Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As daar iemand onder julle is wat swaarkry moet hy bid, en as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die HERE sal hom gesond maak – Jakobus 5.
HOE HOU MENS DIT!
AGUR
E. van Nantes
Die King James vertaling verwys na “bewe” as “disquieted” terwyl Dictionary.com die woord omskryf as ‘n gebrek aan kalmte, vrede of gemak; angstigheid of onrustigheid.
Met hierdie beskrywing in gedagte kan mens die stelling maak dat die nuwe Suid-Afrika homself voorwaar in ‘n toestand van bewing bevind. En hoe bewe hierdie aarde nie!
Van die parlement in Kaapstad tot elke universiteit in die land, bewe dit. Of dit nou Zuma, opposisie partye, die efektebeurs, droogtetoestand, studente, die een of ander protes-optrede of die begrotingsrede is...dit bewe.
En hoekom bewe dit? Miskien kan die antwoord hierop in Spreuke 30, uit die woorde van Agur, vasgestel word. Alhoewel Agur in vers 2 sy gebrek aan verstand verklaar, is skrywer van mening dat Agur se woorde salf vir wonde is en gerus maar mildelik aangewend kan word. Sonder enige intensie van disrespek, wil skrywer tog sy woorde op ons huidige tydgleuf van toepassing maak in ‘n poging om dit beter te verstaan. Luister na Agur se woorde wanneer hy oor bewing praat :
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (15)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Die hofsaak in die Kaap
Die jaar 1931 was weer vir Totius ’n "lydingsjaar”. Om hom na sewe jaar op die afgesonderde Krugerskraal weer van nuuts af in die gewoel op die Bult van Potchefstroom aan te pas, was nie maklik nie. Hy moes weer voltyds sy teologiese klasse behartig en die maalstroom van die kerklike lewe het hom weer so ingetrek dat dit byna sy kragte ooreis het. Versoeke om oral in gemeentes en op die volksterrein op te tree, het eenvoudig ingestroom, want "Totius is weer terug”. Ook familiesorge het byna te veel geword. In ’n brief aan sy goeie vriend prof. Van Gelderen stort hy sy nood uit - een van die weinige briewe waarin ons Totius ooit hoor kla: "Wat my verhinder het om te skrywe is dat ons die laaste ses weke meer geswerf as geleef het.
AAN DIE VOETE VAN JESUS
Ds Andrè van den Berg
“ .... en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf” - Luk.7:38
By geleentheid loop ʼn man by ʼn klompie verveelde seuntjies verby. “Waarom speel julle nie?” vra hy. “Ons wil graag oorlog-oorlog speel, oom, maar ons kan nie” antwoord een mismoedig. “Maar waarom nie?” vra die man verbaas. “Omdat elkeen van ons die generaal wil wees” antwoord die mismoedige outjie. Dit onderstreep een van die grootste probleme van ons tyd; ʼn selfverheffing en grootheidswaan wat weg van Jesus af lei en die gelooflewe oneindige oneer aandoen.
Enersyds stoot niks jou so ver van Jesus af weg as die eie-ek nie. Andersyds bring niks jou so naby as nederige onderdanigheid nie.
DIE KLIPPE ROEP LANK REEDS UIT!
OPE BRIEF AAN ALLE OWERHEDE EN GESAGSLIGGAME
Ds Faan Visser
Tydens die sogenaamde apartheidsjare is van Kerke en geestelike leiers verwag om hulle teen apartheid uit te spreek en dit selfs aktief te beveg en tot ʼn einde te bring. Baie het dan ook daaraan meegedoen. Dit kan dan sekerlik ook van Kerke en geestelike leiers verwag word om hulle teen enige ander politieke stelsel wat menseregte misken en waar menseregte inderdaad geskend word, uit te spreek en mee te werk ten einde hierdie vergrype te beëindig.
Ongelukkig is dit so dat op die oog af daar geen begeerte by die oorgrote meerderheid Kerke en geestelike leiers is om konsekwent te wees in hulle beoordeling van onreg nie, waarskynlik uit vrees vir viktimisasie en ter wille van sogenaamde politieke korrektheid. Integriteit gaan ongelukkig in die proses verlore. Is dit omdat die “verkeerde” bevolkingsgroep in die visier is?
WEG MET BESKAWING!
Dr JJ Snyman
Terwyl die onluste in die land al meer momentum kry word die prentjie nou baie duidelik: Die beskawing moet val! Dis net die liberale idiote wat nog dink dat daar meriete in die onlusmakers se griewe is. Die res van ons Blankes (dis nou diegene wat nie aan die geldmagte uitverkoop is nie), weet van die eerste dag af dat die 1994-bestel gedoem was tot mislukking. Dit was net 'n kwessie van tyd. Al waarom dit 22 jaar moes neem was vir die vyande van die Blanke (en die Afrikaner by name) om alles in plek te kry om die laaste aanslag te loods. Duidelik dink hulle dat die laaste slag nou gelewer kan word.
Ai foeitog, en dan is daar steeds diegene wat hulle hoop op die Grondwet vestig. Wat doen die Grondwet tans vir Afrikaans? Wat doen die Grondwet om onteiening te keer! Gaan lees mooi; onteiening word goedgekeur. Ai, hoeveel keer moet ons dit nog sê: Die Grondwet is ons grootste vyand. Die enkele bepalings wat ons moet beskerm is 'n suigstokkie om aan te suig. Rome brand en die liberalis dink 'n grondwet sal ons beskerm...
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (14)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Ons Bybel en Psalmboek
Om die Bybel in Afrikaans te kon vertaal en om die Psalms in Afrikaans te kon berym - dit was eintlik Totius se grootste lewenswerk. Hy was nog maar ’n dertienjarige seun toe hy al direk daarmee te doen gekry het. Dit was 1890 in sy ouerhuis in die een vleuel van die Patriotgebou, in die Paarl. Daar het hy sy vader soms tot laat in die nag in die lig van ’n olielamp gesien - daardie geboë figuur oor die Bybels en woordeboeke. Dit het hom aan ’n kloosterheilige laat dink wat met al sy toewyding woord vir woord die ou perkamentrolle naspeur. Dit was in die dae toe ds. S. J. du Toit sy grootste armoede beleef het. Merkwaardig dat hy toe die vertaling van die Bybel in Afrikaans met die grootste passie beoefen het en dit volgehou het tot met sy dood in 1911. So het die jong seun Japie du Toit grootgeword in ’n huis waar Bybelvertaling dikwels ’n daaglikse roetine was. Die gloed van sy vader se vuur vir die saak het hy voortdurend gevoel.
Toe gaan hy in 1896 na Burgersdorp.
BESNY DAN DIE VOORHUID VAN JOU HART!
Hannes Ollewagen
Deut. 10:10-22
“Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.” (:16)
Die besnydenis was natuurlik die sigbare verbondsteken wat God aan Abraham gegee het. Hierdie teken het ‘n duidelike onderskeid getref tussen die uitverkore nageslag van God, deur die aartsvader Abraham, en die heidendom. Hierdie verbondsteken was dus onder andere ‘n teken van andersheid, van afgesonderdheid van die heidendom om aan God gehoorsaam te wees.
Die gebruik in Israel was dat ‘n persoon deur die besnydenis in die volkslewe van Israel ingelyf word. Dit was dus ‘n teken van wyding aan God in die Ou Testamentiese tyd. Ons lees egter in die Ou Testament al van die vroegste tye dat God meer van sy kinders verwag as bloot 'n uiterlike godsdienstige vertoon. Hy verwag dat sy kinders Hom sal aanhang, Hom sal liefhê met hul hele hart, siel en verstand.
AFSONDERLIKE ONTWIKKELING EN NASIONALISME
Die beleid van apartheid was niks anders nie as die praktiese uitvoering van nasionalisme. Dit gaan immers by nasionalisme om die handhawing van die eiesoortigheid; die afsonderlikheid van elke volk – presies wat die beleid van apartheid ten doel gestel het. Indien enige party of organisasie weghardloop van die beleid van apartheid, soos wat meeste gedoen het, word terselfdertyd weggehardloop van nasionalisme.
As dit dan vasstaan dat God volkere gewil het (vgl Handelinge 17), en dat volke nie deur toeval ontstaan het nie, dan spreek dit vanself dat daaruit sekere pligte en opdragte vir ‘n volk voortspruit. Een daarvan is dat ‘n volk verplig is om daardie roeping (as afsonderlike volk) te handhaaf. Dit is daarom elkeen se Christelike plig om nasionalis te wees. Owergesetsynde is die versuim op hierdie gebied sonde.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (13)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Huislike smart
Passieblomme
Drie weke lank brand die lig elke nag in die huis langs die Teologiese Skool in Molenstraat. Prof. Du Toit was op 10 Oktober 1920 maar pas terug van die uiters spannende sinode op Colesberg. Die moeilike strydpunt oor die inkorporasie van die P.U.K. (Potchefstroomse Universiteitskollege) by die Universiteit van Suid-Afrika het hom ontsettend afgemat. En nou na die terugkoms: dadelik harde werk en eksamens van studente. Maar dan so gou die pynlike gewaarwording: die eenjarige klein Francois is siek, sommer baie siek en die koors bly hoog. Miskien is dit griep, maar na ’n paar dae word dr. Boyd self baie onrustig. ’n Intensiewe ondersoek volg en die diagnose is skrikwekkend: Meningitis - breinvliesontsteking!
Dit word meëdoenlose, spanningvolle dae.
MURE VAN HEIL; POORTE VAN LOF
Ds Andrè van den Berg
“ Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie, maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof” - Jes.60:18
God het elke volk op die aarde gemaak, elkeen met sy eie taal, kultuur en geskiedenis. Hierdie eiesoortigheid is ʼn gawe van God en moet gevolglik waardeer en beskerm word. Dis soos ʼn muur wat God om elke volk bou, nie net om hulle van mekaar te onderskei nie, maar ook teen mekaar te beskerm. Want daarsonder sou geeneen voortbestaan nie.
Geen volk was meer op hulle eiesoortigheid gesteld as oud-Israel nie. Hulle was immers die enigste volk wat die ware God aanbid het. Daarom het God met hulle ʼn verbond aangegaan en hulle beveel om hul eiesoortigheid op te pas deur nie met die heidene te vermeng nie.
Ongelukkig het daar met verloop van tyd wel vermenging met heidene plaasgevind.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (18)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
God se oordeel ontvou – die eerste vier seëls
Openb.6:1-8
1. God straf die goddelose
Openb.6 volg logies op hoofstuk 4-5 wanneer die einde vinniger op die verhoog verskyn. Die seëls is God se vonnisoplegging op die sonde en word een vir een oopgemaak om die laaste oordele te laat voltrek. Ongelukkig beland gelowiges ook in die spervuur soos wat in Openb.2-3 gesien is. God se oordeelsvoltrekking is egter teen die goddeloses gemik. Sonde word nie ongestraf gelaat nie.
Die oopmaak van die eerste seël vind in die hemelse troonsaal plaas. God en Christus is by elke oordeel volledig betrokke. Christus is alreeds besig om sy Messiaanse koningskap te beoefen. Alles in die wêreld stuur op die dag van afrekening af (Jes.2:19-21;1 Pet 2:12). Die voltrekking van oordeel bring altyd skeiding mee (Joel 3:12,13; Mt.13:36-43). Die sewe seëls in Openbaring vertoon baie ooreenkoms met die drie sinoptiese Evangelies met ooreenstemmende temas soos stryd, oorlog, hongersnood, dood, vervolging en aardbewings.
ONSTABIELE S.A. - GELDMAGTE SE SKULD
WAAROM BEGEER DIE GELDMAGTE 'N ONSTABIELE SUID-AFRIKA?
Dr JJ Snyman
Dit mag vir baie mense vergesog klink om te beweer dat die Amerikaanse geldmagte 'n onstabiele Suid-Afrika begeer. Juis omdat 'n ekonomie van 'n land mos eerder floreer in stabiele en vreedsame toestande. Die probleem is net dat dit vir die geldmagte nie gaan om 'n ideale vryemark situasie in vreedsame toestande nie; of soos ons dit altyd genoem het — kapitalisme — nie, maar eerder 'n verworde kapitalisme.
Wat word daarmee bedoel? In 'n landsekonomie waar daar stabiliteit is en aan elkeen die volle geleentheid gegee word om sy talente te ontwikkel is daar kompetisie en daardie kompetisie is meestal heilsaam vir al die inwoners van die land. Dit het deurgaans as kapitalisme bekend gestaan. Die Blanke veral was ten gunste van hierdie soort kapitalisme.
Wat egter wêreldwyd gebeur het is dat sterk maatskappye die oorhand begin kry het; hetsy deur onbillike bevoorregting van regerings of deur die kleiner maatskappye eenvoudig uit die mark te dwing deur byvoorbeeld prysoorloë, ensomeer.
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (12)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Dit is tien maande ná die onthulling van die Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913 waar daar 20 000 Afrikaners vergader het om hulde te bring aan die vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het. Dit was die laaste keer in die geskiedenis waar al die Boeregeneraals nog in ’n hegte eenheid saamgebind, in geselskap verkeer het met pres. Steyn omring deur Botha, Smuts, De Wet, De la Rey, Hertzog en ander.
Nou, Saterdag 19 September 1914, stroom meer as 10 000 mense na Lichtenburg in Wes-Transvaal, want die volgende dag is die begrafnis van genl. Koos de la Rey. Nie alleen die hele land nie, maar selfs die buiteland is geskok deur die tragedie dat ’n koeël die beroemde generaal in Johannesburg getref het. Die lug is swaar van spanning. Volksemosie het by ’n breekpunt gekom, en met bitterheid word Botha en Smuts aangegluur. Ook Totius is daar - en ook al die studente - want ’n dringende boodskap na Potchefstroom het versoek dat die jong professor deel moet hê aan die leiding by die begrafnis.
WIE SIT AGTER JULIUS MALEMA?
Dr JJ Snyman
EN WAAROM...
Terwyl die publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma 'n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan die "beheerde chaos" dalk eersdaags totaal onbeheerbaar word.
Die vraag is egter: Hoe was dit moontlik dat iemand met so 'n agtergrond soos Malema, en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC die hom rug gekeer het, nou skielik soveel aanhang kan geniet? En dit sonder dat die ANC-regime, op die oog af, min daaromtrent kan doen?
Die antwoord is baie duidelik dat 'n ander mag agter Malema sit. Hyself het nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë om 'n duik te maak aan die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Feit is dat die Amerikaanse geldmagte Malema finansier én met 'n doel: Hy moet die chaos aanwakker wat die VSA graag in elke land van die wêreld wil implimenteer. Die VSA het reeds grootliks geslaag om die Midde-Ooste te destabiliseer (met net Rusland wat nog in sy pad staan), maar sy agenda sluit Afrika ook in soos Soedan, Libië en talle ander Afrikastate die bewys van is. Suid-Afrika is nie uitgesluit hiervan nie.
SOOS DIT REG IS IN U OË
Hannes Ollewagen
Jeremia 18:1-23
“Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!”
Elkeen van ons het seker al hierdie laagtepunt in ons lewens bereik, daar waar dit vir my voel asof ek ‘n volslae mislukking is – onomkeerbaar en onherstelbaar misvormd. Om vas te stel of daar grondige rede vir u is om te voel dat u misluk het, moet ons sekerlik eers vasstel wanneer iemand as ‘n mislukking beskou word. Dit is nou juis hier waar die kinkel in die kabel kom, want ons moet besluit uit watter oogpunt ons hierdie besluit sal benader. Wanneer ek praat van mislukking, dink ek daaraan as ‘n mislukking in die oë van die wêreld of dink ek daaraan as ‘n mislukking in die oë van die Pottebakker?
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (17)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Die Lam is waardig
Openb.5
1. Die hemelse erediens gaan voort
Die hemelse erediens wat in hoofstuk 4 begin is, word in hoofstuk vyf voortgesit en op die Lam oorgedra. Hoofstuk vier jubel oor die Skepper en hoofstuk vyf oor die Verlosser. Eers word God geprys waarna dit na die Lam oorgaan met die klimaks wanneer beide aanbid word (5:13; Joh.10:30). Jesus word as die Leeu uit die stam van Juda voorgestel en verskyn as Oorwinnaarslam wat geslag is (5:6). Hy neem stelling voor die troon in om die boekrol by God te neem (5:7,8). Hulle deel saam mee aan die oordeelsvoltrekking oor die goddeloses.
Die hoofstuk word grootliks aan ʼn vraag gewy: Wie is waardig om die seëls van die boekrol in God se hand oop te maak en die dramatiese fokus op die antwoord – die Leeu uit Juda. Dan volg die verassingselement wanneer nie ʼn leeu nie, maar ʼn lam verskyn.
HOE LYK JOU GETUIENIS?
Daar is die Lam
Ds Andrè van den Berg
“Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” - Joh.1:29 (Gen.22:1-13)
Net voor die herfs is tuine gewoonlik op hul mooiste. Dis ʼn lus vir die oog om ʼn goedversorgde tuin te sien en die geur van blomme te geniet. Die Bybel is ook ʼn tuin - die tuin van God se genade. Wie daardeur loop, word telkens van die prag en die geur van God se liefde vir sondaars bewus.
Een van die mooiste blomme in God se tuin van genade is die gegewendheid dat Jesus as die Lam van God gekom, gesoek en gered het (Luk.19:10). Dit staan volop in God se tuin van genade en is een van die mees geskikte blomme vir ʼn geestelike blommerangskikking by die viering van die heilige Nagmaal.
In Gen.22 lees ons van ʼn gebeure wat ʼn voorafskaduwing was van die Lam van God wat sou kom. God sê vir Abram: “Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet. Isak, en gaan na die land Moria en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys” (Gen.22:2).
Ons kan ons nooit die sielewroeging in Abraham se gemoed indink nie; al die vrae in sy hart! Waarom eis God ʼn menseoffer?
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (11)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Professor in teologie
Goeie Vrydag, 14 April 1911.
Die groot kerkplein van die Gereformeerde kerk is volgepak met kampeerders. Volgens persberigte was daar nog nooit tevore so baie mense nie. Ook die hele Potchefstroom voel die stemming van ’n naweek met sy grootse geleenthede: afskeid van die bejaarde prof. Jan Lion Cachet en die bevestiging van die nuwe, jeugdige prof. in Teologie, dr. J. D. du Toit. Dat die kerk soveel vertroue in die 34-jarige predikant van Potchefstroom gehad het om die hele teologiese opleiding aan hom toe te vertrou, het soveel byval gevind dat daar van heinde en verre belangstellendes opgedaag het. Selfs uit die buiteland is daar entoesiasme en sy bekwaamhede word hoog geroem
TOTIUS – PROFEET VAN DIE MOOIRIVIER (10)
V. E. d'Assonville
Lees reeks by TOTIUS - Profeet van Mooirivier
Predikant van Potchefstroom
Van die Paarl tot by Nylstroom ver in die Transvaal duur die reis, per trein ’n hele paar dae. Daarheen is dr. J D du Toit en sy verloofde, mej. Marie Postma einde Mei 1903 op pad na die pastorie van ds. J A. van Rooy wat met ’n ouer suster van Marie getroud is. Die aanstaande predikant-swaer het reeds toe Japie nog in Nederland was, gevra dat hy na sy terugkoms maar so spoedig moontlik na Nylstroom moet kom. In Transvaal is daar ’n ernstige tekort aan predikante, en die verwagting is dan ook dat Japie baie gou ’ n beroep sal kry. Kom maar eers na ons in Nylstroom!
Die tog na die noorde is egter met opgewonde, gemengde gevoelens. Oor die wydtes van die Karoo wat hy reeds so lief gekry het. En die Vrystaat! Maar nou is dit ’n bleek-vaal aarde. En die eerste ryp het reeds geval.
Velde vol vaalheid
met blekende gras –
die menslike vlees
verdorrend so ras...
HOE VOL IS U LAMP?
Hannes Ollewagen
Matt. 25:1-13
“Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.” (:13)
Ons lees in hierdie gedeelte van tien maagde wat gewag het op die koms van die bruidegom om hom te ontmoet. Die een helfte het die saak en die koms van die bruidegom met groter toewyding en gereedheid as die ander helfte aangepak. Hierdie toewyding en gereedheid was einde laaste hulle behoud en het vir hulle die vreugde van die bruilofsmaal ingehou terwyl die maagde met minder ywer die geleentheid misgeloop het.
Dit gaan in ons hedendaagse lewe ook nie anders nie. Daar is soveel mense, organisasies en kerke wat hulself besig hou met godsdienstigheid omdat hulle bewus is van ‘n bruidegom wat dalk een of ander tyd sy opwagting moet maak. Die vraag is egter of die nodige erns egter gemaak word om ‘n gemeente as ‘n kosbare bruid te versier vir Jesus Christus se wederkoms na die aarde?