Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aanvaar dat alle huwelike hier op aarde deur hulle seisoene van ernstige verskille tot gemeensaamheid wissel; want volmaakte huwelike word net in die hemel gemaak. En werk harder aan joune!
VOLKSREGERING (20)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
TOEGEWINGS LEI TOT ONDERGANG
Afrikanerleiers met diepe insig het lank gelede daarop gewys dat ons Afrikaners as 'n volk sal verdwyn as ons die geringste toegewing oor ons beginsels maak. 'n Klein toegewing sal ALTYD sneeubal tot so 'n groot mate dat jy dit nie kan keer nie. Dit gebeur op alle terreine van die lewe.
Onderhandelings tot vreedsame naasbestaan van volke beteken dat daar van beginsels afgewyk moet word, anders kan geen onderhandelings plaasvind nie. Die doel van onderhandelings is immers dat beginsels van twee kante af prysgegee moet word om die onderhandelings te laat slaag. Tog word daar gewoonlik net van een kant af verwag dat die beginselvastes moet toegee, want die ander stel mos nie perke nie, alles is aanvaarbaar.
DIE BYBEL WOND SONDAARS
Ds Andrè van den Berg
“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het”(Hebr.4:12,13).
Jare gelede het ʼn sendeling Bybels aan almal wat sy pad gekruis het uitgedeel. So het ʼn heiden by geleentheid ook onder sy vrygewigheid deurgeloop. ʼn Tyd daarna is hy een dag met ʼn klagte na die sendeling se huis. Hy het gekla dat die Bybel drama in sy huis veroorsaak nadat sy beste jaghond dit opgeëet het.
GOD IS 'N GOD VAN ORDE
>
>>
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
God is ’n God van orde. Gevolglik word gelowiges aan ordelikheid geken: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40). Waar Hy heers, is daar orde en ware vryheid aan die dag: “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor.3:17).
Waar sy Gees ontbreek, heers daar wanorde en ontwrigting soos in Suid-Afrika. Toe die land ʼn Christen grondwet gehad het, was daar orde. Nadat dit vernietig is, het heidene die fondamente omgekeer en die land in anargie laat verval.
1. Die plaaslike toneel
Die ontwrigting wat Suid-Afrika al vir meer as twee dekades teister, is eie aan Afrika se geweldpolitiek. Waar dit in die verlede met streng wetgewing in toom gehou is, het dit na die vernietiging van die vorige bestel na feitlik elke samelewingsterrein oorgespoel en lewens ontwrig.
VOLKSREGERING (19)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VERSIENDHEID
'n Groot staatsman se eerlikheid en versiendheid word dikwels eers na 'n lang tyd besef. Dit is nie ydele oortuigingspraatjies nie. In dr H F Verwoerd se geval is die waarheid opgesluit in sy eie woorde wat vandag, na 67 jaar, getoets kan word. Lees gerus sy openlike onbevange profetiese woorde in talle van sy toesprake. Hier is 'n toespraak in die Senaat gelewer.
5 Desember 1950: "Moet die ontwikkeling van die Bantoe– en die blanke gemeenskappe in die toekoms deurmekaar plaasvind, of geskei van mekaar sover prakties moontlik? Indien die antwoord is "deurmekaar", dan moet die volgende besef word: Oral sal daar mededinging en botsing wees.
BELANGRIKHEID VAN 31 MEI
Johan Dorfling
31 Mei is 'n belangrike dag in die geskiedenis van die Afrikanervolk. Onder meer is dit 'n belangrike datum waarop ons demokraties vryheid verkry het; vryheid wat later op 'n listige manier deur 'n swak Afrikanerleier van ons weggeneem is. Dog, die datum spoor ons aan om weer ons vryheid te verkry, en dit sal nie meer lank wees nie. In gees bly ons vry; aan niemand onderworpe nie.
31 Mei 1902
Die tweede Boerevryheidsoorlog het op 31 Mei 1902 ten einde gekom. Die Verdrag van Vereeniging, toe deur die Zuid-Afrikaanse Republiek, die Oranje Vrystaat en Brittanje onderteken met die geesteskrag van die Boere van "Gewond ̶ maar Onoorwonne". Dit na 'n buitengewone en onverwagte lang oorlog sedert 11 Oktober 1899 en met verlies van 34 000 vrouens en kinders in konsentrasiekampe waar hulle onmenslik deur Brittanje behandel was.
MOENIE OMKYK NIE!
Hannes Ollewagen
Génesis 19:1-38
“En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!” (:17).
“En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ‘n soutpilaar geword.” (:25).
God het die goddeloosheid van Sodom aangesien en besluit om dit saam met die hele Jordaanstreek te vernietig. Hy wou egter die lewe van die regverdige Lot spaar. Hy besluit daarom om Lot uit hierdie stad van ongeregtigheid te lei voordat Hy dit sou vernietig.
Dit laat ons dink aan ‘n soortgelyke waarskuwing wat God aan gelowiges gegee het.
DEMOKRASIE IN TAALGEBRUIK
Johan Dorfling
Demokrasie beteken regering van 'n volk deur volkgenote wat deur volkgenote verkies is. Omdat elke volk sy eie taal en kultuur het, behels demokrasie ook vryheid om in jou eie taal opgevoed te mag word, dit te mag praat, lees, skryf, lesings ontvang, eredienste by te woon, te mag bid, en so meer. Dit word deur 'n grondwet beskerm.
Vanselfsprekend is dit 'n reg, nie net van Afrikaners nie, maar van alle volkgroepe in Suid-Afrika en in die wye wêreld. Volkbewustheid is die wesentlike bestaansreg van elke volk met demokrasie as die anker. Vra aan die Zoeloes en Kôsas en Tswanas en enige ander volk of hulle bereid is om hulle taal en kultuur te versaak deur dit vir 'n ander te verruil en onmiddellike weerstand, selfs vyandigheid word ervaar. Heeltemal tereg.
MALEMA EN SY MEESTERS
>
>
Johan Botha
Julius Malema het die afgelope week weer gemoedere geroer toe hy in die openbaar gepraat het oor wanneer die EFF die land in 2019 “vat”. Met sulke uitsprake is Malema besig om die “beheerde chaos” met tyd onbeheerbaar te maak.
Dat daar ‘n ander mag agter Malema se bravade sit is duidelik. Iemand met so 'n agtergrond soos Malema en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC hom die rug gekeer het, geniet nou weer groot aanhang alhoewel hyself nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë het om 'n duik te maak aan die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Die Internasionale geldmagte finansier Malema met dié doel:
BEDRIEGLIKE BEWERINGS
Johan Dorfling
Die president van die ANC het verlede week fyn bedrieglike bewerings gemaak om blankes te probeer oortuig dat hulle nog altyd verkeerd opgetree het en dat hulle die ANC moet ondersteun. Hy het alle partye gevra om te erken dat die enigste weg om die gebrek aan ewewigtigheid van die verlede reg te stel, is om opreg te verenig en 'n nuwe Suid-Afrika te bou.
Daarmee aanvaar hy sonder meer dat daar onregverdigheid voor 1994 was sonder om dit duidelik uit te wys en vra hy dat ons dit moet erken. Volgens hom was die regverdige apartheidstelsel onregverdig. Hy verwag dat ook ons sy verkeerde siening om opreg te verenig moet aanvaar, maar verswyg redes omdat dit nie bestaan nie. Blankes het heeltemal 'n ander siening; waarom aanvaar hy nie die blankes se beginsels nie en praat nie eens daaroor nie? Dit dui mos op eensydigheid en ook dat hy nie besef wat regverdige apartheid regtig is nie.
GEBRUIK JOU TALENTE!
Ds AE van den Berg
“Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer”- Mt.25:23
By geleentheid was ek by ’n prysuitdeling waar ’n leraar wat die opening waargeneem het, die Gelykenis van die Talente gelees en God gedank het vir die talente wat Hy aan die pryswenners gegee het. Dis glad nie waaroor hierdie gelykenis gaan nie! Ek wil sê dat 99% mense hierdie gelykenis verkeerd verstaan. Dit het niks met verstandelike vermoëns en gawes te doen nie, maar met diensbaarheid in belang van die koninkryk van God.
AFRIKAANS IN DIE KERK
Johan Dorfling
'n Wonderwerk het gebeur; die ontstaan van 'n afsonderlike selfstandige taal, naamlik Afrikaans. Die ganse Afrikanervolk het gesamentlik deelgeneem aan 'n beweging om Afrikaans in 'n betreklike kort tydperk te vestig. Taal hou regstreeks verband met geloof, kultuur en denke van die gebruikers wat dieselfde betekenis en begrip aan die woorde en volksuitdrukkings gee. Afrikaans spreek die siel aan.
VOLKSREGERING (18)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
MOEDSWILLIGE RASSEHATERS
Voorstanders van rasvermenging is uiteraard los van bande in hulle siening; onnadenkendes wat in alles eensydige vryheid wil sien, daarom kyk hulle nie na die fyner punte van 'n saak nie. As daar byvoorbeeld 'n kennisgewing op 'n openbare gerief is wat "Slegs Blankes" aandui, sien hulle nie die kennisgewing "Slegs Nie-Blankes" raak wat slegs enkele tree daarvandaan pryk nie. Eensydige foto's word dan geneem en in koerante en op die beeldradio vertoon wat kwansuis 'n bewys is hoe nie-blankes geriewe moet ontbeer. Dit is niks anders as rassehaat nie omdat die waarheid verdraai word om kwaad te stook. Rassehaat word aangestig waar dit nie bestaan nie, maar die skuld word op die onskuldige blankes geplaas.
VRAE AAN AFRIFORUM
Johan Dorfling
Na aanleiding van koerantberigte en om duidelikheid te kry, stel ek die volgende vrae aan Afriforum:
Wat verstaan Afriforum onder "die ou apartheidvlag"? Dit vrae ek omdat dit waarskynlik is wat ons mense as 'n volksvlag, 'n eie vlag, ken.
Het Afriforum werklik geen besondere liefde vir hierdie vlag nie?
Glo Afriforum regtig dat die betrokke vlag die vermoë het om belediging en emosionele benoudheid aan te hits? Wat van die vreedsame optog van die boere en ondersteuners?
VOLKSREGERING (17)
BOTSINGS BY GEBREK AAN APARTHEID
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
Denkwyses, gewoontes en gebruike van een volk verskil dikwels in 'n groot mate van 'n ander volk wat tot gevolg het dat misverstande kan ontstaan. Wat as beleefd by een volk beskou word kan by die ander volk as afkeuringswaardige gedrag beoordeel word. Dit gebeur veral waar die agtergrond, kultuur en afkoms van die volke drasties verskil.
Handelinge, gebare en woorde kan as 'n vuurhoutjie in 'n kruitvat dien as dit vernederend, agterdogtig en kwaadwillig begryp word sonder dat dit die bedoeling was. Een persoon kan stilbly om so te probeer om 'n geskilpunt te ontlont terwyl die ander dit as erkenning van oortreding kan opvat. Een kan met twee hande 'n geskenk ontvang om dankbaarheid te wys terwyl die ander dink dit is hebsug. Een kan reguit praat en reguit vrae stel, terwyl die ander dit as ondiplomaties en onbeskof beskou. Ander kan diplomatiese en versigtige antwoorde as ontwykend waarneem.
VOLKSREGERING (16)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
UITGEBREIDE APARTHEID
Van die vroegste jare af is Europa tussen aparte volke verdeel, elk met sy eie grondgebied, regeringvorm, taal en kultuur. Sommige is koninkryke en ander republieke of wat die volk verkies. Aldus word apartheid al vir baie eeue in Europa toegepas. Dit word allerweë as aanvaarbaar beskou en as een volk sou probeer om 'n ander volk se grondgebied af te neem en oor daardie volk te heers, word dit wêreldwyd veroordeel en ontstaan selfs wêreldoorloë. Apartheid word in Europa as die staatkundige oplossing gesien en so toegepas.
NIE VERGEEFS SAL ONS WAG
Hannes Ollewagen
Hebreërs 6:1-20
“Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.” (:13-15).
God het aan Abraham verskyn en aan hom beloof dat ‘n groot nageslag vir hom gebore sou word. Abraham en sy vrou was al op gevorderde leeftyd en steeds kinderloos; daarom het hierdie belofte onwaarskynlik gelyk. Nietemin het Abraham in God geglo. Sara het egter mettertyd ongeduldig geraak en die voorstel gemaak dat Abraham by haar slavin sou ingaan. En hierdeur is Ishmael gebore. Hierdie situasie het later onaangename gevolge ingehou toe Sara by Abraham aangedring het om Ishmael en sy moeder, Hagar, van hulle af weg te stuur.
STAATS- INSTELLINGS
Johan Dorfling
Kort-kort word melding gemaak van geldtekorte by staatsondersteunde instellings soos ESKOM, SAL, SAUK en ander. Die staatskas, met die belastingbetaler se geld, staan dan in om uit te help met lenings, maar eintlik met skenkings sodat die betrokke instellings aan die gang kan bly. Kort-kort word weer en weer geld gevra, inderdaad geëis, omdat niks in die tussentyd gedoen is om uitgawes te beperk nie. Die belastingbetaler betaal reeds hoë tariewe en word sonder dat toestemming van hom gevra is, verplig om groter tariefverhogings te betaal onder die dekmantel van belastings.
ONGEWENSTE POLITIEKE KLEUR
Johan Dorfling
Dringende sake het dringende aandag nodig om rassehaat te verhoed wanneer nodig. Dit is 'n verwysing na die voorval wat op Saterdag 19 Mei 2018 op die rugbyprogram van SuperSport plaasgevind het.
Wat werklik gebeur het, is nie duidelik nie. Skynbaar het die geskil ontstaan voordat die besprekingprogram begin het, want volgens die videogreep wat uitgesaai was, het alles tydens die program rustig verloop. Maar wat die stryery betref, kon moeilik begryp word hoe die ontploffing tot uitbarsting gekom het. 'n Ondersoek behoort ongerymdhede te ontbloot.
GRONDGRYP VERHAAS INEENSTORTING
ANC se beleid oor grondbesit bedreig die ekonomiese orde tot in sy fondamente
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die grootste en belangrikste nuus hierdie jaar is nie die dood van Winnie Mandela soos dit onlangs in die groot media voorgestel is nie. Dit is ook nie die droogte in die Wes-Kaap nie. (Gelukkig het seisoenreëns uitkoms in die Wes-Kaap gebring. Oplossings sal nog gevind moet word vir die daarstelling van infrastruktuur om water beter op te gaar. Die dreigende droogte-ramp het inderdaad die gebrek aan tydige beplanning aan die kaak gestel.)
Die grootste nuus van die jaar is eintlik dat die ANC-regime vas van plan is om grond in die stede en in die platteland sonder vergoeding te onteien.
VOLKSREGERING (15)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
HANDHAWING VAN APARTHEID DEUR ANDER
Ander onpartydige belangstellendes van verskillende lande het lankal die voordele van aparte volkere in suider Afrika ingesien om vreedsame bestaan te verwesenlik. Toe die veeboer teen ongeveer 1770 aan die oewers van die Visrivier met die enkele voorlopers van die swart volkere in aanraking gekom het, het wrywing ontstaan. In 1778 het goewerneur Van Plettenberg (Nederland) besluit dat die beste manier om vrede te bewaar sou wees om die twee groepe apart van mekaar te hou, elkeen in sy eie grondgebied met sy eie regering. Die vryburgers was toe nog beskou as burgers van Nederland.