Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alle geloftes wat onregmatig en onbehoorlik afgelê is, behoort net soos dit voor God geen waarde het nie, so ook onder ons ongeldig te wees. Aangesien sulke geloftes onnadenkend afgelê is, plaas dit nie alleen geen verpligting op mense nie maar dit moet noodwendig herroep word.
BITTER-SOET
E. van Nantes
Die minister van finansies het aangekondig dat daar planne gemaak word om ‘n suikerbelasting op versoete drankies met ingang vanaf 1 April 2017 in te stel, in ‘n poging om landsburgers te “help om hul uitermatige suikerinname te beperk.”[1]
Die artikel verduidelik verder dat ‘n hoë suikerinname verband hou met oorgewig en diabetes en volgens 'n voorspelling van Priceless-SA, sal die totale gesondheidssorg-uitgawes met betrekking tot diabetes in volwassenes, die land in 2030 tussen $1 en $2 biljoen uit die sak jaag. Volgens die Mail & Guardian sal ‘n 20% belasting op hierdie drankies die regering verseker van ‘n soete ekstra R7 biljoen per jaar. Die tesourie huldig verder die mening dat “fiskale inmenging soos belastings toenemend erken word as hulpmiddels ten einde die epidemie aan te pak”.
IN DIE SPORE VAN GEREGTIGHEID . . .
. . . OM SY NAAM ONTWIL
Hannes Ollewagen
Psalm 23:1-6
“...Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.” (:3)
Sommige sal sê – “Jesus het reeds vir ons sondes gesterf en daarom kan ek leef soos wat ek wil en steeds die saligheid beërwe”. Die Woord van God leer ons egter anders. ‘n Persoon wat die dood van Jesus Christus probeer gebruik om sy gewete te sus eerder as om vrygemaak te word van die mag van sonde, sal die saligheid misloop. Die saligheid is ‘n genadegawe van God aan Sy kinders wat die sondige lewe afgesterf het om in Jesus weergebore te word tot ‘n lewe van geregtigheid. “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” (Joh. 3:3). “...Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” (Rom. 6:2).
Waarom leef ek ‘n vroom en opregte lewe? Is dit om mense te behaag en sosiaal-aanvaarbaar te wees of is dit dalk om daardeur te probeer om verdienstelik voor God te wees? Die antwoord is veronderstel om te wees dat dit juis is omdat ek God se onderverdienstelike guns aan my besef en opregte dankbaarheid daarvoor het.
DE LA REY (13)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
DIE GEHEIM VAN DIE VELBROEK
Die stilte van die oggendure word skielik onderbreek deur geklap van perdepote. Twee ruiters kom uit 'n bosbegroeide lopie te voorskyn en ry op ’n vinnige stap die bultjieuit.
Dis oom Giel van Zyl en Flip Roets wat weer vanoggend op verkenning uit is. Hulle ry stilswyend die bultrag oor en die vlakker veld verderaan in.
Die twee verkenners blik onrustig na die ooste waar die son reeds die gesigseinder begin rooi kleur.
Onwillekeurig druk hulle hul perde vinniger aan in die rigting van die bosryke landskap op die agtergrond, want hulle weet uit dure ondervinding dat die bosveldson baie vroeg ondraaglik warm hier op die kaal vlaktes kan word.
“Waar het julle die De la Rey-kommando gister raakgeloop, Flip?” vra oom Giel aan Flip Roets nadat hulle ’n hele end stilswyend op ’n vinnige drafstap aangery het.
DE LA REY (12)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
YSTERSPRUIT
Hoewel die vyand die hele land reeds oor was en die integriteit van die republikeinse magte verbrokkel was, het die kanonne nog gedurig op die Wes-Transvaalse vlaktes gebulder, want hier het die Boere verset gebied onder bevel van hul generaal, De la Rey, die man van die onverskrokke aanval, die oorwinnaar van talle slae ...
Na ’n tydperk van betreklike rus het De la Rey weer eendag skielik die Engelse gamisoen in Lichtenburg aangeval—’n paar dae daarna was hy weer met Babington naby Geduld aanmekaar en hoewel die Boere in albei gevalle genoodsaak was om terug te val, het hulle die Engelse harde slae toegedien.
Hierna het De la Rey met sy kommando weer noordwaarts getrek, en ’n tyd lank was alles stil...
DIE WARE VERWOERD
Leer hom ken by www.hfverwoerd.net.
Frikkie Strauss
Gedurende die leeftyd van Dr Verwoerd, maar veral na sy dood, is daar baie oor hom geskryf. Dit het bestaan uit toesprake van hom soos opgeteken in die notules van die Volksraad, ander toesprake wat opgeteken is in boeke, tydskrifte en koerante en uit baie boeke en artikels oor hom wat na sy dood verskyn het. Dit is te betwyfel of daar oor enige Suid-Afrikaanse staatsman soveel literatuur beskikbaar is. Alles lê ongelukkig in biblioteke, argiewe, museums en ander plekke van bewaring waar dit baie moeilik toeganklik is. Sover ons kennis strek, is daar tans net een boek oor Dr Verwoerd in die handel beskikbaar.
Ten einde inligting oor Dr Verwoerd vir die breë publiek toeganklik te maak, is ‘n webtuiste oor hom geopen. Soos die titel Die ware Verwoerd aandui, wil ons graag daarmee die ware Dr Verwoerd aan sy nageslag bekendstel. Op die webtuiste sal u inligting vind oor die lewe, werk en dood van Dr Verwoerd, inligting waaroor die meeste 21ste eeuse Afrikaners óf nog nooit beskik het nie óf vergeet het.
'N LEWE VAN GEREGTIGHEID UIT GELOOF
Hannes Ollewagen
Rom. 9:6-33
“En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.” (:29-32).
As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, voorwaar soos Sodom sou ons geword het. Wanneer ons as gelowiges rondom ons kyk en die chaos en sedelose verval rondom ons aanskou, kan dit vir ons voel asof ons midde in Sodom woonagtig is.
AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK
Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk
TERWYL die flitse van groeiende gevaar om die Blankes van Suid-Afrika uitslaan, vanweë die vrye beweging wat aan die SA Kommunistiese Party en die ANC gegee is; die talle toegewings wat aan die buiteland gemaak is ten einde druk af te koop; die toenemende ontwrigting van die samelewing deur Kommunisties geïnspireerde stakings, en die stygende bewustheid dat daar vir die waardes en belange van die Afrikanervolk en sy patriotiese landgenote geen beskerming sal wees nie, het verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe mnr. FW de Klerk, toe hy nog Staatspresident was, op 26 Junie 1990 ontmoet vir ’n gesprek oor sy pad na “die Nuwe Suid-Afrika”
AfrikanervoIk uitgedaag
Swig, vlug of veg
Tydens die ontmoeling tussen die Staatspresident en verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe op 26 Junie 1990 het hy ter inleiding gesê:
GOD STRAF OOK DMV AARDBEWINGS
LEEF JY ONDER GOD SE WOEDE, OF SY SEËN?
Ds Andrè van den Berg
“Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense ...” - Rom.1:18
Ek verplaas u vanoggend in die gees na Pompeii, ʼn baie ou stad met 11,000 inwoners aan die voet van Vesuvius, ʼn vulkaan 9 km. oos van Napels. Die datum: 24 Augustus 79nC; ʼn dag na die sedebederwende feesviering van die Romeinse afgod van vuur.
Kinders speel in die strate, diensknegte bedien hul werkgewers en prostitute sien na hul kliënte om. Alles in die 600 jaar oue stad verloop normaal. Maar diep onder die aarde, buite menslike sig en gedagtes is ʼn onderaardse krag aan die opbou. Dan skud die aarde en ʼn rivier van gesmelte rots bars uit die vulkaan en rol op die stad af.
PERSPEKTIEF OP DR VERWOERD: 50 JAAR
PROGRAMVERLOOP
- Die drie inleiers kry geleentheid om hul perspektief te deel, waarna die paneel ‘n oop gesprek voer. Die paneellede lewer kommentaar op die insette wat gemaak is. Dit word as ‘n rondetafel-gesprek hanteer – sonder insette vanuit die gehoor.
- Dit word opgevolg met ‘n oop gesprek waaraan die gehoor deelneem. Kommentaar word gelewer en/of vrae word aan enige van die sprekers of die paneellede gerig.
TER WILLE VAN 'N NAGESLAG...
...PRAAT AFRIKAANS!
Jeanette Koekemoer
Augustus is taalmaand vir Afrikaans want baie dinge met betrekking tot Afrikaans het in Augustusmaand gebeur. Daarom kan ons dit nie nalaat om in hierdie maand 'n pleidooi vir ons mooi taal te lewer nie.
Van die belangrike gebeure is die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners vir Afrikaans op 14 Augustus 1875, die stigting van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging op 19 Augustus 1930, asook die uitdeel van die eerste Afrikaanse Bybel op Sondag 27 Augustus 1933 toe die Bybel deur die hele land feestelik in ontvangs geneem is. ’n Sentrale fees daarvoor is in Bloemfontein gehou en die volgende feeslied is gesing:
"Engels ! Engels ! Alles Engels !
Engels wat jy sien en hoor;
in ons skole, in ons kerke,
word ons moedertaal vermoor . . ."
En dit is presies wat vandag weer besig is om te gebeur. Ons hoor elke dag hoe ons mooi taal verwring en verniel word. Elke sin is vol Engelse en verdraaide Afrikaanse woorde – deur oud en jonk, almal Afrikaners!
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (12)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Verkiesings 1974 en 1977
In reaksie op die woelinge in opposisie-geledere ná die verkiesing het die SAUK byvoorbeeld opgemerk: “ ’n Hergroepering en reoriëntering kan plaasvind wat ’n duideliker verdelingslyn tussen liberale en konserwatiewe politieke groepering in Suid-Afrika tot gevolg kan hê. Die verkiesing van 1974 kan 'n waterskeiding in die Suid-Afrikaanse politiek wees.”
Die verkiesing was inderdaad ’n waterskeiding, maar in dié sin dat die Nasionale Party duideliker weggebreek het van afsonderlike ontwikkeling. Op 25 Julie 1974 het die SAUK dit benadruk dat die regering hom verbind het tot "evolusionêre verandering", die nou bekende strydkreet van die Botha-regering. In Oktober 1974 het mnr Pik Botha se bekende ‘‘wegbeweeg-van- diskriminasie-toespraak" in die WO gevolg. Daarmee het hy eintlik die land se vyande gelyk gegegee dat afsonderlike ontwikkeling diskriminerend is en dat die regering sal wegbeweeg daarvan. Daar is dan ook begin om "klein irritasies" — soos die SAUK dit gestel het — uit die weg te ruim. Dit het enersyds die publiek se vertroue in afsonderlike ontwikkeling ondermyn en tweedens die vals beeld geskep dat apartheid hervormbaar is.
SO HET HULLE SA UITVERKOOP
Jeanette Koekemoer
Terwyl Vorster vroeg in die sewentigerjare besig was om Suid-Afrika se binnelandse beleid te verander na 'n toestand waar ras en kleur nie meer bepalend sou wees nie, het daar in die buiteland 'n toestand geheers wat met opset van die Suid-Afrikaner weerhou is. Engeland en Amerika was, soos altyd, die twee lande wat druk op Suid-Afrika toegepas het om sy binnelandse beleid van afsonderlike ontwikkeling te laat vaar. Wat egter in daardie tyd dáár afgespeel het was juis die ideale klimaat om hul druk op Suid-Afrika in die wind te strooi, maar nóg het Vorster voortgestoomroller om etniese grense te verwyder, ongeag hoe kunsmatig dit deurforseer sou word.
Om te verstaan hoe maklik dit sou wees om die internasionale geldbase uit ons binnelandse beleid te hou moet ons na die binnelandse toestand van Brittanje en Amerika in daardie tyd kyk.
In die ná-oorlogse jare is Brittanje letterlik oorstroom deur swart en bruin immigrante uit die Statebond. Reeds teen die einde van die sewentigerjare was ongeveer 4 % van die Britse bevolking Nie-blankes.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (11)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Binnelandse beleid
Toe dr Verwoerd op 6 September 1966 vermoor is, het Suid-Afrika ’n duidelik omskrewe binnelandse beleid gehad. Hierdie beleid was gebou op die suiwer nasionale beginselbasis. Dit was die spil waarom beleidvoering in die breë gewentel het.
Dit het die ruimte afgebaken waarbinne alle ekonomiese subjekte vry kon beweeg. Dit het ongekende ekonomiese voorspoed oor die ganse Suider-Afrika gebring. Inderwaarheid was afsonderlike ontwikkeling nog in wording.
Alhoewel hierdie beleid Suid-Afrika die gramskap van sy vyande op die hals gehaal het, het Suid-Afrika onaantasbaar in die internasionale gemeenskap gestaan. Dit kon nie anders nie, aangesien die land een stel standaarde vir binne- en buitelandse beleid gehandhaaf het, spruitende vanuit die nasionale beginselbasis.
DIE SABBAT...
'N DAG VIR GOD AFGESONDER
Hannes Ollewagen
Gen. 2:1-3
“En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.” (:3).
Ons moet dalk begin deur te kyk na wat die term “heilig” beteken. Ons lees gereeld in die Bybel van ‘n insetting, persoon, besitting, dag of selfs ‘n volk wat vir God geheilig is. Die betekenis blyk duidelik te wees dat iets wat vir God geheilig is, vir Hom afgesonder is. Ons as sy kinders is so 'n voorbeeld: heilig - omdat ons afgesonderd ons lewens aan God se diens toewy ten spyte van ons menslike terkortkominge.
Ons lees hier aan die einde van die Skeppingsgeskiedenis dat God ook die sabbat as ‘n heilig dag afgesonder het. Die sabbat is derhalwe nie een of ander menslike verordening wat iewers ontstaan het nie.
DE LA REY (11)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
DIE SLAG TEEN DIE KONVOOI
RUDOLF het dit slegs aan genade toegeskryf dat die huis van oom Giel van Zyl nog nie deur die Engelse afgebrand is nie. Dit was een van die paar wonings in die uitgestrekte Wes-Transvaalse punt waarin hy meestal verkenningswerk verrig het, wat nog nie die vlamme ten prooi geval het nie. Elke nag kon hy, al verder op die omringende bulte en rante na Vaalrivier se kant toe, in die rigting van die Magaliesberge noordwaarts, die dowwe gloed van huisbrande sien. Dit was soos ’n kring vlamme op die grens van ’n tot as verbrande sirkel. Want binne in daardie kring was daar net verwoesting: Swart puin van groot Boerewonings wat eenmaal sierlik tussen die landerye gepronk het.
Soms het nog net die helfte van die mure oorgebly en die het weggekrummel na gelang die somerreëns daaroor getrek het.
'N HUWELIK UIT DIE HEL?
DA-EFF-koalisie
Dr JJ Snyman
Bespiegelinge dat die DA en die EFF moontlik in alliansie sal gaan om sekere munisipaliteite te regeer mag dalk vir baie na 'n onmoontlikheid lyk, gesien die EFF se radikale standpunte oor sake soos grondonteiening, ensomeer. Ook waar die twee partye as onderskeidelik sosialisties en kommunisties geklassifiseer kan word.
James Selfe van die DA het volgens Rapport van 14 Augustus 2016 verklaar dat die DA en die EFF sal kan saamwerk:
Daar was uiteraard skerp ideologiese verskille, maar ons het tog gevind dat daar sterk ooreenkomste is. Nadat ons verskille in taalgebruik in die onderskeie manifeste ontleed het, het ons agtergekom dat daar eintlik merkwaardige ooreenkomste is.
Dr Dan Roodt (op PRAAG se webwerf) skryf dat die keuse tussen die partye die volgende behels het op stemdag:
Die kieser by die stembus het ‘n keuse tussen links-liberale sosialisme (die DA), demokratiese kommunisme (die ANC) of revolusionêre kommunisme (die EFF).
DE LA REY (10)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
BY GENERAAL DE WET
EK wil jou more vroeg met ’n rapport na genl. De Wet se laer aan Liebenbergsvlei stuur, Naudé ...”
Generaal De la Rey beskou Rudolf, wat so pas van ’n verkenningstog teruggekeer het, ’n oomblik afwagtend.
“Dis ’n baie dringende rapport en dit mag in geen omstandighede in vyandige hande val nie. Die wêreld wemel van die vyand en jy sal dus baie versigtig te werk moet gaan ... Ek vertrou volkome op jou, ou seun, om die rapport veilig deur te bring ...”
Rudolf knik begrypend. Hy weet naastenby wat die strekking van die rapport is. Dit het iets te doen met samesprekings wat die twee Generaals voer in verband met ’n gesamentlike inval in die Kaapkolonie. Geruime tyd reeds is hierdie korrespondensie tussen die twee bevelvoerders van die broederstate aan die gang.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (10)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Quo vadis?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie beleef ’n reuse-afswaaifase. Oor die kort termyn is daar telkens 'n geringe verbetering, maar die langtermyn-tendens is afwaarts.
Indien daar nie nou drastiese stappe gedoen word nie, sal die ekonomie van die hele subkontinent in duie stort met katastrofale gevolge vir almal. Die maatreëls wat van tyd tot tyd deur die huidige regering (NP) getref word, is alles net op een oorkoepelende doelwit afgestem, naamlik herverdeling in sy breedste sin. Indien dit nog op 'n deurdagte wyse geskied het, sou die skok vir die ekonomie nie so groot gewees het nie. Instede daarvan word alle ekonomiese wetmatighede net eenvoudig verbreek en die resultaat is al hoe minder groei. Hoe langer die regering aanhou om te herverdeel, hoe minder bly daar oor om verder te verdeel onder al hoe meer mense. Die uiteindelike resultaat moet eenvoudig wydverspreide armoede en revolusie wees.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (12)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die Fariseër en die tollenaar
Luk.18:9-14
Benewens hierdie gelykenis, het Jesus tydens sy aardse bediening ook ʼn paar ander oor gebed vertel. Die gelykenis van die onbeskaamde vriend en dié van die weduwee en die harde regter is voorbeelde hiervan. Dit was vir Jesus baie belangrik dat mense die belangrikheid en die krag van gebed sou bestaan.
In die Evangelies lees ons dat Jesus dikwels gebid het. Die hele Joh.17 bestaan uit een van sy gebede. Jesus wou hê dat dit wat vir Hom belangrik was, ook vir gelowiges belangrik moes wees. Daar moes by hulle geen onduidelikheid oor die ware karakter van gebed wees nie sodat hulle reg kon bid. Vandaar dan ook die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar.
Die les wat hierdie gelykenis ons leer, is dat God anders as mense oordeel: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie” (Jes.55:8). Daarom begin die gelykenis met die woorde: “En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel" (:9).
Wie was hierdie sommige wat op hulleself vertrou? Niemand anders as die Fariseërs nie! Hulle was ʼn klas op hul eie wat in die godsdienstige tuin van die Jodedom gekweek is en hul as die bloudruk van godsdienstige volmaaktheid voorgedoen het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GEVAARLIKE BUURT!
My buurman is in die Guinness Wêreld Rekords. Hy het 44 harsingskuddings gehad. Hy bly net 'n klipgooi van my af.