NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe – Prediker 5:3

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (8)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Omdat Shannon en Vennote reeds ’n geruime tyd in Washington gevestig was, het De Kieffer Washington en die Amerikaanse politiek deur-en-deur geken. Hy was met ’n Japannese meisie getroud wie se vader die Hoofregter in Hawaii was. Hulle was ’n vriendelike, welopgevoed en fatsoenlike paartjie.
Vroeg in 1973 het ons De Kieffer en sy vrou na Suid-Afrika gebring sodat hulle kon besluit of hulle met die soort gemeenskap kan saamleef wat hulle moes teenwoordig. De Kieffer het aanvaar en in 1973 is sy maatskappy by die Departement van Justisie as ’n agentskap van ’n buitelandse instansie geregistreer soos deur die Wet op Registrasie van Vreemde Agente in die V.S.A. vereis word.

 

De Kieffer was die man wat in die daaropvolgende jare toegesien het dat dr. Mulder en ek en my twee adjunk-sekretarisse etlike van die mees prominente politici in die Verenigde State ontmoet het. Om ’n voorbeeld te noem: In Mei
1973 het ek by ’n noenmaal met Senatore Brock, Hansen, Griffin, Byrd, Tower en Buckley aangesit ten einde hulle oor verwikkelinge in Suid-Afrika in te lig. Dit was die eerste keer dat enige Suid-Afrikaanse beampte in staat gestel was om soiets te kon doen. Nie eens ons Ambassadeurs het soveel senior Republikeinse Senatore by een geleentheid ontmoet nie. Hierdie manne was geen liggewigte nie. In die Reagan Administrasie is een in die kabinet opgeneem, en een, Buckley, het ’n reisende Ambassadeur en ’n Adjunk-Sekretaris van die Staatsdepartement geword. De Kieffer self is later deur President Reagan as die Wit Huis se adviseur oor intemasionale handel aangestel met kantore in Washington, net oorkant die Wit Huis, en in Geneve, Switzerland.

In 1974 is verdere ontmoetings in Washington vir ons met tientalle assistente van Senatore en Kongreslede, ander Senatore, soos bv. Herman Talmadge en weer eens met Hansen gereël.

Die daaropvolgende jaar het ek met Edmund Muskie, die later Staatsekretaris en ook Edward Kennedy in hul kantoor in die Senaatsgebou in Washington ontmoet. Tussendeur het ek met talle Kongreslede soos Derwinski, Willson, Ashbrook en andere, Demokrate sowel as republikeine, kennis gemaak.

Donald de Kieffer was beslis sy gewig in goud werd en het toegesien dat geen
wetgewing wat Suid-Afrika raak, ooit die vloer van die huis of die Senaat
bereik het voordat ons Inligtingsadviseur by die Ambassade nie daarvan
verwittig was nie. Deur De Kieffer, McGoff en ander goedgeplaasde kontakte
te gebruik, kon ons op hierdie wyse ’n program in die V.S.A. koordineer om
wetgewing wat Suid-Afrika benadeel te probeer blokkeer of te versag.

De Kieffer se aktiwiteite en die van die firma wat hy verteenwoordig het, het
in so ’n mate gegroei dat ons tussen April 1973 en 31 Julie 1978 ’n totale bedrag van sowat R900 000 aan fooie en ander kostes uitbetaal het. Hierdie bedrag, sowat ’n miljoen Amerikaanse dollars, was elke sent werd. Pik Botha was so met De Kieffer beïndruk, dat hy my en Les de Villiers dikwels gepla het om De Kieffer te kry om vir hom ook te werk. De Kieffer het egter sy hande vol gehad en Pik Botha was nie bereid om deur die regte kanale te gaan om De Kieffer se hulp te kry nie, d.w.s. eers na sy Sekretaris in Pretoria, Brand Fourie, en daarvandaan na my. Hy het toe probeer om ons te oorreed om ’n tweede firma aan te stel war dan net vir die Ambassadeur sou werk. (Dit het duidelik geword dat hy geweet het dat ons oor geheime fondse beskik want hy het prontweg gevra dat ons vir die diens uit geheime fondse moet betaal.) Ek het hom meegedeel dat ek die voorstel goedgesind is, maar dat hy sy versoek skriftelik aan Buitelandse Sake moet rig. Pik was briesend hieroor. Hy het daarna sonder sukses probeer om De Kieffer te dwing om tog vir hom te werk.
De Kieffer het hom egter telkens na my terug verwys.

Al hierdie dinge het ’n interessante nasleep gehad wat ’n duidelike lig op die politieke karakter van Pik Botha werp.

Toe Don de Kieffer in 1978 na Suid-Afrika gekom het om sy kontrak vir die volgende jaar met die Ministerie van Inligting te bespreek, het sy besoek per toeval op dieselfde dag geval as wat Henry Kissinger in Pretoria vir sy samesprekings met die Suid-Afrikaanse regering aangekom het. De Kieffer het in dieselfde hotel (die Burgerspark in Pretoria) as Kissinger tuisgegaan. Ek het De Kieffer daar vir middagete ontmoet om suiwer persoonlike sake te bespreek, wat niks met Inligting of die Regering te make gehad het nie. Ek versamel ou uitgawes van die National Geographic Magazines (voor 1920) en De Kieffer het my gehelp. Ons was goeie vriende en is vandag nog steeds.
Foto’s van die twee van ons het die volgende oggend op die voorblaaie van Suid-Afrikaanse koerante verskyn. Twee dae later het Pik Botha vir De Kieffer na die Unie-gebou ontbied en hom meegedeel dat sy dienste nie meer benodig word nie. Pik Botha het toe voortgegaan en ’n ander medewerker vir Suid-Afrika aangestel, teen dubbel die koste van De Kieffer. Die betrokke heer
was toe besig om Ronald Reagan met sy nominasiestryd te help, ’n Maand later het Reagan hom persoonlik afgedank. Twee maande na Reagan se verkiesing tot President van die Verenigde State, is Don de Kieffer, die man wat Pik Botha ontslaan het omdat hy my vriend was, as ’n Wit Huis adviseur met die rang van adjunk-minister benoem. Hoe ironies!

In 1982 het De Kieffer ’n amptelike besoek aan Suid-Afrika gebring om die Reagan Administrasie se meer gunstige houding op die gebied van handel met Suid-Afrika aan die regering te verduidelik. Dit was glo ’n mees getemperde en bedeesde Pik Botha wat De Kieffer in Pretoria ontmoet het. Toe ek Don kort
na sy terugkeer in Washington gesien het, het ek hom geterg en aan hom gesê dat as hy Pik “pers” wou sien word, hy hom daaraan moes herinner het dat hy, De Kieffer, ’n deel was van die “totale vermorsing”, waarvan Pik my beskuldig het. De Kieffer het net gelag. Ek het geweet hy was te veel van ’n heer om Pik Botha se sotlikhede teen hom te hou.

Ons is keer op keer deur De Kieffer gewaarsku teen die toenemende gevaar van drukgroepe wat probeer het om stadsrade oor te haal om nie enige bestellings by maatskappye te plaas wat met Suid-Afrika sake doen nie. Die gevaar was vir my en Connie Mulder gewis baie duidelik. Dit is vanselfsprekend dat as maatskappye gevaar loop om meer bestellings in die V.S.A. te verloor as wat hul uitvoere na Suid-Afrika, of die produksie van hul dogter-maatskappy aldaar werd is, hulle uit Suid-Afrika sal onttrek. In die middel sewentiger-jare was dit net die kleiner stadsrade wat die teiken van drukgroepe was, maar De Kieffer het gevrees dat as een of twee van hulle onder druk swig, die groter rade en later die belangrikste metropolitaanse areas in hul voetspore sou volg, soos later wel gebeur het.

By dit alles is die eerste pogings aangewend om stadsrade en regerings van die 50 verskillende state te beweeg om beleggings onder hul beheer te onttrek van alle Amerikaanse instellings wat selfs net Suid-Afrikaanse aandele hou; bv. Pensioenfondse was aangesê om hul Suid-Afrikaanse aandele in goud te verkoop.

Universiteite was gevra om alle beleggings in maatskappye wat sake bedryf met Suid-Afrika te onttrek.

Dr. Mulder en ek het hierdie bedreiging by verskeie geleenthede met Pik Botha en Brand Fourie van Buitelandse Sake bespreek. Ons voorstel was dat ons kragte saamspan en hierdie bedreiging beveg. Ons kon dit doen deur prokureurs aan te stel wat die stadsrade se resolusies ten gunste van onttrekking uit Suid-Afrika as onkonstitusioneel kon beveg. Daar bestaan ’n wet in die V.S.A. wat verbied dat individue, stadsrade of staatsowerhede buitelandse beleid deur middel van eensydige aksie bedryf. Dit was ’n wet wat byna nooit toegepas was nie, maar dit was nog die wet.

“Nee”, het Brand Fourie gesê: “Ons moet dit liewer aan die privaatsektor oorlaat. Laat hulle hierdie aksie beveg”.

“Maar jy weet dit sal nie gebeur nie”, het ek geantwoord. “Suid-Afrikaanse maatskappye sal eenvoudig net omdraai en die regering om hulp nader.”

Pik en Brand wou egter nie van hul standpunt afwyk nie.

Toe ek in Junie 1978 die Departement verlaat het, het sestien stede in die V.S.A. alreeds sulke stappe teen maatskappye wat sake met Suid-Afrika doen oorweeg, en ander plaaslike regerings het ook aan die voorstel aandag geskenk.
Aan die kant van die privaatsektor in Suid-Afrika was daar ook geen aksie nie - net soos ek voorspel het. Brand Fourie en Pik Botha was skuldig aan wensdenkery. Dr. Connie Mulder het derhalwe toestemming gegee dat De Kieffer ’n aantal regsgedinge aanhangig maak, waarvoor ons sou betaal.

Aangesien sowat R2 000 miljoen aan direkte en indirekte beleggings in die gedrang was, het ons gevoel dat om iets te doen, beter was as die Botha-Fourie formule wat op die hoop gebaseer was dat iemand anders iets sal doen, of dat die probleem eenvoudig soos ’n nare droom sou weggaan. Dit het nie.

Teen 1983 het verskeie state reeds wetgewing gepasseer, na my mening wederregtelik, om onttrekking af te dwing. Dit was vir my interessant om te lees dat Ton Vosloo, Redakteur van Beeld in die dae van die Inligtingskandaal, nou die standpunt inneem dat Buitelandse Sake en Inligting iets aan die saak moet doen, en sowaar, selfs van geheime aksies praat. So vorder ons! ’n Paar jaar vantevore wou hy van geheime aksies niks weet nie.

De Kieffer se bewaring dat stadsrade nie toegelaat word om hul eie buitelandse beleid toe te pas nie, is ook reg bewys en hy het daarin geslaag om verskeie sulke pogings aan die kant van die anti-Suid-Afrikaanse elemente skipbreuk te laat ly.

Dit was weer eens John McGoff wat vir Les de Villiers en dr. Connie Mulder oortuig het dat Suid-Afrika ook ’n doeltreffende openbare skakelmaatskappy in die V.S.A. nodig gehad het om in daardie areas waar Suid-Afrika nie Inligtingskantore gehad het nie op te tree en waar dit vir De Kieffer logisties moeilik sou wees om uit te kom. Etlike name is genoem en uiteindelik het ons op Sydney Baron en Vennote besluit. Etlike gedugte politici in Israel het aan ons gesê dat Baron ’n koelbloedige, maar suksesvolle invloedkoper was en mits jy hom genoeg betaal, hy politieke wonderwerkies kan verrig.

Baron was Jimmy Carter se skakelbeampte in die staat van New York, toe Carter die Demokrate se nominasie vir die Presidentskap gesoek het. Hy het ook vir Andy Hatcher in diens gehad. Hatcher, ’n Neger, was voorheen een van President Lyndon Johnson se perssekretarisse en het waardevolle politieke kontakte gehad. Alles inaggenome, veral die moontlikheid van ’n
Carter-oorwinning, het dr. Mulder gevoel dat Baron ’n goeie keuse was.

Die eerste kontrak met Baron was vir 1976. Teen die tyd da tek in 1978 weg is, het ons alreeds ’n bedrag van meer as ’n miljoen Rand uit geheinre fondse aan Baron betaal.

Baron en Hatcher se kontakte, veral onder geledere van die vakbondleiers, was van onskatbare waarde. Hulle het pyplyne na George Meany, waarskynlik die gedugste vakbondleier in die VSA gedurende die sewentigerjare gehad.
Hierdie kontakte het later uiters waardevol geword toe Chris Barnard en ek een van Donald Woods (verbanne redakteur van The Daily Despatch) se skemas moes kop inslaan. Woods wou nl., dat Meany se vakbonde die leiding neem om ’n blokkade van skepe en vliegtuie na Suid-Afrika in te stel, en het verskeie byeenkomste met die AFL-CIO se president gehad om hom tot hierdie stap te oorreed.

Sydney Baron het ook ’n oud-kongreslid op sy personeel gehad en ander personeel met besondere verbintenisse. Ek moes op mnr. Vorster se versoek, ’n besoek aan die Vatikaan in Rome bring. Daar het ek in 1976 vir die eerste keer Kardinaal Casaroli, aangewese Staatsekretaris van die Vatikaan ontmoet, en in dieselfde jaar, toe Casaroli siek geword het, met Kardinaal Giovanni Benelli die waarnemende Staatsekretaris. Die huidige Pous het Benelli later Aartsbiskop van Florence gemaak. Ek moes die Vatikaan oortuig dat die Katolieke Kerk in Suid-Afrika - ten minste sommige van sy priesters en ampsdraers - hulself te aktief met party-politieke aangeleenthede in Suid-Afrika bemoei het. Kardinaal Benelli het aan my gesê dat die Vatikaan se standpunt baie duidelik is: dat sulke betokkenheid nie geduld kon word nie en dat hulle die saak sal ondersoek. Hulle het nie, maar in 1983, gedurende sy besoek aan Sentraal-Amerika het die Pous uitdruklik aan sommige Katolieke Priesters gesê dat dit hulle plig is om nie by politieke agitasie betrokke te raak nie. Sonder Thomas Deagan se hulp, een van Baron se vennote, sou ek nie naby die kantoor van die Vatikaan se Staatsekretaris gekom het nie, maar Deagan was een van die Kerk se mees geëerde lidmate in die V.S.A. en sy versoek kon moeilik geweier word. Deagan het my op my besoek aan die Vatikaan stad vergesel.

Ons New Yorkse skakelmaatskappy het ook ’n prominente rol in die organisasie van twee belangrike beleggingseminare in die Verenigde State in 1977 en 1978 gespeel. Een in Rye, net buite New York en een in Houston, Texas.

Die besluit om hierdie konferensies te reël is geneem in die lig van ons groeiende vrees dat die onttrekking van beleggings uit Suid-Afrika in die VSA sou hand uitruk. In 1975 en 1976 het ons dus eers met die bystand van Gary Player en die, ten volle gefinansierde samewerking van Piet Liebenberg van Finansbank, daarin geslaag om sekere prominente Amerikaanse sakemanne na Suid-Afrika te lok. Ons het destyds gereken dat as ons daarin kon slaag om top-Amerikaanse leiers in die sakewêreld in persoonlike kontak met Suid-Afrikaanse sakemanne en politici te bring, dit die bedenkinge oor toekomstige beleggings alhier uit die weg sou ruim en bestaande beleggings sou beveilig.

Vir beide die Rye en Houston seminare het ons ’n private bank in Suid-Afrika, Senbank, gebruik as ’n geleier vir die aansienlike fondse wat benodig was om die seminare te finansier. Indien die Suid-Afrikaanse regering openlik hierdie seminare sou finansier, dan sou die kanse om die room van Amerikaanse sakeondememings te kry om dit by te woon, absoluut nul gewees het. Trouens, daardie geld sou vermors gewees het. Diegene vir wie reëls en regulasies van kardinale belang is, sou tevrede wees, maar die projek self sou op ’n ramp uitgeloop het. Deur Senbank te gebruik het ons die indruk geskep dat dit ’n private ondememing en nie die owerheid is wat die geld voorsien het en vir die organisasie verantwoordelik was. Die regeringsinstansies wat betrokke was, soos Baron en die Suid-Afrikaanse Inligtingsdiens in New York, is slegs gevra om met die reëlings te help. Dit is normale prosedure in enige land. Daar was inderdaad ook nooit enige suspisie in die Amerikaanse pers dat die hele program ’n regeringsbedagte byeenkoms was nie.

Elke konferensie het ons sowat R60 000 gekos wat ons aan Senbank voorsien het en wat die huur van konferensiesale, vliegtuigkaartjies en akkommodasie vir die sprekers uit Suid-Afrika, insluitende prominente swart sakemanne, bankiers en dr. Gerard de Kock van die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik is. Nie een van die genooides, behalwe Pik Botha en Les de Villiers, het geweet dat Inligting in die geheim die hele projek gefinansier en gekoördineer het nie. Pik Botha, wat later voor almal gesweer het dat hy nooit by enige geheime projek van die Departement betrokke was nie, was een van die hoofsprekers. Sy bywoning is dieselfde dag gefinaliseer toe hy as kabinetsminister ingesweer is. Net na die seremonie het dr. Mulder en mnr. John Vorster die saak gereël. Hy is vooraf deur De Villiers en myself deeglik ingelig en is ook in kennis gestel dat hy ’n “uitnodiging” van Senbank sal ontvang om die konferensie toe te spreek.

’n Soortgelyke uitnodiging aan William Simon, Minister van Finansies tydens die Ford Administrasie, was van ’n tjek vir $ 10 000 vergesel. Die geld het uit ons geheime rekening gekom, maar is deur Senbank na horn gekanaliseer. Hy het nooit geweet dat ons die organiseerders was of die geld voorsien het nie. Nadat Simon in sy toespraak beleggings in Suid-Afrika aangemoedig het, het dr. Gerhard de Kock teenoor De Villiers en ander amptenare opgemerk dat Simon se toespraak alleen moontlik R25 miljoen vir Suid-Afrika werd was. Dit maak ’n totale bespotting van Pik Botha se berekening dat al wat Mulder en ek ooit gedoen het was om die belastingbetaler se geld te verkwis. Dit is duidelik dat die President van die Reserwebank nie so gedink het nie - maar nou-ja, sy rekenkunde is darem beter as Pik Botha s’n. Hy is ook meer ewewigtig in sy uitsprake.

Die daaropvolgende jaar het ons ’n soortgelyke konferensie in Houston gereël, aangesien byna almal wat die Rye konferensie bygewoon het, insluitende Pik Botha, dit eens was dat hierdie seminare vir Suid-Afrika van onskatbare waarde was, en in ’n groot mate tot die meer positiewe standpunte van huiweragtige beleggers, en van mense wat onder druk was om uit Suid-Afrika te onttrek, bygedra het. Pik Botha huldig blykbaar nog steeds dieselfde mening aangesien sy departement, sedert my en dr. Mulder se vertrek, verskeie besigheidsseminare in die buiteland gefinansier het. Almal min of meer op dieselfde riglyne wat dr. Mulder sewe jaar gelede goedgekeur het.

Dr. Connie Mulder het self die Houston konferensie bygewoon en met die samewerking van John McGoff, Sydney Baron en Don de Kieffer, het ons by die geleentheid daarin geslaag om die voormalige President van Amerika, Gerald Ford, as hoofspreker te kry. Ons het $ 10 000 deur Senbank na mnr. Ford gekanaliseer om die toespraak te kom lewer. Weer eens het net ’n handjievol
mense, sekerlik nie mnr. Ford nie, geweet dat hierdie konferensie deur mense in die Ad Astra-gebou in Pretoria beplan en gefinansier was. Sover dit hulle aangegaan het, was dit private ondernemings wat die toon aangegee het. Weer eens was dit die Baron-organisasie en Don de Kieffer wat gesorg het dat verskeie prominente sakemanne en voomemende beleggers die konferensie bywoon.

Vervolg...

Een van die

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2649 gaste aanlyn