NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om die waarde van die anker te besef, moet ons eers die storm ervaar.

DIE GELYKENISSE VAN JESUS (8)

U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse

Die eerstes laaste en die laastes eerste

Mt.20:1-16

Al lyk dit op die oog af of hierdie gelykenis maklik verstaanbaar is, moet daar by die verklaring egter met meer as een gedagtegang rekening gehou word.   Dis nie so duidelik wat die hoofgedagte daarvan is nie.  Dit gaan hier oor twee sake – eerstens die aard van die werk binne die werk van die koninkryk van God en tweedens die loon wat hiervoor ontvang word.

In die voorafgaande Skrifgedeelte (Mt.19) vind ʼn gesprek tussen Jesus en ʼn ryk jongman plaas. Jesus sê vir hom: “As jy volmaak wil wees, gaan heen en verkoop al jou besittings en gee dit vir die armes en jy sal ʼn skat in die hemel hê; en kom hier en volg My”. Nadat die man Jesus verlaat het, kom Petrus na Jesus met ʼn vraag wat hierby aansluit: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar vir ons wees?” Jesus antwoord hom dat hulle 100 keer soveel sal ontvang as wat hulle opgeoffer het; meer nog, dat hul die ewige lewe beërwe!

Daarna waarsku Jesus: “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste” (Mt.19:30).  Dis die hoofgedagte van die gelykenis.  Daar is ook twee newegedagtes.  Die eerste handel oor die aard van die werk en die tweede oor loon wat daarvoor ontvang word.

Oor hoedanig die aard van die werk in die koninkryk van God is, word daar van arbeid in die wingerd gepraat.  Arbeiders moes help om met parstyd die oes in te samel.  Uit Jesus se woorde dat die oes groot en die arbeiders min is, blyk dit dat arbeid nie te volop was nie.  Christus het met hierdie gelykenis hierdie beeld op die geestelike terrein van die koninkryk van God oorgedra.  In die Skrif was die wingerd die beeld van Israel.   Eers die fisiese en later die geestelike Israel wat uit almal bestaan wat die roepstem van Christus gehoor en daarop reageer het.

Die arbeiders in die gelykenis is eerstens Jesus se dissipels. Hulle het die eerste reageer en begin werk.  Daarna ook elkeen wat tot bekering gekom en hulle by die geledere van die dissipels gaan voeg het.  Alhoewel Jesus net 12 apostels gehad het, het Hy baie meer dissipels gehad.

Die geestelike oes waarvan Jesus praat, kom op Evangelie verkondiging en alles wat daarmee verband gehou het, neer.  Die werkers was soos die slawe van Luk.17 wat hulself daarop ingestel het om deur diens hul eienaar bly te maak.  Dit gaan in die gelykenis egter nie uitsluitlik oor die arbeid aan siele nie.  Die gelykenis praat van ʼn hele wingerd.  Dis reeds daar en lewer sy vrug.  Gevolglik gaan dit oor versorging daarvan want as dit ontbreek sal die oes swak wees.  In dié opsig verskil kerke van Gereformeerde belydenis van charismatiese kerke wat sterk op die wen van siele ingestel is, maar waar nasorg dikwels ontbreek.

Die werksaamhede binne-in die koninkryk sluit alles in wat gelowiges deur woord en daad doen om die koninkryk van God te bevoordeel.  Om met hierdie arbeid te begin is nooit te vroeg of te laat nie.  Elkeen in die gelykenis wat ledig op die markplein gestaan het, het die oproep ontvang om te kom werk met die versekering dat hulle die regte loon sal ontvang.

Hierdie gedagte van loon wat ontvang word, kom in die gelykenis sterk na vore.  Daar is met die arbeiders wat eerste gehuur is oor loon afgespreek.  Diegene wat later in diens geneem is, het die versekering ontvang dat hulle die regte loon sal ontvang.  Toe die lone aan die einde van die dag uitbetaal is, het daar by die eerstes ontevredenheid oor die gelyke uitbetaling aan die laat arbeiders ontstaan.

Prof. Bauer, ʼn Duitse teoloog, het ʼn interessante studie oor loon in die Bybelse tyd gemaak en bewyse gevind dat die Jode, Grieke en Romeine nie uurlone betaal het nie, maar deur arbeidswetgewing slegs ʼn dagloon, ongeag hoeveel ure arbeiders gewerk het.   Gevolglik kan ons die uitbetaling van gelyke lone nie aan die goedhartigheid van die wingerdboer toeskryf nie.  Dit was destyds wet; hulle was op ʼn volle dag se loon geregtig.

Die Bybel praat dikwels van loon, veral in die lig van die komende oordeel.  Dit skemer ook in die gelykenis deur wat vir ons iets van die endvergelding laat hoor.  Hierdie opsigter is Christus.  Uit talle ander Bybeldele weet ons dat Hy as Regter kom om met die mensdom af te reken.   In hierdie gelykenis is Jesus egter nie Regter nie, maar die Een wat met werkersloon afreken.

Die beginsels van hierdie loon is nie aan arbeidswetgewing onderworpe nie, maar eie aan die koninkryk van God – dis twee verskillende sake.  Jesus leer ons hiermee twee groot waarhede wat in die koninkryk van God geld.  Eerstens dat loon nie deur die hoeveelheid werk vir God bepaal word nie.  Wat hier van uiterste belang is, is die gesindheid waarmee dit gedoen word.  Dink aan die Gelykenis van die Twee Seuns (Luk.17).

ʼn Tweede groot waarheid wat uit hierdie gelykenis spruit, is dat sulke loon geen menslike regsgrond het nie.  Jy kan nie by ʼn unie of vakbond daaroor gaan kla nie.  Dit word deur Jesus se goddelike beskikking bepaal.

Uit die vraag van Petrus aan Jesus blyk dat die dissipels ʼn uitsonderlike hoë loon vir hul diens in die koninkryk van God verwag het.  Hulle het dan alles verlaat, iets wat die ryk jongman nie kon doen nie.  Petrus wou dat Jesus vir hom die winsopbrengs bepaal!   Jesus het toegegee dat die dissipels ʼn sekere voorsprong bo die ander het, maar dat hulle daarop bedag moet wees dat in die koninkryk van God die eerste laaste en laastes eerste kan wees.   En dis waarom die Here nie die hoeveelheid arbeid deurslaggewend maak nie, maar eerder die gesindheid.  Hy sien immers wat in die hart aangaan.

Let daarop dat die wingerdeienaar in die gelykenis nie van die werkers eis hoeveel werk hulle vir hul loon moet doen nie.  Wat sê dit?  Dat dit in die koninkryk van God oor gesindheid en nie oor hoeveelhede werk gaan nie. Daarbenewens gee hy ook geen vooraf aanduiding dat hy aan almal gelyke loon gaan betaal nie.

Die reaksie van die eerste werkers dui daarop dat hulle gesindheid nie reg was nie.  Hulle oog was volgens vers 15 verkeerd.   Dieselfde uitdrukking word in Mark.7:22 met afguns vertaal.  In hul afguns het hulle die ander latere werkers nie ʼn gelyke loon, iets waarop hulle geregtig was, gegun nie.  Ook by die uitbetaling het hulle verontreg gevoel t.s.v. die ooreenkoms oor loon.  Daarmee het hulle hulself as die laastes in die koninkryk van God gestel.  Dit bring ʼn onderskeid tussen selftevrede gewinsoekers soos Petrus en diegene wat hulself verloën en nederig is soos die vrou wat Jesus met haar kosbare salf gesalf het.

Die Gelykenis van die Verlore Seun bevestig ook die waarheid wat Jesus in die gelykenis van Mt.20 onderstreep - dat eerstes laaste en laastes eerste sal wees.  Die eerstes is soos die ouer broer wat aan sy vader gehoorsaam was en nooit oortree het nie.  Vir iemand wat wel oortree het, het hy geen genade gehad nie.

Die laastes is soos die jonger broer wat hom lelik in die lewe vasgeloop en toe na sy vader terug is om op niks anders as genade aanspraak te maak nie.  Sy vader het hom op grond van sy berou vergewe.   Dit dui op die vrymagtige beskikkingsreg van die huisheer oor sy eiendom.  Hy kan daarmee maak wat hy wil.  Niemand sê vir hom wat hy met sy eiendom moet doen nie!

In die koninkryk van God is loon nie meer loon nie omdat die afrekening geen menslike regsgrond het nie.  Dan is daar geen verdienste loon nie, maar slegs genade loon.  Jesus sê in die Bergpredikasie dat gelowiges bly moet wees omdat hulle weet dat hulle loon groot is in die hemele.  Dis God se genadeloon!

Wat beteken hierdie genadeloon?  Dis die ewige lewe wat Christus aan elkeen wat tot arbeid in die wingerd toegetree het skenk.  Ons kan dit nooit verdien nie.  Niemand moet ooit so dink nie.   Ongelukkig mislei Satan baie mense om te glo jy wel deur verdienste die ewige lewe kan beërwe.  Baie mense glo dat as jy kerktoe gaan, by jou gemeente betrokke is en goeie werke verrig, jy eendag tog hemel toe sal gaan.  So ʼn siening is Rooms en hoort nie by Protestante nie!  Een van die Hervormingsleuse is: Soli gratia - genade alleen.

Ons moet in hierdie gelykenis ook ʼn bestraffing van die kerklui van destyds sien.  Die Fariseërs het geglo dat hulle deur verdienste gered sou word.  Vandaar hul misplaaste ywer en Christus sowel as Johannes die Doper se bestraffing daarvan.

As daar dan nou aan almal gelyke loon betaal word, beteken dit dan dat alle menseverskille uitgesluit is?   Nee, mense is slegs in een ding gelyk – almal is sondaars voor God en kan slegs deur Christus die ewige lewe verkry.  Daarom mag niemand hom bo ʼn ander verhef en reken dat hy beter is nie.  God het ons slegs anders gemaak.  En omdat Hy in genade mense anders maak, staan sekere mense bo ander uit.  Daar is niks om op te roem nie.

Die koninkryk van God is in sy huidige gestalte soos ʼn wingerd en die Meester gaan na al die eeue vandag nog rond om arbeiders te soek.   Vir diegene wat dink dat dit veels te laat in die dag is om nog iets vir die Meester te doen, dink weer.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 15876 gaste aanlyn