Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vir talle mense is SIEN wel GLO; tog glo almal wat sien NIE, want slegs diegene wat bereid is om hulle harte te verander sal glo wat hulle sien. So sal groot getalle siele verlore gaan ten spyte daarvan dat hulle God se wonderwerke aanskou het.
DIE WAARHEID AGTER TRALIES
E. van Nantes
Die anti-islamistiese Nederlandse politikus Geert Wilders, is sopas ín Nederland, déúr ‘n paneel van Nederlandse regters, skuldig bevind aan haatspraak. Kort voor uitspraak gelewer is, het Wilders die volgende stelling gemaak : “Whatever the verdict, I will continue to speak the truth about the Moroccan problem, and no judge, politician or terrorist will stop me.” [1]
Dit lyk asof daar eersdaags dan ook hier, in Suid-Zimbabwe, sodanige wetgewing die lig gaan sien ten einde haatspraak te bekamp. Maar wat presies is haatspraak dan nou eintlik?
Wel volgens Wikipedia sien die definisie soos volg daaruit : “Haatspraak verwys na spraak of geskrewe teks wat daarop gemik is om intimidasie, geweld of vooroordeel teen 'n groep mense op grond van hulle ras, etnisiteit, afkoms, geloof, seksuele oriëntasie, of gestremdheid te bewerkstellig.”[2] So kortom, is dit wetgewing wat my sal verbied om ‘n afkeur aan spesifieke groepe uit te spreek. Hierdie wet verseker dus stilswye betreffende afkeure, maak nie saak of daardie afkeure geregverdig is, aldan nie.
Geert Wilders is, soos Donald Trump (VSA), Nigel Farage (GB), Marine Le Pen(Frankryk) en Frauke Petry(Duitsland), ware nasionaliste, met ander woorde, hulle streef na politieke onafhanklikheid en sal daarom die belange van hul eie bo die van ander stel. Europa beleef ‘n immigrante-krisis waar laasgenoemde hul sharia-lewensbeskouings op hul gashere kom afdwing – verkragtings, plundering, oproerigheid, aanrandings en terroriste aanvalle is aan die orde van die dag sedert hul aankoms in Europa. Beide hierdie groeperinge het elk hul eie doelwitte, maar ironies genoeg kan slegs die burgers van die land van haatspraak beskuldig en veroordeel word! In die praktyk blyk dit dan nou dat haatspraak deur die Europeër binne sy eie land, ‘n groter oortreding is as die geweld wat deur die immigrant gepleeg kom word. Anders gestel, die gevoelens van die kriminele, parasitiese immigrant is belangriker as die geweld wat die landsburger onder daardie einste immigrant moet verduur.
Die dubbele standaarde wat tans op Europese bevolkings wêreld-wyd afgedwing word, kan slegs as ‘n aanval, en niks anders nie, beskou word. Beantwoord hierdie vraag : wie moet die heeltyd toegee en wie ontvang deurentyd? Die Europeër moet met die immigrant assimileer, aan die immigrant huisvesting verskaf, sy woorde tel wanneer hy die immigrant aanspreek en sy gesin, volk en land, sonder enige verset, aan die immigrant oorhandig. Klink byna of die resep wat 22 jaar gelede híér gevolg is, nou in Europa vervolmaak is! Alhoewel alle Europeërs dit nog nie besef nie, is hulle in ‘n stryd om oorlewing betrokke. Was dit nie vir Trump en Farage nie, was die VSA en GB in dieselfde bootjie, alhoewel die stryd in beide hierdie lande nog lank nie gewonne is nie.
Ter aansluiting by laasgenoemde dubbele standaarde, oorweeg die volgende twee gevalle :
- Pastoor Steven Anderson word op 13 September ‘n visum vir SA geweier omdat hy ‘n uitgesproke homofoob is.[3]
- b)Robert Mugabe sê op 10 April 2015 tydens ‘n perskonferensie in Soweto “I don’t want to see a white face”[4] en tydens ‘n ander geleentheid “Never, never, never will we support homosexuality in Zimbabwe”[5]
Op 2 November hierdie jaar het Zuma Zimbabwe besoek ten einde handelsooreenkomste met laasgenoemde aan te gaan.[6] Interessant nê, die homofobiese pastoor wie sonder handelsooreenkomste hier kom probeer kuier, kry geen visum nie, maar die rassistiese homofobiese diktator mét handelsooreenkomste, wórd besoek en kán besoek soos hy wil. Nog ‘n voorbeeld is Penny Sparrow, wie ‘n R150 000 boete deur die gelykheidshof opgelê is vir haar bobbejaan-vergelyking haatspraak.[7] Op 8 November het Malema die volgende uitspraak gemaak : “...we are not calling for the slaughtering of whites‚ at least not for now”[8] ... hande op deur die wat dink dat hy met ten minste R150 000 beboet gaan word. Maar terug by Penny se boete – wie ontvang dit nou eintlik, die gekrenkte baaiers, die hof of iemand anders? (wonder maar net)
Belangrik om daarop te let dat beide Anderson en Sparrow blank is en bepaalde strawwe opgelê is vir hul “kwetsende” uitsprake terwyl die uitsprake van die ander twee gelate aanvaar word. Soos ons almal by hierdie tyd reeds weet, kan slegs blankes rassiste wees terwyl die swartman, op sy ergste, slegs ‘n xenofoob kan wees. Die witman is duidelik die euwel van hierdie wêreld, ‘n euwel wat slegs getemper kan word deur die swartman wat as morele kompas vir ons hier geplaas is. Ja reg!
So gepraat van diere-vergelykings, in Mat.23:33 sê Jesus aan die skrifgeleerdes en die Fariseërs: “Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? (R150 000 boete?) Lev 20:13 “En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.” (R150 000 boete?)
Lev 20:15 “En as ‘n man vleeslike gemeenskap het met ‘n dier, moet hy sekerlik gedood word, en die dier moet julle doodslaan.” (R150 000 boete?) Lev 21:21 “Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.” (R150 000 boete?) Deu 22:5 “‘n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel.”(R150 000 boete?)
Uit bogenoemde aanhalings is dit duidelik dat die Gelykheidshof sy hande terdeë vol gaan hê met die Woord van GOD! Maar helaas, die Gelykheidhof sal niks uitgerig kry wanneer Pre.6:10 gelees word nie : “Wat hy ook is, lankal is sy naam genoem, en dit is bekend dat hy mens is: hy kan nie in die gereg gaan met Hom wat sterker is as hy nie.” So, wat staan ‘n hof dan nou te doen as dit God nie kan bykom nie? Wel, vat die ouens aan wat dit durf waag om hierdie “liefdelose” Bybelverse aan te haal en sodoende menseregte te skend! Beboet hulle en deel tronkstraf uit aan hierdie haatsprekers en sodoende sal die res dóódstil bly uit vrees vir dieselfde strawwe. Probleem opgelos. Luk 21:12 waarsku ons reeds voortydig hiervan “Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.” Soos Eerw. Lawson tereg opgemerk het, sal die howe, reeds omdat hulle GOD geen boetes kan oplê en stilmaak nie, uiteindelik die Bybel verban as ‘n boek van haatspraak, al is dit die enigste waarheid.
Die “probleem” met die waarheid is dat dit nie omgee of jy dit aanvaar of nie, nie omgee of dit jou kwets of nie, nie omgee of dit wettig is aldan nie, néé die waarheid is en bly net wat dit is... die waarheid! Joh 8:32 “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
Die ironie van hierdie wetgewing is dat dit enersyds vooroordeel teen ‘n groep mense op grond van hul geloof verbied, maar andersyds, wanneer daardie selfde groep hul geloof uitleef, sal poog om hulle te vervolg op grond van sogenaamde “haatspraak”! Die wet beskerm én vervolg die Woord van God dus ter selfdetyd, wat eenvoudig onprakties is. So, wat sou u dink sal nou gebeur? Sal die wetgewer die wetgewing sodanig verander dat dit alle gelowe, behalwe die christengeloof, beskerm óf sal die wetgewer ‘n spesiale klousule inskryf ten einde die christen ook te beskerm teen enige vervolging i.t.v. die wetgewing? Tyd sal leer. Intussen haal ek my hoed af vir elke Geert Wilders en elke Steven Anderson, wie die waarheid najaag, boetes en tronkstraf ten spyt.
[1] http://www.infowars.com/persecuted-dutch-politician-wilders-issues-swift-rejection-of-hate-speech-conviction/
[2] https://af.wikipedia.org/wiki/Haatspraak
[3] http://religionnews.com/2016/09/13/anti-gay-arizona-pastor-denied-visa-to-enter-south-africa/
[4] http://www.news24.com/Africa/Zimbabwe/Mugabes-I-dont-want-to-see-a-white-face-comment-gets-mixed-reaction-20150410
[5] http://expressng.com/2015/07/robert-mugabe-zimbabweans-most-controversial-quotes-on-gay-marriage/
[6] http://ewn.co.za/2016/10/24/Report-Zuma-to-visit-Zimbabwe-to-sign-more-agreements
[7] https://businesstech.co.za/news/general/126823/homeless-penny-sparrow-cant-afford-r150000-racism-fine/
[8] http://www.sowetanlive.co.za/news/2016/11/08/da-ff-plus-condemn-malema-s-hate-speech-comments