NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn is nie altyd God se straf op sonde nie.  Dis dikwels sy manier om ons geloof te verdiep.  Geloofsdiepte lei altyd tot Godsverheerliking.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (35)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978 (2)

Na die Angola-debakel was mnr. Vorster vasgevang in die gedagte dat hy in die geskiedenis bekend wou staan as die man wat vrede in Sulder-Afrika gebring het. Hy het sy visier op Suidwes-Afrika en Rhodesië ingestel en sy standpunt in verband met die onafhanklikheid van hierdie twee lande het aan hom wêreldwye erkenning besorg. Tereg ook. Sodoende het hy in een belangrike opsig uiteindelik nie meer van ’n voormalige gehate teenstander, Veldmaarskalk Jan Christiaan Smuts verskil nie. Generaal Smuts het mnr. Vorster gedurende Wêreldoorlog II vir sy anti-Britse gevoelens laat interneer. Smuts het die gewoonte gehad om op Tafelberg te sit en oor die wêreld uit te staar. Hy het die probleme van die aardbol raak gesien, maar die armoede van die Kleurlinge in Distrik Ses, aan die voet van die berg, totaal misgekyk. As skoolseun het ek Tafelberg en Duiwelspiek gereeld geklim en by 'n geleentheid Smuts op die berg gesien.

Mnr. Vorster het homself as die vredemaker in Afrika gesien, maar in sy laaste jare nagelaat om leiding by die huis te gee.

In die ontplooiende drama van Die Groot Inligtingskandaal het Gerald Barrie sy rol gespeel. Ook Koos Waldeck. Retief van Rooyen het die eerste van sy twee rolle gespeel. Ek was uit die Departement van Inligting uit, maar Connie Mulder was nog daar.

Op 20 September 1978 het Mnr. Vorster sy uittrede by 'n volgepakte perskonferensie in die Uniegebou aangekondig.

Verskeie ander karakters het agter die skerms gewag om op dio verhoog te verskyn om hulle rolle in die drama te speel. Advokaat Retief van Rooyen vir sy tweede rol, ’n paar gesiglose Parlementslede, Regter Anton Mostert, mnr, Louis Luyt, Regter Rudolph Erasmus, Jimmy Kruger, mnr. Alwyn Schlebush en uiteindelik, Pik en P.W. Botha. Hul optrede, georkestreerd of nie, sou mnr. Vorster se lewe ruïneer en, tydelik, ook my eie, terwyl dr. Mulder uitgestoot sou word om sy politieke lewe weer van vooraf te begin. Generaal van den Bergh sou ’n uitgeworpene word. Die omvang van sy latere ostrasisme was ongelooflik. Die nuwe Eerste Minister het opdrag gegee dat die Generaal nie langer toegang tot die sport- en ontspanningsfasiliteite van sy ou Buro verleen mag word nie. Die Generaal het so hard geveg om dit vir sy amptenare daar te stel dat dit selfs na hom vemoem is. Pik Botha het aan al die Ambassadeurs in die buiteland instruksies gegee om te weier om generaal Van den Bergh te ontvang indien hy oorsee sou reis.

Op die verhoog saam met mnr. Vorster op die dag van sy dramatiese aankondiging was Pik Botha, die Minister van Buitelandse Sake met die brandende ambisie om Eerste Minister te word. Mnr. Vorster wat lankal reeds besluit het dat hy Connie Mulder nie sou ondersteun nie, maar dit ook nie konwaag om sy ondersteuning van P.W. Botha te toon nie, het nie geweifel oor sy ondersteuning aan Pik Botha nie. Hy het Pik Botha, een van die mees junior L.V.’s oor die koppe van alle ander L.V.’s en oor die koppe van die senior Kabinetsministers as Minister van Buitelandse Sake aangestel, die pos wat so belangrik was dat dit vir dekades deur die Eerste Minister self gehou is.

Terwyl Pik Botha nog Ambassadeur in Washington was, het hy vir byna almal op sy personeel, behalwe die deurwag, vertel hoe hy gereeld en direk met mnr. Vorster van Washington af per telefoon gepraat het. Ambassadeurs praat gewoonlik met die Sekretaris van Buitelandse Sake. Indien hy nie daar is nie, met die Adjunk-Sekretaris van Buitelandse Sake. Slegs wanneer hulle albei afwesig is, skakel hulle direk hul eie Minister. Maar Botha, soos hy aan my, Les de Villiers en my broer vertel het, het direk na die Eerste Minister gegaan. Mnr. Vorster het hierdie direkte kontak toegelaat, alhoewel dit seker vir Brand Fourie ’n klomp ergernis moes besorg het omdat hy vir jare die Eerste Minister se vertroueling was.

Die volgende persoon met wie Botha gepraat het (nie-amptelik) was die eerste Suid-Afrikaanse koerantman wat hy in die hande kon kry.

Pik Botha het vir ’n Kabinetspos vanuit die Ambassadeursstoel in Washington baklei en hy moes gehoor word om raakgesien te word. Sy uitlatings was nie altyd daarop gemik om die VS A se standpunt oor Suid-Afrika te verbeter nie, maar eerder om voorbladnuus in Suid-Afrika te maak. Op 23 Desember 1975 was Tom Ochiltree, die Washingtonse Burohoof van die Panax-koerantgroep en ’n groot vriend van Suid-Afrika, verplig om die volgende verslag te skryf nadat die Senaat gestem het dat President Gerald Ford en Henry Kissinger se pogings om die anti-Kommunistiese magte in Angola te help, aan bande gelê moet word:

“Sommige waarnemers voel dat Suid-Afrika se Ambassadeur, Roelof Botha, moontlik (onbewus) die negatiewe weergawes van die Verenigde State se standpunt teenoor Suid-Afrika ontketen het. Teenoor almal wat binne hoorafstand was, het Botha die onverstandige aanmerking gemaak dat die VSA nie meer ’n super-moondheid was nie en waarskynlik bereid sou wees om voor enige Sowjet-uitdaging te swig wat nie uitdruklik die Amerikaanse bodem bedreig nie. Hierdie houding is nie by die Senaat gewild nie. Dit beskadig ook Suid-Afrika se aansien by die Amerikaanse volk... Sy eie Buitelandse Departement moet hom ongetwyfeld opdrag geeom so ’n benadering te vermy”.

Ochiltree mag net sowel aan Buitelandse Sake gevra het om die getye van die oseaan stop te sit. Pik Botha was ’n party-politieke baantjiesoeker en sulke (skadelike) uitlatings, soos wat hy teenoor die Amerikaners gemaak het, het aan hom goeie koerantopskrifte in Suid-Afrika besorg.

Toe Pik Botha die konferensiekamer binnegekom het om die sitplek langs dié van die Eerste Minister in te neem, was dit Vorster se manier om sy protege aan die wêreld te wys. Die verskoning dat Botha ook Suidwes-Afrikaanse aangeleenthede moes afhandel, was so flou dat dit belaglik was. Eerste Ministers in Suid-Afrika het nooit die kalklig met ander Ministers by perskonferensies gedeel nie, veral nie wanneer hulle, na byna 13 jaar diens, hul aftrede aankondig nie. Of Pik Botha nou ’n dag vroeër of ’n dag later met die pers gepraat het, sou nie ’n duit verskil gemaak het nie.

Hy was gewoond daaraan om perskonferensies in ’n oogwink te belê. Vir die ingeligte politici was dit soos die Voorsitter van die Raad van ’n maatskappy wat die Direkteur aanwys wie hy hoop sy stoel sou inneem.

Pik Botha is ’n politieke opportunis met ’n brandende ambisie om die toppunt te bereik sodat hy Suid-Afrika kan red. Hy het dr. Mulder gevrees en my verpes. Daar was groot beleidspersoonlikheidsverskille tussen ons agter die skerms. Een keer (in 1978) in Vorster se kantoor in Kaapstad, het Pik Botha ’n brief uit sy sak gehaal om aan die Eerste Minister te bewys dat ek dit eens op ’n tyd gewaag het om hom (Pik Botha) te kritiseer omdat hy nagelaat het om ons persadviseur in Washington in te lig dat hy (Botha) die V.N. se Veiligheidsraad sou toespreek. Pik moes my brief vir ’n lang tyd elke dag saam met hom gedra het, want ek het daardie brief in 1975 aan hom geskryf, drie jaar vantevore, toe Pik nog Ambassadeur in Washington was!

’n Ruk nadat hy Inligting oorgeneem het, het Botha na Europa vir 'n konferensie met Europese amptenare van die voormalige Departement van Inligting gevlieg. Hy het onomwonde aan party van hulle gesê dat P. W. Botha te veel geraamtes in sy klerekas gehad het. Connie Mulder was weer deur die gebeurlikhede rondom die gewese Departement van Inligting gestrem, mnr. Vorster was siek. “Sou hy aftree”, het Pik Botha glo nederig gesê en sou die mantel van leierskap op my val, kan ek julle regtig ’n skoon administrasie belowe”.

Retief van Rooyen was in Bloemfontein toe hy die nuus hoor dat Vorster gaan aftree en vir die pos van Staatspresident beskikbaar sou wees. Volgens vriende het hy byna van sy kop af gegaan toe hy die nuus hoor.

Dit was verstaanbaar, want John Vorster was sy beskermheer, tot ’n sekere mate sy mentor en sekerlik ’n bron van inkomste - die man wat toegesien het dat Retief van Rooyen so ’n vet baantjie ontvang het soos die belastingvrye werk met die Ovambo’s en die duisend-Rand-per-dag werk vir die hantering van die Steve Biko-saak. Nou was daar, vorentoe, skielik niks vir hom nie.

Van Rooyen het rondgekyk. Die mees belowende kandidaat vir hom om te nader was die Minister van Buitelandse Sake wat reeds aan die wêreld verkondig het dat hy, Pik Botha, Eerste Minister wil word.

Die (misleidende) meningspeilings in die koerante het hom as die volk se keuse aangewys. Vir die senior garde in die party was hy ’n verwaande vent. Pik Botha het nie die moed gehad om Connie Mulder vroeër in dieselfde maand vir die Leierskap in Transvaal te beveg nie - Mulder was eenparig en onder groot toejuiging verkies - maar hy het nogtans gedink die land sou hom vir Eerste Minister wou hê. Dit was nog ’n bewys van die man se (politieke) nederigheid.

Die Afrikaanse koerante het Pik Botha liefgehad, want geen ander Minister kon die alledaagse so dramatiseer nie. Alles wat Pik Botha gedoen het was vooraf beplan om kommentaar uit te lok en drama te veroorsaak. Hy het nooit op televisie gedurende ’n onderhoud geglimlag nie en hy het dinge gesê waarvan die nuwe geslag van Afrikaner koerantredakteurs gehou het. Hy het die dinge gesê waarvan die intellektueles gehou het. Hy was goeie stof vir koerantrubrieke, hy was opwindende materiaal vir Suid-Afrikaanse televisie. In die buiteland was hy egter as hooghartig en krapperig gesien. Te oordeel aan die koerante, het dr. Connie Mulder en mnr. P.W. Botha, Kaapse Leier van die Nasionale Party, nooit ’n kans teen Pik gehad nie. Meningspeiling in Rapport het Pik Botha sterk bevoordeel. Politieke meningspeilings in Suid-Afrikaanse koerante is die mees misleidende in die westerse wêreld. Die Sondagkoerant sal ’n bepaalde politieke party of politieke figuur se standpunt vir maande op die voorblaaie dra, die opponente daarvan totaal ignoreer en geen dekking verleen nie, en dan die lesers se sienswyse vra! Die arme leser weet dikwels nie eers dat daar ’n ander mening is nie!

Retief van Rooyen het alles fyn dopgehou. As hy ’n nuwe beskermheer en bron van inkomste wou vind sou hy gou aan die werk moes spring. Om ’n nuwe Eerste Minister te nader, na sy verkiesing, sou beslis nadelig wees. Hy het Pik Botha egter sedert hul studentedae geken. As ’n mede-advokaat. Hulle het ook jare saam by die Wêreld-Hof in Den Haag deurgebring om Suidwes-Afrika se saak te beveg. Hulle was goeie vriende. Toe Van Rooyen dus Vorster se son sien ondergaan, het hy besluit om alles wat hy van geheime projekte van die Departement van Inligting weet aan Pik Botha te vertel. Hy het Mulder nog nooit eens ontmoet nie maar hy het geweet dat Pik ’n man was wat ’n gunsie of twee in gelyke munt sou terugbetaal. Hy het ook geweet dat Pik ’n nuweling was en nie in 1973-74 in die Kabinet was toe die besluite oor die geheime projekte geneem was nie. Hy was dus “skoon”. Hy was soos Carter Watergate.

Sy besluit is deur ’n verslag in Die Transvaler en The Sunday Times verhaas dat Loot Reynders, die ouditeur wat Vorster aangestel het om die finansiële sake van Inligting te ondersoek, sy ondersoek afgehandel en Mulder en myself van enige wandade onthef het. Toe Connie Mulder in Augustus1978 die Transvaalse Kongres van die Nasionale Party toegespreek het, was hy weer eens met akklamasie onbestrede as Leier verkies, en het hy aan die kongres gesê dat hy inligting het dat Reynders se verslag positief sou wees.

Teen daardie tyd het Reynders sy verslag voltooi en aangesien Mulder alreeds in Mei met hom gepraat het, het hy alle regverdiging gehad om hierdie verklaring te maak.

Ek was teenwoordig toe Mulder op 8 Mei 1978 van sy kantoor in Kaapstad vir Reynders in Pretoria geskakel het om hom te vra hoe ver hy met sy ondersoek gevorder het. Reynders het gesê dat sy werk afgehandel is. "En wat het hy gevind?” het Mulder gevra.

“Niks verkeerd nie”, was Reynders se antwoord.

“Maar waarom is die verslag nie vrygestel nie?”

“Omdat die Eerste Minister my gevra het om dit nie te doen nie totdat hy so sê”.

Latere verslae dat Mulder en Van den Bergh druk op Reynders uitgeoefen het om die verslag vry te stel, is van alle waarheid ontbloot. Dit was die Erasmus-Kommissie wat Reynders so onbeskaamd en openlik gedwing het om ’n verklaring af te lê. Dit was die enigste keer dat dr. Mulder die saak met hom bespreek het en dit was al wat gesê was.

Reynders en Van Rooyen het hegte vennote geword. As ’n geheime medewerker, is Van Rooyen deur beide Van den Bergh en Reynders oor sy aktiwiteite ondervra. Min het Van den Bergh geweet dat Van Rooyen en Reynders agter sy rug aan die Eerste Minister oor Inligting en Van den Bergh se ondersoek gerapporteer het.

Die feit dat Reynders van alle mense so ’n verslag uitgereik het of dat die inhoud aan die pers uitgelek het, het Van Rooyen dus hewig ontstel. Soos hy later aan vriende vertel het, hy was oortuig dat daar ’n geheimsinnige komplot (sic) aan die kant van Mulder, Van den Bergh en myself gesmee word om bewind oor te neem. “’n Magshonger driemanskap”, het hy dit genoem om, indien Mulder sou oorneem, ek die Minister van Buitelandse Sake en Inligting sou word. {The Pretoria News, Januarie 28 en 29,1980.) Min het hy geweet dat al sou daardie pos op ’n skinkbord aan my aangebied word, met driemaal die salaris, ek dit nie sou aanraak nie. Ek het nooit belanggestel om 'n professionele politikus te word nie. Ek was van plan om op 7 Julie 1977 uit die staatsdiens uit te tree en sodoende ’n plegtige belofte aan my vrou na te kom dat ek sal ophou om myself dood te werk en meer tyd met my kinders deur te bring.

Die datum, 7 Julie, was ’n persoonlike grap, want ek het altyd in sewes geglo en daardie dag sou daar vier op die kalender wees: 7.7.1977. Maar in 1977 het die werklike probleme begin en ek het moreel verplig gevoel om dieDepartement deur die krisis te sien wat deur die lekkasies van geheime projekte aan die pers veroorsaak was. Sedertdien het ek die sewes laat vaar en nommer 13 aangeneem.

Hoeveel meer mag dr. Mulder en generaal Van den Bergh kon kry bo dit wat hulle reeds geniet het, sou ek nie kan sê nie. Slegs dr. Mulder kon sy posisie verbeter. Maar Retief van Rooyen, op sy wit perd met sy skitterende wapenuitrusting aan, het besluit dat hierdie bose komplot (sic) in die kiem gesmoor moes word. Soos hy aan vriende gesê het (en later in koerantverslae bevestig is) het hy, Van Rooyen, gedink dat dit nie in die land se beste belang sou wees indien Mulder Eerste Minister sou word nie. Dit was nie alleen vermetelheid van sy kant nie, dit was ook ’n mantel van skynheiligheid om sy eie oogmerke te versteek - om na-aan die nuwe Eerste Minister te wees. Om daar te wees wanneer gunsies uitgedeel word. Dit was ook vrees, of so het hy beweer. “Ek het geweet dat ek iets moes doen om hom (Mulder) te stop. Ek het my kop by die deur van potensiele diktatorskap ingesteek en wat ek daar gesien het, het my laat skrik soos vir die hel,” het hy Mervyn Rees van die RandDaily Mail meegedeel. Dit was snert want hy het van Mulder se politiek niks geweet nie. Mulder se reputasie was nooit een van harde gewetenloosheid nie. Die militante sterkmanbeeld het in 1978 aan P. W. Botha behoort en aan niemand anders nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2651 gaste aanlyn