Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Voel jy dat jou laste te swaar druk? Kniel dan neer! Want met elke neerkniel sal jou las ligter word! Vertel God alles. As jy Hom al die stukke gee, wil Hy jou gebroke hart heelmaak!
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (9)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
BESWARE TEEN DIE GNOSTISISME AS 'N ONSKRIFTUURLIKE LEER
Die volgende kan teen die gnostisisme ingebring word:
Eerstens dat hulle 'n onskriftuurlike sinkretisme huldig. Dit stel die heidendom en die Christendom op een vlak - plaas die twee as gelykberegtigdes langs mekaar en versmelt hulle dan tot 'n vae totaliteit. Die gnostisisme is 'n degradering van die Christendom.
Tweedens is dit agnostisisme. God is volgens die gnostis 'n peillose, donker diepte. Hy is die totaal onkenbare, die buthos. Dit is in stryd met die Skrif wat ons leer dat God kenbaar is deur sy Woordopenbaring.
Derdens leer dit 'n dualisme tussen die wêreld van die gees en die wêreld van die materie terwyl laasgenoemde setel van die laere natuur is.
Vierdens is die gnostisisme anti-Christeiik. Dit loën nie alleen die goddelike natuur van Christus en dat Hy self God is nie (Christus is vir hulle slegs die vernaamste engel) maar dit loën ook die vleeswordiing van die Woord en ontken sy borgtogtelike lyding en sterwe. Dit is docetisme omdat dit leer dat Christus in 'n skynliggaam rondgewandel het of net vir 'n kort tydjie in Jesus verenig was.
Vyfdens spreek die gnostisisme (wat nog aan sy hoofidee van bevryding en verlossing vashou) telkens van verlossing maar dis 'n verlossing deur verligting, gnosis, wat hom bevry van die bande van die stoflike wêreld.
Sesdens loën dit die sonde as opstand teen en skuld voor God. "Uit dit alles blyk dat die gnostisisme in sy wese nie Christelik is nie maar heidens," volgens dr. T. Hoekstra.
Ten sewende: Die stoflike skepping word geminag. Dit is op die beste 'n nie-Christelike dualisme wat ons hier vind. Die mens is na die gees en siel verwant aan die bo-sinlike wêreld maar na die liggaam (die sarks) is hy aan die materie verslaaf. Verlossing bestaan daarin dat hy die materie oorwin deur askese of oefening om dan deur reïnkarnasie langsamerhand tot die ligwêreld van die ware gnosis op te klim. Samevattend kan ons hier die volgende opmerkings maak:
Die gnostisisme is 'n geestestroming wat steeds die Christendom bedreig. Die Kabbaliste het die sogenaamde verchristeliking van die Kabbala onder Reuchlin, Pico Delia Mirondala, Galatino, De Mornay en Moses Maimonides oorleef en Iustig voortgewoeker.
Die Rosierucianisme (wat voorgee dat hulle 'n Christelike rigting is), het met die Vrymesselary verenig by die stigting van Grand Lodge 1717 en saam met die gnostiese misteriekultusse daar 'n blywende tuiste gevind: "Just as Masonry was the philosophical outcome of the Sacred Mysteries, so is gnosticism, the Kabbala, Rose Cross etc. The mysteries was also the parent of Christianity (die gnostiese verdraaiing van die Christendom). There is only one Truth but expressions of that Eternal Truth are manifold."
Daarna herleef dit weer in die teosofie van Madame H. P. Bla-vatskya, Annie Besant en ander en kry dit nuwe lewe in die An-troposophical Movement waaraan R. Steiner verbonde was en slaan dit nou weer vertegnologiseerd en fyn georganiseerd in die Scie'ntologie uit. En intussen het 'n stroom van gratis geskrijte in ons Afrikanerhuisgesinne ingevloei en vind ons mense dit "tog so stigteIik"! Ons verwys hier na publikasies soos "Huis van Geluk" "Jong dae vir Jong waarheidssoekers", "Die Pad", "The Path of Truth", "The Path", "The School of Truth" en die blaadjie van die Unity School of Christianity getitel "Daelikse Woord".
Verder word dit gedra deur 'n groot aantal sektes soos "The Order of the Cross", "Father Divine" en die "I am Movement", die "Spiritisme", "Christian Science" "Unity School of Christianity" en "The Liberal Catholics". Daar dien ook gewaarsku te word teen die Joga-kultus en Transcendental Meditation.
Dit is noodsaaklik dat die Christelike kerke weer ernstig van die postisisme kennis sal neem en uitgebreide studieprojekte in hierdie verband van stapel sal stuur want hierdie strominge is intens besig om ons samelewing te rysmier sonder dat ons dit weet.
Indien ons die totstandkoming van die eerste Grootlosie van die Vrymesselary in 1717 as die verdelingslyn tussen ongeorganiseerde en georganiseerde Vrymesselary neem, kan ons sê dat die geheime beweging drie keer voor hierdie datum sy ware kleure gewys het en drie keer daarna.
Met eersgenoemde bedoel ons die godsdiens-, sede- en staatsondermynende bedrywighede van die Islamitiese geheime bewegings, die Tempeliere ("Knights Templars") en van die Rosekruisers voor die jaar 1717; met laasgenoemde bedoel ons die invloed wat die vrymesselary gehad het op die Franse Rewolusie, die ,"lluminati" en die ateïstiese rigting wat deur die Groot Ooste-ordes ingeslaan is ná 1717.
Vrymesselary 'n valse godsdiens – vervolg...