NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ‘n seiljagvaarder nie weet waarheen hy vaar nie, is geen wind vir hom die regte wind nie.  ‘n Gelowige volksleier weet egter presies waarheen hy gaan.  Daarom maak hy die beste van die lewe deur die meeste daarvan te maak.   Dis nie vir hom ‘n kleedrepetisie nie.  Daarom leef hy elke dag voluit vir God en sy volk.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (44)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

In 1973 het die Regering gesukkel om iemand in Suid-Afrika te vind wat ’n gedefinieerde uiteensetting oor apartheid, of afsonderlike ontwikkeling, kon skryf. Hulle het eers vir Willem van Heerden, doyen van Afrikaanse koerantredakteurs, betaal om dit te doen, maar kon nie sy manuskrip gebruik nie. Daarna het hulle hul na professor Erica Theron gewend, maar sy het halfpad opgegee. Op ’n dag het ek aan dr. Connie Mulder gesê: “Indien julle Nic Rhoodie daarvoor betaal sal hy, Denys en ek dit vir julle binne vier tot ses weke doen”.

Dr. Mulder het mnr. Vorster se goedkeuring verkry en binne ses weke was die manuskrip, The Reality of Multi-national Development op sy tafel. ’n Kabinetskomitee van vier man, dr. Mulder, M.C. Botha, dr. Hilgard Muller en mnr. Marais Viljoen (gewese Staatspresident) is deur mnr. Vorster aangestel om die manuskrip na te sien. Behalwe vir ’n paar woorde hier en daar en ’n paar bykomende paragrawe deur M.C. Botha aanbeveel, is die manuskrip aanvaar presies soos dit voorgelê was - elke enkele bladsy is goedgekeur. Baie van die werk was oorspronklik, soos my hoofstuk wat die integrasie-model van ’n een-man-een-stem sisteem vir Suid-Afrika uitmekaar gehaal het.

My “konflik” met Brand Fourie van Buitelandse Sake soos die pers dit moedswillig beskryf het was nooit persoonlik nie en was deur die pers opgemaak en aangeblaas. Ek het openlik sowel as vertroulik die mening uitgespreek dat Brand Fourie een van die mees intelligente en hardwerkende regeringsamptenare was, moontlik die hardwerkendste. Waarteen ek kapsie gemaak het, was nie Brand nie.

Gerald Barrie was ’n perd van ’n ander kleur. Daar was 'n sekere botweg eerlikheid by hom. Toe hy by Inligting aangestel is, het die heel eerste ontmoeting met die senior amptenare op ’n suur noot begin: “Wel, hier is ek", het hy gesê. “Ek het nie gevra om hierheen gestuur te word nie. Wat is ek veronderstel om te doen?”

Diegene wat gedink het dat die opmerking ’n grap was, het spoedig uitgevind dat die man werklik nie geweet het wat ons probleme was en wat hom te doen staan nie.

Hy was ook ’n amptenaar wat nooit ’n fout wou erken nie maar in teenstelling met Brand Fourie wat oneindig baie tyd gebruik het om ’n memorandum op te stel, ten einde seker te maak dat hy aan die Minister die regte advies gee, het Barrie probeer om die ding op eie houtjie te doen, sonder om die advies van sy senior amptenare te vra. Wanneer die Minister sy voorstelle verwerp of verander het, het Barrie ’n nuwe memorandum opgestel wat al die Minister se eie argumente bevat. Die gevolg hiervan was dat in al die jare van sy sekretarisskap, dr. Connie Mulder nooit, volgens die rekords, 'n enkele aanbeveling van Barrie afgekeur het nie! Almal was herskryf volgens die Minister se aanduidings.

Gerald Barrie se “re-treads” was ’n ou grap tussen die Minister se privaat sekretarisse.

Ek het ook vyande onder my eie personeel gemaak.

Ek het onthou hoe amptenare gedurende Brand Fourie en Gerald Barrie se dienstydperk slegs bevordering op ’n streng senioriteitsbasis gekry het. Meriete was ’n konsep, maar dit was nie ’n beginsel wat hulle verstaan het nie of wat hulle streng wou toepas nie. Met die goedkeuring van die Minister het ek dit alles verander. Ek het aan elkeen ’n kans gegee. Selfs diegene wat my senior amptenare gedink het genoeg geleentheid gehad het. Ek het nooit onderskeid tussen manne en vroue gemaak nie en het die eerste vrou as redakteur van S.A. Panorama aangestel. Ek het vroue na belangrike poste in die buiteland gestuur. Maar as ’n man of vrou eenmaal hul kans gehad het en dit verbrou het, het ek hulle nooit weer ’n kans gegee nie.

Ek was ontsteld oor die massa van dooie hout in die Departement. Ek het gedurig gekla dat daar baie junior amptenare is wat ’n taak beter op eie houtjie kon afhandel as wat twee meer senior amptenare tesame kon doen. Ek wou manne en vroue sien wat daarop ingestel was om hul politieke en akademiese kennis te verbeter, wat oortyd gewerk het, wat idees gehad het, wat nie bang was om van my te verskil nie. Daarom het ek begin om die briljante jongeres te bevorder en die dryfkraglose oueres na die sylyne oor te skuif.

Die dooie hout was gebelgd hieroor.

Binne ’n jaar na my vertrek in Junie 1978, het ek verneem hoe sommige van hierdie mense by hul nuwe base gekla het dat ek hulle nooit ’n kans gegee het nie. Binne ’n jaar was almal bevorder! Hulle moes ’n metamorfose ondergaan het wat aan die wonderbaarlike grens, sonder weerga in die Staatsdiens, en seker nie sonder Pik Botha se hulp nie.

Ek was nie alleen gefrustreer en deur regulasies ingehok nie, maar was insgelyks gefrustreer deur die kwaliteit van die menslike materiaal wat die taak moes uitvoer wat my Minister en agtereenvolgende Eerste Ministers as ’n geweldige belangrike saak vir Suid-Afrika beskou het. Dit het my siek gemaak om te aanskou hoe amptenare probeer het om witvoetjie te soek nadat ek Sekretaris geword het. Kollegas met wie ek vroeër vir baie jare saamgewerk het, sonder dat hulle probeer het om my beter te leer ken, het my nou skielik met uitnodigings vir ete by hul huise oorval.

Ek het opsetlik sosiale en persoonlike omgang met hulle en ander middelslag amptenare vermy, want, het ek altyd aan my vrou gesê, om dit te doen sou beteken dat ek moontlik later my perspektief mag verloor. Ek moes terugstaan ten einde hul werk objektief te beoordeel. Ek het die sosiale verrigtinge van my Departement bygewoon en geniet. In vergelyking met die dooierige tydperk van Gerald Barrie het Inligting soos een dame in die biblioteek gesê het “a
swinging” departement geword.

Die een geleentheid waarby ek kop gegee het en vir ete na ’n amptenaar se huis gegaan het, was as gevolg van my vrou se jare lange vriendskap met sy vrou. Hierdie besondere amptenaar, wie ek later na Parys oorgeplaas het, was altyd voor in die koor as daar witvoetjie gesoek word. Hy was ook vir my die grootste teleurstelling want later toe Katy in Europa desperaat op soek na ondersteuning was het hy sy vrou verbied om haar te help, haar selfs verbied om Katy se tasse met haar persoonlike besittings te bewaar tot tyd en wyl ander reëlings getref kon word. Vir persoonlike moed kry hy ’n ronde nul in vergelyking met Jenny Basson se een honderd.

My jaarlikse verslae aan die Parlement oor my departement se konvensionele aktiwiteite het vir ons baie lof aan die regeringskant in die Parlement, van die Afrikaanse pers en selfs teësinnige goedkeuring van die Opposisie ingeoes. Die Hansard rekord spreek vir homself. Binne ’n bestek van drie jaar het ons die aktiwiteite van die Departement verdriedubbel.

Ek het dikwels gevoel dat ek meer openlik met individuele redakteurs van koerante, Afrikaans en Engels, oor my Departement se probleme wou praat, maar met laasgenoemde was ek gou-gou in ’n deurlopende vete gewikkel. Dit het op 1 Mei 1974 tot ’n krisispunt gekom toe ek ’n gekombineerde byeenkoms van Rapportryers toegespreek het oor die rol wat die Engelstalige pers en buitelandse verslaggewers in die projeksie van ’n ongunstige beeld van Suid-Afrika gespeel het.

Dit was ’n omstrede onderwerp, maar ek het dit deur die Minister laat keur voordat ek gepraat het. Die toespraak, waarvan uittreksels volg, het die dag aangeteken waarop die Engelstalige pers in Suid-Afrika teen dr. Connie Mulder en myself oorlog verklaar het.

“Die pers, en by uitstek die Engelstalige pers, is nie ’n heilige koei nie. Uitknipsels van die Engelstalige pers kan in die Verenigde Volke, die OAE, die Wêreldraad van Kerke en in Moskou en Peking gevind word. Sommige van die mees giftige aanvalle op Suid-Afrika vanuit hierdie oorde, haal slegs die Engelstalige pers in Suid-Afrika as hul bron aan. Nie omdat hierdie seksie van die pers onjuisthede gepubliseer het nie, maar omdat hulle polities partydig was. Hierdie partydigheid het ons kritici en vyande in staat gestel om met gemak daardie selfde verslag te verdraai, deur eenvoudig slegs die feite uit te soek wat hulle pas. Engels is die wêreld-taal en die Engelstalige koerante in Suid-Afrika het die belangrikste bron van inligting vir vriend en vyand geword”.

Daarna het ek gesê:

“Die probleem begin wanneer buitelandse studente, professore en koerantmanne in Suid-Afrika aankom. Geeneen wat ’n vreemde land vir ’n kort tydjie besoek sal meer as net ’n mondjievol van die plaaslike taal aanleer nie, veel minder nog Afrikaans wat in teenstelling met Engels net tot Suid-Afrika beperk is.

“Die besoekende professor neig uit die aard van die saak na die Engelssprekende professore by Engelstalige universiteite, ruil sienswyses met hulle in Engels uit en lees The Rand Daily Mail en ander Engelstalige koerante. Die besoekende nuusmanne het geen tyd om te reël vir vertalings uit die Afrikaanse pers nie en maak slegs staat op wat hy in Engels as ’n voorstelling van die Afrikaanse sienswyse kan vind. Die resultaat is ’n boek of ’n verslag wat dikwels so eensydig is dat Afrikaanssprekende professore en joernaliste in nege uit die tien gevalle rede gevind het om die inhoud sterk af te keur...

“Wat ookal die geval, die feit is dat in soverre as wat dit tuis ontstaan het, is die spieël van politieke mening oor Suid-Afrika wat aan die wêreld voorgehou is, hoofsaaklik dit van die Opposisie Partye...

“Geen nadenkende Suid-Afrikaner sal ooit die Engelssprekende joernaliste van opsetlike wanvoorstelling van feite of bewustelike verskansing van positiewe ontwikkelinge beskuldig nie. (Hoewel ’n paar dit wel opsetlik tydens die “Inligtingskandaal” gedoen het.) Die Engelstalige pers wat die regering teenstaan, het ’n plig teenoor sy lesers. Hulle sal en moet aanhou om uitgesproke omtrent regeringsake te wees. Suid-Afrika het nog altyd ’n vrye pers gehad en die heftige debatte oor openbare sake wat deur hierdie pers aan die gang gesit is, was dikwels vir die hele land van groot waarde. Gevolglik kan niemand in die buiteland ons van politieke stagnasie beskuldig nie. Nietemin, omdat dit partydig en seksioneel is, was die bykomende uitwerking van hierdie taalversperring ... tot die nadeel van die geheelbeeld van die land.

“Dit moet beklemtoon word dat niemand van die opposisie-pers verwag dat sy sienswyse moet verander om die Regering te pas nie. Dieselfde sal ook geld indien die Afrikaanse pers hulself skielik in die posisie bevind dat hulle ’n party ondersteun wat nie aan bewind is nie. Nogtans - en hier is die kern van die saak - watter kritiek hulle ookal van ’n nuwe bewind mag uitspreek sal nie vrylik, outomaties en met gemak aan die buiteland deur middel van kabelberigte, boek en pamflette oorgedra kan word soos wat dit huidig gebeur wanneer die
opposisie-pers ’n volle lading teen Regeringswetgewing afvuur nie,
bloot omdat Afrikaans ’n onbekende taal in die buiteland is.

“Die gesonde ontwikkelinge, prestasies en oorwinnings van die NP wat die Afrikaanse pers aan sy lesers voorbehou het, het tot die voortdurende vermeerdering van stemme by agtereenvolgende algemene verkiesings sedert 1948 bygedra... Hierdie ‘goeie nuus’ waaraan hulle voorkeur gegee het, vir gesonde politieke en ander redes, het egter nie sy weg na die buiteland gevind nie, terwyl die ‘slegte nuus’ oor die Regering en die land, waaraan die Engelstalige pers voorkeur en prominensie gegee het (ook vir politieke en ander ewe ooglopende redes) wel sy weg na die buiteland gevind het deur die kanale wat vroeër beskryf is ...

“Dit sal ons help, dit sal Suid-Afrika en al sy mense help, indien die Engelse pers in die moeilike jare wat voorlê altyd sal onthou dat hulle die wêreld se enkele en mees belangrike kanaal van nuus-kommentaar en sienswyse oor Suid-Afrika is. Hulle dra die soort van verantwoordelikheid wat op prysenswaardige wyse deur enkele koerante toegepas word. Maar kan enigeen in alle eerlikheid sê dat dit deur almal van hulle toegepas word?”

Rykie van Reenen, ’n gevierde en bekroonde Afrikaanse joernalis wie deur die opposisie-pers gerespekteer word het my toespraak bygewoon en my agterna vertel dat sy gedink het dat ek die saak “regverdig, sowel as taktvol” gestel het.

Die dag nadat ek hierdie toespraak gemaak het en, sonder dat hy eens die teks gelees het, het Tertius Myburgh, destyds redakteur van The Pretoria News (later van The Sunday Times) ’n hoofartikel geskryf waarin hy my daarvan beskuldig het dat ek “boerehaat” saai. Toe ek met Tertius oor die telefoon gepraat het, het hy gesê dat hy slegs ’n opsomming van my toespraak gesien het. Ek het die volle teks aan hom gestuur, maar hy het nooit sy woorde teruggetrek nie. Ek het sy houding as uiters onregverdig en onprofessioneel beskou.

Uiteindelik het dele van die Engelstalige pers hulself in aktiewe opposisie bevind teen die werk wat in die openbaar en in die geheim deur die Departement van Inligting in die buiteland gedoen is.

Ek huiwer nie in die minste nie om te sê dat daar mense in die Departement van Buitelandse Sake en by die Suid-Afrikaanse Ambassade in Washington was wat nou met die opposisie-pers saamgewerk het in hul pogings om ons werk af te kam. Wat hulle aan Ken Owen (destyds van die Argus groep) en sy vriende vertel het, was om Inligting aan te val op grond daarvan dat ons pogings aan “geheime diplomasie” of “agterdeur diplomasie” gelyk was. Sulke verslae het in The Sunday Times, The Star, The Rand Daily Mail en ander koerante verskyn. Dit is jammer dat hulle nooit die moed gehad het om my te vra nie. Ek sou hulle na ’n toespraak wat dr. Hilgard Muller op 11 September 1974 in die Parlement gemaak het verwys toe hy gesê het:“... daar is niks verkeerds, niks onheilspellends, niks onwaardigs ten opsigte van vertroulike of geheime diplomasie nie”. En daar is geen wet in Suid-Afrika wat sê dat geheime diplomasie slegs deur die Departement van Buitelandse Sake beoefen mag word nie. Dit is ’n besluit wat net by die Eerste Minister en die Minister van Buitelandse Sake berus, en enigiemand anders vir wie hulle ookal wil raadpleeg. Soms raadpleeg die Eerste Minister nie eens sy eie Buitelandse Minister nie, soos John Vorster in die geval van ons Wes-Afrikaanse en Israelse inisiatief gedoen het.

In 1974 en 1975 wanneer ek of my senior amptenare ookal besoek aan die Verenigde State gebring het en die Staatsdepartement nie met die aandag wat ons van Kongreslede en Senatore ontvang het gediend was nie, het neerhalende gerugte oor ons werk uitgelek. Nie aan die Amerikaanse pers of selfs aan verteenwoordigers van die Amerikaanse pers in Suid-Afrika nie, maar aan Ken Owen, destyds die Argus-verteenwoordiger in Washington. (Redakteur van The Sunday Express sedert 1982). Wat hulle na hom uitgelek het en wat hy sonder verifikasie aanvaar het, was dikwels skreiend onwaar.

Owen het die leiding van die anti-Suid-Afrikaanse Amerikaanse Staatsdepartement so getrou nagevolg dat ek verplig was om by sy redakteur in Johannesburg beswaar te maak.

Dit was maar net een voorbeeld van die manier waarop hulle destyds op my jag gemaak het, maar dit verduidelik waarom die Engelstalige pers byna soos besetenes te kere gegaan het toe hulle snuf in die neus kry dat To The Point moontlik geld van die Regering ontvang het en dat The Citizen ’n regeringsmaaksel kon wees.

Vir die regering om ’n Engelstalige koerant te stig om die stand van sake wat ek so pas beskryf het teen te werk, was die grootste van alle sondes.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2662 gaste aanlyn