Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Regte en verpligtinge loop saam. Oral waar regte oorbeklemtoon en verpligtinge onderbeklemtoon word, loop dinge skeef. Regte het ook perke. Geen mens het absolute regte nie. Regte mag ook nooit met God se gebooie bots soos wat die reg op aanvraag op aborsie met die sesde gebod bots nie.
AS JOU OOG DAN VERKEERD IS
Hannes Ollewagen
Lukas 11:33-36
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.” (:34).
Hoe kyk u na die lewe? Of anders gestel – wat is u lewens- en wêreldbeskouing? Die regte antwoord is natuurlik dat u ‘n Christelike lewensbeskouing het, maar hoe sou ons hierdie antwoord meet? Dit is mos maklik om te sê dat ek ‘n Christelike lewensbeskouing het. Die toets is egter om te bepaal of my lewenswandel diensooreenkomstig of die teendeel getuig.
OM DIE BYBEL REG TE VERSTAAN
Ds. Andre van den Berg
Mense verwar maklik dwaalleraars se vermoë om Bybeltekste aan te haal met ʼn uitsonderlike kennis die Bybel. Dit word in Engels Bible punching genoem en deur dwaalleraars gebruik om geloofwaardigheid aan hul valse leer te gee. Die enigste teenvoeter hiervoor is ʼn deeglike kennis van die Bybel omdat dit die waaragtige woord van ʼn oneindige God is waarmee Hy sy wil aan die mens bekend maak en uitverkorenes mee red.
God leer gelowiges deur sy Woord om sy Woord reg te verstaan. Daarvoor is daar agt beginsels:
NASIONALISME EN RAS
>
>>
Deur volgehoue propaganda word verwarring geskep oor die begrippe soos nasionalisme en ras. Aan Blankes word voorgegee dat nasionalisme nie op ras gegrond mag wees nie, maar aan Swartes, wat bo-oor etniese en stamverskille verenig in ‘n rewolusionêre beweging teen die politieke gesag van die Blankes, word die naam swart nasionalisme of African nasonalism gegee. Dit is hier duidelik ‘n geval van swart rassisme, want ras is die verenigde faktor in ‘n ati-Blanke agitasie.
Dat tussen ras en nasionalisme ‘n diep verwantskap is, is onbetwyfelbaar.
DIE LIG VIR ONS LEWENSPAD
Hannes Ollewagen
Psalm 119:105-112
“U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (:105).
Wanneer ek in die donker moet rondbeweeg, sal ek gewoonlik ‘n lamp of flitslig inspan om my gang te vergemaklik. Hierdie hulpmiddel sal verhoed dat ek dalk in voorwerpe vasloop of oor iets struikel en myself in die proses beseer.
As ons rondom ons kyk, sien ons ongelukkig soveel mense wat in die lewe rondtas asof hulle in die donker beweeg. En ek praat nou nie van vreemdelinge nie, maar sommer van mense uit ons eie volksgeledere– mense uit goeie Afrikanerhuisgesinne.
DIE LOT VAN DWAALGEESTE
Ds. Andre van den Berg
“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”(Mt.7:21-23)
1. Wees gewaarsku
Jesus waarsku in die Bergrede sy volgelinge om nie deur dwaalleraars se voorkoms en optredes geflous te word nie:
“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mt.7:15).
Hulle is Satansagente wat keer dat siele gered word.
FINALE BYLAAG TOT DIE AB IN DIE POLITIEK
Die volgende drie dokumente word hier volledig herdruk omdat dit soveel betrekking het op die huidige politieke ontwikkelinge en aantoon hoe slaafs die Broederbond die nuwe politieke beleidsrigtings navolg en in sommige gevalle self die weg daarvoor voorberei:
I DIE HANDHAWING VAN PARTIKULIERE NORME IN ’N VEELVOLKIGE SAMELEWING (GESIRKULEER JANUARIE 1981)
Daar is gevra dat besin moet word oor die neiging van die Afrikaanse gemeenskap om sy norme op andere af te dwing. Die versoek is besonder ter sake aangesien in ’n plurale of veelkulturige staat soos Suid-Afrika die verskynsel van botsende stelle lewenswaardes nie vreemd is nie en daar in so ’n staat selfs ’n ‘stryd’ kan ontstaan oor die waardes wat in die samelewing dominant sal wees. Terwyl dit seker normaal is dat in ’n staat soos Suid-Afrika ’n mate van akkulturasie sal plaasvind en dat kultuurgoedere onderling oorgeneem sal word, kan konflik waarskynlik nie permanent ontwyk word nie. Die vreedsame oorname van kultuurgoedere sal min of meer spontaan geskied en een kultuur sal van ’n ander veral dit wat vir hom aantreklik, nuttig en voordelig is, oorneem. Dit wat egter teen ’n individu se sin op hom afgedwing word, sal merendeels ’n irritasie of aanstoot bly.
AS ONS HOM VERLOËN
Hannes Ollewagen
2 Tim. 2:1-13
“As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.” (:12).
Die Afrikaanse woordeboek omskryf die woord verloën as volg:
1. Nie wil erken nie;
2. Afvallig wees.
En is hierdie definisies nie treffend nie! Dit stel die feit tog duidelik dat enigiemand wat ‘n “tipe evangelie” verkondig waarin Jesus vir almal net goed en liefdevol is en ontken dat die mens gehoorsaamheid en eer aan God verskuldig is, is aktief besig om afval van God te verkondig. Anders gestel, is so ‘n persoon besig om Hom te verloën.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (23) (SLOT)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Die skeuring van 1969
Die jaar 1969 het begin, swanger van onheil vir die Afrikaner. Op die kultuurfront het die vlamme oral uitgeslaan, maar dit was veral op gebeure in die Nasionale Party wat alle oë gerig was. ’n Skeuring is immers elke dag verwag. Dat politici pogings sou aanwend om dit te verhoed, was vanselfsprekend en telkens is die kwade dag vorentoe geskuif nadat nuwe be- loftes gemaak is dat daar nie van tradisionele beleid afgewyk sou word nie. Binne die AB het dit al duideliker geword dat die UR in hierdie proses na twee kante probeer speel het, maar baie harder na die een kant toe. Hy wou graag ’n skeuring in die AB self voorkom, maar hy wou ook tot elke prys Vorster ter wille wees.
WANNEER ‘N VOLK ONOORWINLIK IS
In die Afrikanervolk is die wete nog sterk dat ‘n volk wat vasgebind word deur sy geskiedenis, wat deur leiding geïnspireer word, wat met geesdrif sy waardes en sy besittings beskerm, wat met oortuiging veg vir wat hy het en wat hy is, onoorwinlik is. Wapens kan hom nie vernietig nie. Ons het dit gesien in ons eie volk.
Ons het dit ook in die Wêreldoorlog gesien – hoe ‘n groot nasie soos die Duitse volk verpletter is, maar dan weer opgestaan en gegroei het tot ‘n groter mag as diegene wat hom verpletter het. Ons het dit sien gebeur met die Japanse volk wat onder atoomblomme gegooi is en opgestaan het, sterker as wat hy voor die oorlog was.
OP GOD SE TYD
Ds Andrè vd Berg
Skriflesing: Hand.1: 1-14
“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (7,8).
1. Selfondersoek
Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Maar betreklik saai? Sou jy graag ‘n nuwe begin met God wou maak? Miskien het jy al ‘n paar keer probeer, maar telkens misluk en moed opgegee. Dit maak jou gees sat want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ‘n ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie. As jy dus vandag die regte ding doen, kan dit ‘n baie groot verskil aan môre maak.
Hoe begin ‘n mens van voor af met God? Die Bybel leer ons hoe. In Hand.1 lees ons van ‘n nuwe geestelike begin in wording wanneer Christus die dissipels help om hul misverstande, mislukkings en drostery te verwerk. Om ‘n nuwe begin te maak, is dit baie belangrik om eers met jou verlede vrede te maak. Jy kan geen nuwe begin met God maak as nie met jou verlede vrede gemaak het nie!
GOD SE PLAN
Ds Andrè vd Berg
Ek het God vir verstand gevra om goed te kon presteer
Hy het my eenvoudig gemaak om nederig van Hom te leer
Ek het Hom vir krag gevra om voluit te kon leef
Hy het my swak gemaak om na ewigheidswaardes te streef
Ek het Hom vir rykdom gevra sodat ek niks sou kort
Hy het my arm gemaak sodat ek wys kon word
Ek het vir aansien gevra en om die regte dinge te sê
Hy het my nederig gemaak om meer behoefte aan Hom te hê
Ek het vir geleerdheid gevra om die lewe om te keer
Hy het my swak gemaak om Hom te waardeer
Ek het nooit dinge ontvang wat met rykdom vergelyk
Maar wel hemelse skatte om my siel te verryk
God het my, kortom, van ydele waardes gestroop
Om my lewenspad volgens sy plan te loop!
VADERLAND EN VOLKSTATE
Dié land is ons land
Om nou grense van 'n deeltjie van die land te trek as “ ‘n volkstaat”, is om onmiddellik alle aanspraak op die hele vaderland prys te gee. Daardeur word die Afrikanervolk se patriotiese sin as 'n essensiële bestanddeel van nasionalisme regstreeks ondermyn.
Ons het reeds die beskamende ervaring gehad van die grense van talle "volkstate"wat getrek is tydens die vredesonderhandelings met die ANC-SAKP, en wat niks meer was nie as politieke fopspene waaraan Afrikaners in goedertrou gesuig het, terwyl die politieke uitverkoping voortgegaan het.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (21)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Rol van die Cape Liberal Nats
Die oplaaiende stryd en onrus binne die geledere van die AB het nie net gegaan om tendense wat op terreine buite die AB al duideliker waarneembaar geword het nie. Meermale was daar skerp botsings as gevolg van bepaalde gebeurtenisse en optredes van sekere lede van die organisasie.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (20)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
WOELINGE EN STRYD
Die kern van die stryd in die AB wat in 1970 begin het met die skorsing van sekere HNP-leiersfigure se lidmaatskap en twee jaar later op die spits gedryf is, is geleë in die feit dat die Uitvoerende Raad in die politieke stryd tussen die Nasionale Party en die HNP sy grondwet en reglement geïgnoreer en kant gekies het teen die HNP.
HY SIEN IN ELKE HART
Hannes Ollewagen
1 Sam. 16:1-13
“Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (:7).
‘n Mens sou in Engels sê: “Don’t judge a book by it’s cover.” Ons het gelukkig in ons moedertaal ewe mooi uitdrukkings waarmee ons hierdie Engelse gesegde kan verwoord. Ek reken die spreukwoord “dat ’n mens nie ‘n man aan sy baadjie moet takseer nie” in hierdie konteks dalk meer toepaslik sal wees.
Alhoewel ons nie met hierdie lewenswaarheid onbekend is nie is ons tog geneig om telkens daarin te struikel. Ons sal byvoorbeeld geneig wees om ‘n persoon wat finansiëel welaf voorkom anders te behandel (weens ons gebrekkige oordeelsvermoë?) as die volgende persoon met ‘n veel eenvoudiger voorkoms.
DIE VREDE VAN DIE DOOD
Die geskiedenis van ʼn volk is eintlik die verhaal van so ʼn volk se stryd om selfbehoud en selfverwesenliking.
Sy geskiedenis is niks as dit nie die verhaal van stryd, swaarkry, nederlaag, oorwinning, opstaan en weer stry in elke geslag omvang nie.
In hierdie stryd om ʼn volk se selfbehoud en selfvertroue en selfverwesenliking is die grens tussen die politieke en die militêre stryd baie smal. Dikwels is dit so fyn getrek dat ʼn mens nie eens die grens kan onderskei nie.
Die feit dat daar ʼn noue verband tussen die politieke stryd en die wapenstryd is, moet ʼn mens laat besef dat in elke geslag van ʼn volk se lewe die moontlikheid bestaan dat die politieke stryd in ʼn militêre stryd omgesit kan word.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (19)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Predikante in knegskap
"As predikante oor 'n saak wat die kerk so ernstig raak, swyg, dan kry 'n mens 'n vae idee van hoe sterk die Broederbond se invloed in ons kerke is"
Die breuk tussen die Uitvoerende Raad en die Herstigte Nasionale Party (HNP) in 1970 het die drie Afrikaanse kerke voor hulle ernstigste toets in 'n baie lang tyd geplaas.
DWAALLERAARS VAL ONS KINDERS AAN!
Bethel en vennote
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Mense wat onkundig in die leer van die Bybel is, dwaal maklik. Jesus sê vir die kerklui van sy tyd:
“...Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29). Elkeen wat dwaal, bespoedig die koms van die Antichris en die era van die groot verdrukking.
“Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is” (Mt.7:15).
” Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei” (Mt.24:24) .
“Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke”(2 Kor.11:13-15).
DIE ONVERGEEFLIKE SONDE
JP Botha
Ons leef in ‘n tyd waar ons daagliks hoor hoe die Naam van die Here gelaster en misbruik word. Ons word so daarmee gebombardeer dat ons nie anders kan nie as om te wonder of dít die sonde teen die Heilige Gees is. Wat presies is die sonde teen die Heilige Gees waarvan Matt. melding maak?
Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. Matt. 12;31
Wat het Jesus met hierdie woorde bedoel? Die oorsaak van hierdie uitspraak van Hom was dat Hy ‘n geestelik versteurde mens weer tot sy sinne gebring het. Die dramatiese verandering in hierdie man se lewe het ‘n diep indruk op die omstanders gemaak, maar die Fariseërs wou die effek van hierdie gebeurtenis neutraliseer.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (18)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
COTTESLOE-KERKEBERAAD
Die Cottesloe-kerkeberaad is van 7 tot 14 Desember 1960 in Johannesburg gehou. Ondanks alle verklarings tot die teendeel was dit 'n berekende poging om vanuit liberale kerklike kringe 'n aanslag op die politieke orde in Suid-Afrika te maak deur die owerheid aan georganiseerde druk van sowel die Afrikaanse as die Engelse kerke te onderwerp om ingrypende politieke beleidsveranderings af te dwing. Terselfdertyd moes dit buite Suid-Afrika se grense die regte atmosfeer skep vir toenemende druk op die Verwoerd-regering om voor die sogenaamde wêreldmening te swig.