Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Abraham Lincoln: “Ek is en was nog nooit ten gunste van die maatskaplike en politieke gelykskakeling van die blanke en swart rasse nie. Ek is en sal ook nooit ten gunste daarvan wees om Negers stemgeregtigdes of jurielede te maak of met blankes te laat ondertrou nie. In hierdie opsig is die verskil tussen blankes en swartes net te groot om gelykheid en saamwonery toe te laat”. (Vry vertaal uit The Collected Works of Abraham Lincoln deur Roy Basler).
BLOEDSONDES – FEIT of LEUEN?
Eseg. 18
Talle Charismatiese kerke leer dat daar so ʼn iets soos bloedsondes bestaan. Dis glo oorgeêrfde sondes wat kinders vir die sondes van voorouers laat boet. Hierdie leer is soos so baie ander leerstellings van die Charismatiese kerk ʼn gruwelike dwaling en van alle Bybelse waarheid ontbloot! Die Bybel is oor een ding baie duidelik: God dra die straf op sondes nie van die een geslag na die volgende een oor nie. Hy is ʼn liefdevolle en billike God.
Waar kom die Charismate dan aan hierdie dwaalleer? Hulle grond hul siening op subjektiewe, persoonlike waarneming i.p.v. die Bybel. As jy jou oog van God se Woord afneem, dwaal jy! Jesus waarsku: “.... julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29).
Die siening oor bloedsondes is egter geen nuwigheid nie. Meer as 2,500 jaar gelede was daar alreeds ʼn debat rondom hierdie onderwerp wat in Esegiël 18 opgeteken is.
ERNS MET JOU BELOFTES?
Ds Andrè van den Berg
“En Jefta het aan die Here ʼn gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, dan sal ek wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die Here behoort, en ek sal dit as ʼn brandoffer bring”.
Die era van die Rigters was ʼn baie deurmekaar periode in Israel se geskiedenis. Vir 300 jaar het die een rigter die ander opgevolg om God se volk te lei. Name soos Ehud, Otniel, Gideon en Simson en selfs die van ʼn vrou, Debora, is aan ons bekend. Maar waarom was dit so ʼn deurmekaar tydperk? Omdat daar min stabiliteit in die Ou Nabye Ooste was en Israel gevolglik gereeld in oorlog verkeer het.
In Rigt.11 het Israel haar in ʼn ander soort oorlogvoering bevind nl. terrorisme.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (8)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Efese; ʼn gemeente in ʼn veranderende wêreldstad
Openb.2:1-7
1. God laat ʼn brief skryf
Johannes se aangrypende visioen in Openb.1:9-20 was ʼn inleiding tot die sewe boodskappe wat sou volg. Dit het as’t ware die gordyn op die doel, hoofkarakters en gebeure van Openbaring laat oopgaan. Elke boodskap begin met die opdrag om te skryf. Die vraag is of dit afsonderlike boodskappe was of ʼn briefbundel om situasies wat in die hele kerk voor gekom het te skets? Laasgenoemde blyk die waarskynlikste te wees.
Daar was ook ander gemeentes in Klein-Asië. In 61nC het die gemeente in Kolosse ʼn brief van Paulus ontvang wat ook op sy versoek in Laodisea voorgelees moes word. Daar was ook ʼn gemeente in Troas, ʼn belangrike stad op die keiserlike posroete. Ander stede wat ook gemeentes kon huisves, was Neapolis, Magnesië, Tralles en Koesikus, ʼn stad op ʼn baie besige skeepsroete.
2. Interessante spekulasie
Die bedelingsvoorstanders het geglo dat die briewe sewe kerktydperke uitbeeld.
BRANDSTOF- WYSHEID
Dr PE van der Dussen
Driekwart van die waarnemingstydperk is nou vertreke. Die gemiddelde oorverhaling op petrol is tans ongeveer 90c/liter en op diesel net minder as 60c/l. Gister was die daaglikse oorverhaling ongeveer 100c/l vir petrol en net minder as 70c/liter vir diesel. Met inagneming dat slegs ‘n kwart van die waarnemingstydperk oorbly, lyk prysverlagings van meer as 75c? liter vir petrol en 55c/liter haalbaar. Mits die minister natuurlik om die een of ander duistere rede besluit om die winsgrens vir klein- en groothandel te verhoog teneinde in die guns van die oliemaatskappye te bly.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (28)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas
Rolla red haar maat
Mev. L. Bosch
Ons was in die oorlog “wilde Boere”, dit wil sê ons het van plek tot plek gevlug om die gevreesde konsentrasiekampe te ontduik. Ons ses kinders het saam met diere grootgeword, en Moeder het dikwels gesê dat, as sy elke kind sou toelaat om ’n troeteldier huis toe te bring, ons huis meer na ’n dieretuin as iets anders sou gelyk het. Daar was nie net katte en honde nie, maar byna altyd ook meerkatjies, hanslammers, mak voëls en konyntjies - om van perde nie eens te praat nie.
Toe ons so moes vlug, was dit vir ons kinders baie swaar om ons maatjies onder die sorg van ander agter te laat. Gewoonlik het ons hulle ook nie weer gesien nie. Ons honde het darem altyd saamgegaan, en Sannie, ons huiskat, het saamgevlug solank die oorlog geduur het. Sy moes dikwels ook haar hele familie saamneem tot groot blydskap van ons kinders, wat dan in die wa met die katjies kon speel.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (7)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Johannes se moedskep-visioen
Openb.1:9-20
1. ʼn Mismoedige Johannes
Openbaring het die gelowiges in Klein-Asië wat dikwels mismoedig was laat moed skep. Wanneer dit gevoel het asof dinge net te veel word, het Openbaring hulle daaraan herinner dat Jesus self deur ʼn donker drif gegaan het waarin Hy selfs sy lewe verloor het! Wanneer die verheerlikte Heiland sy hand op die mismoedige Johannes se skouer neersit, is dit asof Hy dit met die res van die gelowiges doen. Dit het die gemeentes weer laat moed skep - hulle was veilig in God se hand. Ons ontmoet hier vir Johannes soos hy waarlik is; nie net slaaf of dienaar nie, maar ook profeet. God bemagtig profete met ʼn duidelike roeping soos vir Jesaja, Jeremia en Esegiël.
2. Die indeling van die visioen
Die visioen van die verheerlikte Christus stel die lesers aan Johannes voor en bemoedig lesers in krisissituasies.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (6)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Deur Jesus Christus geopenbaar
Openb.1:1-8; Mt.25:1-13
1. Van God aan Christus, die engel en Johannes
Die Grieks vir “openbaring” is apokalupsis, ʼn woord wat 44 keer in die NT voorkom. Dit beteken “om dit wat voorheen ongekend was bekend te maak”. Openbaring is die hoogtepunt van God se bemoeienis met die mens - die mens is nou oppad einde toe. Dis as’t ware God se stroomversnelling in die geskiedenis. Gevolglik is ons bevoorreg om met die volgende 22 hoofstukke saam met Johannes die wederkoms van Christus tegemoet te stap. Hy is nie net die skrywer van hierdie toerdokument nie, maar ook die organiseerder en toerleier van die interessante reis. Soms praat hy baie hard oor God se oordeel en dan weer sag oor vergifnis en verlossing.
Die verhaal begin heel voor by die paradys en loop dan verder, verby Golgota tot by Sionsberg waar die volle getal verlostes die lied van verlossing sal sing.
OU PRETORIA... (10)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
GROOT GESANTE TREF MEKAAR OP GROOTPLAATS
Pretorius het ingesien dat, tensy dit voorkom word deur ander maatreëls, die Suid-Afrikaanse Republiek weldra dieselfde lot sal ervaar as die Vrystaat en Natal. Hy het vervolgens aan majoor Warden, en deur hom aan sir Harry Smith, voorgestel dat ’n onafhanklike ondersoek gehou moet word vir die wegruiming van alle bestaande dispute.
In die geskiedenis is dit nie soseer die bewuste arbeid van die individu, hoe kragtig en goed ook, wat koers gee aan die dinge nie, maar in veel groter mate die algemene loop van sake self, en die invloed van bykomende omstandighede wat die deurslag gee. Pretorius het vir sy voorstel die goeie oomblik uitgekies en dit sou vrugdraend word. In die Vrystaat het die dinge teruggeval in 'n toestand wat gegrens het aan volslae regeringloosheid. Mshweshwe het die Engelse die oorlog aangesê en Warden by Viervoet verslaan.
GEESTELIKE SOENOFFERS
Hannes Ollewagen
1 Petrus 2:1-10
Vers 5: “...en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.”
Om 'n jong volk met ‘n baie ryk geskiedenis te wees het ons een van die mees trotse volke in die wêreld gemaak ten spyte van die feit dat ons so ‘n geringe volkie is. In getallewig het ons nog nooit swaar geweeg nie, maar ons karakter het menigmaal kop en skouers bo ander volke uitgestaan - ‘n karakter wat ‘n mens net kan ontwikkel wanneer jy waarlik in die lewende God van hemel en aarde glo; ‘n karakter wat kenmerkend is aan ‘n doelgerigte volk – ‘n volk met duidelike riglyne, ‘n volk met onveranderlike riglyne, ‘n volk met ‘n onveranderlike en onsterflike, ewige, almagtige God en Koning as Leidsman.
Ons volk se Godsvrees het ons laat ry oor die hoogtes van die aarde wat ‘n mens laat dink jy droom wanneer jy van die prestasies en voorspoed in ons geskiedenis lees.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die seuntjie van 'n pastoor besluit om sy drie katte in die bad te doop. Die eerste een is 'n klein katjie en hy aanvaar die nat spul redelik gelate. Die tweede is 'n jong kat en dié veg ook nie te hard teen die genatmakery nie. Maar die derde kat is 'n ou kat met 'n sterk wil wat geen nonsens duld nie en hy baklei met alle mag teen die onderdompelry. Na 'n hele paar probeerslae gee die seuntjie moed op en laat die worstelende kat los wat met groot spoed die pad vat. Die seuntjie kyk hom agterna en roep: " Nou goed dan, bly maar 'n ateïs!"
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (5)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Mense en gebeure
- 1. Die godsdienstige bure
Paulus sê in sy toespraak op die Areopagus dat die Atheners baie godsdienstig is (Hand.17:22). Die Grieks-Romeinse wêreld het ʼn veelgodedom gehuisves waarin gode en godinne vereer is. Die godin Athena het Athene beskerm en Artemis vir Efese. Tempels is vir hulle opgerig, asook beelde wat aanbid is. Feeste en spele is ook aan hulle gewy sodat die beleweniswêreld van die Christene in Klein-Asië met veelgodedom besmet was. Onder invloed van die filosowe het die rasionalisme mettertyd die ou gode verdring en het die mens met behulp van sy verstand sy eie verlossing bewerkstellig.
In hierdie tyd het die misteriegodsdienste ook baie opgang gemaak en het die klem van ʼn staatsbeheerde godsdiensbeoefening na privaat aangeleentheid verskuif met klem op die lewe na die dood. Ingewydes het ʼn baie hegte broederskap gevorm. Waarsêery, toekomsvoorspellings en astrologie, wat mense se toekoms volgens die sterre stand voorspel, was veral gewild. So ook toorkuns.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (4)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Die agtergrondsituasie
1. Geen maneskyn en rose nie
Openbaring is onder ongunstige toestande geskryf. Christene van Klein-Asië is veronreg en selfs vervolg. Daarbenewens moes hulle fyn trap om deur die mynveld van heidense gebruike, Joodse agterdog en Romeinse onreg te beweeg soos in Openbaring gesien word. Hulle moes in probeer maak van ʼn bykans onuithoudbare daaglikse krisis. Apokaliptiese is dikwels die verslag van ʼn bepaalde krisis. Dink maar aan Daniël wat die optrede van Antiochus Epifanus beskryf. Vervolging het veral in die omgewing van Efese voorgekom. Waar dit op sosiale, politieke, ekonomiese en geestelike terrein beroerd gegaan het. Daarom was Openbaring salwend omdat dit Christene begeester het om te oorleef en te oorwin.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (27)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas
'n "Tannie" hendsop die Skotte
H. van der Merwe (Rabie)
My man en ek is albei gebore Vrystaters van die distrik Fauresmith. Toe die oorlog uitbreek, het ons op ’n plaas naby Oos-Londen geboer. Ons het dadelik alles te gelde gemaak en terug na ons land laat vat. Al wat ons oorgehou het, was twee perde wat geskik was vir sowel trek as rywerk.
Op Springfonteinstasie is my man van die trein af met die twee perde om by die Fauresmithse kommando aan te sluit en ek is na my moeder in Bloemfontein. Daar het ek egter nie lank vertoef nie, want ek het verneem dat daar ’n groot behoefte was aan verpleegsters in die tydelike hospitaal op Jacobsdal, terwyl die meeste groot gevegte destyds plaasgevind het op Magersfontein en Belmont in die rigting van Kimberley.
Die reis van Bloemfontein na Jacobsdal op ’n oop wa was nie juis aangenaam nie. Bedags het die son ons gebak en snags het die koue windjie oor die vlaktes gesny.
LEEF REG
Ds Andrè van den Berg
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ʼn lamp wat in ʼn donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die morester opgaan in julle harte...” - 2 Pet.1:19
“U woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad” (Ps.119:105).
Mense hou daarvan om te reis/toer. Jy ontmoet nuwe mense, sien nuwe plekke en geniet besienswaardighede. En indien ʼn mens oor die fondse beskik, kan jy gereeld reis. Daar is egter een reis wat net eenmaal plaasvind en nooit weer nie; die lewensreis. Hierdie reis begin met jou geboorte en eindig met jou dood. Dis ook nie vir almal ewe lank nie; stap maar gerus deur ʼn begraafplaas en kyk na die datums op grafstene!
Om sinvol te reis, is ʼn padkaart onontbeerlik. En dis wat die Bybel is; ʼn padkaart vir die aardse lewe na die ewige lewe. Die lewe is ʼn onbekende pad. Net ʼn dwaas sal dit sonder ʼn padkaart aandurf! Dit geld ook vir iemand wat wel ʼn padkaart het, maar dit nie gebruik nie. Daarom lê die lewenspad besaai met menslike wrakke; mense wat die padkaart van God gehad het maar nie gebruik het nie.
BRANDSTOF- WYSHEID
Dr Pieter van der Dussen (Snr)
Met die helfte van die waarnemingstydperk verlede Donderdag verstreke is dit moontlik dat die brandstofpryse op 2 Desember selfs meer kan daal as wat in die vorige mededeling gesê is, naamlik 60c+ vir petrol en 40c+ vir diesel.
Hoewel daar die afgelope week ietwat groter skommelinge in die daaglikse oorverhalings getoon is, veroorsaak die aanvanklik hoë gemiddelde dat dit nie ‘n te kwaai uitwerking op die lopende gemiddeld gehad het. Namate die tyd verloop word hierdie invloed kleiner. Dit is die uitwerking van die sogenaamde marginale begrip wat ‘n wesenlike rol in die beoordeling van ekonomiese en ander statistiese reekse speel.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
1. Verskillende verklarings
Daar is geen boek in die Bybel met soveel meningsverskille as Openbaring nie. Dit het al selfs tot kerkstryd en kerkskeuring gelei. Een van die gewildste verklarings in Charismatiese kringe is die Chiliastiese verklaring – om die 1000 jaar van Openb.20:1-6 as ʼn letterlike tydperk te verstaan. Chilioi is die Grieks vir 1000. Dit word ook die millennialistiese benadering genoem. Mille is die Latyn vir 1000.
Aanhangers van die Chiliastiese verklaring verskil ook van mekaar. Een groep glo dat die 1000 jaar ʼn vrederyk is wat met Christus se eerste wederkoms aanbreek wanneer Hy saam met die gelowiges op aarde sal regeer. Dis glo die eerste opstanding. In hierdie tyd sal die Jode tot bekering kom en aan die einde van die tydperk sal Satan vir ʼn tyd lank losgelaat word. Die finale slag is by Armageddon waar Satan en sy bose magte verslaan word. Daarna vind Christus se tweede wederkoms en finale oordeel plaas.
OU PRETORIA... (9)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
Lees reeks by Ou Pretoria
BESLISSING VAN ’N NOBELE VROU
As erkenning van sy groot diens aan die Trek, het die Volksraad aan Pretorius toegeken ‘n mooie en vrugbare plaas Welverdiend, ses myl buite Pietermaritzburg geleë. Daarop het hy vir homself en sy gesin ’n doelmatige en gerieflike woonhuis gebou, wat vandag nog daar staan. Die plek is merkwaardig ook omdat Pretorius daar vir die eerste keer op skrif gestel het die vernaamste beginsels van die Voortrekker-ideaal naamlik segregasie.
Na die weldadige regering van sir Benjamin D’Urban het sir George Napier Goewerneur van Kaapland geword ’n man, 'n wat vasbeslote was om die Afrikaners met wortel en tak uit te roei. Nieteenstaande die advies van sy eie raadgewers het hy volgehou dat niemand, en allermins die Voortrekkers, hulle ooit kon ontdoen van hulle Britse nasionaliteit. Hy het geweier om hulle onafhanklikheid te erken, en het voortgegaan om hulle "Britse onderdane” te noem, lank na die omverwerping van Dingane.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
1. ʼn Goddelike tapisserie
Vir oningeligtes mag Openbaring dalk soos ʼn omgekeerde tapisserie lyk. Maar soos wat ʼn mens met studie vorder, sien jy ʼn meesterlike samevoeging van verskillende elemente tot ʼn geheelharmonie. Openbaring is ʼn dramatiese vertelling van God se betrokkenheid by mense wat in moeilike omstandighede op pad na die finale einde verkeer. Openbaring het talle indelings wat elkeen ʼn belangrike element beklemtoon.
Wanneer Openbaring deurgelees word, lyk dit soos ʼn kaleidoskoop van losstaande visioene, verhale en gebeure sonder ʼn eenheidslyn. Dis egter nie die geval nie. Soos wat daar met die studie gevorder word, ontvou die geheelbeeld.
2. Onderdele
Openbaring bestaan uit twee dele. Hoofstuk 1-3 handel oor die hede en 4-22 oor die toekoms. Dit bevat die volgende onderdele: Briewe, simbole en beelde, getalstrukture, tussen-tonele, liedere en herhalings.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
1. Baie aktueel
Omdat Openbaring ons daaglikse bestaan raak, stel mense vandag baie meer in hierdie ietwat vreemde Bybelboek belang as ooit tevore. Ons verneem daagliks van oorlog, opstand, hongersnood, aardbewings en ander natuurrampe en ons wonder waar God in hierdie opset inpas? Ons hele bestaan en voortbestaan is in gedrang! Is dit moontlik om in Openbaring gerusstellende antwoorde te vind?
Een ding moet ons weet: Openbaring gee nie klinkklare antwoorde op vrae nie. Talle sektes het al deur die jare berekeninge oor die eindtyd en einddinge uit Openbaring gemaak en telkens op hul neuse gekyk! Dit het so vroeg as die tweede eeu na Christus begin toe die Montaniste op grond van gegewens uit Openb.21 en 22 berekeninge vir die wederkoms gemaak en na ʼn nabygeleë woestyn vertrek het om te sien hoe die hemelse Jerusalem aarde toe neerdaal. Alle menslik bekende verwagtings het telkens tot groot teleurstelling gelei.
OU PRETORIA... (8)
...'n verhaal van die stad se Voortrekkerperiode
Dr. GUSTAV S. PRELLER
MAN WAT SY NAAM EN WAPEN AAN PRETORIA GEGEE HET (2)
Gebore in Graaff-Reinet op 27 November 1798, het Andries Pretorius die eerste keer in Tulbagh in die huwelik getree met Christina de Wit, onder die vroue van die trek een van die merkwaardigste figure. Die tweede keer is hy getroud met ’n niggie van die dappere Natalse kommandant, Hans de Lange.
Van Andries se jeug is weinig bekend. Hy het tot man opgegroei naby Graaff-Reinet waar hy skoolgegaan en geleer het om te lees en te skryf; en na sy huwelik het hy met sukses die algemene besigheid van boer voortgesit, maar hom in besonder op die vrugtekwekery toegespit, vandaar dat diegenes wat gedurende die stormagtige vyftiger jare in Transvaal teen hom gekant was en probeer het om hom te verkleineer, die held van Bloedrivier, Kongela en Boomplaats, as "appelverkoper” bestempel het. Hy het kommandant geword in die oorloë op die Kaapse oostelike grens, met sukses geboer op Pretoriuskloof naby Graaff-Reinet, en was ’n welvarende man toe die Groot Trek die Oranje oorgegaan het.