Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"...my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees. Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense." – Prediker 12:12-13
NATUURLIK WAS ONS REG!
Kliek op hierdie skakel en lees hoe sommige se oë begin oopgaan.
OP SOEK NA DIE WARE KERK?
Ds Andrè van den Berg
Inleiding
Jongmense wat in konserwatiewe kerke grootword en later lidmate word, wonder soms of dit die regte kerk is. Moet hulle in die kerk van hulle ouers bly of miskien tog van kerkverband verander? Wie erns met die Woord van God maak en die waarheid liefhet, moenie vra by watter kerk hy moet aansluit nie, maar eerder watter een die ware kerk is en daarby aansluit. Die klem val op die navolg van die waarheid en veragting van die leuen al het dit ʼn godsdienstige baadjie aan.
Die ware kerk bestaan eeue lank tussen al die sektes en valse kerke wat leuens verkondig. Laasgenoemdes mislei die kerklike wêreld sodat baie mense al kerke verlaat het op soek na God! Die Bybel waarsku dat die waarheid aan die einde van die tyd ernstig versaak en mense mislei gaan word. Om die ware kerk in hierdie tyd te wil vind, sal ʼn liefde vir die waarheid en deeglike Bybelkennis onontbeerlik wees.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (9)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Verfynde man van daad: Dr. Albert Hertzog
6 Augustus 1993
DIE veiling van ’n deel van dr. Albert Hertzog se versameling van oudhede en kosbaarhede het weer die uitsonderlike hoedanighede van die merkwaardige man onder die aandag gebring.
Onder die politieke figure van sy tyd was hy ongetwyfeld die mees gekultiveerde en verfynde persoon, maar tegelyk die man wat in harde stryd op ’n verskeidenheid terreine groot suksesse behaal het. Dat hy teenstanders en vyande onder sy tydgenote en kollegas sou hê, was verseker deur sy voortreflike en veelsydige menslikheid. Voortreflikheid en beginselvastheid en toegewydheid in die openbare lewe roep altyd naywer op by die gefrustreerdes, die oorambisieuses en die middelmatiges. En menslike voortreflikheid, politieke beginselvastheid en patriotiese toegewydheid was sinoniem met dr. Hertzog se naam.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (8)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Ope brief: Jaap Marais eis Blanke verkiesing by FW
"So, vir u is dit nou moreel verdedigbaar om Suid-Afrika se Blankes te onderwerp aan ’n bloudruk vir hulle ondergang. Vir u is dit nou moreel verdedigbaar om onder druk van die linkse Amerikaanse magshebbers ’n stelsel van een mens, een stem op Suid-Afrika af te dwing, sodat nasionale selfmoord gepleeg kan word. En koelbloedig word die leuen verkondig dat die Blankes van Suid-Afrika in die referendum van 1992 aan u ’n mandaat sou gegee het vir hulle ondergang en selfmoord. Politieke ironie en openbare eerloosheid kan nie groter wees nie."
23 Julie 1993
Geagte mnr De Klerk
Op u besoek aan die VSA het pres Bill Clinton volgens Sunday Times van 4 Julie gesê: “We sit here and marvel at what you are doing in South Africa”. Klaarblyklik is dit met groot genoegdoening gesê, omdat wat u in Suid-Afrika doen, presies is wat die linkse Amerikaanse voorskrif is, naamlik om deur ’n stelsel van een mens, een stem Suid-Afrika uit te lewer aan ’n Kommunisties-beheerde Swart regering, soos die NP-regering se optrede in Zimbabwe en Namibië verseker het.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (7)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
’n Proses van bloedlose verowering
19 Oktober 1983
DIE TOESTAND waarin ons vandag verkeer, kan seker op verskillende maniere beskryf word, maar hoe jy ook al daarna kyk, dit is ’n proses van bloedlose verowering waarmee ons te doen het. Oor hoe ver die proses gevorder het, kan wel geredeneer word, maar dat dit wel ver gevorder het, moet ons ook aanvaar.
Nou kan u dadelik vir my vra, as u saamstem dat daar ’n proses van verowering aan die gang is, wie die veroweraar is, want dit is tog net so ’n wesenlike deel van die hele saak. Daaroor moet ’n mens ook volkome duidelikheid kry.
’n Mens kan seker by verskeie punte in ons resente geskiedenis begin om hierdie vraag te probeer beantwoord en jy sal altyd by dieselfde antwoord uitkom. Tog is die datum 24 Oktober 1974 vir ons van groot belang wanneer jy die huidige situasie wil beoordeel. Dit is op hierdie dag dat Suid-Afrika se Ambassadeur by die Verenigde Volke, mnr. Pik Botha, in die Veiligheidsraad opgestaan en feitlik vir die VVO gesê het ons vra om verskoning omdat ons in Suid-Afrika ’n toestand het waarin diskriminasie tussen Blank en Nieblank bestaan, maar ons gee die versekering dat ons daarvandaan sal wegbeweeg met al die middele tot ons beskikking.
OP HIERDIE ROTS SAL HY BOU
Hannes Ollewagen
Matt. 16:13-23
“En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (:16).
In die gelese gedeelte stel Jesus ‘n belangrike vraag aan sy dissipels. Hy wou by hulle weet wie die mense sê dat Hy is. Uit hulle antwoorde is dit duidelik dat hierdie mense Jesus nie waarlik geken het nie. Hulle het besef dat Hy nie ‘n “gewone mens” was nie en dat daar iets besonders rondom sy Persoon was. Nietemin was hul steeds op ‘n dwaalspoor deur te dink dat Hy maar net nog ‘n profeet was. Die lang verwagte Messias, die Verlosser van die eeue, het onder hulle gewoon en gewandel en tog het hulle Hom nie geken nie.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (6)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Paul Kruger: Sy betekenis vandag
5 Oktober 1983
DIE AFRIKANERVOLK se roem was nooit hoër as tydens en ná die wapenstryd wat pres. Kruger Brittanje in Oktober 1899 aangesê het nie. Drie jaar waarin die wreedste metodes deur die Britse mag toegepas is, kon die Afrikanervolk nie breek nie — die afbranding van plaashuise, die doodmaak van plaasdiere en die vemietiging van graanlande, die gevangeneming van vrouens en kinders na konsentrasiekampe waar duisende gesterf het weens ontbering, die verbanning van krygsgevangenes na Ceylon en St. Helena...
Die smartvolle ervaring het ook die karakter-adel van mense tot uiting gebring en leiers na vore gestoot wie se onversetlikheid en krygskuns wêreldroem verwerf het. De Wet en De la Rey se name het weerklink oor kontinente. Die Boer het groot teen die horison van die geskiedenis gestaan.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (5)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
KP kies die middelposisie —
Dieselfde pad na ondergang as die NP
8 Junie 1983
Net so ’n waarheid as wat dit is dat in die Suid-Afrikaanse politiek daar net twee beginselbasisse is—’n nasionale en ’n liberale—net so ’n waarheid is dit dat daar tussen die partye wat die basisse beset, ’n middelposisie is wat nooit onbeset bly nie.
Met tye was dit die regerende party wat in die middelposisie gestaan het, soos die SAP tussen die Unioniste aan die een kant en, ná 1914, die NP aan die ander kant—’n soortgelyke posisie as wat die VP gaandeweg ná 1934 ingeneem het met die Arbeiderparty links en die destydse Gesuiwerde (later Herenigde) NP regs van hom.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (4)
>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
NP se Advies aan Amptenare- KRY HULLE MOEDELOOS EN PRAAT HULLE BANG
30 Maart 1983’n Opspraakwekkende dokument uit die Nasionale Party se hoofkantoor met opdragte aan organiseerders en ander amptenare vir die komende tussenverkiesing bevestig bo alle twyfel hoe desperaat die NP is en hoe die taktiek van bang praat en vreesaanjaging gevolg gaan word om die kiesers agter die party te probeer monster.
Die dokument het die afgelope week in die hande van DIE AFRIKANER beland. Dit lewer verdoemende getuienis van die NP se taktiek om die Swart getalle-oorwig, die sg, kommunistiese aanslag en die vyandskap van Swart state en die Weste te gebruik om soveel vrees by die Blanke te wek dat toegee aan eise en druk as die enigste alternatief vir Suid-Afrika gesien moet word.
“Kry hom moedeloos oor getalsoorwig en bring hom tot instemming met Kissinger se advies”, is die opdrag in die dokument aan NP-organiseerders en -amptenare.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (3)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Naakte Magsdeling in Kabinetsraad
16 Maart 1983
Die Nasionale Party se grondwetlike voorstelle van 1977 is in die afgelope dae opnuut in die politiek ingeruk met die voormalige Eerste Minister, mnr. John Vorster, se optrede hy die Universiteit van Pretoria as gas van die KP. Daar kan aangeneem word dat dit ’n belangrike strydvraag in die komende reeks tussenverkiesings gaan word.
In sy toespraak voor die Pretoriase studente het mnr. Vorster twee vanselfsprekende uitlatings gemaak: dat hy steeds die 1977-voorstelle onderskryf en dat dit nie politieke magsdeling is nie. Dit is wesenlik ook die amptelike standpunt van die KP namens wie hy opgetree het. Die Leier van die KP, mnr. Andries Treumicht, was persoonlik daar en het mnr. Vorster oor sy standpunt toegejuig. KP-leiers voer aan dat die 1977-voorstelle nie magsdeling sou wees nie en dat die Blanke Parlement sy soewereiniteit sou behou het. Verder is hulle argument dat die voorgestelde Raad van Kabinette van Blankes, Kleurlinge en Indiërs nie ’n Kabinet in die ware sin van die woord sou wees nie en bloot in ’n raadgewende rol sou optree.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (2)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“Die Geskiedenis is ‘n volk se geheue. Dit vertel aan hom wie hy is en vanwaar hy kom. Sonder ‘n sterk historiese sin is ‘n volk soos ‘n mens wat aan geheueverlies ly: hy weet nie wie hy is, vanwaar hy kom en waarheen hy op pad is nie”. [Aanhaling 92 in die boek AFSPRAAK MET DIE TOEKOMS: DIE STEM VAN JAAP MARAIS EN AFRIKANER- NASIONALISME.
Onder die huidige Afrikanervyandige bewind word alles in werking gestel om die Afrikaner sy geskiedenis te laat herinterpreteer om in ooreenstemming te kom met die sienswyse van die Kommuniste, die liberaliste en die NG Kerksinode. Daar word byvoorbeeld na die NP bewind van 1948 tot 1994 verwys as “Die Apartheidsregering”. Dit is ‘n doodgewone leuen. Reeds tydens die bewind van PW Botha het daar ‘n gemengde regering tot stand gekom bestaande uit blankes Kleurlinge en Indiërs.
DAAGLIKSE OFFERS
Hannes Ollewagen
Exodus 29:38-46
“Dit moet ‘n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.” (:42).
God gee aan Moses die insetting dat die kinders van Israel ‘n voortdurende offer in die oggend en in die aand aan Hom moet bring. Die handeling in hierdie verband word spesifiek voorgeskryf sodat dit vir God aanneemlik sal wees en Hy Hom tot Israel sal wend om met hulle te spreek daar waar hulle die offer moes bring.
Dit mag dalk wees dat ons nie meer brandoffers van diere bring soos aan Israel van ouds voorgeskryf was nie. Die rede hiervoor is nie dat ons aan God ongehoorsaam is nie, maar dat God self ‘n offer berei het wat ons van ons sondeskuld sou skoonwas.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (1)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Parallelle in die stryd tot vryheid
Vry van Oorheersing
In 1942 het daar ‘n merkwaardige boek verskyn met die titel Paul Kruger — Christen-volksman -staatsman deur dr F Postma. Dit is 27 jaar voor die stigting van die Herstigte Nasionale Party. Die lees van die besondere boek in die jaar 2002 openbaar talle ooreenkomste tussen die stryd wat Paul Kruger gevoer het en die van die HNP sedert 1969. In hierdie artikel sal net enkeles daarvan kortliks behandel word.
Dr Postma skryf onder meer: “Die Republieke se binnelandse politiek was voortdurend in gevaar om deur magte buitekant die grense oorvleuel en beheers te word. Dit is hierdie handhawing op eie gebied van ‘n gedragslyn om verworwe vryheid in alle opsigte te verseker wat soveel wrywing veroorsaak het. Sommige leiers van die volk was nabysiende, ander versiende; vir oombliklike voordeel of voordele was die nabysiendes, sonder dat hulle die komende gevare gesien het, meestal bereid om die lokstemme te volg, terwyl die versiendes waarskuwende stemme laat hoor het. Tweespalt is dan onvermydelik. Die nabysiendes het meestal die mooi naam van ‘vooruitstrewendes’ verkry, terwyl die versiendes uitgemaak is vir ‘bekrompe’ en ‘backvelders’, die ‘remskoene’.
DIE DEUGSAME VROU
VROUE IN DIE BYBEL
Spreuke 31: Die deugsame vrou
Om Spreuke 31 ten volle te waardeer moet jy iets verstaan van die doel van Spreuke in die algemeen. Spreuke is ‘n versameling wyshede en gee uitdrukking aan die waarheid met direkte stellings, teenstellings en vergelykings. Dis deel van die Ou Testament wat bekend is as die “Wysheidsliteratuur” wat Job, Spreuke, Prediker en sommige psalms insluit. Spreuke handel oor die toepassing van God se wysheid op spesifieke situasies en besluite in ons lewe. Koning Salomo, Dawid se seun, het die grootste gedeelte van Spreuke geskryf, maar daar is ‘n paar gedeeltes, insluitend die inhoud waaroor ons vandag praat, wat heel waarskynlik deur ander skrywers geskryf is. Lees Spreuke 31 sorgvuldig deur.
BRIEWE UIT DIE HEMEL (2)
Ds Andrè van den Berg
2. Aan Smirna
“Vrees vir niks wat jy sal ly nie..... Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).
Die geskiedenis van die kerk begin met geloofsvervolging. Gelowiges het dit verwag want Jesus het gewaarsku “ ... As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Mt.16:24,25).
Net soos wat die kerkgeskiedenis met geloofsvervolging begin het, sal dit ook daarmee afsluit; net erger! “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:21,22).
ONS REG OP VERSKEIDENHEID
Die reg op verskeidenheid is ook die reg op beskerming van ons Afrikanervolk se eie identiteit. En dit is waar ons stuit teen die huidige kultus van menseregte en die Menseregte-akte, wat 'n instrument is waardeur gepoog sal word om kulture te integreer met die skyn van juridiese geregtigheid. Die slim Franse intellektueel, Alain de Benoist sê oor die menseregte: "...die ideologie van menseregte, die nuwe godsdiens van die sterwende moderniteit, funksioneer as 'n skuilplek waar die ontgogelde stryders van weleer ná hulle aftog nou rou oor hulle illusies". Dit klink 'n bietjie ingewikkeld maar u kan die strekking daarvan volg.
Die menseregte is 'n kultus wat geskep is om veral die rassekwessie uit die gesprek uit te skakel, om die mindere rasse dieselfde rang te gee as die ander rasse en hulle uiteindelik deur getalle die oorwig te gee. Deur ras as 'n onderskeidingsfaktor te misken en uit te skakel, moet die "nuwe nasie", of liewer die fiksie van 'n 'nuwe nasie" nou gebou word. Ons sal nooit aan die werklikheid van rasseverskil ontkom nie. Dit is die grootste bedrog wat daar gepleeg word om mens sku te maak vir die feit van rasseverskille, sku te maak vir sy rasbewustheid, bang te maak dat hy beskuldig word van rassisme, en dit is dan die grootste 'vloekwoord' wat teen jou geuiter kan word. Ons moet daarvoor terugdeins om ons daardeur te ontwapen, te ontman teen die aandrang van die Swart ras.
Let op wat tans in Suid-Afrika aan die gang is - daar word nie meer op grond van die Skrif regeer nie, maar aan die hand van wetgewing wat aan die hand van die Handves van Menseregte getoets word. In praktyk kom dit daarop neer dat daar nie deur wette nie, maar deur sogenaamde regte regeer word! Die Hooggeregshof het byvoorbeeld die reg om alle bestaande wetgewing aan die hand van die Handves van Menseregte te toets en selfs nietig te verklaar indien dit die regte van ’n individu skaad. Kan so 'n land nog op God se hulp steun?
ONS VRA DIT IN JESUS SE NAAM
Hannes Ollewagen
Johannes 14:1-31
“En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (:13&14).
Dit is mos soos musiek in ons ore! Die gedagte dat ek van die God by wie geen ding onmoontlik is nie enigiets kan vra laat sommer onmiddellik my gedagtes dwaal. Ek sukkel al so lank hiermee of ek wou al so graag hierdie of daardie gehad het. En amper instinktief rol die mens se gedagte van die een na die ander begeerte wat homself sal bevredig.
Skielik kom daardie gedagte dan weer by jou op dat jy al voorheen dinge van God gevra het, maar dit nie ontvang het nie. En dan wonder ons hieroor – sou Jesus dan ‘n belofte maak en dit nie hou nie? Ek het dan gebid en my gebed afgesluit met die woorde: “Ek bid dit in Jesus Naam, Amen.” Waarom sou Hy dan nie sy belofte gestand doen nie om aan my bede te voldoen nie?
DIE NUWE SUID-AFRIKA (22)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Wie is die Afrikaners?
MET die SATV se onlangse program oor die Afrikaners is dit ’n gepaste geleentheid om die vraag onder oë te sien.
Daar was by meer as een van die deelnemers ’n poging om Afrikanerskap oor die rasse- en kleurgrens te trek deur van die standpunt uit te gaan dat wie Afrikaans praat, ’n Afrikaner is. En daar was pogings om Afrikanerskap wat behoudend is, veroordelend te bejeën. Daar was egter min getuienis van diepte oor die werklikheid van Afrikanerskap in sy oorsprong en sy tydruimtelike omgewing.
Die Afrikanervolk is bo alles ’n volk wat stam uit die Blanke ras van Wes-Europa, die ras wat in sy plus en surplus die wêreld fisiek oopgemaak, tegnologies ontwikkel en ’n hoë mate geestelik oorspoel het.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (21)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Tweede TV-gesprek — Vier jaar na eerste
Na baie vertoë aan die SAUK is kort voor die 1989-algemene verkiesing ’n TV-gesprek en ’n radio-onderhoud met my gereël. Dit was slegs die tweede maal sedert TV in Suid-Afrika ingestel is in 1976 dat so ’n uitsending gegun is. Die enigste ander keer was in November 1985 — vroeër hierin weergegee. Die verskille tussen die HNP en die KP, die pogings om samewerking te verkry en die ontwikkeling in die regering se beleid, is bespreek in die betrokke radio- en TV-programme, Monitor en Netwerk. In albei programme is vrae gevra en bewerings gemaak deur mnr. Jean Oosthuizen van Die Transvaler en mnr. Dries van Heerden van Sunday Times.
Hulle is gekies om die debat te voer omdat geen politieke figuur van die NP of die KP bereid was tot ’n politieke debat met die HNP nie. Verskeie van hulle was genader, onder andere mnr. Barend du Plessis, mnr. FW de Klerk (toe nog ’n minister), en dr. Andries Treurnicht en mnr. Koos van der Merwe. Almal het geweier.
BRIEWE UIT DIE HEMEL (3)
Ds Andrè van den Berg
Aan Pergamus
“....Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen..... (vers 17).
Nadat die koerier die tweede brief in Smirna afgelewer het, is hy noord na Pergamus waar ʼn Christengemeente was; baie anders as enigeen van die twee voriges. Pergamus was die hoofstad van die Romeinse owerheid in Klein-Asië met drie afgodstempels waarvan die fondament van die grootste een vandag nog besigtig kan word en in Jesus se oë die simboliese aardse blyplek van die Satan was: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is....” (vers 13).