Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Martin Luther het by geleentheid gesê dit is die allerbeste teken wanneer as antwoord op ons gebede, skynbaar die teenoorgestelde gebeur. Net soos dit ook geen goeie teken is as in antwoord op ons gebede alles na wense verloop nie. Daarom gaan God teen ons gedagtes in sodat dit lyk of Hy ná ons gebede nog meer toornig op ons is as voor ons gebede. Dit doen Hy alles slegs omdat dit in sy aard is om eers tot niet te maak wat in ons is voordat Hy ons sy gawes skenk.
SEWE EIENSKAPPE VAN DWAALLERAARS
soos deur die apostel Petrus beskryf
Ds. Andre van den Berg
Satan verwek van meet af aan dwaalleraars om mense van die waarheid te vervreem. Jesus waarsku in sy Profetiese Rede dat dit teen die einde van die tyd so sal toeneem, dat min mense staande gaan bly. Die apostel Petrus het eersterangse kennis van hulle skadelike optredes in die vroeë kerk gehad en ken in sy tweede Sendbriefsewe eienskappe aan hulle toe.
1. Dwaalleraars gebruik ʼn ander kenbron as die Skrif: “Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit” (2 Pet.1:16).
Met hierdie verdigsels trek hulle die aandag op hulself: “...en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie” (2 Pet.2:3).
DIE NUWE SUID-AFRIKA (13)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Nasionalis en Liberalis in TV-debat
Dr Wimpie de Klerk het ’n SAUK TV-program Om die waarheid te sê, ’n tyd lank behartig; en in November 1985 het hy my uitgenooi om met hom in die program ’n gesprek te voer.
Dit was die eerste en enigste geleentheid van hierdie aard wat die HNP deur die SAUK gegun is sedert die instelling van televisie in Suid-Afrika, tien jaar tevore, hoewel die HNP in die 1979-tussenverkiesings NP-meerderhede met van 3 000 tot 5 000 stemme laat daal het, en in die 1981-algemene verkiesing byvoorbeeld in Transvaal gemiddeld 33% van die stemme gekry het, waar die NP en die HNP teen mekaar gebots het.
De Klerk het in die gesprek uit die staanspoor ’n aggressiewe trant aangeslaan, soos reeds blyk uit sy eerste opmerking.
De Klerk: Die beskuldiging word gemaak dat u aan die dooie hand van die verlede vasklou; dat die stemme van Malan, Strijdom en Verwoerd amper goddelike stemme is en dat u nie rekening hou met veranderde omstandighede, met ontwikkeling nie. Wat is u antwoord daarop?
ONS MOET IN KENNIS TOENEEM
Hannes Ollewagen
2 Petrus 3:1-18
“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid.” (:18).
Kan ons ooit genoeg Bybel lees? Gelowiges voel dalk soms asof hulle nou al die Woord van God so baie deurgelees het dat hulle mooi weet wat daarin staan en dus is dit onnodig om op ‘n daaglikse grondslag daaruit te lees. Hulle voel dalk dat hulle doodeenvoudig net niks meer uit die Bybel kan leer as wat hulle alreeds weet nie.
Petrus stel dit egter in verse 1&2 van die gelese gedeelte duidelik dat ons gedurig herinner moet word aan dit wat in die Woord staan. En in die laaste vers word ons nie vermaan om kennis van die Here op te doen nie, maar ons word beveel dat ons kennis van die Here moet toeneem, m.a.w. dit moet verbreed.
RAMAPHOSA, HELD VAN DIE GELDMAGTE...
... EN DIE TOEKOMS VAN DIE AFRIKANER
Dr Danie Theron
Die Anglo-Amerikaanse geldmagte is verheug oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot leier van die ANC. Hy is immers 'n pion van hulle en deur hulle oornag supperryk gemaak. Ja, hy het oornag (vanuit niks!) een van die rykstes in Suid-Afrika geword. Hy is dus diep in die skuld by hulle. "It's payback time", soos hulle op Engels sal sê!
Maar wat beteken sy verkiesing vir die Afrikaner se vryheidstryd?
Wel, eerstens moet besef word dat alles in werking gestel is om die BRICKS-greep op Suid-Afrika te verbreek. Jacob Zuma en sy volgelinge se groot misstap was nie soseer staatskaping nie, maar staatskaping deur die verkeerde magte. Deur sy rug op die Anglo-Amerikaanse geldmagte te keer en vir hulp by China, Indië en Rusland aan te klop, was verseker die grootste rede waarom Zuma deur die geldmagte se media (met Netwerk24 aan die spits) meedoënloos geteiken is. Dit wil voorkom of hulle in hulle doel geslaag het. Ramaphosa en sy luitenante sal nou alles in werking stel om die VSA en Brittanje se greep op die Suid-Afrikaanse ekonomie te "herstel". Dat dit op dieselfde neerkom (naamlik staatskaping) skeel hierdie magte min, solank húlle net die beheer kan kry.
HOMOSEKS-KERKE
Oordeel of aanvaar?
Ds. Andre van den Berg
Al hoe meer mense verwerp God se oordeel oor homoseksualisme en sien dit eerder as alternatiewe erotiek. Dit het selfs tot afsonderlike kerkvorming gelei. Hulle glo dat omdat homoseksualisme nie spesifiek in die Tien Gebooie genoem word nie, God dit nie veroordeel nie. Dis ʼn leuen! Die Bybel sê baie duidelik in beide OT en NT dat homoseksualisme ʼn gruwel in God se oog is.
Wie sy oordeel nie aanvaar nie, kan net sowel ophou om die Bybel te lees. Want as iets wat so duidelik in die Bybel staan anders verstaan moet word, kom die ganse geloofslewe op losse skroewe te staan en is die Bybel vir enige ander vertolking oop!
DIE WITMAN IN SUID-AFRIKA...
...HET NIE GROND GESTEEL NIE !
Dr Pieter Möller
"Alhoewel die swart volke wel hul ontstaan in Afrika gehad het, het hulle nie binne die grense van die huidige Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom nie. As dus van die Blankes in Suid-Afrika as "Settlers" gepraat word, is die Swartes hier ewe so "Settlers" en as Blankes volgens hulle uitsprake na Europa moet terugkeer, moet hulle eweneens na Sentraal-Afrika terugkeer."
Daar word gereeld deur onkundige en kwaadwillige Swartes met groot stelligheid uitsprake gemaak dat die Blankes in Suid-Afrika "Settlers" is en dat as hulle nie tevrede met hulle omstandighede in die land is nie, hulle na Europa, vanwaar hulle voorsate kom, moet terugkeer.
By hierdie aansprake en grondeise van die Swartes sluit selfs sommige blanke liberaliste aan. Afgesien van vervalsings is sodanige uitsprake onsinnig, absurd en onwaar en hou hoegenaamd nie met die werklikheid tred nie.
DOOD VAN DIE OU VISSERMAN
AE vd Berg
Kleisteenhuisie witgekalk
rietdaktuiste greinhoutbalk.
Ou omie sit op die stoep
hoor hoe die seevoël na jou roep.
Droom van dae lank verby
en nette vol vis met die hooggety.
Op sy pos lewensgetrou
hande nou inmekaar gevou.
En as die gordyn van die lewe skeur
roep die seevoël ʼn laaste keer.
En buite sig of kim
spoel ʼn siel die ewigheid in.
PEPERDUUR
Die prysetiket van verraad
AE vd Berg
Verraaiers kan nooit vertrou word nie. Voor die Kommunistiese oorname van Hongarye in 1957 het Rusland ʼn klompie Hongare met die belofte van ruim vergoeding gewerf om die regering tot ʼn val te help bring. Toe hulle die nuwe owerheid daarna om die vergoeding nader, is hulle met die woorde “As julle jul eie volk kon verraai, hoe kan ons julle ooit vertrou?”summier doodgeskiet.
ʼn Volk kan miskien nog dwase politici verdra, maar nie verraaiers nie. Hulle beweeg ongesiens tussen hul eie mense, lyk soos hulle, praat dieselfde taal as hulle ens. Agteraf werk hulle in die geheim. En dit maak hulle gevaarliker as moordenaars wat merendeels enkelinge is. Verraaiers daarenteen is ʼn netwerk van booswigte en word dikwels tereggestel.
DIE KLIP WAT ROL
Ds Andrè van den Berg
“Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan”(Dan.2:44).
Nebukadneser het rede gehad om een nag toe die slaap gewyk het, oor die toekoms te wonder. Babel het toe alreeds ʼn geskiedenis van bykans 5000 jaar gehad en een ryk na die ander sien kom en gaan. Wat sou die toekoms vir Babel inhou? Toe antwoord God hom met ʼn antwoord wat ons aandag verdien; ʼn antwoord wat van die oorwinning van God se koninkryk oor Satan s’n vertel.
“Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan”.
DRAAI VANDAG NOG OM!
Ds Andrè van den Berg
"Ons staan vandag by ons eie Ebenhaeser stil - Bloedrivier. Baie volksgenote het dit vergeet. Ander het dit tot ’n versoeningsdag met die heidene afgeskaal. Die Boerevolk is net soos oud-Israel aan heidene onderworpe. Baie van ons volksgenote, selfs familielede, lek soos tjankende honde die hande van hul kastyders. Wat het met ons volk gebeur dat ons so veragter het? ...Tydens die volksvergadering by Mispa het Samuel drie dinge vir sy volk gesê wat ook vir die Boerevolk vandag op 16 Desember waar is (i) '….As julle met jul hele hart julle tot die Here bekeer…' Ons aanbid nie ’n ander God as Israel nie. Wat Hy vir Israel gedoen het, wil Hy ook vir die Boerevolk doen."
1 Sam.7:12
“Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen en dit Ebenhaeser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp”
DIE NUWE SUID-AFRIKA (12)
>
>>>
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Vrae oor die sluipmoord op dr. HF Verwoerd
DIE sluipmoord op dr. HF Verwoerd op 6 September 1966 was in die Afrikanergeskiedenis net so ’n aardskokkende gebeurtenis as die Engelse Oorlog van 1899-1902.
In terugblik na twee-en-twintig jaar is daar baie onbeantwoorde vrae oor die ramp wat Suid-Afrika getref het; en sekere verwikkelings na dr. Verwoerd se dood val in ’n patroon wat nie anders kan as om agterdog te verdiep oor wat agter die moord was nie.
Was daar ’n beplanning dat dr. Verwoerd vermoor moes word om die Nasionale Party van sy beginsels af te kry, die party daardeur te laat skeur en die lewensmag wat tussen die Afrikanervolk en sy vyande gestaan het, te laat disintegreer?
EK IS TOT ALLES IN STAAT . . .
...DEUR CHRISTUS WAT MY KRAG GEE
Hannes Ollewagen
Fil. 4:10-23
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (:13).
In ‘n baie mensgerigte samelewing is dit maklik om die teks van ons oordenking verkeerd te interpreteer. As ‘n mens hierdie woord nie uit ‘n geestelike perspektief benader nie kan jy dalk irrassionele besluite neem en jou rieme lelik styfloop. Dink gerus aan ‘n persoon wat impulsief ‘n nuwe sake-onderneming sal begin in die najaag van rykdom en homself met die woorde van Fil. 4:13 probeer motiveer dat hy suksesvol sal wees, want die Bybel sê dan so!
MAG GELOWIGES HAAT?
Ds Andrè van den Berg
1. Politieke korrektheid
Politieke korrektheid word vandag as ʼn stuk moderne Evangelie geag omdat dit grootliks in die glanspapier van Bybelse waarhede toegedraai is. Dit lyk soos liefde, verdraagsaamheid en goedheid en word derhalwe in ʼn liefdelose wêreld verwelkom. Ondanks die goeie voorkoms is dit alles behalwe Bybels korrek en die gevolg van wêreldse standaarde vir geregtigheid en liefde.
Die Bybel leer gelowiges nie net om reg lief te hê nie, maar ook om vir die regte redes te haat. Salomo skryf: “ Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.... 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat”(Pred.3:1,8). Bybelse haat is anders as wêreldse haat. Dis nie onredelik of onbeheerd nie. Die Bybel sê ook baie duidelik wat gehaat moet word en waarom.
WAT SIEN MENSE IN JOU HUIS?
Ds Andrè van den Berg
“En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien?.....”(2 Kon.20:15).
Mense is baie soos ʼn robot –in sommige brand die groen lig en jy kom maklik met hulle oor die weg. Sommige is soos die geel lig – jy weet nie presies waar jy met hulle staan nie. Ander brand weer rooi en stuit jou teen die bors.
Dit het alles met persoonlikhede te doen. Mense met lelike persoonlikhede kan nooit gelowiges wees nie. Mooi persoonlikhede daarenteen is die uitstalvenster van sondaars wat in Jesus mooi geword het. Jesus keer lewens om: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor.5:17).
DIE NUWE SUID-AFRIKA (11)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Die beginsels van apartheid
“Die Afrikaner moet hom nie laat wysmaak dat skeiding om identiteit te handhaaf, verkeerd is nie — dit is sy reg.”
IN ’n een-rassige, homogene bevolking word die onderlinge verhoudings tussen mense gereël deur die gebruiklike, natuurlike, algemene voorskrifte, tradisies en ongeskrewe wette. Hierdie ongeskrewe wette en tradisies is self-ontwikkeld en self-opgelegd vanuit so ’n gemeenskap.
Die mense van Japan het byvoorbeeld nie wette nodig om rasse-verbastering te verhoed nie. In ’n veelrassige, plurale bevolkingbestaan daar egter geen self-opgelegde wette en tradisies nie. Daarom kan onderlinge verhoudings in ’n land soos Suid-Afrika deur statutêre bepalings van ’n oppergesag nooit almal tevrede stel nie weens die uiteenlopendheid van die belange en die verwagtings en behoeftes van die verskillende groepe.
GEREINIG DEUR DIE WOORD
Hannes Ollewagen
Exodus 14:1-31
“En jy, het jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.” (:16).
Hierdie spesifieke pad wat Israel moes volg na die beloofde land was nie die enigste pad vanaf Egipte na Kanaän nie. Tog was dit die pad wat God wou hê waarmee hulle moes trek, omdat Hy sy mag langs hierdie weg aan die kinders van Israel sou vertoon. “Ook het Israel die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in die HERE en aan Moses, sy kneg.” (:31).
DIE NUWE SUID-AFRIKA (10)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Menseregte-akte moet Swart regering onomkeerbaar maak
Die aandrang op “onomkeerbaarheid” van die staatsorde waarop afgestuur word, hou duidelik verband met die plan om ’n Akte van Menseregte in ’n nuwe grondwet in te skryf.
Hierdie aspek van die saak is wesenlik aan die beplanning van ’n stelsel waardeur teenstanders van ’n rasgemengde staat onder ’n Swart regering magteloos gestel moet word.
Die inkorporering van ’n Handves van Menseregte in die Suid-Afrikaanse Grondwet word bepleit vanuit sekere regsakademiese kringe. Daar word aangevoer dat so ’n verklaring ’n doeltreffende wyse sal wees waarop beskerming gebied kan word aan individuele regte van alle persone. So ’n verklaring, lui die argument, staan bokant die tydelikheid, veranderlikheid en onvoorspelbaarheid van politieke wisselinge. Derhalwe sal geen individu enige rede tot kommer oor die stand van sy regte hê nie, omdat watter regering ook al die bewind voer, hy aan die bepalings van die menseregtedeklarasie onderworpe sal wees en binne die beperkings daarvan sal moet optree.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (9)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
NP-leiers gebind deur Broederbond
EK het op 16 Februarie 1987 die volgende brief hieroor gerig aan die toenmalige provinsiale leiers van die NP, naamlik mnr. FW de Klerk, mnr. Chris Heunis, mnr. Kobie Coetsee en mnr. Stoffel Botha:
“In die komende algemene verkiesing wil u party ’n mandaat hê vir magsdeling met die Swartes van Suid-Afrika. U het egter nog geen aanduiding gegee van wat die aard en omvang van die magsdeling sal wees nie. Waar dit so ’n ernstige saak is, is die versuim onrusbarend.
“Dit is veral onrusbarend omdat die Broederbond, waarvan u ’n lid is, in sy onlangse geheime werksdokument met die titel ‘Basiese staatkundige voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner’, ’n uiteensetting van magsdeling met Swartes gegee het wat van uiters ingrypende aard is.
WONDERWERKE VANDAG
MOENIE NA WONDERS EN WONDERTEKENS SOEK NIE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Daar is min onderwerpe waaroor gelowiges en ongelowiges so sterk bots as wonders en wonderwerke. Ongelowiges sê dat dit kunsmatig opgeblaas word en dat mense se aansprake daarop vals is. Daarom wek redenasies hieroor dikwels meer hitte as lig op!
Let gerus op wie die mense is wat na wonders en wonderwerke in hul lewe verlang - gewoonlik mense wat baie onseker oor hulself en hul godsdiens is. Hierdie onsekerheid gee groot skaduwees aan klein dingetjies in hul lewe en maak hulle bekommerd oor die lewe. Kommer is ’n nare ding – dit dreineer nie môre se sorge nie, maar dreineer ons van ons krag vir vandag.
Onseker mense soek daagliks na wonders in hul lewe. Selfs kerke soos die charismatiese kerke. Hul soeke na wonders is ’n onontbeerlike deel van hul godsdiens. As dit hulle ontneem moet word, stort hul hele teologie in duie!
Maar wat verstaan ons onder wonders?
DIE NUWE SUID-AFRIKA (8)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Broederbond as wegbreider vir Swart regering
In 1987 is in ’n publikasie van die Universiteit van Pretoria se Departement van Staatsleer oor “Politieke Hervorming in Suid-Afrika” ’n uiteensetting deur my gegee van die verwagte konstitusionele stappe deur die Regering aan die hand van ’n Broederbonddokument van 1986.
In die artikel is onder andere voorspel dat die NP met die ANC sou begin onderhandel en die beginsel van ’n Swart regering sou aanvaar, soos drie jaar later in 1990 gebeur het.
Die tersaaklike deel van die stuk volg hier onveranderd, soos dit verskyn het:
Die mees betekenisvolle aanduiding van konstitusionele beplanning in Nasionale Party-kringe is die Werksdokument van die Afrikaner-Broederbond wat verlede jaar aan sy afdelings gesirkuleer is.