Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al leef gelowiges ook hoe vroom, is hulle steeds sondaars. Deur die bekering word ons van slegs die bindende mag en uiteindelike oordeel van sonde verlos. Dit as sodanig waarborg ons hemelse erfenis wat ons as dankbare, verloste mense met ’n innige begeerte om nie te sondig nie, laat leef.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (6)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
6. Nuwe openbarings
6.1 ʼn Oop kanon
Die kerk van Christus se gesag is alleenlik op die Skrif gegrond (Sola Scriptura) en die kanon derhalwe afgesluit:
“Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun” (Heb.11:1).
In stryd hiermee leer die NAH dat God nog steeds direk met mense praat. Gevolglik is die Bybel wat geloofsake, kerkleer en die Evangeliebediening betref, nie genoegsaam nie. Die kanon is oop en ʼn vars stem uit die hemel nie onmoontlik nie. God kan selfs iets sê wat nie met die Woord ooreenstem nie!
TREK JOU FEESKLERE AAN!
Skrif: Mt.22:1-14
Ds Andrè van den Berg
“En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” (:12,13).
As die mensdom net besef hoe vernietigend sonde is, sal geen mens die bekering as ‘n opsie oorweeg nie, maar as ‘n vereiste beskou! Sonde verteer die mens soos ‘n kanker van binne: Luister wat sê Dawid daaroor: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer .... want u hand was dag en nag swaar op my....” (Ps.32:3,4). “Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd” (Ps.102:4).
Wanneer ‘n dokter jou meedeel dat jy kanker het, het jy net een hartsbegeerte - om daarvan ontslae te raak voordat dit jou lewe eis. ‘n Mens sal enigiets doen om die lewe te behou. Wat ‘n heuglike dag as jy na deeglike behandeling die goeie nuus ontvang dat jy kankervry is!
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (5)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
5. Verwarde teologie
5.1 Geestesgawes
Die NAH se hermeneutiek is korrup. Dit laat val die klem op wat die vertolker seën nie op dit wat God sê nie. Hulle noem dit hermeneutiek van die Gees. Daarbenewens is hul klem en aandrang op bedieningspatrone vreemd aan die Bybel. Die Heilige Gees gee aan die kerk gawes en nie bedieningspatrone nie.
“En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ’n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid” (Rom.12:6-8).
BABILON EN ROME
DIE VERHAAL VAN TWEE BOSE STEDE
Ds Andrè van den Berg
1. Verborgenheid
Babilon het sedert die Bybelse tyd ʼn ongunstige betekenis gehad. Vanaf die bou van die toring (Gen.11) tot in Openb. 18 staan dit in die teken van opstand teen God. Die Babiloniërs was almal afgodsdienaars met ʼn godsdiens wat om die as van verborgenheid gedraai het. Priesters het mense hierin onderrig en is slaafs nagevolg. Wie kennis van die verborgenheid wou bekom, moes ter voorbereiding ʼn geheime drank drink wat hulle in die mag van die priesters geplaas het. Daarna is hulle stapsgewys in die geheimenisse onderrig.
AS HY DAN ONS VADER IS
Maleági 1:1-14
“’n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag!” (:6)
Die volk Israel word in hierdie gelese gedeelte skerp deur God aangespreek. Hy het ‘n twis met die volk omdat hulle nie aan Hom die nodige eer bewys nie. Die volk se godsdiens het maar vir hulle ‘n blote formaliteit geword. Die minderwaardige offers wat hul aan God gebring het getuig hiervan. “Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik. En as julle ‘n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle ‘n lam of ‘n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy ‘n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.” (:6&7).
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (4)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
Die koninkryk van God
4.1 ʼn Onhaalbare droom
In hul strewe na mag, maak die NAH telkens van die Bybelse metafoor die koninkryk van God gebruik. Dis skynbaar ʼn nuwe aardse gemeenskaporde waarin apostels al die belangrike funksies vervul. Gevolglik vertoon dit sterk parallelle met die teologiese liberalis meen Social Gospel van weleer.
Die droom van ʼn aardse Utopia van vrede en geregtigheid o.l.v. nuwe apostels is die steierwerk van hul toekomsverwagtings. Daarom is kerkgroei nie hul agenda nie; slegs die koninkryk van die apostels. Om dit te verwerklik, moet die demokratiese strukture van die bestaande kerke verander word ten einde ʼn magslustige priesterorde te vestig en te voed. Dis allermins Protestants en eerder Rooms!
HOU AAN TYDIG EN ONTYDIG...
...OM MENSE TE WAARSKU
Ds Andrè van den Berg
“En jy, o mensekind, Ek het hou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku” (:7). Eseg.33:1-9
Wie gee God die reg om mense hel toe te stuur? Hyself. God oordeel alleen as Hy seën of straf uitdeel. “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12). Elkeen word geoordeel volgens wat hy met Jesus doen. Wie die regte ding doen, gaan hemel toe en wie die verkeerde ding doen, gaan hel toe.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (3)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
3. Die apostel-amp
3.1 Bedieningsgebiede
Die NAH glo dat God aan sekere mense uitsonderlike genadegawes toevertrou het om die kerk mee te dien. Hiervan is die apostel-amp die grootste. En alvorens dit nie herstel is nie, sal die koninkryk van God nie op aarde verwerklik nie. Die Bybel leer daarenteen dat God met Jesus se eerste koms na die aarde reeds sy koninkryk gevestig het en met sy tweede koms sal afsluit.
DIE SWAARD UIT SY MOND
Hannes Ollewagen
Openbaring 1:9-20
“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.” (:16).
Baie mense verkies om die boek Openbaring te vermy. Dit mag wees dat die oordeel en grimmigheid hierin hul dalk verskrik en dat hulle nie daarmee gekonfronteer wil word nie. ‘n Mens hoor ook menige Bybelstudent wat sal sê dat hierdie boek in die Bybel vir hulle moeilik is om te verstaan. Ons moet onthou dat Openbaring deel vorm van die volkome Woord van God en ‘n grondige kennis van die hele Bybel baie van die verborgenhede in Openbaring vir ons sal oopmaak.
AS DIE HERE WIL?
Dit het baie gelowiges al dikwels gehinder dat indien ‘n mens iets van die Here in die gebed vra en jy jou gebed afsluit met: As dit U wil is, spreek jy nie daarmee eintlik al klaar twyfel uit of die gebed verhoor sal word nie?
Daar is min gebede by ‘n siekbed wat hierdie woorde nie bevat nie. Dis by ons ‘n algemene gevoel dat dit so hoort, veral by voorbidding om genesing of verandering van die menslike lot. Ons gereelde gebruik van hierdie woorde in ons gebede kan gegrond wees op die bede in die Onse Vader: “Laat u wil geskied.” Die Here Jesus het ook in Getsémané gebid: “Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied.”
KOMPAS VIR ONS TOEKOMS
Die geskiedenis is die kompas vir die toekoms
Ons is in 'n voortgaande rewolusie. Weens die bedrog en verraad van NP- en ander Afrikaanssprekende leiers is die Afrikanervolk vir die derde maal 'n verowerde volk.
Dit het op 'n manier gebeur wat van alle eer ontdoen is en in 'n hoë mate die volk se selfrespek en waardigheid geknou het. Daarnaas is Afrikaners polities erg verdeeld en gefrustreerd en verward.
Dié toestand verg nugtere poltieke leiding in die stryd:
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (2)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
2. Vernuwing
2.1 ʼn Nuwe keuse
Die NAH is baie sterk op vernuwing ingestel. Hulle verkondig dat daar ʼn tyd was toe godsdienstige mense tussen Roomse Katolisisme en Protestantisme moes kies. Vandag moet daar weer gekies word. Hierdie keer tussen ʼn tradisionele godsdiens of ʼn nuwe vorm van Protestantisme wat glo nuwe lewe in kerke gaan blaas.
Die vernuwing waarna gestreef word, draai om die as van die herinstelling van die apostel-amp wat as die hoogste vorm van kerkleierskap beskou word. Daar word toegegee dat die praktiese uitvoering van hierdie leierskapsmodel nie altyd Bybels geregverdig kan word nie, maar dat die doel nogtans die middel heilig. Die Hervorming het wel die grondliggende geloof in Christus herstel, maar klaaglik in gebreke gebly om die bedieningspraktyke ook te hervorm.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (1)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
Inleiding
Christus gee aan gelowiges die opdrag om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees (Mt.5:13-16). Dit geld ook vir kerke. Ongelukkig het talle teologies naïewe hoofstroomkerke die Bybelse waarheid al so versaak, dat hulle soutloos en laf geword het. En waar dit gebeur, word ruimte vir skadelike leerstellings geskep en die heilige akker besmet.
Die Bybel waarsku telkens teen godsdienspraktyke wat op die oog af goed lyk, maar dodelik vir die siel is. Soos wat die verbode vrug vir Eva goed gelyk en sy oortree het, eksperimenteer mense vandag nog steeds met booshede in godsdienstige verpakkings.
VOLKSVRYHEID
Volksvryheid is 'n strategiese doelwit waarna 'n verowerde volk graadsgewys beweeg deur tallose en intermediêre stappe binne 'n gegewe politieke situasie, soos dié wat aan die Afrikanervolk opgedwing is deur bedrog en verraad, en wat hom 'n derde maal in die geskiedenis 'n onderworpe volk maak. Die omstandighede waarin hy sy vryheid verloor het aan 'n onbeholpe terroristebende het sy selfvertroue en selfrespek ten ergste aangetas.
In 'n hernieude vryheidstryd is die primêre vereiste die aansporing van 'n gesindheid van verset teen die onreg wat die Afrikanervolk aangedoen is.
ABBA, VADER!
Hannes Ollewagen
Rom. 8:1-17
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!” (:14&15).
Daar is in ons milieu seker weinig oortredings wat so opgeblaas word as die sogenaamde oortreding van diskriminasie. My woordeboek definieer “diskrimineer” as volg: “Met onderskeid behandel.” Dit is daarom geen wonder dat die ware Christelike geloof in ons samelewing aktief beveg word nie. Dit is dan ‘n geloof wat “diskrimineer” omdat dit onderskeid tref tussen gelowiges en ongelowiges.
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (8)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Vreemde weë
Baie van die persone wie se name in die afgelope jare hoog op die protokollys van belangrike mense in Suid-Afrika gepryk het, is ongetwyfeld baie verskuldig aan die Broederbond. ’n Mens wonder onwillekeurig watter posisies sommige van hierdie mense in die samelewing sou ingeneem het as hulle pad nie in een of ander stadium van hulle lewe deur die Broederbond geloop het nie.
IN DIE KOL, JANNIE!
KORSIES VAN PASTEI
Die juffrou spandeer die hele periode om die werking van magnete in die natuurwetenskapklas te verduidelik. Sy wys hoe magnete spykers optel en wat dit doen met ystervylsels. Toe dit uiteindelik vraetyd is, sê sy:
"My naam begin met 'n 'M' en ek tel allerhande goed op. Wat is ek?"
Sonder om te aarsel sê klein Jannie: "Juffrou is 'n Ma!"
KORSIES VAN PASTEI
Toe 'n klant sy selfoon in my winkel vergeet, het ek net deur sy lys van kontakte gegaan en 'Ma' gebel. Sy ma antwoord toe en ek sê haar wat gebeur het.
"Moenie bekommerd wees nie" sê sy, "Ek sal dit gou-gou oplos."
'n Paar sekondes later lui die selfoon. Dis van 'Ma'.
"Martin!" sê sy, "Jy het jou selfoon in die winkel vergeet!"
DIE BROEDERBOND IN DIE AFRIKANER- POLITIEK (7)
B M Schoeman
(Lees reeks by AB in die Afrikanerpolitiek )
Met die skrywe van hierdie boek in 1982 was dit nie Beaumont Schoeman se bedoeling om verdere onthullings van die Broederbond se geheime te maak nie. Sy doel was om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Schoeman slaag daarin om aan die hand van eie dokumentasie aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy eie grondwet en reglement, ‘n instrument in die hand van ‘n bepaalde politieke party was ten tye van dié publikasie. Wat Schoeman toe nog nie kon weet nie is hoe ver die grense van die Broederbond se verraderlikheid sou uitbrei tot hulle op aandrang van die internasionale geldmag Suid-Afrika aan ‘n korrupte swart regering oorgegee het. Vandag opereer en skuil die Broederbond onder die naam Afrikaner Bond (AB) en is selfs meer listig as tevore terwyl hulle steeds die toutjies agter die gordyn probeer trek.
Piet Meyer en Nic Diederichs (2)
Algaande het ’n beter verhouding tussen Meyer en Vorster ontwikkel en presies ’n maand voor die stigting van die HNP, nadat mede-broers reeds uit die NP geskop is, lei Meyer ’n afvaardiging van UR-lede na Libertas. In ’n AB-omsendbrief daarna staan dit soos volg aangeteken: “Die UR het na die verdaging van die Parlement gereël om ’n informele besoek by vriend John Vorster af te lê. Dit het op 25 September in Libertas, Pretoria, plaasgevind. By hierdie geleentheid het die Voorsitter van die UR vriend Vorster namens ons organisasie seën, wysheid en sterkte na drie jaar se veeleisende premierskap toegewens en aan hom ’n AB-wapentjie as simbool van ons saambindende Broerskap oorhandig.”
SONDE EIS DIE HEL
Sonde vereis dat daar ‘n hel moet wees
Skrif: Rom.1:18-32
Ds Andrè vd Berg
“Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid....aan skandelike hartstogte....” (Rom1:24,26).
Sonde maak God kwaad. Dit word toorn genoem, ‘n Hollandse woord wat in ons taal gevestig geraak het - wrath of God in Engels. Dis ‘n baie ernstige saak wat, elkeen wat God se redding in Christus verwerp, se ewige eindbestemming raak. “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).