Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kundigheid vloei soos ‘n sterk stroom deur ‘n eerbare volksleier se lewe sonder dat hy daarmee te koop loop. Hy dra dit soos ‘n sakhorlosie uit die oog en haal dit net uit as iemand daarna vra.
UIT DIE VUUR GERUK...
...EN MET FEESKLERE BEKLEE!
Hannes Ollewagen
Sagaría 3:1-10
“Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?”
Was elkeen van ons nie maar soos ‘n brandhout in die vuur voordat ons tot geloof in Christus gekom het nie? Ons het ook maar gelê en smeul terwyl die wêreld en sy begeerlikhede ons lewens stukkie vir stukkie weggeteer het totdat Hy ons soos ‘n brandhout uit die vuur geruk het!
Die Satan sal ons dan ook gedurig probeer aankla maar mag God hom ook in ons lewens bestraf. Wanneer ek my skuld voor die voete van Jesus Christus neergelê het met opregte berou daaroor, wie is die Satan dat hy my verder sou beskuldig? Wanneer die Regverdige Regter my vrygespreek het, is daar geen skuld meer oor nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (42)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
NOU WIE IS DAN DIE SKULDIGES? (1)
‘n Drama in telegramstyl
Ons het nou gekom by een van die aangrypendste episodes van hierdie tragiese tyd, naamlik die onvermoeide pogings van die mees vermoeide leier om die burgeroorlog te keer. Dis die titaniese stryd van president Steyn om die herstel van die onderlinge vrede. Die president was deur die Driejarige Oorlog liggaamlik heeltemal geknak, sodat hy sy woning, Onze Rust, anderkant Bloemfontein nie kon verlaat nie, maar sy hoof was nog so helder soos in sy beste dae, en sy hart was vol van vaderland liefde vir sy swaar beproefde volk. President Steyn was die volk, die Afrikanervolk. Al die menigvuldige smarte van die volk moes hy dra. Maar hy kla nie. En as ‘n laaste poging om vergieting van broederbloed teen te gaan, probeer hy selfs, in weerwil van die ernstige waarskuwings van sy dokter, om ook in die veld te gaan met die doel om genls. De Wet en Beyers saam te bring vir besprekings met die regering. Maar dis deur die onwillige optrede van genl. Smuts verydel.
LEEF HEILIG
Ds Andrè van den Berg
“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig wees” - 1 Pet.1:15
Is jy heilig? Die meeste mense sal sê: “O, nee, daarvoor sondig ek te veel!” Nee, heilig beteken nie sondeloos nie, anders sou die oproep in die teksvers baie onbillik gewees het. Heilig beteken om afgesonder of opsy gesit te wees; dit wat God van gelowiges verwag. Ons moet anders as die wêreld wees; vir God afgesonder en opsy gesit. “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed...” (Rom.12:2).
God is heilig en wil soos ʼn goeie vader dat sy kinders in sy voetspore volg.
God se heiligheid het nie net Israel se godsdiens, maar ook hul volkslewe oorheers. Hulle het in hul godsdiens daarna gestreef om heilig te wees omdat hulle geweet het dat ʼn onheilige nie voor God kon staan nie en sy onguns te wagte was.
WAARMEE IS JÝ BESIG?
Hannes Ollewagen
Matt. 24:45-51
“Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.” (:46).
Die gedeelte in vers 45 van die gelese gedeelte beteken nie dat slegs die herders en leraars besig moet wees om die Woord te bedien wanneer die Heer van ons huis sal terugkom nie. Die vraag in vers 46 word aan elke ware gelowige in Jesus Christus gestel, nl. waarmee sal Hy jou besig vind wanneer Hy kom?
DIE LES VAN MENSEREGTE
DIE NOODTOESTAND IN FRANKRYK – EN AK47's
Leonard van der Dussen
Meer as 150 mense is dood in ‘n blatante aanval met AK47’s en bomme in ‘n gegoede deel van Parys. Op Europese grondgebied. In ‘n belangrike vennoot van die Europese Unie.
Die beriggewing gebruik nie die woord “masjiengeweer” of “semi-outomatiese geweer” nie, maar verwys na AK47's. Vir Suid-Afrika en veral die Afrikaner is ‘n term soos “AK47” deel van die uitdrukking van weersin in terrorisme. Ons ken dit goed: die bosoorlog is teen AK47-toegeruste terroriste gevoer. Die wêreld se blaaie is nou vol van ‘n verskriklike aanval op weerlose mense. Volgens berigte is baie van hulle in ‘n konsertsaal van die gallerye af koelbloedig met die AK47's afgemaai, en daar was verdere aanvalle in die Franse café-belynde strate in dieselfde omgewing, beide met die gewere en bomme.
In Suid-Afrika loop Robert McBride vry rond, ‘n erkende bomplanter in ‘n gesinsrestaurant waar mense so vermoor is. Nelson Mandela het nooit geweld afgesweer nie. Die skoolboeke is te vol van die beeld van ‘n wyse vredemaker, ‘n simbool wat die toppunt geword het van die propaganda waarvolgens Suid-Afrika en die Afrikaner eintlik “gesoek het” vir die terroriste-aanvalle, wat in ‘n meer bekende voorval soos die Kerkstraatbom in 1983, waarin ses mense dood en tientalle beseer is, vergestalt het.
MAAR EK EN MY HUIS...
...ONS SAL DIE HERE DIEN
Ds Andrè van den Berg
“ ... kies dan vandag wie julle wil dien.... maar ek en my huis, ons sal die Here dien” - Jos.24:15
Ons nader, wat die kerklike jaar betref, Advent; die tyd wat na Kersfees oploop wanneer ons kersliedere begin sing en daaraan dink dat Christus na die aarde gekom het om gebroke mense heel te maak. Christus het tot ons heil gekom; Hy het dit wat stukkend was, kom heelmaak. Die mens is deur sy eie sondige toedoen ʼn gebroke mens. Sonde breek alles – mense en volke.
Na die aankoms en vestiging in Kanaän het Israel rustig geraak. Elke stam het sy beloofde grondgebied gekry en almal was tevrede. Hierdie rustigheid het deur die jare wat gevolg het tot ʼn geestelike onverskilligheid gelei.
In die woestyn was Israel vir hul daaglikse versorging van God afhanklik wat hul van kos en water voorsien het.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (Slot)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Die Roomse strewe
1. Een wêreldkerk
Rome het een doel voor oë: een allesomvattende, gesentraliseerde kerkgesag in ʼn Nuwe Wêreldorde of om dit anders te stel, ʼn herlewing van die Heilige Romeinse Ryk. In 1996 het die Vatikaan selfs ʼn gedenkmunt laat druk met die kop van pous Johannes Paulus II daarop as ʼn Romeinse keiser uitgebeeld.
Rome se strewe na ʼn een wêreldkerk- en hofsisteem het in 1999 fisiese gestalte begin verkry met die stigting van ʼn wêreldhof. Dit het die son-wiel logo van die Vatikaan op die briefhoof en webblad. Die eenwêreldkerk is ʼn jaar later van stapel gestuur met die pous as hoof en die Vatikaan as hoofkwartier.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (4)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Heidense simbole en gebruike
1. Menseverering
Nêrens ter wêreld word een mens soos God verheerlik soos in die Vatikaan nie. Miljoene mense vereer en aanbid die pous op afgodiese wyse. Ander buig weer in weerwil van God se verbod in Ex.20:5 voor die pous neer. Tydens inwydingsgeleenthede lê jong priesters selfs uitgestrek voor hom.
Die pous word selfs internasionaal bewonder. Oud president George W Bush het by geleentheid gesê dat as hy in die pous (Benediktus XVI) se oë kyk, hy God sien. Die pous is in werklikheid niks anders as ʼn moderne weergawe van die Babiloniese songod nie.
Roomse simbole en ampsdrag laat ʼn mens wonder wie eintlik in die RK aanbid word? Heidene gebruik graag godsdienssimbole om hul gode mee te vereer. So ook Rome.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Die ampte
1. Profetiese waarskuwings
Wanneer die satan hom soos ʼn engel van die lig voordoen en mense mislei, begin hy altyd met ʼn waarheid waarna hy onwaarhede daaraan toevoeg. Gevolglik is die enigste manier om die leuen van die waarheid te onderskei, om alles wat verdag voorkom aan die Bybel te toets. “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid” (Joh.17:17). So vertoon Roomse ampsdraers byvoorbeeld ʼn rol wat totaal vreemd aan die Bybelse voorskrifte vir kerklike opsieners is (I Tim.3:1-7).
Rome huisves ʼn magdom van oorlewerings, leerstellings en heiden-tradisies wat teen die waarheid van die Bybel indruis. Jesus waarsku: “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie” (Mark.7:7,13).
'N POSITIEWE TOEKOMS- VERWAGTING!
Dr SH Gregan
As long as whites continue to avoid and deny their own racial identity . . . [they] will have no chance to resist their dispossession and their eventual and possible physical destruction. - Samuel Francis
In die vorige artikel is daarop gewys dat die Afrikaner opgesaal sit met 'n negatiewe toekomsverwagting. Dit is die sleutel tot sy eie selfmoord aangesien geen volk dit kan bekostig om geen toekoms vir homself in sy eie land te sien nie. Dis tog voor die hand liggend — negatiwiteit kan niks positiefs voortbring nie.
Die vraag is nou of daar enige moontlikheid bestaan om hierdie situasie om te keer na 'n positiewe uitkyk. Ek is van mening dat dit net kan gebeur indien die Afrikaner 'n metamorfose ondergaan wat betref sy denke en persepsies oor meeste sake in hierdie land. Waarvan ek praat is vir meeste 'n taboe. Dit is bewys daarvan hoe die nuwe stelsel die Afrikaner meegesleur het dat hierdie alternatiewe nie eers bedink (mag) word nie. Nogtans is dit noodsaaklik dat dit gelys en bespreek word.
Eerstens moet besef word dat die grondwet die grootste vyand van die Afrikaner is.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
Die sakramente en Maria-verering
Die sakramente
1. Die doop en bieg
Die Bybel leer dat daar net twee sakramente is – die doop en die nagmaal. Rome het sewe sakramente waarvan die doop, boetedoening en die misoffer die belangrikste is omdat God daardeur sy genade in besonder aan sondaars skenk. Altans so glo die RK.
Sy dwaal om te glo dat die doop die wedergeboorte is waardeur God erfsonde vergewe. Alle sonde wat na die doop gepleeg word, kan net deur boetedoening en deelname aan die misoffer vergewe word. Dit beklemtoon opnuut die RK se kerndwaling dat Christus se kruisdood nie genoegsaam vir redding is nie, maar deur sakramente aangevul moet word.
Die bieg is vir Rome baie belangrik. Sy glo dat sondaars wat deur sonde van God se genade verval het, dit deur te bieg kan regstel. Die Konsilie van Trent (16de eeu) verklaar dat indien iemand na sy doop sondig, ʼn priester nadat daar gebieg is, die nodige vergifnis van sonde kan skenk.
'N NEGATIEWE TOEKOMS- VERWAGTING?
TUSSEN SOSIALISME EN GEKLIKWEES IS DAAR MAAR MIN...
Dr SH Gregan
Terwyl die tweede fase van die kommunistiese revolusie begin stoom kry en die land se wiele duidelik besig is om af te val, is die vraag: Wat nou gemaak in hierdie omstandighede?
Dis reeds baie duidelik dat die studente-onrus oor baie meer gaan as blote studiegelde. Dit gaan daaroor om die laaste vestings van die Blanke te vernietig. Daarom is die pogings van studente (hoe verdienstelik ookal) om Totius se standbeeld op die Noordwes-kampus van die Pukke te beskerm, futiel. Dis futiel omdat hulle rektor en sy hele raad slapgatte is. 'n Beter woord om sulke lafhartigheid te verwoord ontbreek ongelukkig. Terwyl studente nog iets van hulle patriotisme wys, gee die owerhede van Afrikaanse kampusse oor en lieg hulle vir studente oor die uiteinde van hulle oorgawe-mentaliteit.
In 1983 het enkele studente aan die RAU gewaarsku dat dit nie sal eindig by 'n kwota anderskleurige studente nie, maar dat RAU van gedaante sal verander deur die toelating van Swartes. Hulle is toe uitgelag.
DIE SEËN VAN PROTESTANTISME (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE SEËN VAN PROTESTANTISME
ʼn Omwenteling
Inleiding
Omdat Satan vir Christus hartstogtelik haat, maak hy van baie metodes gebruik om die kerk as die liggaam van Christus te probeer vernietig. Na die ontstaan van die Christelike kerk het hy dit eers met vervolging probeer dooddruk. Toe dit nie slaag nie, het hy met dwaalleringe in die boesem van die kerk opgeduik en die kerk met vyande in haar eie geledere aangeval.
Johannes was deeglik bewus van hierdie Satansagente en waarsku gelowiges: “Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (I Joh.2:19).
Satan se aanhoudende aanslae teen die kerk het later ʼn bres in die kerkmuur veroorsaak waardeur heiden-elemente die kerk binnegesypel het. Daarna het die kerk heidense gebruike begin huisves wat met verloop van tyd so ingebed geraak het, dat mense nie meer geweet het wat reg of verkeerd was nie. In plaas van die kerk wat die wêreld binnedring en lig in die duisternis bring, het die wêreld die kerk binnegedring en die lig van die Evangelie verdof en die Roomse Kerk (hierna RK of Rome genoem) ontstaan.
SEWE STERRE
Ds Andrè van den Berg
“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou” - Openb.1:16
Baie jare gelede het argeoloë ʼn merkwaardige fonds in Griekeland gemaak toe hulle op ʼn paar baie ou grafte afgekom het wat uit die sesde eeu v.C. dateer het. In een van die grafte het hulle die geraamte gevind wat iets in sy benerige hand styf vasgeklou het. Toe die vingers versigtig oopgemaak is, het ʼn goue muntstuk uit die hand geval.
Kundiges het gou agter die kap van die byl gekom. Hierdie muntstuk in die hand van die 25 eeu-oue geraamte was reisgeld; nie vir ʼn aardse reis nie, maar na die ewigheid. Die ou Grieke het geglo dat as jy sterf, jy op ʼn baie lang en gevaarlike reis na jou eindbestemming gaan waarvoor jy geld nodig gehad het. Hoe meer hoe beter.
So ʼn reisiger moes ʼn aantal riviere oorsteek.
WIE IS DIE SKULDIGES (41)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS (3)
Die derde en Iaaste Kopjesvergadering was op 22 Oktober. Wat daar beslis sou word, kon mens al vooraf gesê het, naamlik dat niks meer 'n rebellie kon keer nie. Al op die eerste byeenkoms - dis op 23 September - het genl. De Wet vir die mense Iaat weet: "Ons het nou weer 'n besluit geneem om die regering te soebat om huIIe goddeIose politiek te Iaat vaar, maar dit sal ons Iaaste smeekbede wees”. En toe die regering hom nie eers verwerdig om notisie van daardie besluit te neem nie, het genl. De Wet gereken dat die tyd van aksie nou aangebreek het. Op die tweede byeenkoms, op 13 Oktober, was hy dit nie met sy dertien vriende eens nie, naamlik dat daar 'n deputasie na die Eerste Minister gestuur moes word. Dit sou vrugteloos wees. En dit was vrugteloos — en nog erger: dit het die kwaai bloed nog kwaaier gemaak.
ONS LEWENS- WANDEL...
...TOT SY EER
Hannes Ollewagen
‘n Mens hoor so gereeld hoe mense die kerk die skuld vir hul verkeerde lewenswandel gee. Die verskoning dat die kerk hulle nie van beter geleer het nie is maar 'n deursigtige een.
Die feit dat die kerke in Afrikanergeledere lelik ontspoor het, is nie te betwyfel nie. Dit kan egter nie deur gelowiges misbruik word as ‘n verskoning om ‘n lewe van sondigheid en obsessiewe sinsgenot te leef en dan agter die verskoning weg te kruip dat jy nie van beter geweet het nie omdat die kerk jou nie geleer nie. Het ‘n mens dan net op ‘n Sondag by die kerk toegang tot jou Bybel of is dit die enigste plek waar ‘n mens kan bid en God in gedagtenis kan bring? Is daar geen ander tyd gedurende die week om Bybelstudie te doen nie?
Hoe dit ookal sy, ons kyk hier na die suiwer lering in Titus 2 om te sien wat dit is wat God van sy kinders verwag.
WIE IS DIE SKULDIGES (40)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS (2)
Die tweede ontmoeting op Kopjes was op 13 Oktober. Die regering se "Bekendmaking of Manifest” oor Maritz was die vorige dag gepubliseer; ook die krygswet. Ook het die opkommandeer van burgers begin. In die Vrystaat het die regering tot op daardie datum hom sorgvuldig daarvan onthou, maar nou het dit die provinsie ook getref en grote, bittere ontsteltenis verwek.
Die tweede Kopjesvergadering was bedoel om te oorweeg wat toe gedoen moes word, want die regering het van die dringende smeekbedes wat deur die vergadering op Lichtenburg en ander plekke geneem is, geen die minste notisie geneem nie. Daar het mense van verskillende kante opgekom, maar aan hulle is beduie dat die vergadering privaat sou wees en net sou bestaan uit sewe afgevaardigdes van Transvaal en ’n gelyke getal van die Vrystaat.
HERVORMINGS- DAG – 31 OKTOBER
Ds AE van den Berg
Hierdie dag word in die Protestantse Kerke as die begin van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste daaraan herdenk. Die datum is dié dag waarop Martin Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het.
“Voorwaar , voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”;
“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uitgeloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe” - Joh.3:3 en Rom.1:17.
Die Roomse Kerk (RK) glo dat sy die oorspronklike kerk is en dat almal wat nie aan haar behoort nie, hel toe gaan. Vandaar die geykte uitspraak: Daar is geen saligheid buite Rome nie. Dis ’n leuen! Daar is geen saligheid binne die RK nie! Die leer van die RK verskil drasties van die kerk van die Nuwe Testament (NT) dat sy haar oorsprong nie in die leerstellings van Christus of sy apostels kan hê nie! Nêrens in die NT word van ’n pousdom, Maria-aanbidding, die aanroep van heiliges, die bieg of vagevuur geleer nie. As dit nie Bybels is nie, waar kom die RK aan haar dwaalleer? Dis ’n interessante verhaal wat ek met u wil deel.
WIE IS DIE SKULDIGES (39)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS
Om die loop van die geskiedenis in die maande September- Oktober 1914, met die Vrystaatse rebellie as einde, die beste te kan verstaan, is dit wenslik om die drie vergaderings op Kopjes; te gaan bywoon. Dis op 23 September, 13 Oktober en 22 Oktober. Daar was verskeie byeenkomste in die voormalige republieke, en selfs enkele in die ou Kolonie, wat 'n gees van protes teen die inval in Suidwes geuiter het. Maar die agtereenvolgende vergaderings op Kopjes wys duidelik hoe die volksgevoelens tot opstand verskerp is. Dat daardie plek gekies is, was net om sy sentrale Iigging in die noordelike Vrystaat en omdat die Transvalers dit ook betreklik gemaklik kon bykom.
Die eerste vergadering was twee dae na die bekende (en reeds behandelde) Lichtenburgse byeenkoms, wat die dag na genl. De la Rey se begrafnis gebou is. Dieselfde besluit is op altwee geneem, naamlik om die regering te smeek om die veldtog teen Duitswes op te gee, met die besondere versoek daarby vir ‘n antwoord nie later as 30 September nie.
EER HOM BO ALLES!
Hannes Ollewagen
1 Samuel 2:27-36
“…want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.”
Sien u in hierdie gedeelte hoe die almagtige God wat hemel en aarde geskape het, onderneem om aan die mens eer te bewys? Ja, Hy onderneem om diegene te eer wie Hom eer, maar weë diegene wie weier om Hom te erken en te eer.
Hierdie woorde van God val soos hammerslae op humanistiese- en individualistiese afgodsteologie. God stel die boodskap met hierdie woorde weereens onomwonde – Hy eis om geëer te word bo alles in ons lewens. Wanneer ons sê dat ons Hom moet eer bo alles, beteken dit letterlik bo enigiets wat ek besit en liefhet in my lewe, selfs bo my gesin en my familie.
Dit is dalk nodig dat ons vir ‘n oomblik stilraak by hierdie boodskap uit God se Woord om te besin tot watter mate Hy in ons volkshuishoudings geëer word.