Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jou denke speel 'n veel groter rol in jou lewe as wat jy ooit sal besef. Ons hele lewe is wat ons gedagtes daarvan maak - 'n unieke mens om jou eie betekenis op aarde te verwesenlik. Vra daarom in groot erns: "Heilige Gees, dink déúr my totdat u ideale myne word.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (9)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Sydney Baron se rol op die politieke gebied in die Verenigde State is een ding waaroor ek emstige bedenkings gehad het. Dit het suspisies by my oor die man en sy werk wakker gemaak alhoewel nog ek, nog mnr. Vorster of enige realis in Suid-Afrika kon kla dat die eindresultaat, wat Baron beweer sy werk was, iets was om oor te huil. Toe Baron in 1976 na die Republiek gekom het, het ons baie tyd aan ’n netelige saak gespandeer: die buitengewone invloed wat sommige politici, by uitstek Senatore, gehad het om die Amerikaanse beleid teenoor Suid- en Suidelike Afrika beïnvloed.
Baron het ook lang gesprekke hieroor met mnr. John Vorster gehad. Op hierdie tydstip was veral twee Senatore, Dick Clark en John Tunney, ’n ware doring in ons vlees. Albei was Demokrate. Clark het die amendement om Amerikaanse ondersteuning aan die anti-Marxistiese faksie in Angola te onttrek in 1976 deur die Senaat geloods. Daarmee het hy die grond onder die voete van die Suid-Afrikaanse Leër wat toe in Angola geveg het, uitgeslaan en ’n pynigende onttrekking afgedwing.
Vir President Gerald Ford en Henry Kissinger was die Senaat se besluit ’n politieke slag vir hul langtermyn strategie in Afrika. President Ford het aan McGoff gesê dat toe hy die nuus aan die Israelse Eerste Minister, Golda Meir, wat op besoek in die VSA was, oorgedra het, sy net so ontsteld was. Vir Suid-Afrika was dit egter ’n diplomatieke ramp en die vooruitsig van ’n uitgerekte stryd teen terroriste in SWA wat voortaan onder die beskerming van Kuba sou kon optree. Geen wonder dus dat Vorster nuuskierig gemaak is deur Baron se belofte dat, as hy weer die volgende jaar as Suid-Afrika se skakelbeampte in die VSA aangestel word, hy “sal toesien” dat Tunney en Clark “verslaan” word wanneer hulle hul weer vir die Senaat beskikbaar stel.
Met die bespreking van Baron se kontrak in die kabinetskomitee was dit dr. Horwood wat gevoel het dat ons met die aanstelling moet voortgaan, te meer so nadat mnr Vorster aan ons gesê het dat Syd Baron in werklikheid mnr spesifiek was en gesê het dat as hy nie daarin slaag om Tunney “uit die pad" te kry nie, ons nie sy kontrak vir die daaropvolgende jaar hoef te hernu nie. Maar hy het meer geld nodig gehad om die taak te kon verrig. As ons sy normale werksaamhede op $250 000 begroot, wil hy hê dat ons ’n addisionele $200 000 moet byreken om in die geheim politieke invloed mee te koop. Baron het aan ons verduidelik dat hy sy eie persoonlike “salaris” met $200 000 wil verhoog sodat hy die fondse sonder bekommemis oor die Wet op Registrasie van Vreemde Agente vrylik kan gebruik.
Omdat ek die VSA veel beter as mnr. Vorster of dr. Horwood gekcn het, het ek uiters ongemaklik oor Baron se voorstel gevoel. Ek het aangevoer dat ek werklik nie graag deel wil hê aan ’n projek waarin ons sou probeeer om 'n politieke verkiesing in die VSA te beïnvloed nie. Dit was ’n aksie wat niemand in die VSA sou verdra nie. Dr Horwood het opgemerk dat dit nie meer
gevaarlik vir ons sou wees as ons poging om John McGoff as eienaar van The Washington Post en daaropvolgend van The Sacramento Union aan te stel nie. Ek het geglo daar is groot verskil. Dr. Mulder het neutraal gestaan, maar was skepties oor Baron se belofte - of dreigement. Ten slotte het mnr. Vorster
en dr. Horwood besluit om Baron sy kans te gee. Waarskynlik het Baron se reputasie as ’n invloedkoper, wat ekself aan mnr. Vorster verkoop het, die knoop deurgehaak.
Later in 1976 is Tunney deur die Republikeinse Senator, S.I. Hayakawa, teen die verwagting van die politieke waamemers in, verslaan. Ek het probeer om by Baron vas te stel hoe hy dit reggekry het, maar Banm het geweier. “Dit is beter dat jy nie moet weet nie, maar ek het die goodoro gelewer, het ek nie? Dit is al wat julle hoef te weet. Vertrou my,” het hy in sy growwe Brooklyn aksent gesê.
Met die verkiesing van Jimmy Carter tot President van die VSA, het Baron aan ons vertel dat hy $20 000 van sy “salaris” in Carter se verkiesingsfonds gestort het en dat die Demokrate ’n bietjie welwillendheid aan horn vcrskuldig is. In werklikheid was die Demokrate baie aan hom verskuldig. Volgcns ingeligte bronne was Baron 100 keer meer invloedryk as John McGolf, omdat hy een van die handjievol Demokrate was wat miljoene in politieke donasies van ander ryk Demokrate kon lospraat.
Carter se verkiesing was nie ’n algehele verrassing vir my nie. Ek en my twee adjunk-sekretarisse het baie tyd spandeer om by toekomstige leiers uit die geledere van die politieke samelewing in belangrike westerse state uit te kom. As gewone politici kon ons hulle bereik, met hulle gesels en hulle probeer beïnvloed. Maar as verkose amptenare, as President of as Minister was hulle buite ons bereik en, tegnies gesproke, in die gebied van die Departement van Buitelandse Sake.
Ons opsomming was dat ná die Watergate-episode in die VS A ’n golf van wantroue in Washington politici sou ontstaan en dat die nominasie, in die besonder die van die Demokratiese Party, na ’n buitestaander sou gaan. Ons gevolgtrekking dat Carter een sou wees was dus korrek. Ons het ons daarop toegele om vroegtydig kontak met hom op te bou en in die 1976 Jaarverslag van die Departement van Inligting was daar al ’n kleurfoto van ’n Inligtingsbeampte van New York, in gesprek met Carter, destyds nog Goewerneur van Georgia. Ongelukkig het Carter se uitlatings teenoor ons verteenwoordiger uiteindelik hemelsbreed van sy siening van Suid-Afrika verskil nadat hy President geword het. Hierdie “ommekeer” van Carter het ’n kenmerk van sy presidentskap geword.
Ons het ook geglo dat die Amerikaanse publiek na die Viëtnamese Oorlog tot inkeer sou kom. Dat dit sal tyd neem, soos dit met die meeste lande of mense gaan wat hulle op die een of ander tydstip in die geskiedenis in dieselfde situasie bevind het, maar dat die eindresultaat ’n sterker wydverspreide konserwatiewe reaksie sou uitlok. Ons kollegas by die Departement van Buitelandse Sake en ons Ambassadeur in die VSA, Frikkie Botha, het ons standpunt betwis.
“Die politieke linksgesindes, die anti-Suid-Afrikaanse inmengers en pro-Verenigde Volke-menigte is hier om te bly”, het Botha gese, “en julle kan daarvan vergeet dat ’n konserwatiewe politikus ooit aan bewind sal kom. Om die waarheid te sê, ek glo nie die Republikeine sal ’n President vir ten minste twintig jaar oplewer nie”. Toe ek aan hom vertel dat mnr. Reagan ’n sukses van sy regering in Kalifomia maak en dat die konserwatiewes, mense soos William Buckley van National Review, en ander politieke kontakte wat ek op hoë vlak in die Kongres gehad het, glo dat Reagan die man was om dop te hou, het Botha opgemerk: “Kyk, Reagan is ’n kannie-wen regsgesinde en as jy gaan probeer om ’n kontak met hom te maak en afsprake met hom vir Connie Mulder te reël of selfs met enige lid van ons kabinet, kan ek vir jou hier en nou sê, my instruksies van Pretoria is om aan jou te sê om dit nie te doen nie. Jy sal die Amerikaanse Staatsdepartement antagoniseer en ons het genoeg probleme met hulle sonder dat jy die boot nog moet skommel deur openlik met die verregses te heul”.
Dr. Mulder het aan my gesê om daardie instruksies te verontagsaam en uiteindelik het hy wel Reagan ontmoet. Die jaar daarna het hy Reagan weer gesien en die twee het kontak met mekaar behou. Reagan het later aan Connie Mulder ’n mooi boek as geskenk gestuur. Daarna het Cas de Villiers en ander kontakte van die Departement soos Bob Cleaves ook van tyd tot tyd mnr. Reagan ontmoet. Teen die tyd wat hy President geword het, was mnr. Reagan beter oor Suid-Afrika as 99 persent van die Senatore en Kongreslede ingelig.
Teen die einde van 1977 het Les de Villiers onverwags uit die departement bedank. Destyds kon ek hierdie stap eenvoudig nie verstaan nie. Dit is wel waar dat ons op daardie tydstip aan ’n diepgaande oudit van ons besteding onderhewig was, maar volgens beide dr. Mulder en Gerald Barrie self, het die oudit net betrekking op die reis- en verblyfkostes van ons geheime rekening gehad en nie die projekte as sulks nie. Gerald Barrie het almal verseker dat hy nie die minste in die projekte belanggestel het nie. Dit was onwaar, soos ek later uitgevind het. Die verskoning wat De Villiers voorgehou het, al sou ek vertroue in hom verloor het en dat hy en my ander adjunk-sekretaris nie hulle onderlinge geskille kon by lê nie, was eweneens onwaar, soos ek ook later moes uitvind. Op daardie stadium het ek nog steeds aan hom as my beste vriend gedink.
De Villiers het in ’n senior hoedanigheid by Syd Baron se organisasie aangesluit. Vandag weet ek dat hy dit net om een rede gedoen het. Hy het geweet dat die dak op ons gaan inval. Sy getuienis onder eed voor die Erasmus-Kommissie het my vermoede gestaaf. Hy het self vooraf met mnr. Vorster hieroor geskakel.
Baron self was gretig om weer ’n kontrak van die Departement te kry en het gereken dat met die ervare en talentvolle De Villiers in beheer, ons beswaarlik kon bekostig om nee te sê. Met De Villiers se ondervinding in die VSA en in Suid-Afrika en as hoof van die afdeling wat alle geheime projekte hanteer het, sou hy en Baron ’n gedugte span uitmaak.
Vroeg in 1978 het Baron en Hatcher na Suid-Afrika vir ’n reeks gesprekke met Vorster en Mulder gekom. Baron en Hatcher het hulle verseker dat hulle hierdie keer hul visier op Senator Dick Clark van Iowa gaan instel. Clark was die magtige, anti-Suid-Afrikaanse Senator wat voorsitter van die Senaat se sub-komitee oor Afrika was, en sou later in die jaar weer vir verkiesing tot die Senaat beskikbaar wees. Weer eens het Baron mnr. Vorster verseker dat as Clark nie verslaan word nie, die regering sy kontrak kan kanselleer. Vir my was dit gevaarlike beloftes in die slegste sin, wat die Amerikaners “brinkmanship” noem, maar dit het sekerlik mnr. Vorster en dr. Horwood beiïndruk en ek is aangesê om ’n addisionele $250 000 by Baron se kontrak in te sluit.
Weer eens, teen alle verwagting, myne beslis, het Baron reg gehad. Clark is verslaan. ’n Yslike doring is uit Suid-Afrika se vlees verwyder.
In September 1978 (nadat ek alreeds uitgetree het) was ek besig om generaal Van den Bergh met sy evaluering van die geheime projekte van die Departement van Inligting te help. Sydney Baron en Les de Villiers het in Pretoria aangekom om verslag oor hul aktiwiteite te doen en ook voor te stel dat die regering sy kontrak met Baron vir die daaropvolgende jaar moes hernu. Baron en De Villiers is deur mnr. Koos Kemp ontvang. Hy was generaal Van den Bergh se assistent en die man wat die kabinet van mnr. P.W. Botha later aangestel het om die ondersoek (of evaluasie) van die geheime projekte by generaal Van den Bergh oor te neem. Die generaal het op dieselfde dag wat mnr. Vorster as Eerste Minister afgetree het, bedank.
Alhoewel ek geen amptelike hoedanigheid gehad het nie, het Kemp my gevra om die konferensie by te woon. Daar is ook ’n bandopname van ons samespreking gemaak. Beide Baron en De Villiers het bevestig dat Baron die $250 000 na sy persoonlike rekening deurgestuur het en die geld gebruik het om seker te maak dat Clark verslaan word. Baron het ook herhaal dat sy werk en die $200 000 wat hy die vorige keer in 1976 gebruik het, tot Senator Tunney se neerlaag gelei het.
Kemp se verslag het na Pik Botha, die nuwe Minister in beheer van Inligting se geheime projekte gegaan en dié het onmiddellik Baron se kontrak vir die tydperk 1979-1980 hernu. So het Pik Botha met die “verkwisting” van geld aangehou, alhoewel hy in die openbaar ons optrede veroordeel het.
Afgesien van al ons ander aktiwiteite in die VSA, het ons toegesien dat ’n stroom van publisiteitsmateriaal en agtergrondinligtingstukke wat deur “onafhanklike” frontorganisasies voorberei is, die meningsvormers en besluitnemers in die VSA bereik het bv. publikasies van Prescon, die Foreign Affairs Association, die African Freedom Foundation, en andere.
Met die samewerking van David Abramson, wat die hoof van die Hortorsgroep in Suid-Afrika was, het ons ’n fotonuusdiens Afripix ingestel wat ons jaarliks R143 000 sou kos. Die Direkteur van Afripix, Gordon van der Merwe, het nooit geweet dat sy salaris uit geheime regeringsfondse gekom het nie. Alhoewel ek Gordon vir baie jare geken het, sedert hy as SAPA se korrespondent in Londen gewerk het, en later as assistent-redakteur van To The Point, het ek geglo dat dit beter sou wees dat hy nie weet nie. Gordon van der Merwe was ’n meester op sy gebied en ek was seker dat hy ’n gebalanseerde fotonuusdiens aan die VSA sou lewer - dit was al wat ons werklik nodig gehad het. In 1977 het ons alreeds R20 000 aan Aubrey Sussons van Group Editors in Johannesburg betaal vir ’n soortgelyke diens. Ek was nie gelukkig met die resultate wat dit behaal het nie. Aan die ander kant, het die sukses met Karl Breyer se fotonuusdiens my oortuig dat ons ’n soortgelyke diens in die
Verenigde State met sukses van stapel kan stuur. Dit is waar Afripix in die prentjie gekom het.
Vervolg...