Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Pyn is nie altyd God se straf op sonde nie. Dis dikwels sy manier om ons geloof te verdiep. Geloofsdiepte lei altyd tot Godsverheerliking.
BLANKHEID EN SALIGHEID (5)
'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel
deur Prof H G van der Westhuizen
Lees reeks by Blankheid en saligheid
- Mensagtige diere
’n Ander vraagstuk, is die veronderstelling dat die Bybel van ’n dier praat wat “veel laer as die Blanke is, maar tog veel hoër as die gorilla”. Die dokument wat my ter hand gestel is (23), beskryf hierdie wonderlike dier soos volg: “Opsommenderwys is hierdie ’n menswaardige dier. Hy word die wilde dier van die aarde genoem en word onderskei van vee en viervoetige diere van die aarde. Gevolglik is dit ’n dier met twee bene, eet gesaaides, olywe en druiwe, dus kos wat ’n mens eet. God straf hierdie dier met swere wat in blare uitbreek. ’n Man en vrou kan met so ’n dier geslagsgemeenskap beoefen. Hulle dien die mens en ontvang loon vir hulle arbeid. Hierdie dier het hande en voete en woon ook in stede. Hierdie wilde dier maak van ’n land ’n wildernis en kan ’n mens verhinder om daardeur te gaan. Die dier dra klere van materiaal en kan met God kommunikeer en berou hê oor sy sonde. Verder kan hierdie dier alles belaster waarvan hulle niks weet nie; hulle kan dus met mense kommunikeer ..."
Al bogenoemde afleidings waarvan sommige totaal sonder grond en ongeoorloof is, word uit die volgende Skrifverwysings gemaak:
BLANKHEID EN SALIGHEID (4)
'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel
deur Prof H G van der Westhuizen
Lees reeks by Blankheid en saligheid
11. Die land van Jesaja 18
’n Volgende vraag wat handel oor die land van “vlerkegegons” van Jesaja 18, veronderstel dat dit Suid-Afrika kan wees!
Die verband waarin Jesaja 18 staan, mag egter nie los gelaat word nie, en so ook nie die letterkundige struktuur daarvan nie. In poëtiese taal word iets eerder digterlikvry as tegnies-stiptelik beskryf.
Die tyd van Jesaja se profesie (± 725 vC) is blykbaar toe Etiopië ook oor Egipte geheers het. In hierdie tyd was Assirië in die noorde en Egipte-Etiopië in die suide kompeterende magte om die guns van volke soos Israel en Juda.
POLITIEK EN RUGBY:
Die volle kringloop
LJ vd Schyff
Die laagtepunt waarin Springbokrugby die afgelope naweek beland het, is die logiese gevolg van die politieke ineenstorting wat in Suid-Afrika plaasgevind het na die moord op dr HF Verwoerd en sy beleid vyftig jaar gelede in 1966. Toe was Suid-Afrika ’n toonbeeld van sukses. Daar was vrede, stabiliteit en vooruitgang. Suid-Afrika het getel onder die top tien lande op ekonomiese gebied. Daar was geen keer aan die ekonomiese groei en vooruitgang nie. Suid-Afrika was ook die onbetwiste kampioen op die rugbyveld. Nou is dit alles vernietig. Die vernietigingswiel het volledig gedraai.
VRUGBARE WINGERDSTOK...
...OF NUTTELOSE RANK?
Hannes Ollewagen
Eségiël 15:1-8
“Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout – die wingerdrank wat onder die hout van die bos is? Word daar hout van geneem om vir ‘n stuk werk te gebruik? Of neem ‘n mens daar ‘n pen van om allerhande goed aan op te hang? Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; ...” (:2-4).
Daar is gereeld debatvoering tussen (regsinnige) teoloeë en wetenskaplikes oor verskeie aangeleenthede. Dit is dan opvallend dat wetenskaplikes dit wil laat oorkom asof daar geen “logika” in die Bybel is nie, maar dat die waarheid daarvan uitsluitlik berus op ‘n geloof in onsigbare dinge.
BLANKHEID EN SALIGHEID (3)
'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel
deur Prof H G van der Westhuizen
Lees reeks by Blankheid en saligheid
9. Tien stamme se terugkeer
’n Ander vraag lui: “Dui Romeine 11:24 en 26 nie op ’n terugkeer van die tien stamme nie?” Dit is redelik duidelik dat hierdie teks geensins dui op ’n terugkeer van die tien stamme na Palestina nie. Waar sou hulle almal in daardie landjie plek kry, veral as hulle die aangeduide Blanke nasies is? Paulus sê die verharding van Israel, soos hy op sy sendingreise keer op keer onder die destydse sinagoge Jode bewys het, is gematigd. Die Afrikaanse Verklarende Bybel (AVB) sê van die “ten dele: nie dat die verharding slegs oor ’n deel van Israel gekom het nie, maar die verharding is nie ’n algehele nie, soos byvoorbeeld, Heb 6:4 v; Matt 12:13 v”. Sommige Israeliete en Jode, die volk van Paulus, God se volk (Rom 11:1, 2), het dan ook steeds tot geloof gekom. Dat sommige vanweë die evangelie vyande van God bly, kom die heidene ten goede, want so gaan die boodskappers na die heidene.
BLANKHEID EN SALIGHEID (2)
'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel
deur Prof H G van der Westhuizen
Lees reeks by Blankheid en saligheid
2. Vermaning teen selfroem
Ironies dat juis Jeremia waarsku: “Vertrou nie op bedrieglike woorde nie, wat sê: “Die Here se tempel (se Israel), die Here se tempel (se Israel) die Here se tempel (se Israel) is dit!” (Jer 7:4). Ons Nederlandse Geloofsbelydenis waarsku ons om op geen literatuur vir ons geestelike onderrig te steun waar dit van die Bybel verskil nie (art 6). Daarby is die Heilige Skrif volledig genoeg vir ons saligheid en geen woorde (of verhale) van mense, kerkvergaderings of engele kan by die Bybel gevoeg word om ons daarmee te red nie (NGB art 7). Ons stel ons as gelowiges daarmee tevrede dat ons as leerlinge van Christus slegs leer wat Hy ons in sy Woord openbaar - sonder om die grense daarvan te oorskry (NGB art 13).
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
"Waaraan het jy jou hoë ouderdom te danke?"
"Wel, ek skat dit is omdat ek nog nie dood is nie."
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Moet jou tog nie oor middeljarigheid bekommer nie, jy sal dit ontgroei.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Mens word oud wanneer jy die ligte vir ekonomiese redes eerder as vir romantiese redes afskakel.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Veertig is die oudag van 'n mens se jeug; en vyftig is die jongdae van 'n mens se oudag.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Op twintig gee ons nie om wat die wêreld van ons dink nie; teen dertig begin ons bekommerd raak oor wat hy van ons dink; en teen veertig besef ons dat die wêreld glad nie aan ons dink nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Vriendin: 'Weet jou vriend hoe oud jy is?'
'Ja, gedeeltelik'.
BLANKHEID EN SALIGHEID (1)
'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel
deur Prof H G van der Westhuizen
Lees reeks by Blankheid en saligheid
- Bestemming van die tien stamme van die Noordryk
Baie energie en tyd word verspil deur mense wat “glo dat elke eerlike soeker na die Waarheid tot die GROOT ONTDEKKING sal kom dat die kern van die Westerse Blanke Protestantse Nasie van vandag die letterlike afstammelinge van daardie TIEN STAMME van Israel is. Dit is hoofsaaklik wat ons in hierdie REEKS STUDIES wil bewys” (1:3). ’n Sentrale gedagte in hierdie stelling is dat God se beloftes in hierdie verband tweërlei is, naamlik “grace” en “race”: “The promises of GRACE were spiritual, pertaining to the ONE ‘Seed' - Jesus Christ (Galatians 3:16). But the physical, national birthright promises related to numerous seeds (Genesis 22:17; 32:12).” (6:3).
In hierdie kringe word die eerste tema (grace) grootliks verder agterweë gelaat en oorvloei met die tweede tema (race).
AFBREKER
Deur Bernard Fielies
Afbreker, jy bokspring en huppel soos 'n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld...
Jy gaan te kere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudende drup.
Jy maak dit duidelik: "Hierdie is mý land",
maar breek dit af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook
word jou toekoms gesluit... met betogings bestook.
Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet.
In 'n bloeiende land is jou dade barbaars
en 'n gesonde verstand is by jou skaars...
Jy verdruk ons vryheid; wil hiet en gebied.
soos 'n parasiet soek jy alles verniet!
Met jou selfsugtigheid word ons son gestroop
en hyg ons in die duisternis sonder hoop.
Die gekneusde land se veld lyk leeg en dor;
uiter in dorsheid, swaarkry en seer skor.
Die lug is so grys en groenigheid verkleur,
en die mooi in more gewaar ons nie meer...
Afbreker, kermkous...niks sal jou bevry,
want met jou boosheid sal jy in boeie bly.
Verwoesting saai jy in jou skrillende koor
en op die einde bly daar tog niks meer oor...
DIE GROOT VERVAL (3)
Ds Andrè van den Berg
LEES REEKS BY DIE GROOT VERVAL
GEESTELIKE OORLOGVOERING
7.1 Bose ywer
Valse leraars werk tans harder as ooit tevore. Jesus waarsku: “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken...” (Mt.7:15,16). Skape is die simbool van opregtheid, onskuld en skadeloosheid. Hulle word deur valse leraars op ʼn hoop gejaag en spreekwoordelik soos deur wolwe opgevreet.
Sulke wolwe maak op goddelike begeestering aanspraak en lei baie mense om die bos. Paulus waarsku dat hulle vyande van die geloof is: “Want ek weet dit, dat na my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie” (Hand.20:29). Wie nie waak nie, word maklik prooi!
MAAR SY EIENDOM HET HOM NIE GEKEN NIE
Hannes Ollewagen
Joh. 3:1-21
“En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.” (:19-20).
Hoe tragies is dit nie? Die Skepper van die heelal openbaar Homself aan die wêreld, maar tog herken die wêreld Hom nie. God het Homself deur sy Eniggebore Seun, Jesus Christus, aan die mensdom geopenbaar.
“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.” (Joh. 1:1-4). Omdat sy openbaring nie aan die mense van die tyd se verwagtinge voldoen het nie, het hulle Hom egter nie herken of erken nie. Jesus kom na sy Skepping, wat deur sy Hande berei is, en ons sou verwag dat Hy die hoogste agting en eer sou geniet vir die grootheid van sy Skepping, maar Hy word eerder met agterdog, veragting en die dood aan ‘n vloekhout hier op aarde begroet.
FW DE KLERK-TOESPRAAK 8 SEPTEMBER 1965
'n Paar uittreksels daaruit:
"Eers wil ek daarop wys dat die Regering al geruime tyd in die verleentheid geplaas word deur sinspelings dat Maori’s op die volgende toer deur Suid-Afrika sal aanvaar word”.
"Vanselfsprekend kon die Regering nie toelaat dat so ’n valse indruk oor sy beleid en optrede propageer word nie”.
"Die Regering is gekies om die verskillende vorms van integrasie, insluitende maatskaplike integrasie, teen te gaan. Hy moet sorg dat landsbeleid eerbiedig word, op sportgebied soos op alle ander terreine”.
"Die Kabinet het vroeër, en nou weer, eenparig teen die ontvangs van gemengde spanne besluit. Die Eerste Minister het dus sy hele Kabinet se beleid en besluite weergegee, en nie bloot sy eie mening nie”.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (6)
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
President De Klerk
• U het die beginsel van een mens, een stem aanvaar;
• U gee medeseggenskap aan die ANC en die Kommuniste by samesprekings en onderhandelings, terwyl hulle stakings en onluste reël;
• U gaan onderhandel met die ANC en die SA Kommunistiese Party oor “die herverdeling van rykdom”, dit wil sê hoe die Blankes se rykdom aan Swartes uitgedeel moet word.
Hoe gaan Suid-Afrika lyk nadat u met hom klaar is, meneer De Klerk?
DIE PAD NA “DIE NUWE SUID-AFRIKA”
DIE GROOT VERVAL (2)
Ds Andrè van den Berg
LEES REEKS BY DIE GROOT VERVAL
3. Valse profete in kerklike ampte
3.1 Soos jakkalse
ʼn Leraar moet volstrek betroubaar wees. Paulus skryf: “En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word” (1 Kor.4:2). Valse leraars is ontrou. Sommige van hulle is bedrieërs en ander misleiers. Bedrieërs weet dat hulle leuenaars is, maar bedrieg mense ter wille van stoflike gewin. Misleiers daarenteen is weer oortuig dat hulle reg is, maar dwaal weens gebrekkige Skrifkennis. God het hulle nooit tot sy diens geroep nie, nogtans matig hulself die reg aan om namens Hom te praat.
Esegiël noem hulle jakkalse: “Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope” (Eseg. 13:4). Esegiël het twee basiese opdragte van God ontvang. Hy moes Juda eerstens daarop wys dat hulle deur hul eie toedoen gestraf word. Tweedens moes hy ook God se oordeel oor die valse profete in hul midde aankondig wat mense mislei het.
DIE GROOT VERVAL (1)
Ds Andrè van den Berg
LEES REEKS BY DIE GROOT VERVAL
Inleiding
Dwaalleer is skadeliker as verraad. Verraaiers kom gewoonlik aan die lig en verdwyn daarna van die toneel. Nie valse leraars nie. Hulle bly die waarheid skaad sonder om aan die pen te ry.
Aan die begin van die Christen-era het die Satan Jode en Romeine gebruik om die kerk te probeer vernietig. Toe dit nie slaag nie het hy sy strategie verander en met dwaalleer in die boesem van die kerk opgeduik en baie sukses behaal. Dit gaan weer gebeur; hierdie keer net andersom - eers ʼn godsdiensverval en daarna fisiese vervolging:
“Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie ..... asof die dag van Christus al daar is. Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word (2 Thess.2:1-3).
Hierdie afval sal aan ʼn weersin in die waarheid gekenmerk word. Satan haat die waarheid en gebruik selfs kerke om gruwels soos homoseksualisme te ontsondig, homoseksuele mense tot kerklike ampte toe te laat en mense van dieselfde geslag in die huwelik te bevestig. Dis alles lynreg in stryd met die waarheid.