Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
WYSHEIDSTORIES (5)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
TWEE VREEMDE VRIENDE
Die verhaal word vir die waarheid vertel dat daar in die ou dae in Rome 'n slaaf was met die naam Andreas. Sy eienaar was 'n wrede man wat sy slaaf so sleg behandel het dat hy oplaas weggeloop het. Andreas se plan was om in 'n woud weg te kruip totdat sy baas ophou soek na hom. Dan wou hy ‒ uit vrye wil en nie as slaaf nie ‒ vir 'n regverdige baas gaan werk. Maar hy was so uitgeput van harde werk, min kos, mishandeling en wegloop dat hy moeilik vir homself kon sorg, en hy het in 'n grot gaan lê met die idee dat hy moontlik daar sou sterf.
Daardie nag word hy wakker van 'n gebrul. Dit was 'n leeu wat die grot ingekom het.
WAAROP IS ONS HOOP GEVESTIG?
Dr Danie Theron
All that they can do is go on hoping. After every disappointment they must find fresh reason for hope.
Alexander Solzhenitsyn - Gulag Archipelago
In kommunistiese Rusland se strafkampe (die koelaks) was die aangehoudendes aan die ergste ontberings en mishandeling menslik denkbaar, blootgestel. Daarom skryf Alexander Solzhenitsyn dat hulle aan hoop vasgeklou het. Dat dit more beter sal gaan. Maar waarop was dié hoop gegrond?
In die Bybel kom die woord hoop 306 keer voor en die woord wanhoop 43 keer. So lees ons byvoorbeeld dat geloof ‘n vaste vertroue is op die dinge wat ons hoop en ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (Heb 11:1)
Ook die tweede strofe van ons pragtige volkslied, Die Stem, het die meesleurende woord:
In die murg van ons gebeente
In ons hart en siel en gees
In die roem op ons verlede
In die hoop op wat sal wees
VOLKSREGERING (61)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GRONDSLAG VAN AFRIKAANS
Taal is die wese van 'n volk. Dit kan nooit oorbeklemtoon word nie. Wie die bestaan van Afrikaans probeer beveg, beweer dat toevoeging van vreemde woorde 'n taal laat ontwikkel. Dit is 'n gevaarlike uitgangspunt. Taalstryders weet 'n taal moet gebruik word soos 'n ambagsman wat trots is op sy werk. Almal het respek vir 'n meubelmaker wie se voeë netjies vertoon, 'n motorwerktuigkundige wie se werk gewaarborg kan word aangaande netjiese en betroubare resultate, en 'n tuinier wie se tuin pragtig en netjies vertoon. Iemand wat netjies Afrikaans praat en skryf word lof toegeswaai, openlik of in stilswye. Almal het eerbied vir hom of haar.
WOESTYNGEDAGTES
Ds Andrè van den Berg
“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie” (Kol.3:2)
Wat is die slegste ding wat ʼn volk kan tref? Bannelingskap of slawerny; veral as hulle aan gunstige omstandighede gewoond was en toe deur vyandige magte onderwerp en tot slawerny gedwing is. Dit was die lot van die Israeliete in Egipte ná Josef se dood. Hulle was eers begunstigdes en het in ʼn vrugbare landstreek gewoon. Toe die Egiptiese koningshuis later omver gewerp is, was dit die einde van hul guns en het 400 jaar van slawerny aangebreek; langer as ons eie volksgeskiedenis tot op hede!
BYBELVERSPREIDING
Ons wil vandag dankie sê vir al die briewe van waardering oor die aanstuur van die Bybel wat ons graag versprei. Daar gaan geen dag verby wat een of twee lesers dit aanvra nie. U word ook aangemoedig om dit aan ander persone wat dit graag wil bekom, te versprei.
Hier is vandag se lesersnavraag:
Hallo Julle.
Ek wil eers begin om julle te bedank vir hierdie wonderlike webblad. So lekker om as 'n trotse Boermens deur ons geskiedenis te lees.
Ek wil ook asb vra of ek die ou vertalings van die Bybel kan kry wat julle aanbied.
Mag ons liewe Vader julle seën en verryk deur julle werk.
Louis vd V
VOLKSREGERING (60)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
EERSTE AFRIKAANSE VOLKSLIED
Die eerste Afrikaanse Volkslied is met hart en siel opgestel. Geskryf deur A Pannevis en op 7 Julie 1875 gepubliseer. Op versoek is dit deur C P Hoogenhout, D F du Toit en S J du Toit "verbeter", en op 15 Januarie 1876 in die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot geplaas. Dit was te verwelkom, maar is nooit amptelik goedgekeur nie, waarskynlik omdat die taal nog aan die ontwikkel was. Net soos in die geval van ander aanvanklike uitvindings en geskrifte was dit baanbrekerswerk wat die denke van die destydse taalkundiges en patriotte weerspieël. W J van Gorkom het die lied getoonset. Hy was direkteur van onderwys in die Z A R.
VERKEERDE BEDMAATS
>
>>>
Die NG Kerk en die Wêreldraad van Kerke
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die NG Kerk word al vir baie jare deur magte groter as sy self beheer. Haar heropname in die Wêreldraad van Kerke (WRK) in 2016 is ʼn sprekende bewys hiervan. Desondanks glo sy dat sy daarmee ʼn geskiedkundige fout wat meer as 50 jaar gelede begaan is, herstel het. Dis allermins die geval. Die NG Kerk het die stem van die internasionale ekumeniese kerkgemeenskap met die stem van God verwar!
1. Bedenklike verlede
Die WRK is in 1948 in Amsterdam gestig. Dis van meet af aan besig om die grondslae vir ʼn superkerk wat wêreldwyd aanklank gaan vind, te lê. Die WRK is die kerklike weergawe van die wêreldwye sosialistiese ideaal en ʼn invalspoort van die Antichris. Dit vervreem mense van die waarheid van God se Woord en hul volksliefde. Verskeidenhede moet ontbind en almal een word.
VOLKSLEIER, STAATSHELD, KOLOS VAN FORMAAT
DR VERWOERD
Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.
JOU HUIS IS WAAR JOU HART IS
Hannes Ollewagen
Kolossense 3:1-17
“AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.” (:1&2).
“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” (:16&17).
Die meeste van ons ken die spreekwoord wat lui : “Jou huis is waar jou hart is.” En jou hele wese sal gedurig hunker om te wees daar waar jou hart is.
NG KERK VERVAL OPSIGTELIK
Geagte leser,
Dit is blywend om te sien dat daar nog mense is wat staan vir Goddelike waarheid, anders wat ons in vandag se NG Kerke beleef.
As gebore en getoeë lidmaat van die NG Kerk is die morele en Christelike verval in die kerk sigbaar.
Nou dit gaan nie oor my nie; alle Eer aan ons Koning Jesus Christus, God en Heer - dat ek onlangs gestoei het met ons leraars reeds oor die JDDJ wat met Rome geteken is, en so ook die 83 vertaling waaruit die leraars so graag preek om hulle agenda te pas, sodat so, een van die leraars by my besoek afgelê het om meer wol oor my oë te probeer trek, waarby ek hom meegedeel het dat hulle my kan sien as die vyand van die kerk aangaande hulle valsheid.
Dit het al so vér gevorder dat ek vir een van die leraars gesê het hy is ruggraatloos.
WYSHEIDSTORIES (4)
Skerp Waarnemer
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
GENOEG IS NIE GENOEG
'n Goeie ryk edelman het eendag toevallig gehoor hoe 'n mindergegoede, dog netjiese vrou, vir haar vriendin in 'n winkel sê: "As ek tog net soveel as R50 000 kon hê, sal ek vir altyd tevrede en gelukkig wees."
Die edelman het in sy rykmanslewe nog min mense gesien wat volkome gelukkig is met wat hulle het, want mense is gewoonlik geldgierig en wil altyd meer en meer hê. Hy sou graag iemand wou sien wat werklik tevrede is met wat hy of sy het. Hier was nou die geleentheid.
Daarom gaan hy na die vrou en sê dat hy toevallig gehoor het wat sy sê, waarop hy reël dat sy die volgende dag R50 000 by die bank kon gaan haal sodat sy altyd tevrede en gelukkig kan wees. Sy was vir 'n oomblik oorstelp, want vir haar was dit 'n fortuin.
PASOP VIR GEVOLGE VAN VOORSPOED
UITTREKSEL UIT TOESPRAAK GELEWER OP
25 SEPTEMBER 1965
TE HEIDELBERG, TRANSVAAL – DR VERWOERD SE KIESAFDELING (1)
Daar is ‘n spreekwoord wat sê dit is sterke bene wat die weelde kan dra. Dit is ook waar van ‘n volk. ‘n Volk wat voorspoedig is en wat veiligheid en binnelandse orde geniet, kan baie maklik verslap. ‘n Politieke party kan ook baie maklik verslap in sy stryd. Dan kan die volk sy doelwit verloor of die party kan die landsbestuur en daardeur ook die land se doelwit verloor as hy nie leer om sy weelde te dra nie. Maar dit is nie net weelde nie, dit is ook veiligheid. In die mate wat hierdie regering daarin geslaag het om veiligheid en orde hier tot stand te bring sodat die publiek van Suid-Afrika nie meer bang is vir binnelandse of buitelandse onrus nie, loop die man op straat gevaar om te reken dat hy maar weer met allerhande onderlinge klein twiste aan die gang kan kom. Ek moet waarsku daarteen, want ons lewe in ‘n baie moeilike tyd en in ‘n gevaarlike wêreld. As ons sou verslap en as Party die bewind verloor, dan waarsku ek u dat onder die VP alles verlore sal raak, hoe vroom hy ookal praat maar nie alleen dit nie. As ons verslap in ons stryd en hier en daar toegewings maak onder die naam dat dit maar “klein apartheid” is, soos dit dikwels genoem word, ‘n verslapping van ons idee van paslike skeiding as die bron van ons veiligheid en vrede, dan weet ‘n mens dat jy die toekoms van jou volk in gevaar stel.
VOLKSREGERING (59)
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
VERENGELSING
Sedert Engeland die Kaap vanaf 1806 beheer het, het die Engelse regering om politieke redes doelbewus gepoog om die gebruik en ontwikkeling van Afrikaans te verhoed. Reeds in 1813 is maatreëls getref om Afrikaans in te perk sodat algehele verengelsing kon plaasvind, waarskynlik om die sterk beginsels van die nuwe volk aan bande te lê. Verengelsing is in die kerk, howe en skole afgedwing, maar steeds het die Afrikaanse volk wat reeds vorm aangeneem het, met die destydse Afrikaans in hulle huise en ander gesprekke volhard.
Die toestand het egter ondraaglik begin word, in so 'n mate dat C P Hoogenhout uitgeroep het: "Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy siet en hoor; in ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor. Hollands nog in sekere skole is bedrog, 'n blote naam." Daar was volkverset, 'n felle stryd om die Afrikanervolk uit die verbete wurggreep van verengelsing en gedwonge oorheersing te bevry.
BYBEL EN VOLKSTRYD (7)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
DIE VOLKSMURE ...
... APARTE NASIES
Jes. 60:18—“Maar jy sal jou mure Heil noem.”
GOD het die volk van Israel gemaak. Met sy afsonderlike taal, geskiedenis, godsdiens, sedes en gewoontes was daar as ’t ware 'n muur rondom die volk wat hom onderskei het van ander nasies. Deur die na-apery, ontaarding en verbastering met ander nasies is die verskil tussen Israel en die ander volke al meer verbleek en so is die kultuurmure rondom die volk afgebreek. Nou verkondig die profeet van God, Gods toorn en Gods oordele ! Daar kom oorlog, neerlaag en ballingskap. Dan sal die volk duur lesse leer, dan sal die na-apery en ontaarding end kry. Dan sal hulle leer om al wat vir hul eie volk heilig moet wees, te waardeer, dan sal hulle die mure heil noem.
So wil ek vandag tot u spreek oor die volksmure en wys eers daarop dat God wil aparte nasies op aarde hê. Reeds in Gen. 11 lees ons dat die mensheid na die sondvloed ’n toring van Babel bou om een volk met een taal te bly. Daarom kom die Here met spraakverwarring hulle uitmekaar drywe, omdat God verskillende volke met verskillende tale wil hê.
U GOEDERTIEREN- HEID IS GROOT OOR MY
Hannes Ollewagen
Psalm 86:1-17
“Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer; want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.” (:12&13).
Ons is geneig om in die tyd waarin ons leef met al sy uitdagings en beproewinge die goedertierenheid van die Here heeltemal mis te kyk. Maar, hoe groot is die Here se goedertierenheid nie oor elkeen van ons nie!
Dit is dalk vir ons ‘n tyd van vele uitdagings. Ons leef in ‘n land met ‘n moordsyfer wat selfs ander lande wat in oorloë gewikkel is na ‘n rustige hawe laat lyk. Dit is ‘n land waarin ouers benoud is dat hul kinders ontvoer word omdat dit deesdae‘n manier van booswigte is om vinnig skatryk te word. Dit is die land wat wêreldwyd aandag trek omdat ons as Afrikaners moet hoor dat ons eiendom sommer deur die huidige regime van ons ontneem mag word as hulle dit goed dink.
VOLKSREGERING (58)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
EERSTE TREË VAN AFRIKAANS
Daar is vroeër verduidelik dat eie geskiedenis op alle gebiede uiters belangrik is. Taal is deel van die wese, die siel van 'n volk. Alles wat ons doen, dink en redeneer, praat en skryf ons in ons moedertaal. Hoe kan iemand in 'n ander taal bid? Die waarde van 'n taal lê eerstens diepliggend in sy ontstaan, in sy ontwikkeling en daarna in sy gebruik. Taal is deel van die volkseie, met ander woorde, deel van ons kultuurskatte en dus deel van apartheid. As 'n volk se taal ontbreek, is dit soos stukke van 'n legkaart wat ontbreek, dit is onvolledig. Kultuurskatte bestaan onder meer uit godsdienstige geloof, eie taal, herkoms, gees, eie sielvolle volkslied en ander eie liedere, 'n volksvlag, dryfkrag.
LOFPRYSING AAN DR VERWOERD (2)
Ondersoeker
Ek wou hierdie artikel kort hou, maar daar is soveel oor die staatsman Verwoerd te skryf, dat ek amper 'n boekvol geskryf het, en het toe maar besluit om net 'n uittreksel te maak wat ek nogtans in twee moes deel.
Dit was nie nou die tyd om politieke argumente teen sy visie te opper nie. Tog, daar was ook geen dwingende rede vir 'n opposisiekoerant om hierdie visie aan te prys nie. Daarom val die Sunday Times se redaksionele kommentaar op 11 September 1966 op. Die blad het onder meer geskryf:
Die konsep van Bantoetuislande is een van die groot erflatings wat dr Verwoerd vir sy land nagelaat het; en die tragedie vir Suid-Afrika is dat hy nie gespaar is om sy taak te voltooi nie ... (Outeur se eie vertaling). Die blad verwys ook na sy verrassende vermoë tot minsaamheid.
LOFPRYSING AAN DR VERWOERD (1)
Ondersoeker
Ek het gewonder of dr H F Verwoerd werklik so 'n briljante man was as wat deur sy tydgenote voorgehou word. Ek lees kort-kort van hom in die pers en dit het my geprikkel om meer oor hom uit te vind. Eerstens het sy sekretaris vir 13 jaar (Fred Barnard) oor hom geskryf:
(1961 se statebondkonferensie) ''Sommer met die eerste oogopslag was dit duidelik dat die hele Londen met al sy voorstede op dr Verwoerd, daardie 'monster' van Afrika, gewag het. Persmanne, fotograwe, televisiemense en slordige langhariges was daar by die dosyne. Jy kon jou eenvoudig nie draai nie of daar was een van hulle; grotes, kleintjies, swartes, geles, gladgeskeerders en bebaardes; die hele boel was daar om iets te probeer aas vir die meer as 'n dosyn dagblaaie wat hierdie wêreldstad bedien en vir die baie honderde koerante oor die hele aardbol.
WAS JAN DE KLERK BY VERWOERDMOORD BETROKKE?
Kobus Ferreira
Ek wil graag repliek lewer op die artikel “Wie was betrokke by dr Verwoerd se moord?”
Dit was destyds die algemene mening dat senator Jan de Klerk, die vader van FW de Klerk, ‘n man met ‘n vaste gees en hoë morele waardes was, soos ook in bg artikel na verwys word. Maar daar is baie vrae wat mettertyd ontstaan het en in hierdie verband gevra kan word.
Jan de Klerk was destyds ‘n onderwyser in Nylstroom. Na aanleiding van talle gerugte dat hy skoolmeisies gemolesteer het moes hy vlugtend na ‘n ander dorp verhuis om die woede van die Nylstromers te ontkom.
In genoemde artikel word gemeld dat Jan de Klerk nie opgedaag het vir die volksraadsitting nie, juis die dag toe die Van Wyk-kommissie se verslag besreek sou word – ‘n saak waarin De Klerk ‘n groot aandeel gehad het aangesien hierdie verslag van Regter Van Wyk die antwoorde sou bied op ‘n ondersoek na die nalatigheid van verskillende Departemente wat gelei het tot die moord op dr Verwoerd.
VALSE BEWERINGS
Johan Dorfling
Wanneer iemand die selfgemaakte term fopnuus gebruik, staan daardie persoon dikwels self agter die deur sonder om die ontstaan van wat hy as as fopnuus beskryf, aan te dui. Soos gewoonlik is daar geen oorsprong nie, maar slegs 'n bewering wat as 'n strooipop opgestel is om self af te skiet. Sodoende word 'n onkruidsaadjie gesaai waarvoor daar geen regverdiging is nie.
Die woord fop beteken egter iets heeltemal anders. 'n Rugbyspeler wat maak of hy 'n bal uitgee sodat 'n gaping ontstaan wat hy doeltreffend kan gebruik, het sy teenspeler op 'n wettige manier openlik gefop of geflous of gepypkan. Dit is heeltemal aanvaarbaar en daardie speler word as rats en vlugvoetig beskryf. Geen valshede is betrokke nie. Mense wat van fopnuus praat, bedoel vals nuus, maar wil dit nie so noem nie. Vals omsluit geslepe, listig, onedel, oneg en oneerlik.