t ware ʼn portret waarvoor Jesus self geposeer het. Liefdevolle mense se lewens val nie uit mekaar nie. Liefde is die skoonheid van die siel en die enigste mag wat van ’n vyand ’n vriend kan maak. Liefde is die enigste ding wat ons op ons lewenspad saamdra wat die reis nie swaarder maak nie.
VERONGELUK DEBAT DOELBEWUS
Johan Dorfling
Een van die vernaamste voorvereiste vir 'n redelike debat tussen mense wat van mekaar verskil, is om mekaar se sienings uit te ruil. Maar wat gebeur wanneer een party weier om na die ander se sienings te luister? Die een kant van die aangeleentheid, geregverdig op suiwer redenasies, word sonder meer verwerp of bespot? Ironies genoeg, baie van die bespotting word gegrond op onkunde en tekort aan insig omdat die betrokke party eenvoudig weier om na die betekenis van die feite te kyk. Om die waarheid aan te hoor, sal hulle kleinlike denke in die wiele ry.
ONREGLESSE (6 & SLOT)
BOSE WETGEWING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Saaiers
Die Bybel gebruik dikwels landboutaal om God se wil en oordeel duidelik te maak:
“Want ons is medewerkers van God; die akker van God... is julle” (1 Kor.3:9).
“Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet ...” (Hos.10:13).
Sonde maak harte hard en onbruikbaar. Dit moet soos braakland gebreek en van onkruid (onreg) bevry word alvorens God se saad daarin kan ontkiem en vrug dra:
“Wie onreg saai, sal onheil maai...” (Spr.22:8).
ONREGLESSE (4&5)
BOSE WETGEWING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Ondankbaar
Booswigte is ondankbare mense. Hulle deel in die aardse seëninge wat God vir gelowiges bestem, maar eer Hom nie daarvoor nie:
“Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ʼn land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie” (Jes.26:10).
“Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie” (Sef.3:5).
Wie onreg pleeg, het geen skaamte nie en is geestelik siek. Buiten die bekering is daar geen genesing vir hulle nie. God straf hulle:
“Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE” (Jer.8:12).
KOMMUNISME IN SUID-AFRIKA
Johan Dorfling
Kommunisme is so wyd oor die wêreld versprei dat dit moeilik herkenbaar is. Dit is wat kommuniste met breinspoeling bereik. Kommunisme is 'n geloofsoortuiging wat godsdienstigheid regstreeks minag en 'n volk se lewe infiltreer om sodoende die aarde te beheers. Wetlike maatreëls alleen kan kommunisme nie keer nie. 'n Lewenskragtige en oortuigde Christendom wat werkdadig uitgeleef word, is die enigste doeltreffende verdediging.
In die stryd teen kommunisme is daar geen plaasvervanger vir noukeurige, doelgerigte kennis nie. Hulle bied as 'n beginpunt liefde en vrede aan almal en beweer dat die volk moet regeer. Solank ons glo dat kommuniste soos ons dink en vryheid, wat hulle demokrasie noem, nastreef, het ons die eerste tree gegee om deur hulle oortuig te word. Hulle is onderliggend 'n voortreflike organisasie en strategies beweeglik in hulle optrede.
BLANKES BEWYS EERLIKHEID
Johan Dorfling
In aansluiting tot Gelofteland se strewe dat ons mense ons self moet handhaaf, het ek dit goedgedink om my standpunt te stel. Dit is soos ek dit van my ouers en ouer vriende geleer het. Die wysheid van die grysheid beïndruk my vandag nog. Daardie mense het met min geleerdheid en met selfstandige selfdoen dieper gedink en meer bereik as baie geleerdes. Eer jou vader en jou moeder is 'n wysheid wat God self in sy Woord as 'n beginsel neergelê het.
Die leiers van die Afrikaners het onder meer in 1917 onafhanklikheid bespreek. Onder andere het hulle verwys na dr Woodrow Wilson, president van Amerika en Lloyd George, eerste minister van Engeland, wat verklaar het dat alle volke die reg moet hê om oor hul eie lot te beslis en dat geen volk ooit gedwing moet word om onder 'n heerskappy te staan waaronder hy nie wil wees nie. Omdat die verklarings ooreengestem het met die beginsels van reg en geregtigheid het die Afrikanerleiers ten volle daarmee saamgestem. Die beginsels is ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak.
VOLKSREGERING (37)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GEBREK AAN KENNIS
Selfs sommige Afrikaners wat as geleerd deurgaan, ontbreek aan uiters noodsaaklike kennis van hul eie geskiedenis soos om apartheid as regverdigheid te verstaan. 'n Volk se hoop om vir homself 'n toekoms te skep, lê in kennis van sy verlede en hy moet sy toekoms daarop bou (president Paul Kruger).
Ons is nie 'n lesende volk nie. Ons mense lees selde 'n boek van ernstige aard, bestudeer ook nie vraagstukke waarmee hulle worstel nie. Van ons luister na wat teenstanders van apartheid in koerante, radio, en beeldradio aanbied en glo hulle sonder om die geloofwaardigheid daarvan na te gaan. Dit veroorsaak gebrekkige kennis – onwaarhede – skuins gedraai. Langenhoven het uitgewys "Moenie openlik 'n leuen vertel nie. Hou die waarheid net effens skuins en wat jy sê word maklik geglo". Ons vyand probeer hierdie wysheid van een van ons mense op ons toepas.
OM ONBERISPELIK TE WEES
Hannes Ollewagen
1 Thes. 3:1-13
“...sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.” (:13).
Elke gelowige het sekerlik al die punt bereik waar hy/sy voel dat hulle baie na aan die toppunt van hul geloofslewe gekom het. Daardie punt waar dit vir ‘n mens voel asof jy nou die Woord van God meermale deurgewerk het en met die inhoud daarvan goed vertroud is. Daardie punt waar ‘n mens so maklik die groot fout kan begaan om te dink dat jou geloofsverantwoordelikheid afgehandel is. Jy het nou genoeg gedoen om die ewige lewe te beërwe en kan nou op ander dinge in die lewe fokus.
ONTEIENING SONDER VERGOEDING
Meinhard Peters
Lees meer daaroor by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Verslag oor “onteiening sonder vergoeding” ingedien
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (IKG) het gedurende Meimaand ’n spesiale verslag in Engels opgestel wat ingedien is by die parlement se gesamentlike komitee vir die hersiening van die grondwet. Die besluit wat die ANC in die parlement deurgevoer het (met die ondersteuning van Julius Malema se EFF) oor grondonteiening sonder vergoeding is na hierdie komitee vir oorweging verwys. Die komitee moet besluit hoe Artikel 25 van die RSA Grondwet aangepas moet word om onteiening sonder vergoeding in uitdruklike terme toe te laat. So ’n ingrypende wysiging sal verskeie maatreëls in die grondwet buite werking stel, en dit sal die howe verplig om die staat se arbitrêre beslaglegging op grond te aanvaar. Om hierdie rede word die ANC se planne oor grond deur baie instansies as “grondroof” of “diefstal” beskryf.
VOLKSREGERING (36)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
MISLEIDINGSTAKTIEK
Teenstanders van apartheid gebruik misleidingstaktiek om hul saak te stel, byvoorbeeld deur openbare geriewe vir slegs Blankes voor te hou en slegs vir Nie-Blankes te verdoesel, slegs geriewe vir Blankes in treine te noem en slegs vir Nie-Blankes te verswyg. Dan het hulle boonop oneerlik geen melding gemaak dat aan Nie-Blankes goedkoper tariewe vir openbare vervoer toegestaan was nie.
Teenstanders van apartheid, dit is teenstanders van volkseie regerings, is kortsigtig en moedswillig in hulle uitkyk en verduidelikings wat die voordele betref.
ONREGLESSE (3)
BOSE WETGEWING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Nêrens is die skrif vir ʼn regering so duidelik aan die muur as wanneer hul wetgewing onreg wettig nie. Boosdoeners skuil graag agter die masker van ʼn regstelling van gewaande onreg en pleeg onder die voorwendsel van geregtigheid vir almal groter onreg. Afrika is vrot daarvan! Ongelukkig is hierdie regstellers van onreg baie gewild onder dwase en ontvang selfs internasionale toekennings vir hul onregskeppings.
Elke troon van onreg is ʼn troon van die Satan. Daarom hou sy dienaars hul met onregwetgewings op. Daarmee word die wet wat veronderstel is om ʼn nagmerrie vir booswigte te wees, in effek hul beskermheer!
Oral waar onreg gedy, ly gelowiges daaronder:
VOLKSREGERING (35)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
TEENSTRYDIGHEDE IN POLITIEK
Daar bestaan 'n ietwat teenstrydige toestand in die politiek. Dit is dat 'n volk militêr swak mag wees, maar met 'n gesonde en sterk ekonomie nogtans die ekonomiese wapen kan hanteer. Min invoere, net wat regtig noodsaaklik is om gebrek aan te vul en genoeg produkte/grondstowwe om aan die buiteland te verkoop, is gesonde ekonomie. Om grondstowwe self te verwerk is beter, want dit bied werkverskaffing. Vestiging van bedrywe wat ander nie so ekonomies kan nadoen nie, is voordelige ontwikkeling. Geskeie regerings met wedersydse heil en samewerking tot almal se voordeel is die grondslag vir vrede en ontwikkeling. Dit is wat met apartheid bereik word.
VOLKSREGERING (34)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOORDELE VAN APARTHEID
In 'n apartheidbeleid groei die getal onderwyskragte en leiers op alle rangvlakke en ontstaan daar allerhande beroepsgroepe, amptenare in staatsopset en in die openbare nywerhede wat hulle eie mense dien. Sodoende vind 'n opkoms van verskeie beroepe binne 'n volkgroep plaas en word 'n bron vir ontwikkeling geskep.