Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou lewe lank sonder pyn wil lewe, moet jy òf 'n lyk, òf 'n god wees. Weet dus seker dat jy in jou lewe sal ly. Maar daar is 'n troos: troos jy ander teen hulle lyding, dit help.
AFRIKANER-LIBERALISME (6)
Lees reeks by Afrikaner-liberalisme
'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.
DIE LIBERALISME (SLOT)
Prof. P.S. Dreyer
Die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika was die bereiking van 'n ideaal waarvoor ons eeuelank gestry het. Dit was 'n groote gebeurtenis maar dit het die Afrikaner gerus gemaak, asof die stryd nou klaar gestry is en ons nou maar kan verslap. Dit het die strak lyne van ons beginsels, waardes en norme laat vervaag, ons oë vir ander moontlikhede oopgemaak, die streng eise wat ons aan onsself gestel het, ligter gemaak en veral by die jonger mense groter klem op ander as die tradisionele waardes en norme gebring.
Hiermee hang die segetog van die Nasionale Party saam. Vanaf 1948 het die Party net sterker geword, en dertig jaar later was dit sterker as ooit tevore. Verder het die Afrikaner in die Party se beleid van afsonderlike ontwikkeling die resep gevind waarin hy onwrikbaar geglo het as die oplossing van die volkereverhoudingsprobleem in ons land.
HERVORM ONS, O HEER!
Hannes Ollewagen
Jeremia 18:1-23
“Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” (:6).
Die weg na volksplanting vir die Afrikaner is gebaan deur die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap om ‘n verversingspos op te rig. Die opdrag aan van Riebeeck was duidelik deur sy meesters in Nederland, wat in beheer was van die VOC, uiteengesit – ‘n halfwegstasie aan die Kaap was die enigste doelwit. Kolonisasie moes ten alle koste vermy word.
Terwyl Jan van Riebeeck poog om hierdie opdrag uit te voer in diens van sy meesters van die VOC, word hy (dalk selfs onwetend) deur ‘n Hoër Hand gebruik as ‘n instrument met ‘n ander doel.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (24)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Getuies tot die dood toe
Openb.10
1. Die rol van die gelowiges
Die oorkoepelende tema van Openb.10 +11 is: Gaan maak die Woord van God bekend. In die vertelling van die sewe seëls (Openb.6) word die verloop van die vertelling na die sesde seël onderbreek deur die rol van die gelowiges uit te spel voordat daar na die sewende seël beweeg word. Dieselfde patroon word daarna ook met die sewe basuine gevolg. Ná die sesde basuin word daar eers aandag aan die posisie en plek van die gelowiges gegee voordat die sewende basuin geblaas word.
Wie is hierdie gelowiges? Diegene (144,000) wat simbolies verseël is en waardeur God bevestig dat hierdie gelowiges sy kosbare eiendom is. Hulle speel ʼn betekenisvolle rol in die eindtyd want hulle maak die Woord van God aan die nasies bekend.
SOETIGHEID UIT DIE STERKE
E. Van Nantes
“Die regering se aankondiging dat hy nie die omstrede geblikte leeubedryf in Suid-Afrika gaan verbied nie, kom nadat veldtogte die afgelope maande wêreldwyd teen dié bedryf begin is.”[1]
Leeus wat in aanhouding geteel, net om later aan jagters beskikbaar gestel te word, staan bekend as “geblikte leeus”. Hierdie leeus word tipies in ‘n klein kampie aangehou sodat die leeu nie kan ontsnap wanneer die “jagter” kom om sy trofee te haal nie.
Die aanval op ‘n bekende ekonoom en sy gesin in hul woning op ‘n veiligheidslandgoed in Pretoria, was ‘n paar maande gelede groot nuus in die hoofstroom media. Die verwantskap tussen ‘n geblikte leeujag en hierdie tipe aanval is baie duidelik wanneer die jagters, die klein kampie en die leeu soos ‘n Hollywood film voor jou geestes-oog verby rol.
Of die aanval nou op ‘n plaas, binne die omheining van ‘n veiligheidslandgoed of op ‘n snelweg plaasvind, is totaal irrelevant. Wat wel relevant is, is dat die blanke moet begin besef dat hy ‘n teiken is van verskeie soorte jagters.
DE WET (9)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Lord Roberts besef nou dat as hy die Republikeine tot vrede wil dwing, hy eers vir Christiaan de Wet moet onderkry. Hy werp dus nie minder nie as 25 000 troepe met bykans 100 kanonne in die stryd om De Wet in die noordoostelike hoek van die Vrystaat vas te druk en sy kommando’s te vernietig.
Hierdie bedreiging is egter niks teen die bedreiging wat van binne kom nie. Daar is van die Vrystaatse bevelvoerders wat genl. De Wet se posisie as hoofkommandant in twyfel trek! Hulle beweer dat hy nie behoorlik verkies is nie, maar slegs deur die President aangestel is. Dit is nie nodig vir De Wet om hom hieraan te steur nie, want volgens die regte wat die President besit, is sy benoeming heeltemal geldig. Hy wil egter die vrywillige ondersteuning en lojaliteit van die burgers hê, dus belê hy ’n vergadering wat deur homself en 29 ander senior offisiere bygewoon word. Hyself, sy broer Piet de Wet en Martinus Prinsloo word benoem. Toe die uitslag bekend word, is daar ’n groot gejuig. Nie minder nie as 27 van die manne het vir De Wet gestem.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (23)
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Ds Andrè van den Berg
Die laaste drie basuine
Openb.9; 11:14-19
1. Profetiese waarskuwings
Die laaste drie basuine word deur ʼn paar profetiese waarskuwings vooraf gegaan wat die wee-uitsprake genoem word. Die eerste een word deur ʼn engel (8:13) aan die aardbewoners (goddeloses) gerig – hulle gaan teëspoed optel sodra die laaste drie basuine geblaas word!
2. Die vyfde basuin
Wanneer die vyfde engel op sy basuin blaas, val ʼn ster uit die hemel op die aarde. Dis ʼn hemelse boodskapper wat God van die hemel af laat kom het om ʼn opdrag uit te voer. Hy het die sleutel van die onderaardse diepte – die plek van dooies en bose geeste (Luk.8:31). Dis ook ʼn tronk wat die dier huisves (Openb.13:1) en woonplek van Satan (Openb.20:1-3).
Wanneer dit oopgesluit word, borrel rook daarby uit soos van ʼn groot oond. Dit lui die komende vernietigende oordeel van God in. Die rook is so dig dat dit die son verduister!
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (22)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Basuine kondig God se oordeelsvoltrekking aan
Openb. 8
1. Soos die plae in Egipte
God se verdere oordeelsvoltrekking word as sewe basuine wat geblaas en sewe bakke wat uitgegooi word, opgeteken. Die eerste vier basuine laat ons aan die plae in Egipte dink waardeur die Farao moes ontdek dat God die Almagtige is. In hierdie konteks is dit alle konings en leiers wat Satan as heer het en hul teen God verset en sy kinders vervolg. God gee vir sy eiendom (144,000 verseëlde gelowiges) om en straf die onreg. Deur die basuine en bakke toon God dat Hy in beheer van die wêreldgeskiedenis is en met sy volk op pad na die nuwe beloofde land – die nuwe Jerusalem.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (21)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Feesviering in die hemel
Openb.7: 9-17
1. Hemelse heerlikheid
Al die gelowiges op aarde gaan saam met God en die Lam in die hemel fees te vier; ʼn belofte wat Christus selfs by wyse van ʼn gelykenis toegelig het (Mt.25). By daardie geleentheid sal al die feesgenote wit klere dra met palmtakke in die hande. Laasgenoemde sinspeel op die OT se Tabernakelfees. Die feesgenote se vreugde sal geen einde ken nie. Johannes skryf dit sodat die gelowiges wat swaar gekry het moed moes skep. Al was die pad stamperig, was die aankoms by die bestemming gewaarborg en die einde salig!
Johannes sien hoe ʼn groot menigte verlostes vir die feesviering by mekaar kom. Dit was ʼn antwoord op die noodkreet van die martelare (Openb.6:9-11). Die getal moes eers vol wees voordat die fees kon begin en nou is die fees daar vir diegene wat volhardend oorwin het!
DE WET (8)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Toe die Vrystaatse kommando’s ontbind en die burgers huis toe gaan, glo lord Roberts die stryd is gewonne. Hy wil die burgers egter nog meer rede gee om nie weer die wapens op te neem nie.
Hy vaardig dus ’n proklamasie uit waarin hy die burgers wat rustig tuis bly en nie verder aan die stryd deelneem nie, beloof dat hulle nie gesteur of gemolesteer sal word nie. Baie burgers glo hom en besluit dat wat hulle betref, die oorlog verby is.
Ondertussen vergader die leiers van die twee Republieke op 20 Maart by die Sandrivierbrug om krygsraad te hou. Pres. Steyn is voorsitter en hy, pres. Kruger en genl. De Wet dring daarop aan dat die stryd met die grootste beslistheid voortgesit moet word. Op aandrang van genl. De Wet word daar ook besluit dat in die toekoms net met perdekommando’s geveg sal word en dat die walaers afgeskaf moet word.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (20)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Die 144,000 verseëlde gelowiges
1. Die tussen-toneel
Openb.7 is ʼn tussen-toneel wat op die oopmaak van die vreesaanjaende sesde seël volg. Die oopmaak het die gelowiges beangs gelaat. Daarom die neutrale vraag in 6:17: Wie kan staande bly? Hoofstuk 7 wil die gelowiges wat volhard, verseker dat God die Eienaar en Beskikker is van almal en alles wat onder sy beheer val. Dit moet gelowiges nie paniekerig maak nie. Die oordeelsvoltrekking is immers op die goddelose gemik. Die gelowiges sal staande bly omdat hulle op die voorkop as God se kosbare eiendom gemerk is. Openb.7 moet gelowiges help om perspektief te behou. Hulle moet nooit die groot prent van God se verlossing en hul status as verlostes uit die oog verloor nie. God se hand is op die swartbord!
DE WET (7)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Indien genl. Cronje hier by Paardeberg gedwing word om met sy 4 000 burgers oor te gee, sal dit niks minder as ’n ramp vir die Republieke wees nie. Genl. De Wet beskryf later self sy indrukke:
"Welk een toneel vertoonde zich aan ons! Overal rondom het lager stonden de Engelsche kanonnen, en van alle kanten werd het allerverschrikkelijkst gebombardeerd. Van het ongelukkige lager rees er een wolk - een donkerroode stofwolk - waar de granaten op den grond vielen en denzelven opwroetten.
"Wat zouden wij doen?
"Wij besloten Lord Roberts onverwijld aan te vallen waar zijne machten het naast bij ons waren.”
Hy pleeg oorleg met asst.-genl. Philip Botha en hulle besluit om twee punte in die vyand se linie aan te val en te beset. Die eerste is ’n rotskop en die ander die opstal van die plaas Stinkfontein.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (19)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
God se oordeel ontvou – die laaste drie seëls
Openb.6:9-17 en 8:1
1. Die vyfde seël
Wanneer die vyfde seël oopgemaak word, sien Johannes die siele van hulle wat weens hul getuienis oor Jesus doodgemaak is. Johannes sien hier ʼn tempeltoneel in die hemel en die noodkreet van die martelare aan die voet van die altaar sonder die uitroep van ʼn hemelse wese of engel soos met die ander seëls.
Wie is hierdie martelare? Hulle wat in die konflik tussen gelowiges en ongelowiges om die lewe gebring is en God om vergelding vra. Durf ʼn gelowige God om wraak vra? Het Jesus dan nie juis in sy Profetiese Rede van die groot vervolging gepraat wat vir die gelowiges aan die einde van die tyd voorlê nie? Hy het gesê dat gelowiges voor howe gesleep, geslaan, gehaat en self gedood sal word (Mark.13:9-13).
Hierdie siele onder die altaar moet teen die agtergrond van die offerkultus verstaan word. Die bloed van die offerdier is aan die voet van die altaar opgevang.
OM VIR HOM LEWEND TE WEES!
Hannes Ollewagen
Romeine 6:1-23
“So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” (:11).
Ek wonder hoeveel mense van Jesus Christus weet, maar nog versuim om Hom waarlik te dien? Daar is soveel mense wat reken dat hulle geloofsbelydenis in Jesus binne 'n paar minute voor ‘n kansel afgehandel word waarna hul met hul eie lewe en planne kan voortgaan. Die ligsinnigheid waarmee hierdie verbintenis aan Jesus Christus voltrek word verskil nie veel van die ligsinnigheid waarmee mense deesdae huweliksbeloftes aan mekaar maak nie. Laasgenoemde siening wek vir ons ‘n beter begrip waarom hierdie verbintenisse in die huidige samelewing so maklik inmekaar tuimel.
GENL C DE WET VERTEL
" Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het - hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie. "
Op 7 Oktober 1854 is die grootste krygsman van Suid-Afrika, Christiaan Rudolph de Wet, in 'n eenvoudige hartbeeshuisie op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, Oranje-Vrystaat gebore. Die onderskeiding om die grootste krygsman van Suid-Afrika te wees, het hy waarskynlik gedurende die Anglo-Boereoorlog verwerf.
Genl de Wet vertel:
DE WET (6)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Vroeg die volgende oggend jaag genl. De Wet die groepie manne wat by hom is uit die komberse. Van nou af sal hulle bekend staan as sy "staf” en kan hulle verwag dat hy die hoogste eise aan hulle sal stel. ’n Aantal van hulle sal later bekendheid verwerf. Daar is sy seun Kotie, wat sy sekretaris is, nog 'n seun Izak, Albert Nussey wat later tot die hoogste rang in die Unie se verdedigingsmag sou styg en David Hennop, die hoefsmid van die groepie, 'n uitstekende verkenner en die beste swemmer onder die klomp. Later in die dag sou nog ’n jong burger lid van die Generaal se staf word, ’n jongman wat ’n besondere rol in die Generaal se lewe sou speel.
DAAR IS DIE LAM
Ds Andrè van den Berg
“Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” - Joh.1:29 (Gen.22:1-13)
Net voor die herfs is tuine gewoonlik op hul mooiste. Dis ʼn lus vir die oog om ʼn goedversorgde tuin te sien en die geur van blomme te geniet. Die Bybel is ook ʼn tuin - die tuin van God se genade. Wie daardeur loop, word telkens van die prag en die geur van God se liefde vir sondaars bewus.
Een van die mooiste blomme in God se tuin van genade is die gegewendheid dat Jesus as die Lam van God gekom, gesoek en gered het (Luk.19:10). Dit staan volop in God se tuin van genade.
In Gen.22 lees ons van ʼn gebeure wat ʼn voorafskaduwing was van die Lam van God wat sou kom.
VRYHEID VAN DIE AFRIKANER?
Hannes Ollewagen
Is dit nie ontstellend om te sien hoe skaam mense is om Afrikaners te wees nie? Gesien in die lig daarvan dat ons allerweë as ‘n Christelike volk beskou word, moet ek die eerste twee gebooie van die Wet van God in herinnering roep.
Wanneer ons die Wet van God in Exodus 20 en Deuteronómium 5 saamlees met Matt. 22 (Die Groot Gebod), word die volgende vir ons baie duidelik:
Ons moet die HERE ons God liefhê met ons hele wese en ons moet Hom volgens sy voorskrifte dien en uit liefde aan Hom gehoorsaam wees. Ons moet ons naaste liefhê soos wat ons onsself liefhet.
Die argument wat betrekking het oor hoe ver die kring getrek moet word wat my naaste sal insluit, is ‘n argument vir ‘n ander dag. Wat wel op hierdie stadium onweerlegbaar is, is dat my volksgenote deel vorm van hierdie omskrywing.
PASGA – DIE EERSTE PAASFEES
Ons vier vandag weer Paasfees en bring hierdie dag soos 'n Sondag deur. Waar kom die idee van Paasfees vandaan? Kom ons kyk weer na die oorsprong daarvan.
Met elke plaag wat Egipte getref het, het die Israeliete ʼn magsdaad van God aanskou. Dit het groot spanning met die Egiptenare veroorsaak. Toe Moses aankondig dat God deur Egipte gaan trek en al die eersgeborenes sou ombring, het die Farao weereens nie geluister nie. Israel sou weer oorgesien word, maar dié keer nie sonder ʼn sigbare geloofsdaad nie (Hebr.11:28). Elke huisgesin moes ʼn lam slag en die bloed aan die kosyne smeer sodat die doodsengel die huis nie besoek nie.
DE WET (5)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Die Republiek van die Oranje-Vrystaat stoot sowat 20 000 burgers in die veld. Hulle word in agtien kommando’s verdeel. Van hierdie aantal ruk nagenoeg 6 000 man op na die Natalse grens om die verskillende passe in die Drakensberge te beset. Daar sluit hulle aan by die Transvaalse magte wat uit Johannesburg, Pretoria; en Oos-Transvaal aankom.
Die res van die Vrystaatse magte moet die westelike grens van die Republiek verdedig, ander moet die Kaapkolonie oor Norvals-pont binneval en die laaste groep moet die grens van Basoetoland bewaak. Die totale aantal Transvaalse burgers wat onder wapen gebring word, is omtrent 30 000.
NET EEN WARE, ALMAGTIGE GOD
Hannes Ollewagen
2 Konings 19:1-37
”Maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas. Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.” (:27 & 28)
In 2 Konings 17 lees ons hoe Israel (die tien stammeryk) deur die Assiriese ryk in ballingskap weggevoer is. Die rede hiervoor is dat God hulle oorgegee het aan hierdie heidense onderwerping en vernedering omdat die volk Israel aanhoudend van God afvallig geraak en Hom getart het deur agter die heidense afgodery aan te loop.