Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kerstyd is ’n tyd van blydskap en vreugde want ons herdenk God se koms na die aarde in Christus Jesus, onse Here. Dis egter geen ydele blydskap nie, maar iets anders; ’n blydskap wat ’n mens nederig maak, want dis die verhaal van ’n Koning wat teruggestaan het. God het in Christus vir ons teruggestaan.
GATSOMETERS IN DOODLOOP- STRATE
Andrè van den Berg
Toe misdaad en politieke ontwrigting Suid-Afrika jare gelede in ʼn bont vlag toegedraai binnegekom het, het die son oor hierdie eens florerende Eerstewêreldland begin ondergaan. Die tempo waarteen die inheemse bevolking aangewas het asook die instroming van miljoene vreemdelinge noodsaak tans drastiese stappe om dit hok te slaan.
Getalle plaas ʼn land se infrastruktuur onder soveel druk dat dit onder die gewig daarvan kan ingee. Oorbevolking lei tot werkloosheid en armoede wat baie gou die broeikamer van misdaad word. Duisende burgers het as gevolg van hierdie bloedlose oorgang na ʼn goddelose bestel slagoffers van misdaad geword.
Die geskiedenis van Suid-Afrika nadat apartheid opgehef is, is die droewige verhaal van mislukte planne en teleurgestelde verwagtings. Toe instromingsbeheer opgehef is, is hoë verwagtinge van swak mensemateriaal gekoester. Dwase het geglo dat sterk mure met bros stene gebou kon word.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
INTEGRITEIT BESKERM DIE WAARHEID
Vandag is daar net soveel en selfs meer dwaalleraars as in Paulus se tyd. Ons is in baie groot gevaar as ons nie met goeie oordeel luister en praat nie en dit verg besondere integriteit om die waarheid te verdedig, iets wat deesdae raar geword het. Maar enigiemand wat na integriteit streef, kan baat by Paulus se hantering van die verskeidenheid bedreigings waaraan die Korintiërs blootgestel was. Eerder as om in 'n retoriese twisgesprek betrokke te raak en elke punt van kritiek en leuen van die vals leraars te weerlê, het Paulus 'n wyser, oordeelkundiger benadering gevolg: "Ons gee julle juis eerder aanleiding om trots te wees op ons, sodat julle 'n antwoord kan hê vir die wat trots is op die uiterlike en nie op die innerlike nie" (2 Kor. 5:12).
Paulus se besorgdheid oor die kerk in Korinte was heeltemal gegrond (sien 1 Kor. 1:10). En die potensiële gevaar van die vals leraars het sy kommer oor hulle geestelike welsyn opnuut aangevuur. Hy was bang dat die vals leraars uiteindelik meer bekeerlinge en groter invloed in die gemeente sou verkry en dat dit tot 'n ideologiese oorlog tussen hulle faksie en Paulus en sy ondersteuners sou lei.
DIE GETUIENIS VAN MY LEWE
Hannes Ollewagen
Lukas 23:33-49
In die gelese gedeelte is daar vir ons drie getuienisse sigbaar, nl. die getuienis van Jesus Christus as volmaakte Lam geslag vir sy kinders wat in Hom glo, en die getuienis van die twee kwaaddoeners wat saam met Hom gekruisig was.
Ons fokus gewoonlik op die getuienis van Hom wat gekruisig is, maar vergeet maklik dat hierdie getuienis en aanvaarding daarvan die begin van my verantwoordelikheid is om ook ‘n getuienis te lewer. Die twee kwaaddoeners wat saam met Christus gekruisig is, het in hul laaste lewensure ook elkeen ‘n getuienis gelewer, alhoewel die een nie ‘n positiewe getuienis was nie. Die een kwaaddoener se gesindheid was eie aan die omstanders en die massa se mening en gesindheid van versmading en veragting en spot van Christus.
ZIM OOK SONDER ELEKTRISITEIT...
...MAAR SUID-AFRIKA VOORSIEN HULLE
Zimbabwe was net soos Suid-Afrika in die moeilikheid toe dit by elektrisiteitsvoorsiening kom – Zim het Maandag 'n onbenullige kunsfees aangebied wat al hulle krag uit Kariba en Hwange getap het. Alle kragstasies het tot Dinsdag geval behalwe die tweede deel van Bulawayo want dié het hul elektrisiteit van Suid-Afrika gekry ten spyte daarvan dat Suid-Afrika sedert oorname van die onbevoegde swart regering in 1994 self geen instandhouding op dié terrein gedoen het nie en ons in hierdie land binnekort 'n algehele kragineenstorting kan verwag.
As ons Boere maar net dieselfde lojaliteit teenoor mekaar kon handhaaf as die Comrades...
RASSESKEIDING WAS SA SE REDDING
Apartheid het hierdie land sterk gemaak
Mediaverklaring: Herstigte Nasionale Party
Jacob Zuma se stelling dat apartheid Suid-Afrika siek gemaak het, is kaf wat hy kwytraak om die agteruitgang van Suid-Afrika sedert die afskaffing van apartheid te probeer wegpraat.
Tydens die apartheidsjare, en ten spyte van die geweldige propagandaveldtog in die buiteland teen die land in daardie jare, het Suid-Afrika ongekende ontwikkeling en vooruitgang beleef. Buitelandse beleggings het ingestroom teen 'n tempo wat ons kwalik kon hanteer, en die lewenstandaard van Suid-Afrikaanse Swartes was hoër as dié van enige ander land in Afrika. Daar was groter vrede tussen die verskillende rasse as ooit en terroriste soos Mandela en sy mede-agitators wat dit probeer versteur het, is agter tralies gesit. Die vertroue in die land en sy toekoms was op 'n ongekende vlak. Immigrante uit die Westerse lande het in hul tienduisende na Suid-Afrika gestroom.
Dit was nadat apartheid afgeskaf is, dat Suid-Afrika siek geword het; dat munisipale en ander openbare dienste tot stilstand gekom het; dat miljarde Rande openbare geld in die sakke van korrupte regeringslede en amptenare verdwyn het; dat emigrante in hul tienduisende die land verlaat; dat onluspolisie orde in die parlement moet handhaaf; dat rassehaat by die dag toeneem sodat vreemdelinge en standbeelde aangeval word; ja, só siek dat die land 'n misdadiger en twakprater soos Jacob Zuma as president verduur!
BY GOD IS DAAR ALTYD HOOP
Hierdie briefie verteenwoordig 'n aantal briewe wat ons van tyd tot tyd ontvang. Ons plaas dit omdat dit vir ander lesers iets kan beteken.
Aan die mense van Gelofteland,
So twee weke gelede nadat al die slegte dinge in Suid-Afrika gebeur het (die moorde, rooftogte en verkragtings onder die vaandel van vreemdelinghaat) het ek in 'n donker put geval en gewonder wat wag daar vir my kosbare babaseuntjies in hierdie land. Ek het alle hoop verloor en ek en my man het daaroor gepraat om dalk na Australië te verhuis.
Ek het so baie gebid en gehuil want ek wil nie my land verlaat nie - ek is trots-Afrikaans, lief vir my God, dankbaar oor wie ek is, trots op my geskiedenis, herkoms en my volk.
Terwyl ek 'google' het ek op julle webwerf afgekom! Dankie dat julle weer 'n vonkie hoop in my hart geplaas het. Ek het toe net weer besef ek is 'n Godsvresende vrou, 'n boer, 'n kind van God, en ons is nie bang nie en sal veg vir die Here. Ons vir jou Suid Afrika!
UHURU VERSUS VRYHEID – 27 APRIL
Ds Andrè van den Berg
" Net die bevryding in Christus sal Suid-Afrika omkeer en ons bitter siek land genees. Dit sal die einde van ʼn bose bedeling beteken waar vryheid en losbandigheid sinonieme geword het. Daar is nie ʼn pad na vryheid nie. Vryheid is die pad! Vryheid is nie ʼn stompsinnige politieke oorwinning wat jaarliks met ʼn openbare vakansiedag en opruiende toesprake gevier word nie. Dis ʼn konstante godvresende leefwyse. "
“...... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” - 2 Kor.3:17
Afrika is mal oor vryheid; luister maar net na die dreunsang van sy gepeupel. Die ontworsteling aan koloniale gesag is juis met die slagspreuk Uhuru (vryheid) gevoer. Kenia se president het dit selfs as voornaam - Uhuru Kenyata. In 1955 het kommuniste ʼn Vryheidsmanifes (Freedom Charter) naby Johannesburg uitgereik wat later die grondslag van die NG Kerk se Kerk en Samelewing publikasie sou word. Ja, Afrika is versot op vryheid sonder om te weet wat dit is. Mense met vryheid op die lippe maar geen vrede in die hart nie, sal nooit ware vryheid leer ken nie.
Suid-Afrikaanse almanakke dui 27 April as Vryheidsdag aan. Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Dis nie net ʼn uiters omstrede openbare vakansiedag nie, maar ʼn karikatuur van vryheid wat Christus buite rekening laat. Derhalwe strook dit nie met die teksvers nie: “... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid”. Die teenoorgestelde is eerder waar – ʼn land sonder Jesus is ʼn land sonder vryheid.
Waar die Gees van God nie heers nie, kan daar nie vryheid wees nie, maar slegs ʼn gebondenheid aan Satan en ʼn onvermydelike dood. Hiervan getuig die hoë misdaadsyfers gereeld – ʼn styging van 717% in die eerste vyf jaar van sg. Demokrasie (vryheid)! Afrika leer ons dat wat deur geweld tot stand gekom het, slegs deur geweld in stand gehou word.
DIE KERK IS NIE DOOD NIE...
... MENSE SE GEESTELIKE LEWE WEL
Ds Andrè van den Berg
“En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons die onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom” - Hebr.10:24,25
Daar is mense wat bely dat hulle Christene is, maar selde of ooit kerk toe gaan. Hulle voer gewoonlik ʼn paar geykte verskonings vir hul versuim aan. Een daarvan is dat kerkmense hulle by geleentheid so ernstig te na gekom het, dat hulle niks meer met ʼn kerk te doen wil hê nie. Ja, baie mense het al onder kerkmense se onchristelike optredes deurgeloop; vra maar vir enige leraar! Maar dis geen goeie verskoning om nie kerk toe te gaan nie.
Kerke is vol sondaars; hopelik oorwegend verloste sondaars. Maar hulle bly egter sondaars tot die dag dat Jesus op die wolke kom om verloste sondaars in absolute volmaaktheid in die Nuwe Jerusalem te laat woon. Gevolglik moet dit vir niemand ʼn verrassing wees as kerkmense ook oortree nie, want dis maar wat alle sondaars doen – hulle oortree: “...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23).
As ons sondig, oortree ons eerstens teen God. Soms kry mense ook in die proses seer. Dis egter geen goeie rede om van die kerk af weg te bly nie, want dan verontagsaam jy die doel waarom God kerke laat ontstaan het.
HOU AAN DIE GESKIEDENIS VAS
Andrè van den Berg
Geskiedenis is die wetenskap van dinge wat nie tweemaal presies dieselfde gebeur nie. Daarom behoort ʼn volk se geskiedenis vir hom belangrik te wees omdat dit wat hy daaruit leer, sy toekoms grootliks beïnvloed. Hy kyk as’t ware met sy verlede na die toekoms. Dit word terugwaarts verstaan ten einde vorentoe te kan leef.
Oral waar ʼn regering nie daarin kon slaag om ʼn sinvolle toekoms vir sy burgers te skep nie, het huidjie en muidjie die geskiedenis afgetakel. Straatname is verander en standbeelde beskadig.
Die geskiedenis word egter nie deur minderwaardige optredes ongedaan gemaak nie. Die geskiedenis leer die mensdom om nie foute te herhaal nie en verantwoordelik met die toekoms om te gaan. Daarom bewaar die geskiedenis nie net die groot dade van die verlede nie, maar is dit ook ’n voorbeeld en leermeester van die hede sowel as ʼn waarskuwing vir die toekoms. Daarom verdien ʼn volk wat sy rug op sy geskiedenis draai, om onder te gaan. As hy nie uit die geskiedenis leer nie, word hy daardeur vernietig.
ONS VIER HEMELVAART
JUBEL, AFRIKANER!
Hannes Ollewagen
Hábakuk 3:17-19
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”
Ons as kinders van God Drie-enig het die verantwoordelikheid om ons ondernemings teenoor Hom na te kom en daardeur vir die wêreld rondom ons ‘n boodskap uit te dra.
Ek kan aan min geleenthede dink wat meer geleë sal wees om tydens Hemelvaart hierdie jaar (14 Mei 2015) aan ons ondernemings gehoor te gee en na te streef om aan die wêreld ‘n kragtige boodskap uit te dra.
Onder ‘n kommunistiese en heidense regime is talle vakansiedae van belang vir ons volk verbloem en afgewater, maar een van die belangrikste dae op ons Christelike kalender word heeltemal mee weggedoen en verswyg. Ons MAG NOOIT aandadig wees hieraan nie, want dan staan ons skuldig aan dieselfde aanklag as diegene wat ontken dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het.
JONGSTE VOLK TER WÊRELD...
...EN ONS STAAR UITWISSING IN DIE OË
Kriewelkop
DIE Christendom word wêreldwyd bedreig. Sommige plekke het dit so ver gevorder dat daar geen onduidelikheid meer oor bestaan nie. In Suid-Afrika begryp die meeste blankes dit nog nie en doen onnadenkend daaraan mee deur hulle kinders in staatskole te hou waar Christelike skoling nie meer toegelaat word nie. Tuis word daaraan ook nie meer aandag gegee nie vanweë die grootskaalse aanslag van kerkverraad en dwaalleringe wat nou so geredelik deur ons mense aanvaar word. Die spreekwoordelike proses van die padda eers in lou water plaas het hier merkwaardige sukses getoon.
Mens wonder of ons meer weerstand teen ons geleidelike ondergang sou bied indien daar met die dieselfde geweld teen ons Christene in Suid-Afrika losgetrek word as wat die afgelope tyd in Nigerië teen Christene plaasvind. Die wreedheid van die Islamitiese Boko Haram ken geen perke nie en dié voortslepende stryd waarin dorpies platgevee en mense koelbloedig uitgeroei word, is van die ergste geweld in 'n lang tyd in Nigerië.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
KRAG WAT ALLES OORTREF KOM VAN GOD ALLEEN
Ons het deur Danië reeds geleer hoe dit lyk wanneer iemand nie bereid is om sy beginsels terwille van sy aardse voortbestaan oorboord te gooi nie maar juis daardeur sy bestaan verseker het. Ons het daardeur moontlik al die besef gekry hoe ver ons in vandag se moderne lewe afgedwaal het van die standvastigheid wat ons veronderstel was om te handhaaf indien ons op God se genade wil staatmaak om in Suid-Afrika weer 'n korrupsielose Christenowerheid met integriteit te sien regeer. Ons het 'n baie ernstige besluit as individue en as volk om te neem indien ons wil omdraai op die pad van vernietiging hier aan die suidpunt van Afrika. Moontlik kan ook Paulus se lewe vir ons as voorbeeld en motivering dien om daardie stap spoedig en opreg te neem.
Regdeur Paulus se bediening is hy deur mense gekonfronteer wat die evangelie gehaat het en dit vir hulle eie gewin wou verdraai. Die meeste opposisie het van 'n groep vals leraars in Korinte gekom. Hulle het hom daarvan beskuldig dat hy onbekwaam, ongesofistikeerd, onaangenaam en onpersoonlik was.
DAPPER MUIS...
... BLY 'N LAFAARD (onthou dit veral wanneer die groot dag aanbreek...)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Sing die ou kinderliedjie saam!
Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas.
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Gee jou beeste en jou huis en die moola in jou kluis.
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
En wie gaan dit betaal?
Oe, betaal?
Ja, betaal voor die bank dit als kom haal.
Nou ja, buiten vir betaal, is daar niks waarvoor ek skrik nie!
Ek’s ‘n dapper kameraad, kyk hoe stap ek op jou plaas.
En daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
Gee jou skape ook vir my en die kar waarmee jy ry.
Nee daar’s niks waarvoor ek skrik nie.
En wie koop al die kos?
Oe, die kos?
Ja die kos, anders vrek die diere mos.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ek hoor oor Nuus24 dat werkers van Johannesburg se stadsraad vanoggend deur die EFF aangeval is. Die werkers was blykbaar besig om slote te grawe maar hulle het so lank stil gestaan dat die EFF hulle vir standbeelde aangesien het. Sewe van die werkers word behandel vir 'n oordosis verf...
JÝ IS OP GOD SE RADAR
Ds Andrè van den Berg
“Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was” - Jos.2:6
Net meer as ʼn jaar gelede was die wêreld aangegryp toe ʼn Maleisiese vliegtuig op 8 Maart 2014 met 239 passasiers oppad na Beijing skielik van die radar verdwyn en vermoedelik iewers in die see geval het. Die soektog wat daarna onderneem is, was die omvattendste in die lugvaartgeskiedenis. Ses en twintig lande het met duur soekapparaat daaraan deelgeneem maar sonder sukses. Dis vandag nog ʼn raaisel hoe dit so skielik van die radar kon verdwyn het!
Menslike soekapparaat het sy beperkings, maar nie God s’n nie. Mense kan van enige radar verdwyn, maar nie van God s’n nie. Luister wat sê die profeet Hanani vir koning Asa: “...want die Here – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeel op Hom gerig is.” (2 Kron.16:9).
Toe Job in sy beproewing wonder of hy nie dalk van God se radar af verdwyn het nie, bemoedig sy een vriend hom: “Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe” (Job.34:21). Ja, die reënboog van God se genade oorspan alle storms van die lewe soos Job dan ook geleer het.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
INTEGRITEIT IN DIE LEEUKUIL
Om redes wat net aan ons Here bekend is, was Daniël nie by die vuuroond-toets betrokke nie. Baie jare later het die Here egter toegelaat dat Daniël se lewe op die spel geplaas is omdat hy nie bereid was om in sy aanbidding van God te verslap nie. En nes sy vriende, het Daniël hom die woede van jaloerse samesweerders op die hals gehaal wat nie sy hoë standaarde van integriteit kon verdra nie.
Regdeur sy lewe het Daniël die Babiloniërs met sy voortreflike karakter beïdruk. Sy diens aan die staat was ongeëwenaard: "Hierdie Daniël het deur sy buitengewone bekwaamheid so utgeblink bo die ander ministers en die goewerneur-generaals dat die koning van plan was om hom oor die hele koninkryk aan te stel" (Dan. 6:4). Alhoewel die frase "buitengewone bekwaamheid" primêr na Daniël se vermoë verwys het om drome en visioene uit te lê, is dit ook 'n aanduiding van sy volgehoue integriteit en sy voortreflike gesindheid in die uitvoer van sy daaglikse pligte.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
INTEGRITEIT IN DIE VUURPROEF
In die vorige aflewering het ons op Daniël se voorbeeld van 'n kompromislose lewe gefokus en kortliks na sy drie vriende en mede-gevangenes in Babilon verwys - Sadrag, Mesag en Abednego. Hulle is ook uitstekende voorbeelde van ware integriteit omdat hulle Daniël se leiding gevolg het en aan hulle oortuigings getrou gebly het. Die boek Daniël bevat nog 'n bekende verhaal waarin hulle standvastige integriteit verder duidelik word - hulle ervaring in die vuuroond. Hulle het voor 'n baie ernstiger dilemma as die vorige een te staan gekom. Wat hulle diëet betref, was die afgodery 'n sekondêre kwessie; hierdie keer was dit die hoofsaak. Hierdie drie jong mans (teen hierdie tyd is hulle nie meer tieners nie) het uit die Here se wet geweet dat afgodery sonde was (Eks. 20:2-6; Deut. 4:15:19).
Integriteit in die spervuur
Sadrag, Mesag en Abednego se probleme het begin toe koning Nebukadnesar 'n droom gehad het (Dan. 2:31-35). Hy het beelde gesien van 'n reusagtige, indrukwekkende standbeeld wat 'n kop van soliede goud en 'n liggaam en voete bestaande uit 'n kombinasie van silwer, brons, yster en klei gehad het.
RASSEVERSKILLE IS GENETIES, NIE KOSMETIES
Die mite van mensegelykheid
Andrè van den Berg
Die geskiedenis het bewys dat kunsmatige gelykmakings tot ontwrigting en verhoogde misdaad lei. Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Na meer as 20 jaar se ontwrigting is dit duidelik dat die reënboognasie ʼn dwase verbeeldingsvlug en noodlottige proefneming was. Desondanks word daarmee volhard omdat dit op die ideëleer van mensegelykheid gebou is.
Die mite dat alle mense gelyk is, het ontstaan toe massaproduksie tot die standaardisering van goedere gelei en dwase begin glo het dat mense ook gestandaardiseer kon word. Mensegelykheid het sag op die oor geval en later feitlik godsdienstige status verkry. Daarna is die openbare mening mislei om te glo dat enige vorm van rasbewustheid sonde is. Die politieke plofkrag wat dit later verkry het, het eens gesonde menseverhoudings laat skeeftrek.
Gelykheid mag vir sommige mense na ʼn reg lyk, maar dis nooit as ʼn feit bewys nie. Mensegelykheid is in werklikheid loutere onsin. Die mens is so ongelyk as kan kom. Mense word verskillend gebore. So ook rasse.
VERRAAD TEEN DIE BOEREVOLK
Andrè van den Berg
" Volksgenote moet baie ernstig besin en besluit wat die swaarste in hul lewe weeg - beginsels of sentimente. As dit beginsels is, moet hulle alle volksvyandige instansies verlaat, veral ontspoorde kerke. Daar kan nie langer saam met die haas hardloop en saam met die jagters gejag word nie! ...Die verraad wat teen die Boerevolk gepleeg word, mag nie verder geduld word nie. Dit moet onverwyld aan die kaak gestel word ... Die Boerevolk het ʼn nood aan nuwe helde; manne en vroue wat Jesus Christus as hul Verlosser ken en vir hul vryheid sal stry."
Verraad is die grootste misdaad teen ʼn volk denkbaar. Dis selfs erger as moord omdat moordenaars nie ʼn volk teiken nie. Verraaiers wel. Daarom is verraaiers dikwels in die verlede deur krygshowe tereg gestel. Die probleem met verraaiers is dat hulle nie altyd geëien kan word nie. Tydens die bosoorlog teen SWAPO was die eiening van terroriste juis een van die verdedigingsmagte se grootste probleme. Die terroriste het net soos die plaaslike bevolking gelyk.
Met verraad is dit eenders. ʼn Vyand wat openlik tot die stryd oorgaan, word makliker beveg as die een wat net soos jy lyk, jou taal praat en jou lewensruimte deel, maar in die geheim uit dieselfde bak as die volksvyand eet.
Verraaiers is slegs wat hul bloedlyn betref deel van ʼn volk en niks meer nie. Hulle verteenwoordig in werklikheid ʼn bose meningsklimaat wat die naam en eer van hul voorsate besmet en waarmee hulle hulself buite die dampkring van hul eie volk plaas. Sommige van hierdie rare politieke voëls kom selfs uit behoudende huise waarna hulle hul dapper vlerkslag by die volksvyand gaan leer het. Swart kuikens wat uit wit eiers broei laat nooit ʼn merk in die volkslewe nie maar eerder ʼn vlek!
WARE OOTMOED
Hannes Ollewagen
Lukas 1:26-38
“En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.”(:38).
Hoor ons nie by herhaling hoe ons geleer word dat ons volk ons sal moet verootmoedig voor God alvorens daar vir ons verlossing sal wees nie? Dit laat die vraag egter ontstaan – wat is ootmoed? Is ootmoed dan nie die vergadering van ‘n groep mense wat skuld bely op een plek deur die gebed van ‘n leier nie. . . ?
Die moeder van onse Heer, Jesus Christus, was vir ons die toonbeeld van ootmoed met haar woorde in vers 38 van die gelese gedeelte. Nadat die engel van God die boodskap van haar groot begenadigde uitverkiesing verkondig het, dink sy nie verskonings uit waarom sy nie die geskikte diensmaagd van God kan wees nie. Sy probeer nie wegkruip dat sy maar net die verloofde van ‘n skrynwerker is nie en boonop verhef sy haarself nie om hoogmoedig te raak weens hierdie uitverkiesing van haar om die moeder van Christus te word nie.