NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kry jou kop reg as jou liggaam uitmekaar wil val.  Al is ons aan uiterlike aftakeling onderworpe, kan ons innerlik sterk bly.  Jy kan nie die veroudering van jou liggaam keer nie, slegs die veroudering van jou gees.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (22)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

 

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

Ses maande later het McGoff aan my gerapporteer dat sy bod op The Washington Star gefaal het. Toe ek hom versoek dat hy die $10 miljoen dan aan Thesaurus terugbetaal, het hy my reguit in die oë gekyk en gesê: “Maar julle het gesê dat ek die kapitaal kan gebruik om The Sacramento Union to koop. Daar is geen manier waarop ek dit nou vir jou kan terugkry nie”.

 


Dit was ’n verpletterende fait accompli en toe ek McGoff daaroor teregwys, het hy aan my gesê dat hy verstaan het dat hy my goedkeuring verkry het en dat Les de Villiers saamgestem het. Ek het dit prontuit ontken en aan hom gesê dat daar nie ’n enkele projek in die regering se totale vyf-jaar program is wat meer as R250 000 kos wat die Minister en die kabinetskomitee nie persoonlik goedgekeur het nie.

“Hoe op aarde kon jy tot so ’n gevolgtrekking kom, John”, het ek gevra.

“Goeie magtig, ses miljoen Rand verteenwoordig die grootste individuele geheime projek tot op datum. Dit het maande vir Vorster en die Kabinet geneem om dit goed te keur. Dink jy ek sou dit op myself neem om goedkeuring vir so ’n uitgawge gee, sonder ten minste Connie se toestemming? Ek het nooit hierdie goedkeuring aan jou gegee nie en ek gee nie ’n hel om wat Les de Villiers aan jou vertel het nie. Ek sal die saak na Connie en na die Kabinetskomitee moet terugneem en kan maar net bid dat hulle die wysheid van die belegging in The Sacramento Union sal insien.” McGoff het my mislei en bedrieg. Hy, op sy beurt, mag moontlik deur Les de Villiers, wat ’n goeie vriend van hom was, mislei gewees het. Maar ek glo dit nie. De Villiers het aan dr. Mulder (voor McGoff) gesê dat ek duidelik aan McGoff gesê het dat hy slegs die rente kon gebruik. De Villiers het ook aan ons
finansiële-beplanningsgroep in die Departement vertel dat McGoff blatant eie reg gebruik het. Voor die Erasmus-Kommissie, in die geheim, het hy egter ’n ander storie vertel, ongetwyfeld omdat hy mnr. Erasmus geglo het toe hy beloof is dat sy getuienis ’n geheim sou bly. Dit het nie. Maar sy motief was seker om McGoff te beskerm, soos die Kommissie ook bevind het.

Tydens ’n samespreking in Montreal, Kanada, ses maande later, het McGoff persoonlik aan dr. Mulder erken dat hy al die kapitaal gebruik het om The Sacramento Union aan te koop. Dr. Mulder, alhoewel hy probeer het om homself te beheer, was ooglopend koud woedend toe hy aan McGoff sê: “John, ek ken vir Eschel al baie lank. Hy sou nie op sy eie aan jou so ’n goedkeuring gegee het nie. Hy het na my gekom en ek het die gebruik van die rente goedgekeur, maar sekerlik nie die hele $10 miljoen nie. Ekself kan nie eers so ’n besluit neem nie. Alleenlik indien mnr. Vorster en Senator Horwood ook saamstem”.

Dit was ’n “warm” konfrontasie en ek het McGoff tromp-op beskuldig dat hy ons bedrieg het en op sy eie sonder enige volmag gehandel het. Ek het dit beklemtoon dat die $10 miljoen oorspronklik slegs vir The Washington Star bedoel was. Ek het wel geweet, en dr. Mulder ook, dat as McGoff daarin sou slaag om The Star te koop daar geen manier sou wees waarop Suid-Afrika ooit op die geld kon aanspraak maak nie. Daar is uitdruklik in Pretoria aan McGoff gesê dat dit ’n ondersteunings aksie was om sy posisie as uitgewer in Washington te verbeter, en om die negatiewe invloed van The Washington Post te neutraliseer. Waar dit egter The Sacramento Union aangaan, was dit ’n perd van ’n totaal ander kleur.

“Luister John”, het ek gesê. “Jy weet net so goed soos ek dat as jy oorspronklik na ons met die voorstel gekom het dat ons jou $ 10 miljoen moet gee om The Sacramento Union te koop, die Minister nie eens so ’n projek sou oorweeg nie. Inderwaarheid, laat ek jou vertel, ek sou dit nie eens aan die Minister voorgelê het nie, en jy weet dit. Dit is suiwer snert van jou om te probeer voorgee dat ons nou basies met dieselfde saak te make het. Ek sê jy is nou moreel, indien nie wettiglik nie, verplig om al die geld aan ons terug te betaal.”

McGoff het geen antwoord op hierdie argument gehad nie en toornig toegegee dat hy die geld aan ons sou teruggee. “Na wat jy nou net gesê het sal ek nie ’n sent van julle vervloekte geld hou nie, maar moenie van my verwag om die koerant more te verkoop nie, want dit is net nie moontlik nie!"

Ons het daar en dan ooreengekom dat McGoff die kapitaal teen ’n bedrag van $250 000 per jaar sou begin terugbetaal tot tyd en wyl hy sy (ons) aandele in die koerant kon verkoop. Heelwat later in 1976 het ek weer McGoff ontmoet, hierdie keer in Parys, in teenwoordigheid van Les de Villiers. Tydens ’n middag ete in die restaurant van die Intercontinental Hotel het ek aan McGoff gesê dat hy meer as genoeg tyd gehad het om ’n koper vir die koerant te probeer vind en dat ek op hom reken om voor einde 1977 sake te finaliseer. Ek het sy voorstel dat hy $2,5 miljoen aan ons terugbetaal botweg geweier. McGoff het belowe dat hy na die VSA sou teruggaan en kyk wat hy kon doen.

In 1977 het die onheil McGoff getref, of miskien het hy die onheil opsetlik uitgelok.

McGoff het ’n regsgeding teen The Sacramento Bee aanhangig gemaak. Die betrokke koerant was McGoff se opposisie in Sacramento. Ongelukkig vir hom het die prokureurs van The Bee omgedraai en ’n regsgeding teen McGoff aanhangig gemaak. Hulle het die hof oortuig dat McGoff eers ’n reeks van ongeveer 40 vrae moes antwoord alvorens hy met sy geding teen The Bee kon voortgaan. Die vrae het drie bladsye beslaan en het basies die hele finansiële agtergrond van McGoff en die finansiering van The Sacramento Union probeer blootlê. Hy was gevra om besonderhede te gee van alle lenings, plaaslik en oorsee; wie die persone is wat die lening toegestaan het, wie die aandeelhouers was en hy is ook gevra om die aandele van die maatskappy wat The Sacramento Union gekoop het, ter tafel te lê.

McGoff kon hierdie vrae nie beantwoord nie. Om dit te doen sou hy die hele geheim op die lappe moet laat kom. Die betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse regering sou aan die lig gekom het; McGoff self sou in ernstige moeilikheid met die Securities and Exchange Commission wees, om nie eens van die Foreign Agents Registration Actte praat nie. Daar was ’n probleem so groot soos ’n berg. Deur nie as agent vir die Suid-Afrikaanse regering te registreer nie, het hy homself aan ’n kriminele oortreding skuldig gemaak. Die ergste van alles was dat McGoff nie eers die aandele van die maatskappy wat The Star gekoop het, Global Communications Inc., Delaware, op die tafel kon lê nie aangesien daardie aandele in Zurich deur Thesaurus namens ons gehou was.

McGoff moes daardie aandele ten alle koste kry. Terwyl hierdie saak aan die ontwikkel was, (en in retrospek wonder ek of die hele hofsaak met The Bee nie bekook was nie), het ons ook in Suid-Afrika met die fmansiering van ons geheime projekte probleme gehad. Om een of andere duistere rede was daar ’n deurmekaarspul tussen die Tesourie en Verdediging oor die toekenning van ons fondse.

Op 1 April 1977 was die Departement trouens sonder ’n enkele pennie en moes Admiraal Biermann 'n hele paar miljoen aan ons “leen” tot tyd en wyl die Tesourie dit met die aanvullende begroting kon regstel. Daarbenewens het die feit dat Senator Horwood ons totale allokasie met R8 miljoen besnoei het, ook nie sake makliker gemaak nie.

Toe De Villiers en ek laat in November 1977 met McGoff vergader het, weereens in die Intercontinental Hotel in Parys, was McGoff duidelik ’n baie bekommerde man. Dit kan ook wees dat hy ’n duiwelse goeie akteur was. Hy en sy prokureur Richard Jones het dit aan De Villiers en myself duidelik gemaak dat hulle slegs $5 miljoen sal kan betaal. Maar dan moet die hele “lening” van $10 miljoen skoongemaak word sodat hulle die aandele in die hande kan kry. Dit sou hom uit die gemors help waarin sy hofsaak teen The Sacramento Bee hom beland het. Hy weet dat hy ons in Montreal beloof het dat hy al die geld sal terugbetaal, maar dit was eenvoudig al wat hy toe kon betaal. Hy het ’n koper vir 50 persent van die aandele maar hy weet nie waar of wanneer ’n koper vir die res van die aandele gevind gaan word nie. Die koerantbedryf in die VSA het toe allerlei probleme gehad.

Die situasie het Dr. Connie Mulder en die kabinetskomitee in ’n onmoontlike dilemma geplaas. Indien hulle nie McGoff se voorstel aanvaar nie, sal die hofsaak in Sacramento nie alleen McGoff vemietig nie (en op daardie stadium het dr. Mulder nog baie vertroue in McGoff gehad vanweë laasgenoemde se vriendskap met die Amerikaanse President) maar dieselfde hofsaak sou ook die hele geheim van die Washington Star blootlê. Dit sou nie alleen die regering in ernstige verleentheid stel nie maar natuurlik ook beteken dat die geld verlore is, al die geld. Indien hulle McGoff se voorstel aanvaar, sal McGoff se rol as geheime agent nie uitkom nie; ons sou darem $ 5 miljoen terugkry wat ons toe vir die behoeftes van The Citizen in Johannesburg dringend nodig gehad het, en die regering se posisie sou nie in gedrang kom nie.

Dr. Mulder het ook geredeneer dat dit beter was om toe $5 miljoen te ontvang as om met die ou reëling voort te gaan. “Teen $250 000 per jaar sal dit ons veertig jaar neem voordat ons al ons geld terug ontvang” het hy gesê. Die Kabinetskomitee het dr. Mulder se besluit bekragtig.

Ek glo dat dr. Mulder ook besef het dat aangesien Gerald Browne van Finansies geen voorsiening in sy dokumentasie vir die terugbetaling van die $10 miljoen gemaak het, in geval die aankoop van The Washington Star nie deurgaan nie, McGoff toe eintlik al die geld net in sy sak kon gesteek het. 'n Regsmening wat ek later ingewin het, het egter daarop gewys dat McGoff eintlik ’n kontrak met ons gehad het, al was dit ’n mondelinge kontrak. Die ooreenkoms wat in Zurich geteken was, het slegs op die oorplasing van die fondse betrekking gehad maar die kern-ooreenkoms was dat die geld vir The Star projek aangewend sou word. Daar was ook geen woord in Browne so dokument dat indien McGoff nie daarin slaag om The Star te koop nie, hy die bedrag vir enigiets anders, seifs ’n ander koerant, mag aanwend nie. Volgens regsgeleerdes is die ooreenkoms wat ons met hom aangegaan het in terme van die wette van die VSA net so bindend.

John McGoff was by een ander belangrike projek betrokke wat nie misluk het nie. Dit was om vyftig persent van die aandele in United Press International Television News Service te verkry wat voorheen onderling deur Independent Television Network in Londen en United Press gehou is, terwyl Paramount Films steeds die ander vyftig persent besit het. Die projek het Suid-Afrika $1 350 000 gekos, so het ons gedink, maar omdat McGoff daarin kon slaag om sy vise-president, Clarence Rhodes, in die voorsitter-stoel in London te kry, het Suid-Afrika byna onbeperkte toegang tot al die internasionale pypleidings van hierdie televisie-nuusdiens se verspreidingsagentskappe verkry.
Om die waarheid te sê, UPI-TV News Service het kliënte in meer as 110 lande in die wêreld gehad.

Ek het John McGoff aan dr. Piet Meyer, Voorsitter van die Raad en Jan Swanepoel, Direkteur-Generaal van die SAUK, voorgestel en ten minste Meyer, Swanepoel en ook dr. Jan Schutte het altyd geweet dat die Departement van Inligting ’n beherende aandeel in UPI-TV News Service gehad het. By ‘n voortreflike dinee in die restaurant bo in die Brixton-toring, aangebied ter ere van McGoff en sy vrou, het die SAUK se hoofbestuurder besluit om ook 'n kliënt van UPI-TV News Service te word.

Daar is ook later reëlings getref dat David Oosthuizen, ’n kameraman van die Departement van Inligting, sy eie private maatskappy sou stig om filmmateriaal vir UPI-TV op ’n vryskut basis te maak.

Toe mnr. Vorster ingestem het om vir ’n een-uur lange onderhoud met UPI-TV News Service te sit het ek hom eers oor die ware toedrag van sake ingelig en hoe om die vrae wat vanselfsprekend, “vyandiggesind” sou wees te hanteer. Dit sou hom egter die geleentheid bied om uit sy antwoorde munt te slaan.


i

In werklikheid het ek die meeste van die vrae vir mnr. Vorster neergeskryf, soos ek voorheen ook gedoen het. Ek bewaar nog steeds afskrifte van sommige van hierdie dokumente, met mnr. Vorster se aanmerkings, in ink, in die kantlyn geskryf. Clarence (Dusty) Rhodes, het van Londen af gevlieg om self die onderhoud met mnr. Vorster in die H.F. Verwoerdgebou in Kaapstad te voer. Daardie onderhoud is uiteindelik in meer as 90 lande gebeeldsaai, sommige gedurende spitstye. Vergeleke met die koste van beeldradio-tyd in daardie jare het net die een Vorster-program meer as vergoed vir die belegging van $1 350 000.
Mense verloor dikwels uit die oog dat in die groot Westerse lande televisietyd seker die duurste item is wat geld kan koop. In die VSA kan ’n een-minuut uitsending van ’n advertensie, gedurende spitstyd, jou maklik $100 000 of meer uit die sak jaag.

Die Vorster-onderhoud was nie die enigste program wat in Pretoria beplan is en wat via UPI-TV uitgestuur is nie. Daar was ander, insluitende dekking van die Transkei en Bophuthatswana se onafhanklikheidswording. Nou en dan was daar aan Oosthuizen opdrag gegee om ’n kort, kritiese program oor die regering te maak, net om Rhodes en die projek in Londen te beskerm.

Tussen die Washington Star projek en die van UPI-ITV in Londen was daar ’n belangrike verskil. McGoff is uitdruklik gesê dat die geld wat vir die televisie verspreidingsdiens beskikbaar gemaak word ’n regstreekse belegging in daardie besondere projek moet wees. Indien die aandele van die maatskappy ooit verkoop sou word moet die geld na Suid-Afrika terugkom. Die televisie diens was ’n winsgewende maatskappy. Anders as in die geval van The Washington Star was dit nie besig om groot bedrae geld te verloor nie. Die geld is nie voorsien om McGoff se status as uitgewer in Brittanje aan te help nie, soos wat die geval met die koerantprojek in Washington die geval was nie. Trouens, nadat ons die aandele in die televisie diens bekom het, het ons nie eers gedink aan die moontlikheid dat ons dit ooit eendag sou wil verkoop nie. Dit was presies die soort van nuusfront wat ons so graag oorsee wou bekom.

Daar was nooit enige misverstand tussen McGoff, De Villiers en myself omtrent die fondse wat aan hierdie projek bestee is nie. Of die aandele nou op ons instruksies of as gevolg van eensydige aksie van McGoff verkoop sou word, die opbrengs moes na Suid-Afrika teruggestuur word. Indien die verkoop ’n profyt sou oplewer was dit iets anders, maar ’n bedrag gelykstaande aan ons oorspronklike belegging moes dan in elk geval terugkom. McGoff het met hierdie reëling ingestem en daar is meer as een getuie hiervoor.

Toe die Thesaurus-“lening” in Maart 1978 “skoongemaak” is sodat McGoff die aandele van die Sacramento koerant in die hande kon kry, was ons verplig om terselfdertyd die $1 350 000 wat in die boeke ten opsigte van UPI-TV gestaan het ook skoon te maak, omdat dit deel van dieselfde dokumentasie uitgemaak het. Die aandele vir die Washington Star projek kon nie vrygemaak word sonder dat die verwysing na die UPI-ITV projek ook verdwyn nie. Toe McGoff dus na betaling van die $5 miljoen met die aandele van The Sacramento Union weggestap het, het hy daarmee ook die aandele van UPI-TV bekom. Openbaarmaking van die ware feite aangaande McGoff se geldbron vir die aankoop van The Sacramento Union sou dieselfde gevare vir die televisie-nuusdiens in Londen ingehou het.

In sy getuienis voor die Erasmus Kommissie het De Villiers getuig dat hy geen twyfel het nie dat McGoff geweet het dat die televisie-verspreidingsdiens die eiendom van Suid-Afrika gebly het. Dis is ook wat hy aan die Kemp Komitee vertel het. Op versoek van die Komitee het De Villiers ’n brief aan McGoff geskryf om bevestiging te verkry dat UPI-TV steeds aan ons behoort het. McGoff wou nie so ’n brief skryf nie. Volgens De Villiers was hy skrikkerig om so ’n saak op papier te plaas. Indien dit sou uitlek, sou die gevolge vir almal rampspoedig wees. Nietemin het hy De Villiers verseker dat die diens inderdaad aan Suid-Afrika behoort en “dat hy na ons belange in die projek sou omsien”. Die oomblik wat die Erasmus-Kommissie se openbarings John McGoff se rol in The Washington Star rugbaar gemaak het, het McGoff die aandele in UPI-ITV vir ’n bedrag van R1,4 miljoen verkoop.

Ten spyte van voorgaande het die Suid-Afrikaanse Regering nagelaat om John McGoff hof toe te neem en horn vir die terugbetaling van die R1 350 000 te dagvaar. Deur McGoff se rol openbaar te maak het die Erasmus-Kommissie dus nogal skade aangerig. Suid-Afrika se kans om sy leiers se standpunte en positiewe nuus in beeld op die beeldradio in meer as 100 lande van die wêreld te kry, was meteens daarmee heen, en McGoff het ons aandele verkoop en met die $ 1 350 000 weggeloop. Inderdaad, soos ek eers heelwat later vasgestel het, het hy $1 700 000 uit die transaksie gemaak.

John McGoff het my nie alleen persoonlik gruwelik bedrieg en mislei nie; hy het van begin tot einde gelieg soos min mense wat ek van in my lewe gehoor het. Dokumente wat in Washington aan my gewys is toon dat uit die verkoop van al die aandele van die Sacramento Union en vir die verkoop van UPI-TV in Londen, John McGoff in totaal meer as $21 miljoen verdien het. Hy het $5 miljoen aan Suid-Afrika terugbetaal wat hom ’n profyt van $ 16 miljoen gehaal het! Die hele verloop van die Washington Star transaksie soos wat hy dit aan my, Les de Villiers en dr. Connie Mulder vertel het, was van alle waarheid ontbloot. Toe die omvang van McGoff se leuens tot my deurdring het ek fisies naar geword.

Gedurende 1980 het die Amerikaanse Ambassade in Pretoria met my in verbinding getree om te vra of ek bereid sou wees om ’n ondersoekspan van die Amerikaanse Departement van Justisie te woord te staan. Omdat ek wou weet wat aangaan en veral wat van die geld uit die verkoop van die aandele van UPI-TV geword het, het ek geredelik ingestem om hulle te ontmoet. Die ondersoekspan was van ’n Suid-Afrikaanse prokureur vergesel wat toe in Washington werksaam was en het hulle dokumente voor my en Jan van Zyl Alberts op die tafel gelê. Toe ek aan die einde van 1980 aansoek gedoen het vir ’n visum om die VSA vir sake doeleindes te besoek, is ek gewaarsku dat sodra ek in die VSA aankom, ek waarskynlik gedagvaar sal word om voor ’n sogenaamde Grand Jury te kom getuig. Die jurie was besig om getuienis aan te hoor dat John McGoff geld van die Suid-Afrikaanse regering ontvang het maar nie as ’n vreemde agent by die Departement van Justisie geregistreer het soos wat die Wet vereis nie.

Ek het vroeg in 1981 in die VSA aangekom en is ook dadelik gedagvaar om te kom getuig. Ek het vir amper drie dae voor die Grand Jury in Washington getuig. In hierdie tyd het die Justisie Departement my weereens stelle dokumentasie getoon om te wys wat John McGoff nou presies met al ons geld gedoen het, en of ek dit destyds goedgekeur het of enigiets daarvan geweet het. In feitlik elke geval kon ek net “nee” sê. Van die dokumente wat die ondersoekspan van die Departement van Justisie aan my en Van Zyl Alberts getoon het, is ook aan die Grand Jury in Washington voorgelê. Ek het aan die Jurie vertel hoedat McGoff die kapitaal wat vir die Washington Star bedoel was eiegeregtig geneem het om die aandele, al die aandele, van die Sacramento Union te koop.

Nadat ek met die Amerikaanse ondersoekspan in Pretoria vergader het, het ek huistoe gegaan en sorgvuldige notas gemaak van alles wat ek kon onthou van die dokumente wat hulle aan my getoon het. Ek het dieselfde in Washington gedoen. Na baie weke kon ek daarin slaag om die ware verloop van sake aanmekaar te koppel, en wat nou hier vir die eerste keer openbaar gemaak word.

Die ooreenkoms wat deur Vorster, Diederichs, Mulder en ekself met John McGoff in 1974 in Suid-Afrika aangegaan is, het voorsiening gemaak dat die $ 10 miljoen alleenlik na die VSA oorgemaak sou word indien ’n kooptransaksie net om die draai is, en daar van McGoff verwag sou word om die kleur van sy geld te toon. In werklikheid het McGoff toe geen geld van sy eie kon toon nie. Ons geld moes dien om sy bona fides te bewys. Dit het ons nie geweet nie.

Toe De Villiers McGoff se boodskap aan ons oordra dat McGoff nou gereed is om sy aanbod te maak en dat die koop van The Star beslis moontlik was, is die geld dadelik deur die Reserwe Bank na Zurich oorgeplaas. Gerald Browne, Sekretaris van Finansies, het oorgevlieg om die dokumentasie op te stel, en die ooreenkoms van die lening met McGoff te onderteken. Van Zurich af is die geld oorgeplaas na The Star Newspaper Co (later Global Communications) wat in die staat van Delaware geregistreer was. In Desembermaand het McGoff al die aandele van die Sacramento Union vir ’n bedrag van $7 750 000 gekoop. Alles geld uit The Star se rekening. Hy het destyds aan De Villiers, dr. Mulder en myself vertel dat hy die volle kapitale bedrag van $10 miljoen vir die koop van die aandele van die koerant betaal het. Dit was ’n leuen. Hy het $320 000 van The Star se geld na Londen as werkende kapitaal vir die UP1-ITV projek teruggeplaas. Aan ons het hy vertel dat hy die bedrag uit eie sak voorsien het, en volgens die bewysstukke wat destyds aan ons getoon was, was ons dus verplig om die $320 000 aan hom terug te betaal.

Terwyl McGoff ons in Pretoria onder die indruk gehou het dat die stryd vir die Washington Star nog steeds aan die gang was, en allerlei briewe in verband met regspunte ens. aan ons gestuur het, het hy in werklikheid reeds die koerant in Sacramento gekoop. McGoff het eers aan die begin van 1975 na Suid-Afrika gekom om toestemming te vra dat die rente op die kapitale bedrag gebruik word om hom te help om die beherende blok aandele in die Sacramento Union te koop. Maar hy het toe reeds meer as $7 miljoen van die kapitaal daarvoor gebruik. Dit was eers omtrent vier maande later dat McGoff ons meegedeel het dat die stryd om besit van The Star deur die Texan Joe Aubritton gewen was.

Dokumentasie wat die Amerikaanse Departement van Justisie aan my getoon het, bewys dat McGoff al in November 1974 geweet het dat sy kanse om The Star te koop maar baie skraal was. En toe hy in September die geld uit Suid-Afrika ontvang het, was sy kanse nie juis veel beter gewees nie. Tog het hy met die transaksie voortgegaan asof hy ’n baie goeie kans gehad het om The Star te kon koop. Terwyl hy ons in onkunde oor die ware toedrag van sake gehou het, het hy in Desember agteraf die Sacramento koerant aangeskaf. Nie slegs die blok beherende aandele nie, maar 100 per sent van die aandele.

McGoff het enorme hoeveelhede geld gemaak deur die koerant daarna te verkoop en om ook die aandele van UPI-ITV van die hand te sit. Hy het reeds $320 000 uit ons gemaak deur voor te gee dat die geld wat hy uit The Star se rekening na Londen oorgeplaas het, eintlik sy eie persoonlike bydrae was. Met pakke dokumente en sy prokureurs daarby het hy ons probeer oortuig dat dit onmoontlik was om meer as $2,5 miljoen van die geld vir The Star projek aan ons terug te betaal. Toe ons geweier het, en groot druk op hom uitgeoefen het, het hy uiteindelik die bedrag na $5 miljoen vermeerder. Hy het dr. Mulder in die onbenydenswaardige posisie geplaas om of sy aanbod te aanvaar of alles te verloor.

Vier dae nadat McGoff van Parys af na Amerika teruggevlieg het, en nadat hy beloof het om $5 miljoen aan ons terug te betaal, het hy 50 per sent van die aandele in die Sacramento koerant aan Richard Scaife vir $10 940 000 verkoop! Nadat die Erasmus-Kommissie sy rol geopenbaar het, het hy onmiddellik ook die aandele in UPI-TV in London vir $1,4 miljoen verkoop. In Februarie 1982 het hy die res van sy (ons) aandele in The Sacramento Union aan Scaife vir meer as $9 miljoen verkoop. Sy bruto inkomste: $21,4 miljoen. Terugbetaling aan ons: $5 miljoen. Netto wins: $16,4 miljoen.

McGoff se optrede was skandalig en toe die dokumentêre bewyse van hierdie optrede van hom aan my gewys is kon ek dit eers nie glo nie. Daarna was ek net lamgeslaan. Toe ek uit Washington na Pretoria terugkeer, het ek aan McGoff se prokureurs vertel wat aan my gewys is en dat ek met John McGoff niks verder op aarde mee iets te doen wil hê nie.

McGoff se prokureurs in Pretoria het my probeer wysmaak dat die hele optrede van die Amerikaanse Departement van Justisie in party politiek gewortel was. McGoff was ’n Republikein, invloedryk in Republikeinse kringe in die staat Michigan en ’n vriend van die voormalige Republikeinse President Gerald Ford. Hulle wou eintlik die Republikeine seermaak. Sy prokureur het selfs aan my vertel dat McGoff se handtekening op die verskillende dokumente wat aan my getoon is waarskynlik vervals was. Ek bejammer hom vir sy vertroue in sy kliënt. Die feit van die saak is dat die manne wat die ondersoek lei, Joel Lister, Robert Sharp en Roger Fontanello dieselfde span van die Departement van Justisie is wat die sake van Billy Carter, President Jimmy Carter se broer, ondersoek het nadat Billy groot bedrae geld van sekere Arabiese state ontvang het, en ook nie as agent van ’n vreemde moondheid by die Departement van Justisie geregistreer het nie. Billy Carter se vervolging was vir maande op die voorblaaie van al die groot koerante in die VSA en moes Jimmy Carter seker miljoene aan stemme gekos het. Ek het hierdie manne eintlik baie a-polities gevind, en in hulle optrede teenoor my en die wyse waarop hulle alles verduidelik het, was hulle uitermate regverdig en gebalanseerd.

Ek het in Pretoria al besluit dat indien daar ooit ’n hofsaak in die VSA teen John McGoff gemaak word, hetsy deur die Suid-Afrikaanse of die Amerikaanse regerings, ek my eie reiskoste sal betaal om na die VSA te vlieg om teen McGoff te kan getuig. Dit was nie alleen dat hy my so persoonlik bedrieg en belieg het nie, maar die feit dat hy die land met soveel miljoene ingeloop het. Hy kon ons hele $ 10 miljoen terugbetaal het plus die $ 1 700 000 van UPI-TV se verkoop, en nog steeds ongeveer $10 miljoen vir homself gehou het.

Dit is waar dat die oorspronklike finansiële reëlings deur Gerald Browne van die Departement van Finansies getref is en dat hy dit beslis nie reg georganiseer het nie. Dit is waar dat die besluit om McGoff van die geld te voorsien’n kabinetsbesluit was. Maar nadat die geld in sy hande beland het was dit van my verwag om toe te sien dat die projek uitgevoer word en, nadat hy ons so met sy eiegeregtige aankoop van die Sacramento koerant bedrieg het, dat die geld na ons terugkom. Ek het nie daarin kon slaag nie omdat McGoff net eenvoudig te skelm en uitgeslape was. Soos mnr. Vorster eenkeer aan ons in verband met ’n ander saak gesê het: As iemand in ’n posisie van vertroue jou wil bedrieg sal hy dit doen en daarmee wegkom, lank voordat jy iets daaraan kan doen.

Die Appelhof in Bloemfontein het in my saak ook bevind dat mens in geheime projekte dikwels ’n kontantbetaling aan iemand moet maak wat weier om aan jou ’n kwitansie vir die geld te gee. Daarna kan jy maar net hoop en vertrou dat hy sy opdrag sal uitvoer. Dit is die realiteit van geheime aksies, of dit nou in propaganda of in wapenaankope is.

Toe ek John McGoff die eerste keer ontmoet het was hy reeds ’n baie welgestelde man. Hy was hoof van die Panax groep wat meer as 50 koerante besit het. Hy het ’n reuse huis bewoon en die wêreld met sy groot gesin bereis. Hy was met baie belangrike politici goed bevriend, ’n trustee van die reuse Universiteit van Michigan en het toe reeds sy eie diepsee jag besit. Hy het sy vriendskap ook al reeds vir Suid-Afrika bewys. Niemand nie, sekerlik nie ek nie, het dus kon droom dat McGoff so koelbloedig te werk sou gaan om ons te bedrieg nie. En tenmidde van sy bedrog het hy nog steeds voortgegaan en belangrike afsprake vir ons met hooggeplaaste politici te reël terwyl hy in die openbaar, in sy koerante en voor komitees van die Amerikaanse kongres, sy kop vir Suid-Afrika uitgesteek het.

Ja, McGoff se optrede was skandalig, maar wat van die optrede van die Suid-Afrikaanse regering in hierdie saak? Waarom het die regering nie al lankal ’n hofsaak teen McGoff in die VSA gemaak nie? Waarom het hulle nie al lankal al sy bates van ongeveer R750 000 in Suid-Afrika gekonfiskeer nie?

Die regering se gebrek aan optrede is nog ’n onderdeel van die ware Inligtingskandaal en die een waarvoor daar nog nie ’n verduideliking is nie. My inligting is dat die Suid-Afrikaanse regering presies weet wat die ware toedrag van sake is en dat hulle oor dieselfde inligting beskik as wat ek nou oor beskik. Tog het hulle geen poging aangewend om die lelike leuenagtige gerugte in Suid-Afrika die kop in te slaan dat van McGoff se miljoene hul weg na Switserse bankrekenings in die naam van dr. Mulder gevind het. Hulle het hierdie gerugte laat voortgaan terwyl hulle geweet het wat van elke sent geword het wat in die Star Newspaper maatskappy se rekening inbetaal is. Die regering weet selfs dat McGoff sy vennote Richard Jones (eintlik sy prokureur) en Dick Leippbrandt saam $450 000 in kommissie betaal het nadat die Sacramento Union verkoop is en hoe McGoff ’n boot en ’n huis met ons geld gekoop het - en homself nog ’n salaris daaruit betaal het. Hulle het al die feite op skrif. Selfs van die R500 000 wat hy na ’n bank in die Cayman Eilando oorgeplaas het. Dat sy beleggings in Suid-Afrika staatsgeld is. Tog is sy bates in S.A. onaangetas.

Die Suid-Afrikaanse regering weet dat indien die saak voor ’n hof in die VSA kom dat McGoff geen kans het om te bewys dat hy nie mala fide was nie en dat hy aan kontrakbreuk skuldig is. Net soos in Suid-Afrika hoef ’n kontrak nie ’n geskrewe dokument te wees nie. Nog meer, net soos ek, as individu, die Amerikaanse Departement van Justisie kan dagvaar om al die rekords van die McGoff ondersoek wat aan my getoon is aan die hof en aan my prokureurs oor te maak, in geval McGoff bv. ’n lastersaak teen my sou wou begin, net so kan die Suid-Afrikaanse regering ook in die regte omstandighede ’n dagvaarding op die Departement van Justisie vir die indiening van die dokumente bestel.

Ek het met verskeie vooraanstaande prokureurs hier in die VSA gesels en die meerderheid is van mening dat die Suid-Afrikaanse regering hier in die VSA suksesvol teenMcGoff kan optree. Hulle gevoel is dat McGoff se verkoop van die UPI-ITV aandele die maklikste plek is om mee te begin.
Dokumentêre bewyse is beskikbaar. Al die getuies leef nog en is beskikbaar om teen McGoff te getuig. Maar die Botha-regering wat berge wou verskuif en honderde duisende Rande bestee het om my vir aanklagte te vervolg wat nie sagkens nie, en eenparig, deur die Appèlhof in Bloemfontein uigegooi is, is nie bereid om eers te probeer om McGoff te pak nie. In politieke kringe in Washington word nou gesê dat McGoff sekerlik ’n geweer teen iemand se kop in die Suid-Afrikaanse kabinet hou omdat niks anders die regering se gebrek aan optrede kan verduidelik nie, of dat McGoff in die geheim steeds vir die regering werk. Daar is ’n nuwe koerant in Washington en McGoff is op die direksie. Is dit die prys wat McGoff moes betaal? Om die nuwe koerant te help finansier in ruil vir ’n belofte dat hy nie vervolg sal word nie?

In Maart 1983 het Mnr. Pik Botha die Parlement in kennis gestel dat die geld vir die Sacramento Union en vir UPI-TV nie teruggevorder kan word nie, verder, dat die blaam “gedeeltelik” aan die voete van dr. Mulder en myself gelê moet word. Geen woord dat die blaam “gedeeltelik” by mnr. P.W. Botha en die ander Ministers van mnr. Vorster se kabinet berus nie.

In Maart 19 8 3 het Mnr. Pik Botha die Parlement in kennis gestel dat die geld vir die Sacramento Union en vir UPI-TV nie geruggevorder kan word nie, verder, dat die blaam nie “gedeeltelik” by mnr. P.W. Botha en die ander Ministers van mnr. Vorster se kabinet berus nie.

Die kardinale feite van die saak is dat die besluit om die geld te voorsien ’n kabinetsbesluit was; dat die Sekretaris van Finansies die oorplasing van die geld hanteer het en dat hy in gebreke gebly het om ’n ooreenkoms op te stel wat McGoff vasgepen het tot die gebruik van die geld vir die doel waarvoor die kabinet dit bewillig het. Hieraan het nog dr. Mulder nog ek enige skuld. As daar dus skuld uitgedeel moet word, dan moet dit regverdig en proporsioneel uitgedeel word, ook onder daardie lede van die kabinet wat in Mnr. Vorster se tyd deel in die besluit gehad het. Mnr. Gerald Browne, voormalige Sekretaris van Finansies, moet ook nader gesleep word. Die groot fout wat ek gemaak het, is dat ek nie gesorg het dat ek McGoff beter leer ken het nie, maar of ek dan deur sy streke sou kon gesien het, weet ek nie. Ek kan simpatiseer met Confucious wat soveel eeue gelede algeskryf het dat hy nie treur omdat mense hom nie ken nie, maar omdat hy nie mense ken nie.

Toe dit in 1981 duidelik geword het dat die Departement van Justisie hul visier op McGoff ingestel het, het ’n bekende prokureur uit die VSA my skielik genader om hom in Switserland te ontmoet. Hy het verduidelik dat hy die ander aandeelhouers in Panax verteenwoordig. Hulle sal al my kostes dra. Ek het ingestem op voorwaarde dat ek nie vir McGoff of sy regsadviseurs wil sien nie en dat my eie prokureur, Mervin Gross, my vergesel.

Ons het eerste-klas vliegtuigkaartjies ontvang en is in die luukste hotel in Geneve gehuisves, met ’n Mercedes limousine en bestuurder tot ons beskikking. Ons het twee dae lank die McGoff-aangeleentheid bespreek toe ’n tweede prokureur, Lee la Rocca, skielik daar opgedaag het. La Rocca was McGoff se man en het gepleit om ons te sien. Mervin en ek het die versoek oorweeg en toe besluit om hom tog te woord te staan. Ek het aan hom gesê dat sover dit my aangaan, McGoff ’n geheime agent van die Suid-Afrikaanse Regering was en dat hy wederregtelik ten opsigte van die bepalings van die U.S. Securities Exchange Control opgetree het. McGoff het ons ook bedrieg.

Wat ek aan La Rocca vertel het, het ek alreeds in Washington aan die Grand Jury vertel. Dit was egter eers laat die aand dat die eintlike vraag gestel is: Kan McGoff deur ’n politieke oplossing gered word? Dit was ’n duur speletjie (ons totale onkoste moes hulle sowat R7 000 uit die sak gejaag het) om die klaarblyklike te hoor, nl. dat slegs’n politieke reëling McGoff kon red.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2646 gaste aanlyn