NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy hoef nie ander mense se lig uit te doof sodat jou eie gesien kan word nie. Wees eerder 'n held en steek helder lig in die wêreld aan oral waar jy gaan sodat ander mense ook kan sien.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (21)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling

Ek het en wou Charles More se storie net nie vir die waarheid aanvaar nie alhoewel ek geweet het dat sy kontakte in die veiligheids- en inligtingsapparaat van die staat uitermate goed was. Twee weke later is Charles More onverwags oorlede...

 

’n Week daarna het Katzin met 17 bladsye van Gerald Barrie se geheime verslag op sy tafel gesit.

Die Citizen se geheim is deur net een man geblaas, een van ons geheime medewerkers, advokaat Retief van Rooyen.

In September 1978 het Retief van Rooyen se patriotisme en volksliefde vir hom net te veel geword. Sedert Oktober 1977 het die Pretoria advokaat alles van die geheime Staatsfondse en The Citizen geweet maar nou, ’n jaar later, en net ’n paar dae voor die verkiesing van ’n nuwe Eerste Minister, het sy “vaderlandsliefde” en sy gevoel van “verantwoordelikheid teenoor die volk” breekpunt bereik. Hy en Luyt het die aap uit die mou voor die Mostert- Kommissie gelaat. Die betrokke Kommissie het op daardie tydstip die “vlug” van geld na die buiteland ondersoek en kon geen belangstelling in The Citizen gehad het nie. Retief van Rooyen het ook sy kennis oor The Citizen ongevraagd aan Connie Mulder se politieke opponente gaan verraai.

Toe die bom ná Mostert en P.W. Botha se beweerde “rusie” gebars het wat daartoe gelei het dat Anton Mostert ’n perskonferensie belê het om die geheim van The Citizen aan die wêreld uit te lap, het Jussen en Alberts voortgegaan om die koerant vir nog ’n paar maande te bestuur en dit daarna aan Perskor verkoop.

Alhoewel ek Johnny Johnson, redakteur van The Citizen net een keer ontmoet het, was daar ’n paar goeie vriende van my by die koerant wat bitterlik oor Luyt se eiemagtigheid gekla het. Hulle het ook aan my vertel dat Johnson by verskeie geleenthede gedreig het om te bedank omdat hy nie langer Luyt se inmengery kon verduur nie. Luyt se personeelaanstellings het ons almal omgekrap. Ek het persoonlik, noulettend, enige inmenging vermy. Ek het nooit die redakteur of enige verslaggewer getelefoneer nie. Ek het by minder geleenthede met Aida Parker of ander politieke rubriekskrywers van die koerant gepraat, as byvoorbeeld met Dirk Richard van Die Vaderland of John d’Oliviera van The Star. Aida Parker het my nou en dan, net soos Jaap Theron, by my kantoor kom spreek maar nie meer nie, en ook nie minder nie, as bv. Gerry Reilly van The Rand Daily Mail of John Bums van The New York Times. Ek het geglo dat die koerant goed vaar en dat die styging van die oplaag van zero af tot 70 000 binne agtien maande bewys hiervan was. Dit was nie vir my nodig om die koerant van Pretoria af te probeer beheer nie, of om hoofartikels voor te stel nie. Ek glo nie Johnson en ek het meer as twee of drie keer, in soveel jare, met mekaar gepraat nie. Ons het mekaar slegs eenmaal jare voor die geboorte van The Citizen ontmoet.

Ek is vandag nog oortuig dat indien mnr. Vorster op televisie verskyn en die redes vir die stigting van die koerant met Regeringsfondse verduidelik het, en wat sy ware oogmerke was, die grootste gedeelte van die bevolking hom sou ondersteun het. Indien hy ’n verkiesing uitgeroep het, sou hy selfs nog meer setels verwerf het. Selfs toe hy by sy laaste kabinetsvergadering in Pretoria voorgesit het en die rol van die Departement van Inligting in die stigting van The Citizen verduidelik het, was daar blykbaar net vier Ministers wat gesê het dat hulle nie die beginsel van staatsfondse vir die stigting van ’n nie-politicke dagblad kon ondersteun nie.

Al wat nou moet gebeur is dat die The Rand Daily Mail moet opvou of van gedaante verwissel en dat The Citizen as enigste ware Engelstalige oggendblad moet voortbestaan. Dit sal die opperste ironie wees.

Die Washington Star- Die Vermiste Miljoene                                                                                                                         

Die ware verhaal van The Washington Star projek is nie net een van teleurstelling en bedrog nie, maar bevat ook die laaste onopgeloste raaisel van die Inligtingskandaal.

Tot hede toe, terwyl ek hierdie boek skryf, het niemand ooit probeer om aan die Suid-Afrikaanse publiek te verduidelik presies waarom die owerheid, wat bereid was om meer as ’n half-miljoen Rand van die belastingbetaler se geld te spandeer om my vir die beweerde verduistering van geheime fondse ten bedrae van R70 000 te vervolg, gepaardgaande met ’n uitleweringsverhoor in Frankryk voor die wêreld-media, geen ware poging aangewend het nie, (sover die publiek of die pers weet,) om John McGoff in die VSA vir die terugbetaling van sowat $7 miljoen aan geheime staatsfondse te vervolg.

Ongeag die regering se motief vir weerwraak teen my (omdat ek dit durf waag het om aan die wêreld te vertel dat hulle gelieg het en ook deel aan Die Groot Inligtingskandaal gehad het), bly dit nog altyd waar dat die Staat wat bereid was om Franse gebied vir R70 000 te betree, nie gewillig was om dieselfde in die VSA vir sowat $7 miljoen te doen nie. Daarbenewens het hulle en hul ondersoek-arm, die sogenaamde Staatstrustraad, tot groot uiterstes gegaan om die feit in die openbaar te betreur dat die “verdwene” McGoff-miljoene “onverklaarbaar” bly. Dit is ’n ware raaisel, want die regering weet net so goed soos ek, presies waar elke sent wat na McGoff gegaan het was, en waar dit op hierdie oomblik is.

My standpunt is dat hulle nie bereid was om enige stappe te doen om die meer as $7 miljoen wat McGoff hou, terug te kry nie, bloot omdat dit hulle polities nie gepas het om dit te doen nie. Daar is geen beter ammunisie om teen hulle voormalige politieke bondgenoot, dr. Connie Mulder en myself te gebruik as om deur die land te kan rondfluister: “daar is nog miljoene Rande waarvan geen rekenskap gedoen is nie - net Rhoodie en Mulder weet waarom.” Dit is alles ’n gemene onwaarheid en immorele politieke optrede.

Ek het daardie fluisteringe gehoor. Talle koerantmanne en -vroue het dit aan my herhaal. Petrovna Metelerkamp van Die Huisgenoot het in Frankryk aan my en Katy vertel dat Nasionale L.V.’s aangesê is om die gerug onder die kiesers te versprei dat daardie miljoene moontlik in ’n geheime rekening van Connie Mulder in ’n Switserse bank is. Dit strook met die gerugte wat die P.W. Botha faksie onder Nasionale Party Koukus lede net 24 uur voor sy verkiesing as Eerste Minister versprei het, dat Connie Mulder twee weke later gedagvaar gaan word om voor Regter Anton Mostert te verskyn vir ondervraging oor die miljoene wat hy, Mulder, in die geheim na ’n persoonlike rekening in Switserland oorgedra het. Twee voormalige Senatore wat lede van daardie Koukus was het dit later aan ons bevestig. Dr. Connie Mulder wag nou nog vir sy dagvaarding, want die hele fluisterveldtog oor miljoene in die Switserse bank is egter Nazi Goebbels taktiek: ’n groot leuen wat oor en oor vertel is in die hoop dat dit later geloofwaardigheid sal versamel.

Ek kan aan u vertel presies wat van daardie McGoff miljoene geword het. Dit sal ook verduidelik waarom ek oortuig is dat John McGoff ons mislei het en ons vertroue gruwelik verraai het. Hy het my sekerlik mislei, soos baie min mense dit ooit gedoen het.

Toe John McGoff in 1968 na Suid-Afrika gekom het, het hy as ’n oortuigde vriend van die land gekom. ’n Man wat oortuig was dat die VSA op die lange duur Suid-Afrika se welwillendheid sou nodig hê; sy strategiese hawens, sy strategiese metale en minerale, sy kapitalisties-georiënteerde industrieë en sy teenkanting teen Kommunisme. McGoff was destyds al ’n redelik welbekende mid-westerse uitgewer en voormalige President van die Michigan Kamer van Koophandel. Hy was ook invloedryk in Republikeinse politieke kringe, veral in die staat waar hy woonagtig was en hy het etlike belangrike kontakte in die Kongres en Senaat in Washington gehad. Hy was welbekend in Israel, was ’n vriend van Koning Hussein van Jordanië en het aansienlike invloed by die staatsuniversiteit van Michigan gehad. Om al hierdie dinge te weet, is om die bose opset te verstaan in aantygings dat McGoff geld in ruil vir sy welwillendheid ontvang het. McGoff het homself alreeds as ’n vriend van Suid-Afrika bewys en het dit vir baie jare gedoen, sonder dat die land hom moes aanspoor, lank voordat enige Suid-Afrikaanse amptenaar hom eens ontmoet het.

Die voorstel dat Suid-Afrika ondersteuning aan John McGoff vir die aankoop van The Washington Star moes verleen (teen ’n totale koste van $25 miljoen) is vroeg in 1974 vir die eerste keer deur Les de Villiers, net na sy terugkeer van ’n besoek aan New York, by ons aanhangig gemaak. McGoff en de Villiers was in 1969 al vriende en toe Connie Mulder en Gerald Barrie in 1971 die VSA besoek het, het hulle McGoff ontmoet. McGoff sou self sowat $15 miljoen bydra, of elders verkry. Die balans van $10 miljoen (destyds ongeveer R6 miljoen) moes deur Suid-Afrika in die geheim bygedra word.

Die motivering vir die projek was iets wat enigeen wat met die politiek in die VSA vertroud is maklik kon verstaan, veral die politiek in Washington D.C. self. Ek het twee jaar in Washington deurgebring en kon geredelik met John McGoff saamstem dat resolusies in die Kongres wat Suid-Afrikaanse aangeleenthede raak, toesprake in die Kongres wat daarop toegespits was om Suid-Afrika aan te val en sy beeld te beskadig, swaar op materiaal wat in The Washington Post gepubliseer was, gesteun het. Elke Kongreslid en Senator het ’n paar assistente wat in Afrika-aangeleenthede spesialiseer en assistente wat op ander terreine spesialiseer. Die leggers van Kongreslede en Senatore het uit hul nate gebars van artikels oor Suid-Afrika wat van die Verenigde Volke, The New York Times, The Rand Daily Mail en The Washington Post afkomstig was. Die meeste was egter materiaal uit The Washington Post. Ek weet, ek het gesien toe die assistente al daardie lêers tydens ons argumente oor rasse-verhoudinge in Suid-Afrika getrek het.

Die artikels wat in The Post verskyn het, het aan ewewigtigheid en perspektief mank gegaan en was dikwels skreiend anti-wit. The Post se korrespondente in Suid-Afrika het in “selektiewe verdraaiings” gespesialiseer, by uitstek op dié van menseregte. Die koerant se kolomme was vir enige amptelike kapsie teen die publikasie van die verdraaide materiaal gesluit. Op ’n keer, toe The Post ’n reeks van ses artikels oor Suid-Afrika aangebied het, was ek genoodsaak om advertensie spasie te koop ten einde die feite reg te stel.
Die fundamentele reg om te antwoord is nie eers aan ons toegestaan nie. In die jare wat sedert 1974 verby is, het die toestande net versleg. Die volgende uittreksels is uit die Maart 1980 uitgawe van
A im Report gemaak en wat deur Accuracy in Media, ’n nie-winsgewende instansie in New York gepubliseer is. “Ons opname van items in The New York Times en The Washington Post van 1978 wat menseregte betref, toon dat nie een van die koerante ’n enkele storie oor menseregte in twee van die mees totalitere lande in die wêreld vandag, Albanië en Noord Korea gehad het nie. Aan die ander kant van die skaal, het menseregte in die Sowjet-Unie en Suid-Afrika die meeste aandag in beide The Times en The Post geniet.                                                   

The Times het 13 artikels oor ’n enkele wit Suid-Afrikaanse koerantman gehad, wat in die moeilikheid oor sy kritiek op die regering se rasse-beleid beland het, en daarna die land moes verlaat het. Dit was meer as wat oor menseregte in Pole, Bulgarye, Albanië en Hongarye tesame geskryf is en byna soveel as wat die hele jaar oor Idi Amin se Uganda geskryf is! The Washington Post en The Times se verslaggewing oor Suid-Afrika het die verkeerde indruk geskep dat die skending van menseregte grotendeels ’n probleem van die Sowjet-Unie in die Kommuniste-blok en van die blankes se onderdrukking van die swartes in Afrika is. Die beperkte aandag wat aan die massiewe skending van menseregte gegee word in lande van groot belang vir Amerikaners, soos bv. Kommunistiese Sjina en Kuba, en aan die onmenslike behandeling van swartes deur ander swartes, verhoog hierdie indruk. Daarbenewens, het die hewige konsentrasie op menseregte in hierdie twee lande geneig om ’n ander soort storie te oorskadu wat moontlik op die duur van meer belang vir voortbestaan van die Vrye Wêreld kon wees. Die Sowjetunie se gevaarlike versterking van sy militêre slaankrag, wat nou skielik tot die Amerikaanse bevolking deurgedring het, het naamlik relatief min aandag in beide The Times en The Post geniet. Daar was ook nie veel aandag aan die strategiese betekenis van Suid-Afrika geskenk nie alhoewel die weste se toegang tot noodsaaklike grondstowwe en die beveiliging van die belangrike seeroetes om die Kaap van Goeie Hoop, van groot betekenis is.

Ek sou self nie die onewewigtigheid van The Post beter kon beskryf het nie. The Washington Star, die opposisie-koerant vir The Post het ’n sirkulasie-syfer van 600 000 gehad, maar het baie min materiaal oor Suid-Afrika gepubliseer. Indien The Star slegs die helfte soveel aandag aan Suid-Afrika as The Post geskenk het, dan sou die wanbalans moontlik reggestel kon gewees het. Maar dit het nie. Wat meer is, indien die koerant in sy hoofartikel ’n aanval kon loods teen die veldtog om Suid-Afrika af te skryf, of ’n pleidooi kon lewer dat die Kongres beter oor Suid-Afrika ingelig moes wees alvorens enige resolusies gepasseer word, word die voordele van mede-eienaarskap van The Star redelik voor-die-handliggend.

In 1974 was daar reeds sterk aanhitsing in Washington en elders in die Verenigde State dat groot sakeondernemings hul beleggings uit Suid-Afrika moes onttrek. Indien artikels of hoofartikels in The Star slegs een prominente maatskappy kon oorreed om nie so ’n stap te neem nie, sou die belegging van $10 miljoen die moeite werd wees. Daarbenewens het sommige assistente van Senatore en Kongreslede aan my gesê dat hulle met plesier hul lêers oor Suid- Afrika met artikels uit The Washington Star sou hersien, as die koerant maar enige insiggewende artikels oor Suid-Afrika sou publiseer, te meer so, indien die koerant, soos The Washington Post, sy eie korrespondent in Suid-Afrika het.

“Eerstehandse weergawes deur Amerikaanse verslaggewers, wat dáár op die toneel is weeg beslis baie swaar”, het ’n assistent van Senator Talmadge aan my gesê. Hy het ’n ou Sjinese gesegde aan my gekwoteer: “Een eie besoek is meer werd as ’n honderd beskrywings van ander”.

Indien ons mede-eienaars van The Star kon word, dan sou dit die eerste verandering wees wat ek op sou aangedring het: ’n Star korrespondent in Suid-Afrika. Iemand wat nie sy feite versigtig sou selekteer om by die ideologiese fobies van sy koerant in te pas soos die manne van The Post gedoen het nie. In besonder sou ek op Afrika-dekking in diepte aangedring het om seker te maak dat Washington baie meer te wete kom oor hoe die res van Afrika hulle sake behartig. Dit is merkwaardig hoe jou perspektief op Suid-Afrika na ’n naweek in Dar-es-Salaam of ’n week in Kinshasha verbeter. Twee dae in Khartoum is genoeg om Soweto na Hollywood te laat lyk.

Nadat ek persoonlik met McGoff gepraat het, het ek die saak met dr. Connie Mulder bespreek. Kort daarna, in Februarie 1974 het McGoff na Suid-Afrika vir verdere samesprekings gevlieg waartydens hy ook mnr. John Vorster en dr. Nico Diederichs ontmoet het.

Dr. Diederichs het aan beide dr. Mulder en myself vertel dat hy ten gunste van die projek is omdat Washington se politiek Suid-Afrika werklik kon seermaak en dat alles en enigiets wat kon help om ’n meer ewewigtige beeld van Suid-Afrika na die Amerikaanse Kongres uit te dra, ondersteun moet word.
Hy het McGoff geken en vertrou. Diederichs en McGoff was in werklikheid goeie vriende en ek weet dat hulle ook by verskeie geleenthede mekaar in die VSA ontmoet het. Ongeveer twee weke later het dr. Diederichs aan dr. Mulder en my in die wandelgang van die Parlement gesê dat die Eerste Minister met die ander senior ministers van die Kabinet, ingesluit mnr. P.W. Botha, oorleg gepleeg het en dat almal ten gunste van hierdie soort “onkonvensionele” pogings was. Om die waarheid te sê, volgens die gepubliseerde getuienis van die Erasmus-Kommissie, soos per skriftelike getuienis van Admiraal Biermann en dié van die destydse adjunksekretaris van die Tesourie, mnr. Koert Pretorius, was die besluit, uiteindelik, tog deur die hele
Kabinet geneem.

Gerald Browne, Sekretaris van Finansies, was ’n ander persoon met wie dr. Diederichs die projek bespreek het, in besonder die meganisme van die projek en hoe om die geld na McGoff deur te kry. Dr. Diederichs het ook aan Browne vertel dat die projek die goedkeuring van die Eerste Minister gehad het, aldus Browne se getuienis voor die Erasmus Kommissie.

Mnr. P.W. Botha se openbare ontkennings, dat hy nie geweet het waarvoor die geld gebruik is, of waarheen dit gegaan het nie, was net ’n poging om te ontken dat hy van projekte geweet het wat die Erasmus-Kommissie as “onreëlmatig” beskou het. Sy ontkenning is nie alleen onlogies nie maar dit maak ook geen politieke sin nie. Niemand wat mnr. Botha ken kan hulself voorstel dat hy net beveel is om R6 miljoen van sy geheime fonds te oorhandig, sonder om aan horn te vertel waarvoor dit bedoel is nie. Ministers het ’n wetlike verantwoordelikheid teenoor die Parlement, vir fondse wat aan hulle toevertrou word. Net so min sou enigeen wat weet hoe die top-echelon van die Nasionale Party te werk gaan, mnr. Botha se ontkenning geglo het. Dit sou die mees vanselfsprekende ding op aarde vir dr. Diederichs of mnr. Vorster gewees het om die aard van die projek en die bestemming van die geld kortliks te verduidelik, en om mnr. Botha te verseker dat ’n aanvullende R6 miljoen aan Verdediging beskikbaar gestel sou word wanneer die aanvullende begroting in September van daardie jaar opgemaak word.

Mnr. Botha se verklaring voor die Erasmus-Kommissie, dat hy daarteen gekant was dat sy fondse na die Departement van Inligting gaan, laat sy protes net meer verdag voorkom. Hy het tog geweet dat die geld vir The Washington Star nooit na Inligting gegaan het nie. Inderwaarheid het Inligting nie eens die transaksie hanteer nie. Die hele transaksie is deur die Minister van Finansies, die Sekretaris van Finansies en deur Verdediging afgehandel, en die geld het direk na die Reserwebank gegaan en vandaar oorsee. Dit was Gerald Browne, Sekretaris van Finansies, wat na Switserland gevlieg het om die nodige dokumente vir die oordrag van die geld aan McGoff te onderteken. Nie ek nie.

Vergelyk die voorafgaande feite met die domastrante wyse waarop mnr. Botha se spreekbuis, Beeld, volgehou het, selfs ná die publikasie van die Erasmus-Kommissie se getuienis, om aan sy lesers te vertel dat die Washington Star projek nie ’n kabinetsbesluit was nie; dat mnr. Botha nooit betrokke was nie en dat die verantwoordelikheid vir die besluit slegs op dr. Mulder en my skouers gerus het. Sulke verdraaiings, ten spyte van die feite, is ook kenmerkend van Pravda in Moskou.

Ek sal elders in hierdie boek ingaan op die ongelooflike flaters wat die Erasmus-Kommissie by hul ondervraging van mnr. Botha aangaande sy eie betrokkenheid by die Washington Star projek gemaak het. Geen argumente van mnr. Botha, of mnr. Erasmus (of Beeld) kan hoegenaamd die feit verbloem dat mnr. Botha se eie kabinetsgeskrifte, wat mnr. Erasmus gesien het, bewys dat die besluit om Verdedigingsfondse vir die Star projek (kodenaam Cradock) te gebruik wel ’n kabinetsbesluit was. Mnr. Botha was by daardie Kabinetsvergadering teenwoordig. Was hy aan die slaap toe hulle hierdie besluit bekragtig het? En wat van die bepalings van die wet wat vereis dat die Minister van Verdediging hom persoonlik moet vergewis van projekte wat uit die geheime rekening gefinansier word? Was dit nie growwe nalatigheid van mnr. Botha nie?

Om dr. Diederichs ’n denkbeeld te gee van hoeveel geld aan propaganda- projekte in die vyfjaar program beskikbaar gestel moet word, is The Washington Star projek in die program op ’n bedrag van R6,5 miljoen beraam. Omgereken, het dit op $10 miljoen Amerikaanse dollars neergekom.

Dr. Diederichs het aan Gerald Browne gesê dat die geld vir The Star ’n hulp-toelae was en nie as ’n lening wat terugbetaalbaar is gesien kon word nie. Dit was ook wat mnr. Vorster en dr. Diederichs aan dr. Mulder en my gesë het toe ons laat April 1974 in Kaapstad vergader het. Gedurende die gesprek is daar ook voortdurend na mnr. P.W. Botha en sy kennis hiervan verwys. John McGoff het vir homself naam gemaak omdat hy koerante wat besig was om geld te verloor oorgeneem en in winsgewende ondernemings omskep het. Dr. Diederichs het gesê dat selfs al sou The Washington Star ná oorname, aanhou om geld te verloor, of selfs in duie stort, die regering geen eis teen McGoff kan instel vir die geld wat Suid-Afrika bereid was om te belê nie. Op daardie tydstip was The Washington Star, ten spyte van sy sirkulasiesyfer van oor die 600 000, weliswaar besig om geld te verloor. Maar dr. Diederichs het ook nooit gesê dat die geld vir iets anders gebruik kon word nie, of vir die aankoop van ’n ander koerant nie. Dit het alles net oor The Washington Star gegaan.

In April 1974 kon dr. Connie Mulder dus nie alleenlik sy handtekening op die vyf jaar geheime program aanbring nie, maar hy kon ook byvoeg: “Sterretjie ook goedgekeur”. Sodoende het hy die “groen lig” aan The Washington Star projek gegee.

In September 1974 is die volle bedrag aan Thesaurus Continental Securities gestuur. Thesarus is ’n geaffilieerde maatskappy van die Union Bank of Switzerland waarvan dr. Bruno Saager, hoofbestuurder van die bank, ’n direkteur was. Hierdie maatskappy het, op hulle beurt, die geld aan McGoff se “Star Newspaper Company” in die VSA beskikbaar gestel. Dit was omskryf as ’n “lening” van Thesaurus, maar dit was natuurlike blote skyn. McGoff moes in staat wees om dokumentêre bewys te lewer dat die geld van ’n onberispelike bron afkomstig was, en dat dit syne was om na goeddunke te gebruik.

Die stryd om The Washington Star het begin toe ’n Texas olie-miljoener, Joe Aubritton, ook ’n aanbod gemaak het, maar nie alleenlik vir die koerant nie, ook vir die ander bates van The Star wat ’n radio-stasie en twee televisie-stasies ingesluit het. Op die ou einde het Aubritton, ’n getroue ondersteuner van die Demokrate en van President Lyndon B. Johnson, die goedkeuring van die Federal Communications Commission verkry wat oor sulke transaksies, waarby monopolies betrokke is, moet besluit.

Daar het meer as sewe maande verloop vandat Mulder in April 1974 geskryf het: “Sterretjie ook goedgekeur”, voordat daar ’n finale besluit oor die aankoop van The Star geneem is. In die tussentyd was die $10 miljoen - volgens McGoff - in ’n bank belê en het meer as $800 000 aan rente verdien. Dit was op hierdie tydstip dat McGoff weer na Les de Villiers gegaan het en voorgestel het dat die rente tesame met sy eie fondse gebruik word om die beherende blok aandele in The Sacramento Union te koop, die grootste en belangrikste koerant in die hoofstad van Kalifornië.” Ongeveer $2 miljoen was in totaal hiervoor nodig”, het McGoff gesê.

Les de Villiers het weer, soos gewoonlik, sterk ten gunste van McGoff so voorstel betoog.

McGoff het na Suid-Affika gevlieg om my te sien. Ek wou graag meer besonderhede oor die bates van die Sacramento Union hê, maar het intussen die saak in beginsel met dr. Mulder bespreek. Ek het aan dr. Mulder vertel dat die Sacramento koerant baie belangrik was. Dit was finansieel gesond (volgens syfers wat McGoff aan ons verskaf het) en Kalifornië was die digbevolkste staat in die VSA. Die Sacramento Union kon dus effektiewe ondersteuning verleen aan konserwatiewe politici soos mnr. Ronald Reagan vir wie dr. Mulder in 1973 en 1974 in die VSA ontmoet het, en van wie daar in die toekoms baie verwag word.

Aangesien niemand so ’n lang uitgerekte stryd in die oomame van The Washington Star in die vooruitsig gestel het nie, het dr. Mulder gereken dat die rente wat op die totale bedrag wat aan die Star projek bewillig is verdien is, wel in The Sacramento Union saam met McGoff se eie bydrae belê kon word. Die Minister het dit goedgekeur en later het die kabinetskomitee dit bekragtig.

Met McGoff se aankoms in Pretoria was dr. Mulder in Kaapstad en Les de Villiers en ek het McGoff in die Burgerspark Hotel in Pretoria ontmoet. Nadat McGoff die besonderhede oor die koerant se beraamde sirkulasiesyfer, die inkomste uit reklame, depresiasie oor die volgende twee jaar, kapitale waarde, bates, ens. verskaf het, het ek dr. Mulder se goedkeuring oorgedra, naamlik, dat McGoff die rente op die $10 miljoen kan gebruik om saam met sy eie fondse die beherende aandele in die koerant te koop. The Sacramento Union was in ’n splintemuwe gebou gehuisves, met nuwe toerusting en was as 'n “goeie aankopie” beskou. Daar was min gevaar dat dit tot niet sou gaan, om die waarheid te se, dit is nog steeds aan die gang en is in 1982 teen ’n reuse wins van die hand gesit. Maar oor hierdie verkoop meer lateraan.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2647 gaste aanlyn