Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, leer my die stilte van nederigheid, die stilte van wysheid, die stilte van konsentrasie, dit stilte wat praat sonder woorde, die stilte van geloof, maar veral om my hart stil te maak sodat ek die influistering van u Gees kan hoor.
HOE LYK 'N WARE LEIER?
KRIEWELKOP
In hierdie tyd waarin die Blankes in Suid-Afrika voor die deur van uitwissing staan, is daar talle persone wat hulself as leiers aanbied. Sommige glo werklik dat hulle 'daardie leier' is wat hierdie verdrukte volk weer na vryheid sal lei. Talle ander is tydsgeankerde opportuniste wat so bietjie eer in hierdie veelbesproke stryd wil skep. Ander is deur ons volksvyande geplant om die volk te verdeel met beuselagtige aksies sodat hulle weggehou word van die werklike oorlewingstryd. En dan is hier baie sogenaamde leiers deesdae vir die nie-te-versmaaide vergoeding wat hulle aangebied word, op of langs die voortsnellende soustrein vanaf 1994.
Weinig van bogenoemdes is te vertrou, selfs diegene wat glo dat hulle dit opreg bedoel bewandel nie noodwendig die regte weë om by hulle ideaal te kom nie. Daarom kan ons gerus weer kyk na hoe dr DF Malan in 1945 voor die Stellenbosch-tak van die C.S.V. 'n treffende analise van leierskap aangebied het.
'n Leier moet vier sigbare, uitstaande eienskappe hê.
Die eerste is dat hy 'n persoonlikheid moet hê wat respek afdwing, dws, dit moet iemand wees met 'n eie karakter, iemand wat op sy eie grondslag staan. 'n Leier wat so sy eie persoonlikheid openbaar moet dit sodanig doen dat hy in die gedagte van dié wat hom volg 'n duidelike en konkrete beeld kan vorm van wat hy is. So alleen kan hy invloed uitoefen en 'n gevolg skep; so kan hy by beslissinge van ander die deurslag gee.
Die tweede eienskap waaroor 'n ware leier moet beskik is dat hy 'n positiewe mikpunt moet hê waarheen hy self wil, en waarheen hy meen om ander met hom saam te neem; m.a.w., niemand kan 'n leier wees tensy hy bewus is van 'n roeping wat hy moet vervul nie. As hy ander wil lei tot die blou berge wat daar in die verte lê, moet hy daardie blou berge self eers gesien het en nog altyd sien en dan moet hyself daarheen pyl. Hy moet dus in die werklike sin van die woord nie net 'n sigbare persoonlikheid hê nie, maar 'n dinamiese persoonlikheid, 'n ryp persoonlikheid, ontwikkeld en met 'n vaste gedragspatroon, koersvas en doelbewus, vasberade en met deursettingsvermoë.
Die derde eienskap vereis dat die leier in die aangesig van sy doelwit homself sal vergeet. As hy leier wil wees maar homself in die eerste plek op die voorgrond wil stel en wil hou, is sy werk wat hy wil doen alleen vir vandag. Môre sal hy nie meer daar wees nie, en omdat hy die aandag in die eerste instansie op homself gevestig het, vergaan sy werk ook as hy nie meer daar is nie. En omdat hy van die toneel verdwyn het, ontstaan daar verwarring by dié wat hom gevolg het. Hy het nie die geheim geken om inisiatief aan te moedig by dié wat hom volg nie; inteendeel, deur die aandag op homself te vestig, het hy die inisiatief van ander doodgemaak. As dr Malan maar kon weet hoe waar hierdie woorde van hom in 2010 sou word met al die 'leiers' wat soos sampioene opgeskiet het.
Hierdie eienskap is kenmerkend van die ontwikkelde persoonlikheid – die vermoë om homself te gee aan die doel en saak waarvan daar onder die vorige kenmerkende eienskap sprake was. Daardie doel en saak is groter as die persoon, en daarom is die leier bereid om ten gronde te gaan ter wille van die bevordering van die saak. Indien hy sterf, maar die einddoel deur sy dood nader kom, dan leef hy tog weer omdat die saak bly leef. Hierdie waarheid kom in die volgende woorde van Christus tot uitdrukking: "Elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, hy sal dit red." As voorbeelde van hierdie lewens- en leiersbeginsel voer dr Malan die gevalle van Marten Luther en Paul Kruger aan wanneer hy verduidelik hoe Luther alleen gestaan en uitgeroep het: "Hier staan ek; ek kan nie anders nie. God help my!" En so met Paul Kruger wat sy ideaal van reg en vryheid voorgestaan het. Hy kon kies, sy lewe, sy eer, miskien ook nog die plek wat hy beklee het in die Staat. Of hy kon kies, die lewe van sy volk, stryd, en ballingskap. Hy kon kies of sy volk vir vryheid en reg in die dood sou ingaan. As hy die eerste weg gekies het, dan was hy dood en sy volk was dood in die werklike sin van die woord. Hy het die tweede gekies, en uit die dood het die lewe gekom.
Die vierde eienskap van 'n ware leier hang saam met die plek wat takt en omsigtigheid in sy optrede inneem. Terwyl 'n leier taktvol en selfs takties te werk moet gaan, moet hierdie optrede nooit verval tot blote opportunisme nie, d.w.s. hy mag sy beginsels nooit prysgee nie. Maar wat gedoen moet word, moet op die sielkundige moment ten uitvoering gebring word, die geleentheid moet uitgesoek word, en dit verg van die leier dikwels 'n groot mate van selfbeheersing. Hy moet veral rekening hou met die sielkunde van diegene wat hy wil lei. Hy moet nooit die posisie forseer as hy iets nie dadelik kan bereik nie.
Terwyl 'n mens nou die leierspersoonlikheid analiseer moet die fout nie begaan word om hierdie vier eienskappe as onafhanklik van mekaar te beskou nie. Hulle is almal in die hele persoonlikheid geïntegreer. Dit is die hele persoonlikheid wat bepaal of iemand 'n leier sal wees of nie, of daar besieling van hom sal uitgaan al dan nie. En daar is maar min van deesdae se 'leiers' van wie daar 'n aansteeklike besieling uitstraal. Meeste skep die indruk dat hulle eie belangrikheid en belange groter as enigiets anders is, hulle leuenagtige beloftes is deursigtig, en dít bou nie vertroue in die volk wat hulle moes volg nie.
Sal daar betyds weer 'n leier na vore kom wat voldoen aan hierdie vier onafskeidbare eienskappe, 'n mens wat só in staat sal wees om ons reeds vernielde volkie van gewisse ondergang te red?