NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy kan soveel vir ander beteken deur slegs 'n voorbeeld te stel, sonder groot vertoon: 'n vuurtoring het nie nodig om lawaai te maak nie, dit moet net skyn.

VANDAG IS HERVORMINGS- DAG

Ds Andrè van den Berg

Want sulke mense is vals apostels; bedrieglike arbeiders wat hulself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor.11:13-15).

Martin Luther het in ʼn tyd geleef toe min mense Bybel kon lees.

Destyds was die meeste mense ongeletterd en Bybels aan preekstoele vasgeketting sodat dit vir alle praktiese doeleindes ʼn geslote boek was. Daarbenewens was dit ook net in Latyn geskryf, ʼn akademiese taal wat net geleerde mense verstaan het. Vir die gewone mens was die Bybel ʼn verborge boek en was hulle van priesters afhanklik om te hoor wat God daarin sê.  

Kort na die aanvang van die Hervorming is Luther deur die Roomse Kerk (RK) as ʼn ketter veroordeel en voëlvry verklaar. Dit het hom genoodsaak om in ʼn kasteel te gaan wegkruipwaar hy die Bybel in Duits vertaal en laat druk het. Dit was iets wonderlik. Mense wat nooit toegang tot die Bybel gehad het nie, het dit vir die eerste keer in hul lewe in hul eie taal gehoor en kon dit selfs besit. Die gevolg was ʼn geestelike herlewing in Europa!

Mense het toenemend tot die besef gekom dat die RK hulle mislei het om te glo dat die kerk hulle die hemel sou indra. Die Bybel het anderste geleer - sondaars kom slegs deur die bekering tot Jesus Christus in die hemel. Sonder ʼn persoonlike verhouding met Hom, is daar geen toegang nie - beslis nie deur Maria nie!

Die Bybel is vandag in feitlik alle wêreldtale beskikbaar en die boek wat die meeste gedruk en gelees word. Ongelukkig het daar ʼn dwaalbeweging op die kerklike toneel verskyn wat die Bybel weereens uit mense se hande wil neem. Dit word postmodernisme genoem. Hulle gaan baie subtiel te werk en mislei Protestante by die miljoene!

Postmoderniste sê dat niemand die oorspronklike bedoeling van ʼn Bybelteks ken en die Bybel derhalwe nie reg kan verstaan nie. Elke leser besluit self wat die Bybel vir hom persoonlik beteken. Dit kan basies vir elke persoon iets anderste sê.  Niks staan vas nie.  

Gevolglik is die Bybel nie die Woord van God nie maar ʼn leë boek waaraan elkeen sy eie betekenis kan heg. Die woorde daarin kan enigiets beteken. En as woorde enigiets kan beteken, sê dit in werklikheid niks nie. Dis ʼn leuen! Die Bybel is soos ʼn spieël; as ʼn dwaas daarin kyk, kan ʼn wyse nie daarin terugstaar nie!

Soos wat die Latynse Bybel in Luther se tyd beskikbaar maar in werklikheid onverstaanbaar was, gebeur iets soortgelyks vandag; hierdie keer nie aan taal, maar aan dwaalleer te wyte. Postmoderniste sê dat gewone mense die Bybel nie kan verstaan nie; slegs hoog geleerdes. Gevolglik moet mense maar na hulle verduideliking van die Bybel luister; net soos die ou Roomse priesters.  

Kyk wat gebeur hier - die Hervorming word omgekeer en die pous lag al te lekker in sy satynmou!   Satan weet hoe om die waarheid te skaad en die getuienis oor redding deur Jesus Christus alleen uit te doof. Hy gebruik mense om die Bybel se waarheid met growwe onjuisthede te vermeng en vertwyfeling by die lesers te saai.

Baie kerklui van hoofstroom kerke betwyfel die waarheid van God se Woord skaamteloos. Vandaar die opspraakwekkende pogings om God se Woord ter syde te stel en die mens se wil te laat geskied. Dink maar net aan die poging om homoseksualisme te ontsondig.  Die Bybel is baie duidelik dat dit ʼn gruwel in God se oog is – OT en NT! Desondanks word argumente in Sinodes aangevoer dat dit alternatiewe erotiek is; ʼn flagrante minagting van God se Woord!

Dwaalleraars was al in die tyd van Paulus werksaam: “Want sulke mense is vals apostels; bedrieglike arbeiders wat hulself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke

Een van die Hervorming se leuses is Soli Scriptura – die Bybel alleen. Dis vir gelowiges ononderhandelbaar. Wie God liefhet, sal Hom gehoorsaam. Jesus sê: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15). En dis wat Martin Luther gedoen het. Al 95 stellings wat hy op Sondag 31 Oktober 1517 teen sy kerkdeur in Wittenberg vasgespyker het, was oor dinge waar die kerkleer nie met die Bybel se waarheid ooreengestem het nie.

Luther het bv. ernstig beswaar daarteen gemaak dat mense by priesters gaan bieg het om van sonde bevry te word en in baie gevalle selfs daarvoor betaal het. Nee, geld bevry niemand van sonde nie.! Die eertydse aflaathandel waar die RK mense geld laat betaal het om gestorwenes uit die sg. vagevuur te bevry, om die Petruskerk in Rome te kon bou, was bedrog en per slot van sake aan onkunde te wyte omdat mense nie ’n verstaanbare Bybel gehad het nie.

Dit wat vandag op die plaaslike kerktoneel aangaan, skreeu ten hemel. Teoloë en leraars vra lidmate om die Bybel nie te ernstig op te neem asof dit volstrek die hoogste gesag dra nie. Mense moet baie meer tegemoetkomend teenoor andersdenkendes wees want elkeen se siening is kwansuis op ’n manier tog maar reg. Hulle redeneer dat omdat niemand met sekerheid kan sê wat God se wil is nie, alle godsdienste iets van die waarheid beet het. Verdraagsaam!    

Die Bybel word in Westerse lande geleidelik uit die openbare oog geskuif. Tydens ʼn meningsopname in Amerika is bevind dat baie kerkgangers nie meer aan een van die volstrekte waarhede van die Skrif glo nie. Meer as die helfte van die ondervraagdes kon nie vyf van die Tien Gebooie opnoem nie. Die helfte van die hoërskoolkinders het gedink dat Sodom en Gomorra met mekaar getroud was! Op die vraag wie die Here Jesus gevange geneem het, antwoord ʼn CVO skoolkind nou onlangs: Die valke!

Mense word sonder die Woord van God groot. Daarom struikel hulle op die donker lewenspad. Hulle het nie die lig van die Woord nie: “U Woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad” (Ps.119:105).

Die vyandige media geniet hierdie donkerte. Koerante saai eerder twyfel oor Bybelse waarhede as om die waarheid daarvan te bevestig. Boeke van mense wat die Christendom afkraak, verkoop soos soetkoek. Ja, ons beleef ’n tydperk van openlike vyandigheid teenoor die Woord van God. Vandaar die doodsheid.

Protestante dank Christus dat Hy sy kerk vanuit die hemel regeer en dit deur die eeue beskik dat talle mense en kerklui nog God se Woord eer en gehoorsaam. ʼn Kerklike wat onlangs in Amerika voltooi is, het bevind dat een van die grootste redes vir groei in gemeentes die handhawing van die Woord van God as basis vir gemeentes se beleid, prediking en bestuur is. Die Woord van God gee lewe!

Hervorming herinner ons aan die kerk se bevryding van ʼn duiwelse leer byna 500 jaar gelede. Hierdie bevryding staan as Protestantisme bekend waarmee God die waarheid van sy Woord soos spykers in gelowiges siele vasslaan. As dit nie daarvoor was nie, het ons Sondae soos heidene voor beelde van klip neergeval!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2044 gaste aanlyn