Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe ons dink, bepaal wie ons is. Ons lewe is wat ons gedagtes daarvan maak. Gedagtes regeer die wêreld. Jou denke speel ‘n baie groter rol in jou lewe as wat jy ooit sal besef. Daarom moet ons ophou om aan lelike dinge te dink. Om van bose gedagtes vry te wees, is groot genade! Sê vir jouself: “Wat ek nie kan wegdink nie, gaan ek regdink”.
BRIEWE UIT DIE HEMEL (6)
Ds Andrè vd Berg
Aan Filadelfia
“Kyk, Ek het voor jou ʼn geopende deur gegee....” (Openb.3:8)
Christus stuur die sesde brief aan die gemeente in Filadelfia wat “broederliefde” beteken en betreklik onbeduidend in Klein-Asië. Desondanks is dit een van net twee gemeentes wat lof van Jesus ontvang. Die ander was Smirna. Die rede vir Smirna se lof, was dat sy in tye van verdrukking geestelik sterk gestaan het. Filadelfia ontvang lof omdat sy die deur wat Jesus vir haar in ʼn krisisuur van haar bestaan oopgemaak het, gebruik het.
Hierdie geopende deur dui op die geleentheid wat Jesus vir hulle geskep het om die Evangelie uit te dra. Paulus praat van soortgelyke deure wat oopgegaan het: “’n Groot en kragtige deur het vir my oopgegaan ...(1 Kor.16:9). “Bid tegelykertyd ook vir ons dat God vir ons die deur van die woord mag open...” (Kol.4:3). Mense maak nie sulke deure oop nie; alleenlik Jesus.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (24)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
VERRAAD VAN BINNE HET LAND OORGELEWER
Hulle wat weier om te berus, sal geskiedenis maak
4 November 1994
DIE OORNAME van die land deur ’n bende Kommuniste was die gevolg van ’n lank beplande politieke moord op ons volk, soos ook die sluipmoord op dr. Verwoerd lank tevore beplan was.
Dit was lank voorbereide verraad van binne wat tot die ramp gelei het. Daarna het sorgvuldig geplante broedertwis die weerstand van die volk verlam.
Die wapens waarmee ons verower is, was misleiding, valse beloftes, openlike verraad en gesaaide verwarring. Teen die agtergrond van verarming en ekonomiese wanbestuur is Suid-Afrika se kredietwaardigheid afgebreek tot op die vlak van Meksiko. So veel as 32 persent van die Blankes lewe onder die broodlyn, die Afrikaner se besittings en swaarverdiende welstand word deur die gewettigde roof van “regstellende optrede” en “herverdeling van rykdom” van hom ontneem.
RAMAPHOSA SE KAARTEHUIS
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Cyril Ramaphosa se vreemde kaartehuis
Die aanstellings wat Cyril Ramaphosa in sy kabinet gemaak het word allerweë as kompromie-politiek vertolk – slim skuiwe om verskillende faksies te betrek. Maar dit het ook duidelik geword dat toplede van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Partye doelbewus ingetrek en in sleutelportefeuljes aangestel is. Hulle verteenwoordig tot ’n hoë mate die “nuwe orde” in die ANC, daardie figure wat gesorg het dat Ramaphosa in Desember 2017 tot leier van die ANC verkies word en wat hard gewerk het om Jacob Zuma te pootjie. Van hierdie figure is juis deur Zuma uitgestoot na die rand van die ANC se leierskorps. ’n Oorblyfsel uit die Zuma-kabinet was Malusi Gigaba wat van sy pos as minister van finansies verskuif is na binnelandse sake – juis daar waar hy reeds aangekla staan van onbehoorlike optrede en wanbestuur.
BRITSE KONNEKSIE, MANDELA EN RAMAPHOSA
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die Britse konneksie, Mandela en Cyril Ramaphosa
Een aspek van die onlangse verandering van die ANC se leierskapstruktuur is die interessante vraag tot welke mate daar buitelandse invloed deurgewerk het. In Amerika kom die Demokrate en Trump se vyande nog nie tot rus oor die vraag of Rusland die presi-dentsverkiesing beïnvloed het nie. In Suid-Afrika is die aanduidings veel sterker dat daar invloed van buite was in die hele drama rondom die vernietiging van Jacob Zuma, die seepgladde infasering van ’n nuwe leier vir die ANC en kort daarna die inswering van ’n nuwe staatspresident, komende kort op die hakke van ’n “seepgladde” leiersverandering in Zimbabwe. Dit laat ’n sterk indruk dat iets meer aan die gang is as wat die man op straat besef. Lees gerus ons opmerkings in Oorsig & Repliek Nommer 3 (21 Februarie 2018), waarin aspekte belig word in verband met die intensiewe mediaveldtog wat daar gevoer is om van Jacob Zuma ontslae te raak.
‘N LEWE VAN VREDE...
... MET GOD
Hannes Ollewagen
Romeine 5:1-11
“Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.” (:1&2).
Leef u in vrede? Voordat ons hierdie vraag beantwoord, wil ek eers die volgende vraag stel: “Wat is vrede?” Hierdie is dalk ‘n baie interessante vraag in die tyd waarin ons leef aangesien almal van ‘n wêreld droom waarin daar “vrede” is. Tog is daar weinig mense wat al self ware vrede gesmaak het.
Wanneer ons van vrede praat, beteken dit dat ek my hand moet uitstrek en versoen met ‘n opstandeling wat dans en skree dat hy my volksgenote gaan vermoor en hul uit hul erfdeel gaan verdryf? Is die vrede waarvan die Woord ons leer só‘n oppervlakkige en skynheilige vrede tussen mense? Is die vrede waarvan die Woord ons leer dat ons met die werkers van ongeregtigheid moet versoen? Allermins!
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (23)
>
>> LW Bienedell>
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
SÓ VOORSPOEDIG WÁS SUID-AFRIKA!
Oppenheimer aangevat oor sy uitsprake oor apartheid
22 Julie 1994
“You may remember that the average annual economic growth rate from 1962 to approximately 1968 was 6 percent—the 7,9 percent in 1965 having been the second highest in the world. The average rate of inflation was about 2,5 percent and the prime interest rate about 3,5 percent. The accomodation of new labour in the formal sector was at 73,6 percent per year. These, you will recall, were the conditions of prosperity in spite of hostility on the part of the American and British establishments and opposition from you and your fellow liberals and leftists in South Africa. A visiting American professor (Gilbert) said in 1962: ‘The performance of the South African economy is one of the miracles of modern science’. And Paul Bareau in 1966 wrote in The Statist: ‘At the rate at which South Africa is now expanding, the term ‘miracle’ is likely to be appropriate to its development over the next few years” . You yourself wrote in your 1964 annual Statement to Anglo-American Corp: ‘The South African economy is presently very strong... South Africa’s control of the economy is really good... For this the government must certainly take credit’. You may also be reminded that in your 1965 Statement to Anglo- American Corp, you said that the living standards of whites were rising at 3,9 percent per year. But those of the blacks were rising 40 percent faster, namely at 5,4 percent per year. So, the population as a whole was enjoying the beneficial results of a policy based on apartheid. As if this was not enough, Time of 26th August, 1966—eleven days before Dr. Verwoerd was assassinated—wrote: ‘... investors from all over the world have plowed money into the country...’ . The system introduced in South Africa in 1994 has been tried and tested in many countries and has failed in every instance with dreadful results. Even now it can be safely predicted that there will not be a growing national feeling in South Africa but increasing racial and ethnic friction and tension.” – En wás hierdie voorspelling in die kol!!
DIE LAASTE VERVOLGING
Ds Andrè vd Berg
Inleiding
Die Bybel moedig gelowiges nie aan om te bid dat hulle vir hul geloof vervolg word ten einde ʼn plek in die hemel te verdien nie. Petrus waarsku gelowiges egter baie duidelik om geloofsvervolging te verwag:
“Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie” (1 Pet.4:12).
Johannes geedie rede vir geloofsvervolging – ʼn wêreld wat Jesus haat: “Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie” (1 Joh.3:13).Geloofsvervolging is deel van geloofsbeproewing. Redding word egter nie daardeurverdien nie. Daarvoor het Jesus die volle prys aan die kruis betaal.
LES VAN DIE GESKIEDENIS
“In die engtes waarin die Afrikanervolk weer vanaf 1990 gedwing is deur die politieke verraad van leiers van die party wat die draer van Afrikaner-nasionalisme moes gewees het, sal die stryd gaandeweg moontlik met middels gevoer moet word wat aangepas is by die eise van die tyd. En besinnig daaroor is dringend nodig. Hoe dit gedoen sal word, is belangrik, maar belangriker is die wil tot stryd, die weiering om oor te gee, die gehegtheid aan ’n ideaal van vryheid in ’n vaderland waarvoor alles gegee word wanneer daartoe geroep word."
Die Afrikanervolk het in sy betreklik kort bestaan in Afrika deur geweldige beproewings gegaan. Telkens het hy op die rand van ’n afgrond beweeg as gevolg van die aanslae op sy bestaan. Maar dit is ’n opvallende feit van die geskiedenis dat die Afrikanervolk, selfs in sy vroeë wordingsjare, die vermoë gehad het om by die eise van die stryd aan te pas en sy nederlae in oorwinning te omskep.
WAT IS IN JOU HART?
God is besorg oor die dinge in jou hart want ʼn beter wêreld, land, gemeenskap en gesin begin op geen ander plek as in jou hart nie. As ons met rein harte begin bid, sal ons verbaas staan oor wat God met Suid-Afrika gaan doen.
WATERBESTUUR
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Strategiese waterbestuur as gevallestudie
Vir ’n dekade of meer al was die berigte oor swak bestuur van munisipale waterinstallasies voorbladnuus. Watersuiweringsaanlegte is in baie munisipale gebiede nie behoorlik in stand gehou nie; of die begrotings daarvoor is verkeerd aangewend. Dit het reeds gedui op die krisis wat later sou kop uitsteek, naamlik: die algemene verwaarlosing van ’n kritieke hulpbron soos water.
Ten spyte daarvan dat nuwe waterbelastings ingestel is, en die regering se nasionalisering van alle waterbronne, het die ANC-regering bitter min gedoen om die fisiese voorsiening van water landswyd te verbeter. Die regering se prioriteit was om varswater aan afgeleë gebiede en plakkersdorpe te voorsien; terwyl die strategiese uitdagings om genoeg water op te gaar, water te benut en demografiese verskuiwings in ag te neem klaarblyklik verwaarloos is. Nou het die droogte en waterkrisis in Wes-Kaapland almal die skrik op die lyf gejaag; behalwe die regerings-leiers wat hulle eerder met politieke konferensies, die top-ses se kopsere en ’n onderlinge gekibbel oor kommissies en kabinetsposte besig hou.
HY WAG OP SY BRUID
Hannes Ollewagen
Génesis 24:1-67
“Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak gesien. Toe het sy van die kameel afgegly en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my heer. Toe neem sy die sluier en bedek haar.” (:64&65).
Hoe kosbaar is die onderdanigheid van Rebekka nie in die gelese gedeelte nie. En nie alleen is haar onderdanigheid waarvan ons in verse 64&65 lees ‘n kosbare deugde nie, maar ook haar bereidwilligheid om diensbaar te wees in die groei en uitbreiding van haar volk. Sy het op die vraag of sy met die man wil saamgaan en of sy nog ‘n wyle wou vertoef sommer onverwyld ingestem om haar heer te gaan ontmoet.
DIE ONKUNDIGE VLAGHATERS
OPREGTE VRIENDSKAP IS GOUD WERD
Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie. Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê. Verraaiers gaan eenkant staan, maar opregte vriendskap gaan goud werd wees soos dié tussen Jonathan en Dawid; lees weer 1 Sam. 23:16 : “Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God…”
AFRIKA-SOSIALISME
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die afwaartse spiraal van Afrika-sosialisme
Eens op ’n tyd is mens kwalik geneem as jy van oortuiging was dat Afrika-leiers nie die vermoë het om ’n ingewikkelde taak soos landsbestuur op hul skouers te neem nie. Jy is dan ’n Afrika-pessimis genoem. Ten spyte daarvan dat Afrika vol wrakke lê van suksesvolle koloniale lande wat geleidelik afgerem, geplunder en in die dongas in bestuur is, was daar mense wat gehoop (en geglo) het dat dit nie in Suid-Afrika sou gebeur nie. Die lotgevalle van Rhodesië op ons voorstoep moes hulle van mening laat verander het. Selfs vandag is die ewige liberale optimiste oortuig dat ’n klein verstelling in die leierskap van die ANC ons land weer op koers sal kry — welke koers in elk geval nooit baie duidelik is nie.
HET GOD ONS VERLAAT?
Soms wonder ons of God nog ag sal slaan op die Afrikanervolk, of het Hy ons finaal verlaat? Weens die ontrou van die volk Israel het God (Ex 33) geweier om verder saam met sy volk te trek. Tog het Hy Hom weer oor hulle ontferm toe Moses in groot berou namens die volk voor God ingetree het en het God weer (Ex 34) sy verbond met hulle hernu. Daarna was sy Teenwoordigheid in die wolk en die vuur sigbaar waarmee Hy die volk gelei het tydens die hele trek. Natuurlik is daar hoop vir die Afrikanervolk vandag, God wag net vir ons om berou te toon oor ons dwalinge en na Hom terug te keer.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (22)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
KRUGERDAG: WEIER OM TE BERUS IN VERRAAD!
14 Oktober 1994
“Nooit mag daar berus word in ’n situasie waarin die Afrikaner sy vryheid verloor nie. Daar is al baie gepraat oor die onomkeerbare situasie waarin ons verkeer. Kruger het die onomkeerbare omgekeer, en ons moet dit ook doen. Die geskiedenis het bewys dat dit moontlik is. Dit is alleenlik afhanklik van die kwaliteit van leierskap van die Afrikaner.”
“Verder lê daar ook ’n parallel tussen Kruger en Verwoerd. Albei het in die bres gaan staan toe die politieke mag van die Afrikaner gebreek moes word. Albei het besonderlik presteer. Daarbenewens het Mandela geen prestasies gelewer wat naastenby kan vergelyk met hierdie Afrikaner-helde nie. Hy is vrygelaat deur verraaiers.”
Die boodskap van ’n Paul Kruger aan ons volk in die omstandighede waarin hy hom tans bevind, is dat hy nie mag berus in die verraad wat hom sy vryheid en sy selfrespek ontneem het nie.
WIL JY 'N VERANDERING IN ONS LAND SIEN?
Hoe gaan dit met ons volk? Die slegste ooit! Sal jy graag ʼn verandering in hierdie land wil sien? Wat doen jy daaraan? Bid jy vir ons Boerevolk? As jy egter om herstel bid, maar jy sluit jouself by hierdie proses uit, bid jy verkeerd. Dis maklik om te bid en jouself daarna uit die voete te maak.
DIE PAALTJIES WAT ONS VASHOU
Ds Andrè van den Berg
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”(Fil.4:13).
Jare gelede ry ek by ʼn sirkus verby en daar staan ʼn olifant met die een voorpoot aan ʼn paaltjie wat ingekap is, vasgemaak. Hy probeer nie om los te kom nie; hy staan. ʼn Olifant kan na berekening meer as ʼn ton met sy slurp optel. ʼn Mens sien soms op TV hoeveel skade ʼn olifant kan aanrig as hy berserk raak en alles in sy pad verwoes; die sterkste dier op aarde. En daar by die sirkus staan hy aan ʼn paaltjie vasgemaak. Hy kon wegloop as hy wou!
WAAROM ANC BANG IS VIR ONS VLAG
“ ‘n Vlag is ‘n sinnebeeld van volksbestaan. ‘n Vlag kan die grootste geesdrif skep... kan tot trane roer... kan die diepste dryfvere tot handeling in beweging bring, en kan tot die edelste pogings besiel. Vir ‘n vlag kan ‘n volk leef, en kan hy veg en sterf."
― Dr DF Malan, 25 Mei 1926
DAG VAN REKENSKAP IS HIER!
Dr Danie Theron
"As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir dié doel inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy -- tensy jy aan oorgawe dink -- verkeer in oorlog met hom. Verder -- tensy jy verraad bedink -- sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie 'vrede' nie, maar oorwinning.” Barry Goldwater
Terwyl kommentaar instroom oor die "onverwagte" besluit in die parlement oor grondonteiening, en liberaliste hakkel, stotter en stamel met verskonings oor hulle held Ramaphosa wat hulle dan nou so liederlik in die steek gelaat het, moet een ding nou vir die Afrikaner baie duidelik wees: Die 1996-grondwet en die versekerings daar rondom was 'n klug. Dit het nasionaliste van meet af geweet en gesê. Hulle is destyds uitgelag daaroor. Die euforie van die "wonderwerk" van 1994 is nou hopelik verby want dit staan nou soos 'n paal bo water: Die voorgenome onteiening sonder vergoeding-besluit van die ANC en die EFF is 'n oorlogsverklaring!