Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is net een ding waarvoor ons bang moet wees: sonde. Die res is onbelangrik. "Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die HERE jou God, is by jou oral waar jy gaan". Jos 1:9
WORD GROOT IN GOD SE OË
Ds Andrè van den Berg
“...en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap - oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe” - Fil.1:4,5
Paulus was nie net ʼn wonderlike prediker nie, maar ook ʼn begeesterde skrywer. Baie van sy briewe is dan ook in die Bybel opgeneem omdat dit duidelik deur die Heilige Gees geïnspireer was. Gelowiges het nooit getwyfel dat dit briewe van God aan die mensdom is nie; ook vir my en vir jou.
Die meeste van Paulus se briewe is aan spesifieke gemeentes gerig met die doel om aandag aan die verkeerde dinge wat daarin voorgekom het te gee sodat die gemeente tot eer en verheerliking van God kon leef. Die gemeente in Filippi was egter die enigste uitsondering op hierdie reël want nêrens in Paulus se brief aan hulle is daar enige vermaning, kritiek of teregwysing soos by al die ander gemeentes nie. Vir Filippi het Paulus slegs woorde van waardering gehad.
GOD HET ONS NIE VERLAAT NIE
Oorweldig die poorte van die hel ons dan nou?
Dr JJ Snyman
Waarom voel dit vir baie Afrikaners of hulle van God verlaat is? Het die bose magte dan die oorhand gekry? Wel, as mens sake op sigwaarde beskou sien mens 'n volk wat hopeloosheid en weerloosheid ervaar. Mense wat probeer ontsnap van die werklikheid. Hoe dikwels is die reaksie: "Moet my nie ontstel met die feite" nie? Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Waarom is dit so?
Nadat Petrus, die deur-God-geopenbaarde verklaring maak dat Jesus die seun van God is, het Jesus hom verseker dat die poorte van die hel (duisternis) nie die kerk (volk) van God sal oorweldig nie. Maar hoekom wil ons dit nie vandag meer glo nie?
Petrus het pas, nadat hy saam met alle gelowiges een van die kragtigste momente in die Bybel beleef het (Matt 16:16), probeer om Jesus wys te maak dat Hy nie sou sterf soos wat God dit wou nie. Skielik word Petrus deur Jesus as Satan aangespreek juis omdat hy hom verset het teen God se wil! Petrus word in 'n ommesientjie 'n dissipel van Satan. Sy geloof verander dramaties na kleingeloof.
WARE EN VALSE WOORD- BEDIENING
Die seuns van Eli en die seuns van Sadok – ʼn OT perspektief
Ds Andrè van den Berg
1 Sam.2:12-36;3:1-21 en 4:10-22
Die OT onderskei tussen ware en valse Woordbediening. Dit blyk in die tyd van Samuel baie duidelik uit twee bedieningspatrone; dié van die seuns van Eli en dié van die seuns van Sadok. Beide groepe was Woordbedienaars maar met die verskil dat die seuns van Sadok se bediening tot eer van God gestrek het en Eli s’n nie.
Eli se seuns se Woordbediening was nie eerbiedwaardig nie en ʼn gruwel in God se oë. Hul optrede het later so ten hemel geskreeu, dat God ʼn einde aan die huis van Eli gemaak en Hofni en Pinehas saam met hul vader op dieselfde dag laat sterf het. Toe Pinehas se seun net daarna gebore is, het sy weduweemoeder hom Ikabod genoem. Dit beteken: die heerlikheid het verdwyn. Dit was so sprekend van Israel se godsdienspeil weens die verfoeilike Woordbediening.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (12)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"Hoewel dit vandag nie denkbaar is dat 'n kragsentrale volgens die PELINDUNA-konsep in sy oorspronklike vorm in Suid-Afrika gebou sal word nie, was die jare van navorsing en ontwikkeling wat aan die projek bestee is nie verlore nie en is daar 'n groot stap nader aan die ideaal van kernenergie in Suid-Afrika gegee. Die doelstelling om 'n skatkamer van kerndeskundigheid daar te stel, is bereik. Hierdie manne was in staat om met verdere navorsing daardie ideaal te verwesenlik. En dit was moontlik om 'n treffende spangees te skep wat, ten spyte van die trauma van die projek se einde, 'n kenmerk van Pelindaba was tot dit ook deur politieke oorwegings tot 'n einde gebring is."
Wanneer uraan as brandstof gebruik word, was dit uit 'n reaktorfisiese gesigspunt noodsaaklik dat 'n materiaal met 'n lae neutron-absorpsiekansvlak vir die brandstofhouerbuis gekies word. Die enigste geskikte materiaal wat oor die nodige fisiese en meganiese eienskappe beskik het, was sirkonium en sirkoniumlegerings. Die geredelik beskikbare Zircaloy-Z se sterkte was by die bedryfstemperature van PELINDUNA onvoldoende en hoewel ander legerings van sirkonium soos niobiumsirkonium van 1 % geskikter was, het dit hoër neutronvangskansvlakke getoon en dit sou 'n beduidende negatiewe uitwerking op die neutronekonomie van die reaktor gehad het.
ALMAL IS GELYK – SOMMIGE NET MEER AS ANDER...
Rykes word ryker en minder en armes word meer en armer:
Waarom?
Dr SH Gregan
Sowat 1% van die wêreld se bevolking besit tans amper 50% van die wêreld. Dit is volgens ‘n verslag van Oxfam International wat pas uitgereik is. Dit is ‘n tendens wat al lank aan die gang is en alles dui daarop, ten spyte van lippediens tot die teendeel, dat dit sal voortduur. Waarom is dit so?
Volgens Oxfam International is hierdie globale ongelykheid “morally obscene” en bedreig dit die ekonomieë van die wêreld en is die oorlewing van die mensdom op die spel. Dit is ‘n ramp waarop afgestuur word. “Do we really want to live in a world where the one percent own more than the rest of us combined?”, het Winnie Byanyima, uitvoerende direkteur van Oxfam International gevra.
Volgens die verslag besit 80% van die wêreld se bevolking slegs 5,5% van die wêreld se rykdom wat beteken dat sou die tendens voortduur, 99% van die wêreld se bevolking binne slegs twee jaar van nou af maar 1% van die wêreld sal besit.
GEROEP OM VIR HOM TE LEEF
Hannes Ollewagen
1 Tessalonicense 4:1-12
In vers 7 van die gelese gedeelte word ons as God se kinders opnuut herinner aan ons roeping op aarde in 'n samelewing wat toenemend humanisties van aard raak. “Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.”
Ons besef dat ons ook soveel goeie gawes van die liewe Vader ontvang wat dit laat reën oor regverdiges sowel as onregverdiges. Hierdie gawes en goeie dinge moet ons met blydskap en dankbaarheid ontvang, maar ons moet nooit ons lewe sodoende begin leef om uitsluitlik ingestel te wees op genietinge, genot en dies meer nie.
SOET IS DIE STRYD
ID Du Plessis (uit sy Versamelde Verse, eerste uitgawe 1970)
Julle sê die stryd is verlore
Ons nasie te arm en klein
Ons taal uit ‘n drang gebore
Wat een van die dae sal verdwyn?
My broer dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar
Miskien moet ons oormôre klaar wees
Om weer hierdie droom te laat vaar.
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is –
is tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
want hy het ‘n roepstem gehoor;
Maar die man wat sy deelname weier
Is die man wat sy nasie vermoor.
WAT SOEK JY HIER?
Ds Andrè van den Berg
“En hy het daar in ʼn spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elia?” 1 Kon.19:9
In die OT was Elia een van die kragtigste instrumente in God se hand, ja, so kragtig dat God hom die dood gespaar en lewend in die hemel opgeneem het. Ons weet eintlik niks van Elia alvorens hy met ʼn oordeelsboodskap van God voor die goddelose koning Agab kom staan het nie: “... So waar as die Here, die God van Israel leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!” (1 Kon.17:1). Na hierdie onverskrokke aankondiging neem God hierdie onbekende profeet soos klei in sy hand en maak van hom ʼn meesterstuk in sy diens.
Ná Elia se roemryke oorwinning oor die Baalprofete by Karmel tuimel hy van ʼn geestelike hoogte tot in die diepte wanneer hy op ʼn plek beland wat hy nooit sou kon droom hy ooit sou sien nie – onder ʼn besembos - soos ʼn verskrikte dier in afwagting op die dood! En hiervoor was Elia alleen te blameer. Toe hy van donkerte sy gids maak het wanhoop sy leier geword!
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (11)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
PELINDUNA KRAGSTASIE
”Die buigsame ontwerp van PELINDUNA het sommige van die mees gevorderde en progressiewe tegnieke in kernkragontwikkeling bevat. Dit het ons in staat gestel om 'n geweldige kernkragtegnologiese stap vorentoe te doen".
Alhoewel kernenergie in die gestalte van 'n wapen 'n verskrikking in die wêreld se oë is, was die potensiaal en vooruitsigte vir elektrisiteitsontwikkeling met ander brandstowwe as die gebruiklike fossielbrandstowwe baie belowend. Vandag is hierdie potensiaal, ten spyte van die teenstand teen kernkrag uit verskeie oorde, net so groot, waarskynlik selfs groter as gevolg van die styging in aardoliepryse. Die vraagstuk van kernkrag was in Suid-Afrika in die vyftigerjare nie dringend nie omdat steenkool volop was, maar dr Roux het nietemin voorsien dat kernkrag vroeër of later sy buiging in die Republiek sou maak, en toe hy sy voorstelle geformuleer het, het hy die belangrikheid daarvan benadruk om 'n span wetenskaplikes en ingenieurs op te bou wat met aktiewe navorsing op die hoogte van ontwikkelinge op hierdie gebied kon bly en wat leiding sou kon gee wanneer kernkrag uiteindelik aangewend word. Hy het nooit daaraan getwyfel dat dit sou gebeur nie en by tallose geleenthede daarop gewys dat dit nodig was om die Republiek se steenkoolhulpbronne te spaar waaruit die toevoermateriaal vir olie- en petrolaanlegte soos SASOL verkry word.
RASSEVERSKILLE ONOMSTOOTLIK
Vryheid, gelykheid en broederskap in 2015
Dr SH Gregan
No one must lightly dismiss the question of race. It is the key to world history and it is precisely for this reason that written history so often lacks clarity - it is written by people who do not understand the race question and what belongs to it. Language and religion do not make a race, only blood does that. - Benjamin Disraeli
In 2015 begeef jy jou op gevaarlike terrein as jy in die openbare media oor ras en rasseverskille wil bespreking voer. Dieselfde liberaliste wat wyd en syd skreeu vir persvryheid, wil jou mond snoer as jy durf waag om iets oor die laer IK van sekere rasse kwyt te raak. Dit word as haatspraak beskou en kan kriminele vervolging tot gevolg hê. Dit is juis hierdie liberaliste (gefinansier deur die Sionistiese magte) wat wil verhoed dat die feitelike en waarneembare verskille tussen rasse, en veral die effek wat dit op samelewings het, geopenbaar word. Daarom die histeriese verbod op die bespreking daarvan.
Rasseverskille is nie net fisies waarneembaar nie, maar onomstootlik bewys. Dit is gewoon 'n saak van onmoontlikheid om 'n uitnemende kultuur voort te bring wat gebaseer is op lae intelligensie.
BLY GETROU TOT DIE DOOD TOE
SAL EK HOM VERLOëN?
Hannes Ollewagen
Lukas 22:54-62
Vers 61: ”En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.”
Dit is vir ons maklik om Petrus te verkwalik wanneer ons hierdie gedeelte lees. Ons sal by onsself dink dat as ons maar die geleentheid gehad het om dag vir dag saam met Jesus te kon wandel en al sy wonderwerke en kragte met ons eie oë te kon sien, ons Hom in der ewigheid nie sou verloën het soos wat Petrus gedoen het nie. Is dit werklik die geval? Het ons nie al elkeen in ons eie lewens gesien hoe die beloftes van God wat Hy aan ons maak in sy Woord waar word en daar dus nie een van ons is wat daarmee kan spog dat ons Hom nog nooit verloën het nie?
BRING FRANSE TERUG NA HUL WORTELS
Charlie Hebdo en vryheid van spraak
Dr SH Gregan
Die wêreld was die afgelope paar dae behoorlik in rep en roer oor die moorde wat deur vermeende Moslem-ekstremiste in Frankryk gepleeg is. Frankryk was tot in sy fondamente geskud en het die Franse in groot getalle hulle simpatie betoon met die slagoffers ("Ek is Charlie"), en ook hulle afkeur in geweld (gerig teen hoofsaaklik Moslems).
Wat opval is hoe oningelig mense oor die gebeure agter die gebeure is. Nie alleen is daar talle vrae oor die identiteit van die moordenaars nie, maar die vraag is ook of dit nie 'n beplande operasie was deur die magte van onheil wat nie alleen terreur en paniek wil saai nie, maar ook daaruitvoortvloeiend maatreëls in plek wil stel om individule vryheid hok te slaan.
Berigte wil dit hê dat ISIS (die radikale Moslems wat tans so bedrywig is in Sirië) vir die massaslagting verantwoordelik is. Maar ISIS word in die geheim befonds deur die VSA!
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (10)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"Ten spyte van die Republiek se herhaalde verklarings dat sy kernprogram uitsluitlik op vredesgebruike toegespits was, is gifpropaganda naarstiglik deur die land se vyande versprei. Hierdie gifpropaganda het wrange vrugte afgewerp. Die brandstoftoevloei uit die VSA vir die navorsingsreaktor SAFARI-1 het sonder verduideliking opgedroog. Dit het op sy beurt aanleiding gegee tot twyfel oor die voorsiening van brandstof vir die Koeberg-kernkragsentrale wat aan die einde van 1982 in bedryf gestel moes word."
Valindaba
So spoedig moontlik nadat redelike sekerheid oor die daarstelling van die uraanverrykingsaanvooraanleg verkry is, is 'n terrein daarvoor gekies. Daar was baie goeie redes waarom UKOR digby die RAK geleë moes wees en aangesien daar in die vroeë sestigerjare met die keuse van die Pelindaba-terrein doelbewus besluit is om 'n ylbevolkte gebied te kies, was daar genoeg ruimte vir die nuwe korporasie in die onmiddellike omgewing van die RAK. Ten spyte van die geologiese tekortkominge het die gebied wat uiteindelik op die grens van Pelindaba gekies is aan die vereistes voldoen. Dit het genoeg afsondering van nuuskierige verbygangers gebied terwyl 'n versigtige keuse van die bougebiede beskikbare geologiese formasies sou benut wat swaar laste kon dra. Die simboliese begin van boubedrywighede was 'n eenvoudige gebeurtenis sonder publisiteit, amper soos 'n familie-uitstappie.
GOD, ONS BERGVESTING, SAL ONS OOK IN 2015 BESKERM
Ds Andrè van den Berg
“Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en bestuur” - Ps.31:4
ʼn Mens kom soms by ʼn breekpunt in jou lewe waar jy vir jouself sê: “Dis nou genoeg. Ek kan nie meer nie!” Dink maar aan die profeet Elia onder die besembos. Dawid was op sy oudag ook by ʼn breekpunt toe sy eie seun Absolom ʼn burgerlike opstand teen sy vader se koningskap geloods en Dawid vir sy lewe moes vlug. Voor hierdie gebeure was dit betreklik stil en rustig in Israel. God het menige vyand in hul hand gegee en Dawid se koningskap ryklik geseën sodat die volk se geestelike peil hoog was.
En toe verander alles eensklaps. Dawid moes in die onweer van burgeroorlog en verraad Jerusalem haastig verlaat. Ag, hoe het hy nie ʼn rustige oudag begeer nie! Toe hy jonk was, moes hy telkens vir koning Saul vlug. En nou vlug hy al weer. Wanneer Dawid op moedverloor se vlakte kom, doen hy die regte ding – hy roep na God soos ʼn kind na sy vader. En God tel hom op.
As God ʼn gelowige in die gees optel, kan niks hom keer nie.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (9)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Een van Suid-Afrika se mees uitstaande teoretiese wetenskaplikes het besonder voortreflike teoretiese werk in verband met die ontwerp van moontlike kaskaderangskikkings onderneem. Hierdie studie het tot die helikonproses gelei waaraan die Suid-Afrikaanse verrykingsproses veel van sy doeltreffendheid te danke het. Dr Grant het 'n intense besorgdheid oor elke aspek van die projek aan die dag gelê en sy verstand was gedurig besig om, waar hy ookal was, probleemgebiede te peil.
ONS OFFER VAN ONSELFSUG
Hannes Ollewagen
Jakobus 3:16: “...want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.”
Wanneer ons die samelewing waarin ons leef goed bekyk pas die woorde wanorde en gemene dade asof in ‘n legkaart. Dit is wat geword het van die land en ook ons volk wat hier gevestig is deur die Almagtige God van hemel en aarde; ‘n volk wat geplant is met die doel om goeie vrugte te dra maar wrang vrugte voortgebring het.
Die gemeente van Christus is 'n onsigbare eenheid wat binne die hart en gees van elke volksgenoot behoort te funksioneer. Saam vorm ons ‘n woonplek vir Hom; kinders van die Here wat hul hele ryksgebied só in beslag neem – onselfsugtig van aard en in nederigheid onderdanig aan sy Wil vir ons lewens... Dit klink so amper na hemel op aarde! Nou ja, toe. Was ons as Christenvolk nie veronderstel om vir die nasies van die wêreld só 'n voorbeeld te wees nie?
TWEE REVOLUSIES: BLANKE BLY SLAGOFFER
ANC se dilemma: Kommunisme of Sionisme?
Dr SH Gregan
Lees meer van hierdie skrywer by Dr SH Gregan
Voor Nelson Mandela in 1990 vrygelaat is was sy standpunt oor nasionalisering soos volg:
The nationalization of the mines, banks and monopoly industries is the policy of the ANC, and the change or modification in this regard is inconceivable... ... state control of certain sectors of the economy is unavoidable.
Pas na sy vrylating het Mandela en Thabo Mbeki verskeie ontmoetings met Harry Oppenheimer gehad. In sy eerste onderhoud ná sy vrylating het Mandela skielik die volgende verklaar:
In our economic policies ... there is not a single reference to things like nationalization, and this is not accidental...
Duidelik het iets gebeur wat Mandela tot "beter" insigte gebring het. Indien gekyk word na die rykdom wat hy in enkele jare opgegaar het ná sy vrylating, is die antwoord baie duidelik: Mandela is gekoop! In antieke Rome het Juvenal geskryf:
The Jews will sell you any dream you please for small change.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
TERWYL ONS SO OOR JODE SKRYF...
Morris Schwartz lê op sterwe maar kom effens by. Daar is 'n verpleegster, sy vrou, sy dogter en twee seuns, en almal weet die einde is naby.
Hy sê vir hulle: "Bernie, ek wil hê jy moet die Beverly Hills-huise oorneem. Sybil, neem die woonstelle in Los Angeles-Plaza oor. Hymie, ek wil hê jy moet die kantore in die middestad oorneem. Sarah, my wonderlike vrou, asseblief neem al die residensiële geboue in die middestad oor."
Toe sak die bewusteloosheid weer oor hom toe. Die verpleegster is verstom deur dit alles. Sy sê vir die vrou: "Mev. Schwartz, jou man moes baie hard gewerk het om soveel eiendom bymekaar te maak."
Sarah antwoord: "Eiendom?... die schmuck het 'n koerantafleweringsroete."
NOG 'N NUWE JAAR LÊ VOOR...
Nuwejaarsboodskap aan die Volk van Suid-Afrika
31 Desember 1962
Dr HF Verwoerd
"As ons ooit sou moes veg vir ons voortbestaan en ons vaderland, laat geen mens en geen staat daaroor twyfel hê dat ons dit sal doen nie. Dit is ons land, ons erfenis, waarmee al ons verwagtings en ons verlangens diep verbonde is en waarin ons onder leiding van die Almagtige al die probleme sal oplos op ons eie manier tot almal se voordeel en geluk."
Daar is baie min Suid-Afrikaners wat nié die nuwe jaar met groter vertroue tegemoet gaan nie. Inderdaad heers daar ’n algemene gees van groot optimisme oor 1963. Miskien klink dit ongelooflik in die lig van sekere van die aanvalle op die Republiek, of indien party V.V.-besluite in ag geneem word. Suid-Afrika het egter geleer om rekening te hou met die bron van sulke aanvalle en om, soos die geval is met die meeste goed gevestigde en bestendige state, die V.V. nie te ernstig op te neem nie.
Dit sou miskien betreur kan word dat die V.V. nie meer die hoop en verwagting van die mensheid beliggaam nie. Almal moet egter eenvoudig aanvaar dat die V.V. weinig agting afdwing sedert jong eendstertagtige nasies feitlik beheer oorgeneem het deur die meerderheidstem te bepaal. Dit verskaf teenswoordig die verhoog vir die openbaring van jeugdige aggressiwiteit en hul minderwaardigheidsgevoelens; vir hul gretigheid om in die huishoudelike sake van ander in te meng — miskien omdat hul eie swak geadministreer word — en om die groot moondhede in die gesig te vat onderwyl hulle elke moontlike soort guns van hulle ontvang, wat om verskeie redes tog nog vir eers beskikbaar gestel word.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (8)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"Dr H F Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika vanaf 1958 tot 1966, se hulp en positiewe gesindheid was 'n faktor wat beduidend bygedra het tot die finansiering en bevordering van die uraanverrykingsprojek."
Behalwe dr Roux, dr Grant en nog twee wetenskaplikes op wie se skouers die algehele uitvoering van die projek gerus bet, was daar een man sonder wie se heelhartige ondersteuning en insig die projek nie maklik verder sou gekom het nie. Dit was 'n staatsman wie se naam groot in Suid-Afrika se geskiedenis geskryf staan, naamlik wyle dr H F Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika vanaf 1958 tot 1966, wie se versiendheid sy land na onafhanklikheid gelei het voordat die wêreldpolitiek die warboel geword het wat dit vandag is, en voordat dit vir sommige lande en internasionale organisasies aanvaarde praktyk geword het om in die huishoudelike ontwikkeling van ander state in te meng. Voorbeelde van sy skerpsinnigheid en merkwaardige vermoë om die wesenlike in 'n ingewikkelde aangeleentheid te begryp, word nog dikwels aangehaal.